Lees Johannes 10::22-30
“My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie” (27,28).
Horace Bushnell sê die Here is nie soos ’n byeboer wat wel sy byekorf ken, maar nie elke individuele by ken nie. Hy is die Herder. Hy ken sy skape. Hy roep sy skape op hulle naam. Ek haal Horace Bushnell se eie woorde aan: “He cares, that He may enter each life and lot, may answer each question, may heal each sorrow. Always, more or less, I am lonely among my fellowmen, who, I sometimes feel, misapprehend and misjudge me. But I have always close at hand a sure refuge from my solitariness. The Shepherd understands, appreciates, appraises and blesses. To Him I go. In Him is comfort, rest, and home.”
In die Bybel verskyn die gelykenis van die Goeie Herder en sy skape, in Johannes 10, tussen twee gebeurtenisse wat individue persoonlik raak. Een van hulle, die blindgebore man in Johannes 9, het nie eers gewéét Jesus ken hom en weet van sy nood nie. Hy was een van die skape waarvan Jesus gesê het: “Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei” (Joh.10:16). Die ander persone, Lasarus, Marta en Maria weer, in Johannes 11, was baie bewus daarvan dat Jesus hulle ken en vir hulle ook omgee. Ook by hulle was daar groot nood. Maar hulle het Jesus dit laat weet.
Vir die blindgebore man in Johannes 9, As gevolg van sy bewondering vir hierdie man, Jesus, wat hom laat sien het het, het die Joodse leiers die man uitgeban. Dit is uit hierdie gebeure dat Jesus in Johannes 10 die rede vir sy manier van werk gee, deur die Herder- en skapegelykenis te vertel. Getrou aan die Herderbeeld, wat Jesus skep, lees ons in hoofstuk 9:35: “Jesus het gehoor dat die Jode die man uitgeban het; en toe Hy hom kry, vra Hy hom: ‘Glo jy in die Seun van die mens?’… ‘Wie is dit, Meneer, sodat ek in Hom kan glo?…’ ‘Dit is Hy wat met jou praat…’ ‘Ek glo, Here!…’ En hy het Hom aanbid.” In hoofstuk 11 volg die opwekking van Lasarus. “Die susters (Marta en Maria) het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: ‘Here, hy vir wie U lief is, is siek.’ Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad.” Weer getrou aan die Herderbeeld handel Jesus soos Hy weet hulle dit nodig het en wat God sal verheerlik. Hy vertoef eers twee dae. Ons wonder ook soms hoekom vertroef Jesus om ons te hulp te kom. Ons het dan so gebid dat Hy ons moet help! Toe sê Hy vir sy dissipels Lasarus is dood en Hy gaan om hom op te wek. Die twee susters van Lasarus wat in Hom vertrou het, dink Hy het te laat gekom, maar toe roep Hy Lasarus met krag uit die graf uit, en God word verheerlik. Jesus, as hulle Herder, het hulle as sy skape geken en het geweet hoe en wanneer om vir hulle op te tree, om in hul diepste behoefte te voorsien.
Aan die einde van ons lewe gee die Herder ons die rus en vreugde van sy ewige woning. ’n Bietjie verder aan, in Johannes 14:3, belowe Jesus dit aan sy dissipels: “En as Ek gegaan en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”
“Here, vandag voel ek gerus, want U gee my die rus in my hart.”