Do 17 Sept: Oorwinnende Krag

Lees Openbaring 12:10-12

“Hulle het self die oorwinning oor hom (die draak – Satan) behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie”(11)

In die middel van die sewentiger jare, het ’n vurige kom­munistiese onderwyser, in ‘n skool in Oos-Duits­land, die leerlinge in sy klas aangesê om op te staan en te sê: “Daar is geen God nie.” ’n Dogtertjie van agt jaar oud het in God geglo, omdat haar ouers hierdie le­wen­de God aanbid het. Sy het geweier om aan die onder­wyser se opdrag gehoor te gee. Gebelgd het hy die kind beveel om huis toe te gaan en 50 maal uit te skryf: “Daar is geen God nie.” By die huis ge­kom ver­tel die kind haar ouers daarvan. Uit vrees vir die kom­mu­niste het hulle niks gesê nie, slegs hulle hart in ge­bed tot God opgehef. Die dogtertjie het gaan sit en uit haar eie 50 keer geskryf: “Daar is tog ’n God.” Die on­der­wyser was woedend toe sy dit vir hom gee. Hy het haar gebied om huis toe te gaan en hierdie keer die woorde, “Daar is geen God nie” 500 maal uit te skryf. Hy het bygevoeg: “Hierdie keer doen jy dit, anders…” Die kind het huis toe gegaan en haar ouers vertel wat nou weer gebeur het.

Sy het dit nie gedoen nie. Die nag het sy rustig geslaap. Die vyftig keer se uitskryf van die woor­de: “Daar is tog ’n God”, het haar geloof so ver­sterk, dat sy verseker was God sou haar beskerm. Die volgende oggend gaan haar par beangs met haar saam skool toe, om by die hoof vir haar veiligheid te pleit. Die hoof luister na die man. Met sigbare bewoëndheid lê hy sy hand op haar skou­ertjie, sê: “Moenie meer bang wees nie. Gis­ter­aand is die on­­derwyser in ’n motor­on­ge­luk dood.” “Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: ‘U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.’” (Ps.91:1,2).

“Here, vandag soek ek in my groot moeilikheid, my veilige skuilplek in U.”