Lees Hooglied 2: 15
“Vang vir ons … die klein jakkalsies … wat die wingerde verniel …”
Dr. Thomas Lambie en sy geselskap swoeg met hul rydiere deur ’n lang, warm vallei in Ethiopië. Daarna sukkel hulle ’n steil hang uit. Met dankbaarheid verwelkom hulle die koel en verkwikkende luggie wat op die kruin van die steilte trek. Die kamp waar die ander sendelinge op hulle wag, kan nie meer ver wees nie. Die pad loop hiervandaan gelyk en effens afdraend. Die terrein is met heuphoë, droë gras, bedek. Na die moeilike pad tot hier, reis hulle opgewek verder. Hulle het te gou bly geword. Na hulle ’n endjie gery het, begin almal hewig krap. Selfs die muile begin hul pote ergerlik op die grond stamp. Hulle bekyk die grashalms goed. Saadhalmpies steek op boontoe. Die punte van hierdie halmpies het ’n menigte skerp stekertjies, almal soos bajonette gevorm. Dit steek die ontblote liggaamsdele, klou aan die klere vas en werk hul pad in na die vel toe en veroorsaak ondraaglike irritasie. Die makliker pad oor die grasveld, is vir hulle meer uitgeputtend, as die moeilike opdraende pad, waarmee hulle gekom het.
In ons daaglikse gang beleef ons ook klein irritasies, wat ’n mens se geduld en Christenskap meer beproef as groot en moeilike take. ’n Mens kan ’n steil geloofstoets oorwin en dan deur die klein irritasies sy geloofsvreugde verloor. Geduld is ’n vrug van die Heilige Gees. Maar ons het nie net geduld nodig vir die irritasies, wat uit die omgewing, of van onbedagsme mense om ons, kom nie. Ons het ook met onsself geduld nodig om nie vir ánder, uit onbedagsaamheid, irritasies te skep nie. In ’n nuwe vertaling deur prof. Hennie Stander, vir kinders bedoel, dus vir ons verstaanbaar, sê 1 Kor. 13 :4,5: “As ’n mens regtig lief is vir Jesus en vir mense dan: sal jy nie lelik wees met iemand wat vir almal ’n pyn gee nie…altyd gaaf wees met mense… nie oor jouself loop en praat nie… nie dink dat jy darem baie belangrik is nie…nie met ander mense lelik maak nie… nie altyd net aan jouself dink nie…nie oor elke ding kwaad raak en dan net wil stry of baklei nie…nie altyd terugdink aan dit wat ander verkeerd teen jou gedoen het nie.”
“Here, vandag wil ek my oë so op U hou, dat klein dingetjies my nie sal ontstel, of ek ander, om my, sal irriteer nie.
Wo 30 Sept: Die Hoë Eis
Lees Galasiërs 1: 1 – 4
“…die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het, om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld… (4).
’n Huis het aan die brand geraak. Onder die geloei van die brandweerwaens en die skreeue en roepe van die groeiende skare, verskyn die gesiggie van ’n klein kindjie in ’n boonste venster. So verskriklik woes brand die vuur, selfs nie ‘n brandweerman waag dit in die vlamme nie. Skielik storm ’n man uit die skare, verby die brandweermanne en die veiligheidslyn. In die hardloop trek hy sy baadjie uit en gooi dit oor sy kop. Sonder om te weifel, spring hy die verstikkende rook en vlamme binne. Hy gryp die kleintjie, beskerm haar met sy baadjie, arms en hande, nael by die gang af en by die deur uit, in die wagtende arms van die brandweermanne in. Na etlike weke, kom die inwoners van die dorp, in die plaaslike hofsaal bymekaar. Voor, naby die regter, sit die ligtekop dogtertjie. “Almal ken die omstandighede van hierdie kind se ouers se dood. Hulle was arm. Geen voorsorg is vir haar gemaak nie. Wie is bereid om haar as kind aan te neem?” Dadelik vra van die mense, om haar te mag aanneem. Welgestelde ouers wat net een kind het, kinderlose egpare, ook ander mense met goeie huise, bied aan om haar ’n ouerhuis te gee. Toe staan ’n man, met verbande om sy arms, hande en kop, agter in die saal op. “Ek het my lewe gewaag om haar te red. My letsels is die bewyse van my reg op haar. Mag ek haar kry om haar as my eie kindjie groot te maak?” “Is daar enige beswaar teen John Brown se eis op haar? Ons ken hom. Ons weet hy is in staat om haar goed groot te maak, te laat leer en lief te hê,” stel die regter die saak. ’n Doodse stilte begroet sy woorde. Een na die ander trek die ander mense hul versoeke om haar aan te neem terug. Sy word gegee in die sorg van die man, wat bereid was om te sterf, om haar lewe te red.”
Paulus grond ons posisie voor Christus op sy liefde vir ons: “Ek bid dat God deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en julle…(sal) begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Chrstistus strek….en mag julle vervul word met die volheid van God” (Ef. 3:18-20).
“Here, vandag glo ek u liefde vir my.”

