Lees Efesiërs 1: 3 – 14
“Deur die bloed van sy Seun is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God…” (7).
In Brooklyn, New York, was ‘n inwoner van die dorp op die punt om in ‘n apteek vir sy aankope te betaal, vertel D.C.Dixon, toe ‘n speurder sy hand op sy skouer lê en vir hom sê: “Jy is onder arres. Kom saam met my!” Geskok vra die man, “Wat het ek gedoen.” Die speurder antwoord, “Jy weet wat jy gedoen het. ‘n Paar jaar gelede het jy uit die Albanytronk ontsnap en ‘n tyd in die westelike state gaan woon. Jy het getrou en toe het julle hierheen gekom en hier kom woon. Ons hou jou al ‘n tyd lank dop.” Sonder verdere verweer erken die man dit. “Dis waar. Ek het nie gedink julle soek na al die jare nog na my nie. Maar voor jy my wegneem, kan ons assebelief by my huis langs gaan dat ek net met my gesin kan praat.” Die speurder stem in. By sy huis gekom kyk die man na sy vrou. “Was ek nie ‘n getroue man vir jou en ‘n goeie pa vir die kinders nie? Het ek nie hard gewerk om vir ons ‘n goeie lewe te verseker nie?” “Natuurlik was jy,” antwoord die vrou hartlik maar verwonderd. “Maar hoekom vra jy al die vrae?” Hy vertel vir sy geskokte vrou alles wat voorheen gebeur het, en dat hy eintlik ‘n voortvlugtige prisonier is, maar nou in hegtenis geneem word. Hy het gehoop sy rekord en getuienis as ‘n goeie en voorbeeldige man en pa, sal die speurder beïndruk en hy sal hom vrylaat word. Maar, hoe dit ook sy, hy was steeds ‘n ontsnapte prisonier wat nog nie sy vonnis uitgedien het nie.
Ons voordeel in die evangelie van die Here Jesus Christus is, dat God nie kyk na ons huidige prestasies as gronde van redding nie, maar dat die Here Jesus ons skuld van ons skuldige verlede aan die kruis gedra en betaal het, en ons, sonder eie verdienste, op grond van ons beroep op Hom, as Verlosser, gered word. Hierdie oorweldigende, byna te goed om te glo, waarheid is juis tydens Jesus se kruisiging gedemonstreer. “Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: ‘Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!’ Maar die ander een het…gesê: ‘…Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ En Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.’” (Luk.23:39-43).
“Here, vandag glo ek dat my skuld en straf afgeskryf