Vry 18 Sept: Die Veilige Waarborg

Lees Romeine 8:31-34 – deur C. H. SPURGEON

“Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red” (32).

My eie blik op die kosbare bloed van Christus troos my, maar dat God dit Self sien verseker my, ek is heeltemaal veilig. Selfs as ek nie in staat is om dit na regte te aanskou nie, sien die Here dit ten volle raak en daarom gaan Hy by my skuld ver­by. Indien ek nie met soveel vrede rustig is, as wat ek behoort te wees nie, omdat my geloof gebrekkig is, is ek nog net so veilig, want die oog van God is nie so dof soos myne nie en Hy sien die bloed van die groot offer altyd met dieselfde helder blik aan. `n Gerusstelling!

God sien die dieper betekenis, die vol­­heid, van alles wat die bloed van sy liewe Seun be­teken, raak. Hy ken die volle betekenis van sy Seun se uit­roep: Dit is volbring! Hy sien die groot koopkrag van daardie bloed wat die he­mele vir sondaars ontsluit en skenk.

Van die skepping het God gesê: Dit is baie goed. Wat sê Hy, van die vol­ko­mend­heid van die ver­los­sing, en van die ge­hoor­­saamheid tot die dood toe, van sy geliefde Seun? Niemand kan God se welbehae in Je­sus se offerdood begryp of beskryf nie. Ons kan met vrede en volle veiligheid daarop rus. Ons hét God se Woord, wat die krag van Jesus se soenoffer vir ons sonde, oor en oor, be­ves­tig. Jesus se offerdood aan die kruis, red die son­daar wat in Hom vertrou, volkome tot in ewigheid.

“Here, vandag glo ek dat U my waarlik gered het.”