Di 29 Sept: Die Nuwe Fokus
Lees Handelinge 26:9-18
“Ek het self gedink dat ek alles in my vermoë moes doen teen die Naam van Jesus van Nasaret…”(9)
Lew Wallace, skrywer van Ben Hur, was ’n agnostikus – iemand wat beweer ’n mens kan niks van God of die hiernamaals weet nie en kan slegs tasbare en sigbare verskynsels aanvaar. Hy het Jesus as ’n historiese figuur verwerp. Hy en die ander beroemde agnostikus, Robert C. Ingersoll, was intieme vriende.
Lew Wallace was goewerneur van Arizona. Na sy termyn verval het, het hy saam met sy vriend, Robert Ingersoll, na St.Louis teruggekeer. Toe die stad in sig kom, praat hulle oor die menigte kerktorings – ’n woud van kerktorings, het Wallace dit genoem – wat bokant die ander geboue uitrys. “Is dit nie ’n skande nie,” sê Ingersoll, “dat so baie, skynbaar intelligente mense, aanhou glo in die dwase leringe, wat onder daardie torings verkondig word.” Hy draai na Wallace toe met die woorde: “Lew, jy is ’n geleerde man en ’n denker. Hoekom versamel jy nie die nodige stof vir ’n boek wat sal bewys, die storie oor Jesus is vals, so ’n persoon het nooit geleef nie en die lering van die Nuwe Testament is ongegrond. So ’n boek sal ’n meesterwerk wees. Dit sal jou beroemd maak en die sogenaamde geloof in Christus, as Verlosser van die wêreld, die nek inslaan. Lew Wallace het dadelik belanggestel en hulle het die benadering tot so ’n belangrike werk bespreek. By sy aankoms in Indianapolis, sy tuisdorp, begin hy dadelik om elke bekende bron na te speur, om die materiaal vir sy boek bymekaar te maak. Na ’n paar jaar het hy alle moontlike gegewens oor die tydperk waarin Jesus sou geleef het, bymekaar gehad.
Hy het die boek begin skryf. Oor die vordering van die werk skryf hy so: “Na ek vier hoofstukke geskryf het, dring dit tot my deur: Jesus Christus is net so ’n werklike persoonlikheid as Socrates, Plato, Caesar en ander historiese persone. Ek het myself die vraag gevra: As Hy ’n werklike persoon was (en daar was by my geen twyfel daaroor nie) was Hy dan nie ook Seun van God en die Verlosser van die wêreld nie? Een nag het die oortuiging sekerheid geword. Ek het op my knieë geval en vir die eerste keer in my lewe gebid. Ek het God gevra om Homself aan my te openbaar, my sondes te vergewe en my te help om `n volgeling van Jesus Christus te word. Teen die oggend se kant het die lig van geloof in my hart deurgebreek. Ek het na my slaapkamer toe gegaan en vir my vrou vertel, ek het Jesus Christus, as my Here en Verlosser, aangeneem. “O, Lew!” het sy uitgeroep, ”vandat jy my vertel het, van die boek wat jy wou skryf, het ek gebid, jy moet Hom as jou Verlosser leer ken.” Die stof wat Lew Wallace so versamel het, het hy toe gebruik om die boek Ben Hur te skryf, om daardeur Christus se naam bekend te maak.
“Here, vandag bely ek U openlik as my Here en Verlosser .”

Ma 28 Sept: Die Nuwe Kaptein
Lees Kolossense 3:12 – 17
“En wat julle ookal sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus…” (Kol.2:17)
Ou Bust-Me-Up, was ‘n lomp en lelike sleepboot, wat tussen Londen en Portsmouth, gewerk het. Hy kon nooit in ‘n hawe inkom sonder om teen een of ander boot te stamp en skade te veroorsaak nie. Daarom was die boot se naam, Bust-Me-Up. Een dag kom die boot pylreguit die hawe ingeseil en word netjies vasgemeer, sonder om teen ‘n enkele boot te stamp. ‘n Matroos wat op die kaai staan, kan nie help om uit te roep nie: “Wat het met jou gebeur, Bust-Me-Up?” Een van die boot se bemanning leun oor die reling en skreeu terug: “Nuwe kaptein gekry!” Dit was die geheim van die nuwe gedrag.
‘n Mens kan baie onbedagsaam teenoor mense optree, selfs onbeskof wees en hulle seermaak. Dit kan opsetlik wees, as die hart nog ver van die Here af is. Of dit kan ook gebeur dat die dinge uitglip, voor ‘n mens goed gedink of jouself onder beheer gekry het,. Wanneer Christus die beheer in die lewe oorneem, verander ‘n mens se gedrag. Self is nie meer aan die stuur nie. Jesus het die kapteinskap oorgeneem en die lewensgedrag verander toenemend. Iets van Jesus se nederigheid en vriendelikheid kom in so ‘n lewe te voorskyn. “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie”(Rom.13:14)
“Here, vandag gee ek die beheer van my lewe in u hande oor.”

Vry 25 Sept: Hartsbegeerte
Lees Psalm 73: 21 – 28 Ou Vertaling.
“Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie” (25).
Een aand, net met sononder, staan ek en kyk hoe motte, deur ’n sterk neonlig aangetrek, in hul menigtes, in ’n elektriesgelaaide rooster vasvlieg en verskroei. Twee skoelapperse kom aangevlieg. Met `n jammer hart hou ek hulle dop. Sonder om eers na die aantreklike lig te kyk, vlieg hulle verby, teen die ondergaande son in. Blomme is die natuurlike liefde van skoelappers – nie ligte nie. Dit is ook wat die mens se gedrag rig – wat in die hart belangrik is en waarna die hart neig.
N. Naismith skryf hy het eendag vir ’n student gevra, watter drie dinge begeer hy die meeste. Hy het geantwoord: “Boeke, gesondheid en stilte.” Hy het dieselfde vraag vir ’n paar ander mense gevra. Elkeen het volgens sy gedragsomgewing, ander begeertes gehad. Die gierigaard (miser) se drie begeertes was: “Geld, geld, geld.” Die bedelaar het gevra: “Kos, klere, warmte.” Die dronkaard het met ’n harde skreeu sy begeertes in een woord opgesom: “Drank!” Die antwoorde uit mense in ’n skare het neergekom op: “Rykdom, plesier, roem.” ’n Handearbeider het gesê: “Meer loon, meer ontspanning, meer vermaak.” Drie jongmans het vol lag na mekaar geloer en al drie het een woord geantwoord: “Meisies!” Toe vra hy sy vraag vir ’n betreklik arm man, wat oor ’n lang tyd die gedrag van ’n toegewyde Christen openbaar het. Hy het ook een woord geantwoord, maar toe daarop uitgebrei: “Christus. Maar ek sal dit op drie maniere sê. Ek wil graag in Christus wees, soos Christus wees en met Christus wees.” “…om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee …” (Fil.3:8,9). ’n Mens is gelukkig as die Heilige Gees hierdie gesindheid in die hart opgewek het, want dit is nie `n natuurlike, menslike behoefte nie. “So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het…Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredinge, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee…” (Ef.2:3-6).
“Here, vandag verlang ek waarlik om nader aan die Here Jesus te lewe"

Do 24 Sept: 'n Gevaarlike Werktuig
Lees Psalm 43: 1 – 5
”Waarom is ek dan so neerslagtig en bekommerd? Ek moet my verwagting op God stel…” (5)
‘n Ou fabel vertel die storie, van die duiwel, wat eenkeer ‘n uitverkoping van sy werktuie gehou het. Op ‘n tafel het hulle almal uitgestal en gemerk gelê – haat, naywer, wellus, woede, dronkenskap, hebsug – al die bekende werktuie waarmee Satan lewens verwoes. Eenkant het ‘n klein, wigvormige apparaatjie gelê, oud en verslete, maar duurder as al die ander. Iemand vra Satan hieroor uit, Hy verduidelik: “Hierdie gereedskappie se naam is Moedeloosheid. Hy werk vir my beter as enigeen van die ander. Niemand weet dit is myne nie, maar as ek hom eers ingewig het, kan ek enige deur oopmaak.”
Die lewe is nie ‘n reguit en maklike straat, waarlangs ons ongehinderd kan voortreis nie. Dit is ’n doolhof van gangetjies en paadjies, waardeur ons ons weg moet soek – nou verdwaal ons, raak deurmekaar, beland in ‘n doodloopstraat. Boonop het ons te doen met ons aktiewe vyand, die duiwel. “…julle teëstander, die duiwel … soek wie hy kan verslind (1 Pet.5:8); …sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel (Ef.6:11). Ons moedeloosheid, is sy oorwinning. Vertel u probleem vir God. God maak altyd vir ons ‘n deur oop. Solank die ontfermende God lewe en ons deur die Here Jesus Christus tot Hom toegang het, is daar vir ons, onder alle omstandighede, hoop. “Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan… sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God…Dit is Hy wat ons….gered het en ons weer sal red … Op Hom is ons hoop gevestig” (2 Kor.1:8-10). “Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel” (Ps.138:3).
Here, vandag vra ek U om vir my my weg te leer.”

Wo 23 Sept: Dalk Vandag
Lees Openbaring 22: 11 – 21
“Jesus sê … ‘Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het” (12).
Die beroemde avonturier en ontdekkingsreisiger, Shackelton, is deur hewige ys en die swak toestand, van sy boot, gestuit in sy poging om die Suidpool te bereik. Hy moes noodgedwonge van sy manne op Elephant Island agterlaat. Hy het belowe om vir hulle terug te kom. Daarna het hy so goed hy kon sy weg omgewerk na Suid-Geogia toe en ’n poging aangewend om sy manne te bereik, maar hy het gefaal. Hy het nog ’n keer probeer, maar weer gefaal. Die ys was tussen hom en die eiland. Hy kon vir homself nie rus vind, voor hy sy manne na veiligheid gebring het nie. Hoewel sy boot, Yaliho, nie geskik was vir so ’n vaart nie en die naderende winterseisoen van die Suidpool dit gevaarlik gemaak het, het hy, teen alle raad in, tog weer probeer om die eiland te bereik. Vreemd genoeg was daar daardie dag, ’n smal straatjie water tussen die see en die eiland. Hy het met sy boot in die waterbaan ingejaag, sy manne aanboord gekry en net voor die ys die waterstrook weer toegestoot het, uit die gevaar uitgejaag. Dit het alles in ’n halfuur se tyd gebeur.
Na die opgewondheid bedaar het, draai Shackleton na een van die manne toe met die woorde: “Julle het nie geweet ons kom vandag nie. Hoe was julle dan gepak en gereed om opgelaai te word?” Die man antwoord (ek gee sy eie woorde in Engels): “See, Boss, sarge Wilde, never gave up hope and whenever the sea was all clear of ice he rolled up his sleeping bag and said: ‘Roll up your sleeping bags, boys: the boss may come today.’”
Dit moet ook ons houding wees oor die wederkoms van Christus: “Hy mag vandag kom; wees gereed!” So het Jesus dit vir sy dissipels (en ons) voorgeskryf: “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie … dit is soos ‘n man wat ver weggegaan het en sy huis in beheer van slawe gelaat het … julle weet nie wanneer die huiseienaar kom nie, in die aand of middernag of met hanekraai of die môre vroeg nie … sodat hy julle nie aan die slaap kry nie” (Markus 13:34-36).
Eeu na eeu gaan verby en in elke eeu klink die prediking van Jesus se wederkoms op, maar steeds het dit nie gebeur nie. Dit is maklik om te verflou in ons verwagting van sy koms. Ons moet mekaar gedurig aanmoedig om elke dag vir sy koms gereed te wees: “Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie… Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand ver-lore gaan nie…die dag van die Here sal so onverwags soos ’n dief kom…leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor…ons leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers” (2 Pet.3:8-13).
Dink ú Jesus kan dalk hiérdie week kom? En indien Hy wel sou kom, is u gereed om Hom te ontmoet? Maar die Bybel leer ons om ons verwagting korter te stel: Hy mag dalk vandag kom? Die belangrike saak is, ons moet sonder onderbreking, gedurig gereed wees, indien Hy skielik en onverwags kom.

Di 22 Sept: Die Kleur Keuse
Lees 2 Korintiërs 6:3-10
“…as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd…”(10).
’n Jong meisie van 20-jaar oud het aan rugmurgontsteking siek gelê. Sy het geweet dit is ongeneeslik en sy gaan die lewe as ‘n kroniese invalide tegemoet. Sy was ’n Christin en het in haar beproewing naby aan die Here geleef en het deur haar beproewing nader aan die Here gekom. ’n Vriendin het haar besoek en diep begaan oor die meisie se ongelukkige toestand, in medelydende toon gesê: “Ja, beproewing kleur alles in ’n mens se lewe.” “Dit is waar,” antwoord die siek meisie opgewek, “maar ek gaan self die kleur kies.”
Die prediker C. H. Spurgeon, wat self aan breinkanker gely het, het gesê beproewing het die beste meubels in sy lewenshuis ingebring. Die voordeel wat hy uit voorspoed geput het, kan hy op ’n pennie rangskik, maar die voordeel en genade wat sy beproewing vir sy siel gebring het, is onberekenbaar.
Teëspoed, lyding en beproewing is ’n pynlike proses van die lewe, maar die mens se innerlike lewe word daardeur gelouter. “En ons verheug ons ook in die hoop op die heerlikheid wat God vir ons bestem het. Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof , en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het” (Rom.5:2-5). Sonder God se genade in ons lewens, deur die inwoning van die Heilige Gees, wat in ons geloof en hoop werk, breek beproewing ’n mens stukkend en maak van jou ’n verbitterde mens.
Die Here Jesus het as mens in sy eie Persoon self gely en swaargekry. Hy het ons lyding sy eie saak gemaak. As ons Hom ken en met Hom gemeenskap het, word Hy ons lewe se ondersteunende krag. Uit Hom put ons, deur die inwerking van die Heilige Gees, geduld en moed en blydskap. “Hy het self ondervind wat dit is om te ly…Ons Hoofpriester kan ons swakhede verstaan, want Hy het presies dieselfde versoekinge as ons gehad…”(Heb.2:18 & 4:15 Lewende .Bybel). Die lydende Christen ervaar en openbaar ’n lewensblydskap wat nie uit menslike krag kom nie.
“Here, vandag vra ek geloof en blydskap om in die dinge wat my laat swaarkry te oorwin.

Ma 21 Sept: Die Rede
Lees Galasiërs 2: 17 – 21
“Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê”(20).
’n Indiaanse opperhoof het by ’n sendeling die evangelie van Christus se liefde en redding gehoor. Hy het tot bekering gekom. Die lig wat in sy donker hart ingekom het, het hom met blydskap oor Jesus laat praat. Met hom het gebeur waarvan 1 Petrus 2:9 praat: “Julle (is) die volk…wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig”.
Een van sy vriende vra hom: “Hoekom praat jy so gedurig van die bleekgesigte se Jesus?” Hy het nie geantwoord nie, maar begin om droë blare en houtjies in ’n sirkel te pak. Daarna neem hy ’n ruspe en sit dit in die middel van die sirkel neer. Steeds stilswyend steek hy sy sirkel houtjies aan die brand. Hy en die vriend hou die ruspe dop. Toe droë gras en houtjies goed vlamvat, begin die ruspe vinnig rondkruip om uitkomplek te soek. Soos die vuur hoër brand, raak die ruspe benouder. Die hulpelose ruspe lig sy kop op so hoog as wat hy kan. Die opperhoof buig af, steek sy hand tussen die vlamme in, na die ruspe toe. Dadelik kruip die ruspe teen sy vinger op. Hy sit die ruspe saggies op die groen gras, weg van die vuur af, neer. “Dít het Jesus vir my gedoen,” sê die opperhoof sag. “Ek was in sonde verlore. Ek was vas. Jesus het afgebuig na my toe en my uit my ellende van sonde en verlorendheid gehaal. Hoe kan ek anders as om Hom lief te hê en altyd daarvan te praat?”
Hoe dieper ’n mens se sondebesef en gevoel van verlorendheid voor sy bekering was, hoe groter is die bewussyn van Christus se liefde vir hom. Sommige van ons ken ook daardie duistere put waaruit God ons gered het. Ander van ons het matiger, maar nét sulke, werklike bekeringe gehad. Ons aanvoeling van Christus se redding is dan soms ook nie so heftig nie. Party van ons het aan moedersknie die Here gevind en opgegroei in ’n atmosfeer van Christelike beskutting. Ons het nie ’n dramatiese bekering gehad nie, en daarom is ons geloofsekerheid ook soms nie helder nie. Nie die gevóél van geredheid nie, maar die wéte: Jesus Christus het vir my gesterf en ek het Hom as my Verlosser vertrou en aangeneem, is die fondament van ons geloofsekerheid. Die Heilige Gees bevestig dit in ons hart: Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep:’Abba!’ Dit beteken, Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is” (Rom.8:15,16). Luister met die belofte van Christus se redding in die hart, na die Heilige Gees se innerlike versekering van u redding.
“Here, vandag luister na van u Gees in my hart en ek weet ek ek vertrou in Jesus as my Saligmaker.”

Vry 18 Sept: Die Veilige Waarborg
Lees Romeine 8:31-34 – deur C. H. SPURGEON
“Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red” (32).
My eie blik op die kosbare bloed van Christus troos my, maar dat God dit Self sien verseker my, ek is heeltemaal veilig. Selfs as ek nie in staat is om dit na regte te aanskou nie, sien die Here dit ten volle raak en daarom gaan Hy by my skuld verby. Indien ek nie met soveel vrede rustig is, as wat ek behoort te wees nie, omdat my geloof gebrekkig is, is ek nog net so veilig, want die oog van God is nie so dof soos myne nie en Hy sien die bloed van die groot offer altyd met dieselfde helder blik aan. `n Gerusstelling!
God sien die dieper betekenis, die volheid, van alles wat die bloed van sy liewe Seun beteken, raak. Hy ken die volle betekenis van sy Seun se uitroep: Dit is volbring! Hy sien die groot koopkrag van daardie bloed wat die hemele vir sondaars ontsluit en skenk.
Van die skepping het God gesê: Dit is baie goed. Wat sê Hy, van die volkomendheid van die verlossing, en van die gehoorsaamheid tot die dood toe, van sy geliefde Seun? Niemand kan God se welbehae in Jesus se offerdood begryp of beskryf nie. Ons kan met vrede en volle veiligheid daarop rus. Ons hét God se Woord, wat die krag van Jesus se soenoffer vir ons sonde, oor en oor, bevestig. Jesus se offerdood aan die kruis, red die sondaar wat in Hom vertrou, volkome tot in ewigheid.
“Here, vandag glo ek dat U my waarlik gered het.”

Do 17 Sept: Oorwinnende Krag
Lees Openbaring 12:10-12
“Hulle het self die oorwinning oor hom (die draak – Satan) behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie”(11)
In die middel van die sewentiger jare, het ’n vurige kommunistiese onderwyser, in ‘n skool in Oos-Duitsland, die leerlinge in sy klas aangesê om op te staan en te sê: “Daar is geen God nie.” ’n Dogtertjie van agt jaar oud het in God geglo, omdat haar ouers hierdie lewende God aanbid het. Sy het geweier om aan die onderwyser se opdrag gehoor te gee. Gebelgd het hy die kind beveel om huis toe te gaan en 50 maal uit te skryf: “Daar is geen God nie.” By die huis gekom vertel die kind haar ouers daarvan. Uit vrees vir die kommuniste het hulle niks gesê nie, slegs hulle hart in gebed tot God opgehef. Die dogtertjie het gaan sit en uit haar eie 50 keer geskryf: “Daar is tog ’n God.” Die onderwyser was woedend toe sy dit vir hom gee. Hy het haar gebied om huis toe te gaan en hierdie keer die woorde, “Daar is geen God nie” 500 maal uit te skryf. Hy het bygevoeg: “Hierdie keer doen jy dit, anders…” Die kind het huis toe gegaan en haar ouers vertel wat nou weer gebeur het.
Sy het dit nie gedoen nie. Die nag het sy rustig geslaap. Die vyftig keer se uitskryf van die woorde: “Daar is tog ’n God”, het haar geloof so versterk, dat sy verseker was God sou haar beskerm. Die volgende oggend gaan haar par beangs met haar saam skool toe, om by die hoof vir haar veiligheid te pleit. Die hoof luister na die man. Met sigbare bewoëndheid lê hy sy hand op haar skouertjie, sê: “Moenie meer bang wees nie. Gisteraand is die onderwyser in ’n motorongeluk dood.” “Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: ‘U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.’” (Ps.91:1,2).
“Here, vandag soek ek in my groot moeilikheid, my veilige skuilplek in U.”

Wo 16 Sept: Waar die Pad Begin
Lees Romeine 3:21-26
“Almal het gesondig en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo” (23-26)
Aan die buitewyke van Londen staan ’n bekende wit kruis op die rug van ’n hoogtetjie ingeplant. Eendag het ’n seuntjie in die middestad, van sy ma geskei geraak en tussen die wemelende menigte en baie besighede, se onbekende strate, verdwaal. Hy was te klein om sy straatadres te ken. Sy alledaagse naam het dit vir die polisieman, wat op hom afgekom het, moeilik maak om sy mense op te spoor. “Waar woon jy, Seun?” vra die polisieman radeloos. “Oom,” antwoord hy snuiwend, “as oom my net by die wit kruis kan bring, sal ek my pad huis toe kry.”
In hierdie verhaaltjie is ’n evangeliewoord, want die pad “huis toe” begin by die kruis. ’n Mens raak in die lewe verdwaal. ’n Mens se weg kan verskriklik verkeerd loop. Hoe word God se vaderhuis weer gekry? ’n Mens moet net by die kruis uitkom. Moenie die regte pad soek nie; soek die kruis. By Christus se kruis vind die siel lig en vrede en koers. ’n Mens vind God as jy by Christus se kruis uitkom.
Elke bestemming het ’n beginpunt. Die ewige dood, die verdoemenis, het die mens se geboorte as beginpunt. ’n Mens raak nie langs die pad verlore nie. Ons begin ons lewe as verlore mense. “Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het” (Ps.51:7). Daarom het Jesus vir Nikodemus gesê: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Joh.3:3). Die ewige lewe, die hemel, as bestemming, se be ginpunt is wedergeboorte. Die beginpunt van hierdie pad hemel toe is maklik herkenbaar: Die kruis van Jesus is hierdie pad se beginpunt. Om aan God se koninkryk deel te hê, moet ’n mens se sondes weggeneem word. Sonde versper ons pad hemel toe. Christus se kruisdood het ons sonde weggeneem. Wanneer ons sondeskuld weggeneem is, kom woon die Heilige Gees in ons hart en maak ons Chris tus se lewe deelagtig. Dít is die ewige lewe wat sterker in ons groei, tot ons die dag die hemel binnegaan.
Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle” (Mat.19:14). Selfs voor die kindjie se geboorte moet ons vir die oudjie bid en so vroeg moontlik vir die oudjie van Jesus se liefde leer. Van vroeg af moet `n kindjie van die beginpad hemel toe, die kruis, leer. Een aand sit een van ons kleintjies, sy was toe 6 jaar oud, by Riekie en by my op die bed en ek lees ons Bybeldagstukkie. Net voor ek bid sê sy: “Oupa kan ek bid?” ‘Natuurlik, skat,” antwoord ek met vreugde. Sy bid een sinnetjie: “Liewe Jesus, kom in my hartjie.” Ek het dit in my hart beaam en volgens Jesus se belofte, is Hy nou in haar hart. Ons bid elke dag vir haar en die ander drie oudjies en die ouers, op die name, dat ons en hulle saam in die hemel sal wees.
Net soos ek is, geen hulp naby;
alleen u bloed gestort vir my;
Getrek tot u deurboorde sy –
o Lam van God, ek kom!
Net soos ek is, nooi U vir my,
vergewe, reinig en bevry;
Op u belofte steun ek bly –
O Lam van God, ek kom!
“Here, vandag kom ek na u kruis toe en vertrou in U vir my redding.”

Di 15 Sept: 'n Ongelukkige Versuim
Lees Romeine 13: 11 – 14
“… dit… is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is” (11)
Na ’n treinongeluk in Engeland, het een van die slagoffers in sy sak, ’n assuransiekoepon van twee duisend pond (in 1983-ongeveer R3 500 werd) gehad. ’n Groot hulp vir ’n gesin waarvan die broodwinner so skielik dood is. Ongelukkig het hy dit nie geteken nie. Dit was dus nie geldig nie.
Om die dokumentjie te teken sou die man net ’n sekonde of twee geneem het. Maar hy het dit nie geteken nie. ’n Gedrang by die toonbank het hom moontlik verhinder om dit dadelik te teken. Die aankoms van die trein het hom moontlik haastig gemaak en hy het besluit om dit op die trein te teken. Drukte in die passasierswa het dit dalk vir hom moeilik gemaak. Dalk het hy nie dadelik ’n pen beskikbaar gehad nie. Talle goeie redes kon hom verhinder het om te teken – wat egter saak gemaak het, was, hy hét dit nie geteken nie. Hy kon – maar hy hét nie.
’n Betydse handeling kan ’n ongelukkige verloop van sake voorkom. Doen wat nodig is betyds. ’n Mens kan dit liewer te voortydig doen! Die bitterste verwyt bly egter die versuim om betyds, die saak van ’n mens se persoonlike saligheid af te handel.
In die lig van God se groot verlossingsaanbod, pleit Paulus, by die Korintiërs, om die saak van hulle verlossing nie te versuim nie: “Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het. Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees…Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding” (2 Kor.5:20.) Hierdie saak vra dadelike aandag.
“Here, vandag maak ek die saak van my verhouding met U my eerste belang.”

Ma 14 Sept: Die Palmboom
Lees Psalm 92: 13
“Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome…” (13)
Marius en Adri Wickens, wat ons blaadjie vir ons druk, het ’n paar palmbome in hulle tuin. Waar sy tussen die palmbome staan, kom die Here se woord tot haar hart. Sy dra dit aan ons oor.
’n Palmboom groei altyd regop en reguit. Die takke groei nie laag op die grond na die kante toe uit nie, maar hoog uit op boontoe. “…beywer julle allereers vir koninkryk van God en vir die wil van God…” (Mat.6:33).
’n Palmboom bly staan teen wind en storms. As woestynwinde sandduine verskuif en verander bly die palmboom staande, regop en reguit. “Dit is…’n bende wat…my wil doodmaak…gee U my tog krag en red my…(hulle) sal moet toesien dat U, Here my help en vir my uitkoms gee” (Ps.86:14-17).
’n Palmboom is nie afhanklik van weersomstandighede nie. Die palmboom se wortels loop diep af in die grond, waar dit vogtigheid vind. Hy anker hom in ’n lewegewende bron. Al skroei die woestynson, al waai die woestynwind, die palmboom se krag en behoud kom van dieper as die grond se oppervlakte. As ons geloofswortels diep in die Here se woord afgaan, put ons geestelike krag uit sy teenwoordigheid. Dan is ons nie afhanklik van ons omstandighede nie.
’n Palmboom wat seerkry. In ons tuin is ’n palmboom wat met uitplanting aan die wortels seergekry het. Hy het begin kwyn. Die takke het hard geword, amper soos hout wat opgevryf is. Ons het die grond om die boom losgewoel, bemesting ingewerk, ’n bedding om hom gemaak sodat hy meer water kon hou – ons het hom getroetel en gevoed. Na maande het die boom reggekom en is nou pragtig en gesond. Ons geestelike wortels kan ook beskadig word, as ons ons uit God se teenwoordigheid, uit verplant word deur sonde of wêreldsgesindheid. Dan is ons kwesbaar vir storms. Gelukkig as ons dan ‘n “bedding” van kinders van die Here om kan hê. As die die graaf van die Here se woord ons hart omdolwe en ons ons agteruitgang raaksien en dit bely. As ons hart weer deur die Heilige Gees se werking vrugbaar gemaak word en ons weer regop en sterk word in die Here se diens.
“Here, vandag soek ek my voeding en my sterkte uit U alleen.”

Vry 11 Sept: Die Snoeimes
Lees Johannes 15:1-8
“Elke loot aan My…snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra” (2).
Henry Durbanville sê die tuinier het onder sy gereedskap ’n belangrike stuk: sy snoeimes. Snoeiwerk lyk na ’n genadelose vermorsing van goeie takke, maar dit is op die ou end ’n bate vir die boom. ‘n Verstandige tuinier sal net wegsnoei wat die vrugdra van die boom belemmer. Dan vertel hy van ’n mnr. Cecile, wat weens verskillende beproewinge wat oor hom gekom het, eendag diep swaarmoedig in sy tuin geloop het. Hy sien ’n pragtige granaatboom in volle drag, maar die stam het ’n keep in wat feitlik die hele stam deursny. Hy vra die tuinier daarna. Die tuinier antwoord: “Meneer, hierdie boom het so sterk gegroei dat dit net blare gedra het. Ek moes hom op hierdie manier snoei, om sy lewenskrag wat verkeerd gedwing het, te tem. Eers na ek hom amper deurgesny het, het hy so pragtig begin vrugdra.”
Die Here se aandag aan ons bring sy snoeimes. In Jesaja 5:6 lees ons hoe dit gaan as die Here iemand opgee: “Ek gaan hom tot niet maak. Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie…” Petrus 1:6 moedig gelowiges aan: “Verheug julle…al is dit nodig dat julle vir ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud wat …met vuur getoets word…” So skryf Paulus ook in Romeine 5:3: “Ons verheug ons ook in die swaarkry…ons weet: swaarkry kweek volharding,…volharding kweek egtheid van geloof …egtheid van geloof kweek hoop en die hoop beskaam nie…”
“Here, vandag dank ek U dat U my vir u ewige koninkryk vrugbaar te maak.”

Do 10 Sept: Is Jesus Welkom?
Lees Openbaring 3: 19 – 22
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan…”(20)
Holman Hunt se skildery “Christus die Lig van die Wêreld”, toon Jesus, met ’n lamp in sy regterhand, terwyl Hy met sy linkerhand, aan ’n massiewe deur, met swaar panele klop. Met die onthulling van die skildery, het verskillende kunskenners met waardering hul mening daaroor uitgespreek. Die bekendste kritiek was dié van die man wat vir Hunt gesê het: “Jou skildery is nie volledig nie. Die deur het nie ’n knop nie.” “Dit is volledig,” het die skilder geantwoord. “Dit is die menslike hart se deur, wat ek geskilder het. Die knop is aan die binnekant. Dit kan net van binne af oopgemaak word.” Jesus breek nie in die hart in nie. Hy klop lank en aanhoudend, maar ’n mens moet vir hom opmaak.
As Jesus na u huis sou kom, om daar ’n ruk te bly;
As u heel onverwags van Hom so ’n besoek moes kry –
Dan wonder ek wat u sal doen, wat u presies sal sê;
En of u spyt of bly sal wees om Hom as Gas te hê
En – as Hy aanklop, sal u Hom verwelkom by die deur?
Met wyd oop arms Hom ontvang en bly wees oor die Heer? –
Ek wonder, as die Heiland dan so vir ’n dag of twee
By u tuisgaan, of dit u dalk ongerief sal gee.
Sal u nog soos elke dag dieselfde doen en sê?
Sal Jesus oral saam kan gaan waar u besoek aflê?
Sal u ook sterk begeer dat Hy u vriendekring ontmoet?
Of sal u angstig poog om dit tog liewer te verhoed?
Ja, dit sal goed wees om te weet wat u sal doen as Hy,
Persoonlik, vir ‘n dag of so by u aan huis kom bly.
Sou u verlang dat Hy maar voorts sy tuiste daar moet maak,
Of sal u as Hy gaan, ’n sug van groot verligting slaak?
In sommige huise hang ’n muurprent met die woorde: Christus is die Hoof van hierdie Huis, Die Onsigbare Gas by elke Maaltyd, Die Stille Luisteraar by elke Gesprek. Waar Christus regeer is daar vrede en orde. Hy gee seën waar Hy woon. Daardie huismense dra die aangenaamheid van Christus se teenwoordigheid met hulle saam na die wêreld daar buite toe uit. Ander word deur hulle lewens geseën.
“Here, vandag verwelkom ek U hartlik. Ek wil alles in my lewe inrig om u te behaag.”

Wo 9 Sept: Regter of Advokaat
Lees 1 Johannes 4: 7 – 21
“Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê …God is liefde …”(9,16).
Reeds as jongman was regter Warren Candler ’n slim advokaat. Op ’n keer moes hy ’n man waa vir moord aangekla was, verdedig. Daar was versagtende omstandighede en adv. Candler het dit ten volle benut om sy kliënt se saak voor die jurie te bepleit. Die aangeklaagde se bejaarde ouers was ook in die hofsaal teenwoordig. Adv. Candler het die jurielede se meegevoel opgewek deur herhaalde verwysings na die godvresende ouerpaar. Die aangeklaagde is vrygespreek. Warren Candler was ’n Christen en na die hofsaak het hy ernstig met die jongman gepraat. Hy word ’n nuwe kans gegee, om voortaan reg te lewe. Hy moet sy vertroue in God stel om hom te lei en te bewaar.
Na verloop van etlike jare is die man weer aangekla. Die aanklag was weer moord. Sy vorige advokaat, was hierdie keer, die regter. Die jongman het ontspanne in die beskuldigingsbank gestaan. Sy vriend was sy regter! So het hy gedink, selfs na die jurie hom skuldig bevind het. Regter Candler sê vir hom: “Met jou eerste verhoor was ek jou advokaat. Ek het jou losgepleit en jou ’n nuwe geleentheid vir die lewe gegee. Vandag is ek jou regter.” Toe kom die skokkende draai. “Die jurieuiitspraak verplig my, om jou die doosvonnis te gee.”
Die Bybel leer dat Christus ons voorspraak is. “Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.” Hy die ons Advokaat. Die Bybel leer ook, Christus Jesus sal ons Regter wees. “(Hy) roep al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het ‘n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur `n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan” (Hand.17:30,31). Warren Candler het sy vorige kliënt geken. Jesus ken ook almal vir wie Hy die straf vir hulle sondes gedra het en wat in sy versoening redding gesoek het . Húlle sal as vrygespreektes verbygaan. Hy ken ook dié wat nie sy versoening wou aanvaar nie en gevolglik self vir hulle sondes die straf moet dra. Hulle sal veroordeel word. “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit., Al die volke sal voor Hom bymnekar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei…die koning sal vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom …die koninkryk is …vir julle voorberei, Neem dit as erfenis in besit…’Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van my af…na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is…’” Baie sal teen hierdie uitspraak van die Here protesteer. “Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie…’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af…’”(Mat.7:21-23)
“Here, vandag noem ek my naam voor U en ek bely dat ek in U as my Verlosser vertrou.”

Di 8 Sept: Die Anderkant
Lees Job 7: 1 – 4 en 42: 1 – 6
“So bring ek my maande deur met swaarkry, my nagte is net smart… (7:3). Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie… (42:3).”
Die dominee het ‘n vrou besoek wat ’n moeilike tyd van teleurstelling en beproewing deurgemaak het. Langs sy stoel het haar mandjie met haar naaldwerk gestaan. Hy tel ’n stuk naaldwerk op en kyk daarna. “Ek moet sê dis nie vir my eintlik mooi nie,” merk hy op. “Al die steke is dan deurmekaar.” Half geskok oor sy woorde, steek sy haar hand daarna toe uit. “Maar, Dominee, dis borduurwerk en u kyk na die verkeerde kant. Draai dit om. Die patroon is op die ander kant.” Hy glimlag. “Ek weet, suster,” antwoord hy sag. “Ek wil net hê, jy moet begryp, jy maak met God dieselfde fout. Hy is met ’n borduurwerk in jou lewe besig, maar jy sien net die deurmekaar en doellose steke aan hierdie kant. Die patroon is aan die ander kant. Hy berei jou vir sy ewige koninkryk voor.”
Die deurmekaar steke in sy lewe het Job ook verwar. Hy het gevoel, en gedink hy ervaar, dat God hom verlaat het. Al die tyd was God besig, om met groot aandag, in Job se lewe te werk. Meer as een keer het Dawid gedink God vergeet hom. “Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here … Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? En al die tyd was God besig om hierdie uitverkore man van Hom vir die groot werk van koning en van voorsaad van die Messias gereed te maak. Petrus moedig die gelowiges ook so aan: “Verbly julle…al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word …sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus”(1Pet.1:6,7). Hieroor skryf dr. F. B. Meyer: “Do not be surprised if there should be matters in die Bible, in your own life, and in die Providential government of the world, which baffle your thought. Seek to be strengthened with might by his Spirit in the inner man. Let Christ dwell deep in your heart by faith. Take care to obey all his commandments and God will come into you and abide. He will give Himself to you and you will know Him as a little child knows its parent whom he loves and trusts and knows with its heart.”
“Here, vandag kyk ek by die deurmekaar steke verby.”

Ma 7 Sept: Elkeen se deel Belangrik
Lees Nehemia 4: 15 – 20
“…elkeen na sy werk toe…dié wat boumateriaal moes aandra…dié bouers…die ramshoringblaser…”(16,17)
Eerw. Fearing het dikwels aan die vrug op sy arbeid getwyfel. Hy het gevoel hy werk tevergeefs vir die Here. Die resultaat was so gering. Hy het vir John Wesley gesê: “As ek soos jy kon preek sou ek tevrede gewees het.” Wesley het hom geantwoord: “Ons bou God se tempel. Gaan lees Nehemia 3 en 4 en leer daaruit dat dié man wat die Vullispoort herstel het, net so veel eer ontvang het as die man wat die Fonteinpoort herstel het (Nehmia 3:13,14). Elkeen het sy deel gedoen en elkeen se deel was so belangrik as die ander een se deel. En ons, my broer, kan nie meer as óns deel doen nie.” “Wat sy kon het sy gedoen…” (Mark. 14:8).
’n Vrou het voor ’n indrukwekkende katedraal, wat pas voltooi was, gestaan en die gebou bewonder. Sy hoor iemand agter haar sê: “Ons het darem ’n voortreflike stuk werk hier verrig.” Sy draai om. Agter haar staan ’n man in ’n gewone oorpak. “Sê my asseblief wat jou aandeel was?” Trots antwoord hy: “Ek het vir twee jaar oorkant die straat die beton gemeng.” In vergeleke met die vakmanne wat aan die katedraal gewerk het, was sy aandeel skynbaar gering en onbeduidend. Maar hoe sal ’n gebou sonder die betonmengers opgerig kan word? Wat sal gebeur as hierdie nederige manne se beton by ’n gebou ontbreek? Dit sal nie gebou kan word nie.
Die probleem is nie hoe belangrik of hoe onbeduidend ’n mens se taak is nie. Die vraag is: “Hét ek die deeltjie wat ek moes doen, wel gedoen? Van die dienskneg wat een goue muntstuk ontvang het, in Jesus se gelykenis in Matteüs 25:14, het die man net so verslag gevra as van die dienskneg aan wie hy vyf goue muntstukke toevertrou het.
As tulpe verdroog, of een se stam of wortels kry seer en hulle begin doodgaan, sal hulle almal afbuig ondertoe en later op die grond val. Dis dieselfde met ’n voël. ’n Lewendige voël oorwin die aarde se swaartekrag en dit lyk of hy so maklik vlieg en sweef, maar as ‘n voël iets oorkom terwyl hy vlieg, bv. geskiet word of iets, val hy soos ’n klip af grondtoe.”
Dit is ook die geheim van ons geestelike oorwinning. “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood” (Rom.8:9)”. ’n Christen het ’n oorwinnende geestelike lewe, ’n lewe na die wil van God, deur die Heilige Gees wat in hom woon en werk. Solank die Heilige Gees in ons die botoon voer, lewe ons vir die Here. “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor die begeertes van julle sondige natuur nie” (Gal.5:16). Kom daar geestelike droogte in die hart, omdat ons die Heilige Gees deur ongehoorsaamheid bedroef, of ons verwaarloos ons omgang met die Here, sodat ons nie gedurig vernuwe word nie, soos ’n tuin wat gereeld besproei moet word nie, tree daar dadelik verval in en kry die wet van die sonde in die menslike natuur oor ons die oorhand. Ek het eendag in ’n versorgde tuin ’n bedding blomme gesien met kelke wat almal slap grond toe hang. Toe gebeur ’n wonderwerk voor my oë. Die man van die tuin maak die water na hierdie bedding toe oop. Binne minute, daar voor my oë, lig die blomkelkies op en ryk son toe. Soms is ons moeg en bedruk en ons voel swak, en dan het ons ’n ontmoeting met die Here – miskien in ’n kerkdiens of biduur, of in die binnekamer, of deur ’n boek wat ons lees of ’n gesprek wat ons met iemand voer en dadelik is daar nuwe lewe en nuwe krag in ons geestelike lewe.
“Here, vandag wil ek herleef sodat ek volgens u wil kan lewe.”

Vry 4 Sept: Hy het dan goed gedoen
Lees Efesiërs 1: 3 – 14
“Deur die bloed van sy Seun is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God…” (7).
In Brooklyn, New York, was ‘n inwoner van die dorp op die punt om in ‘n apteek vir sy aankope te betaal, vertel D.C.Dixon, toe ‘n speurder sy hand op sy skouer lê en vir hom sê: “Jy is onder arres. Kom saam met my!” Geskok vra die man, “Wat het ek gedoen.” Die speurder antwoord, “Jy weet wat jy gedoen het. ‘n Paar jaar gelede het jy uit die Albanytronk ontsnap en ‘n tyd in die westelike state gaan woon. Jy het getrou en toe het julle hierheen gekom en hier kom woon. Ons hou jou al ‘n tyd lank dop.” Sonder verdere verweer erken die man dit. “Dis waar. Ek het nie gedink julle soek na al die jare nog na my nie. Maar voor jy my wegneem, kan ons assebelief by my huis langs gaan dat ek net met my gesin kan praat.” Die speurder stem in. By sy huis gekom kyk die man na sy vrou. “Was ek nie ‘n getroue man vir jou en ‘n goeie pa vir die kinders nie? Het ek nie hard gewerk om vir ons ‘n goeie lewe te verseker nie?” “Natuurlik was jy,” antwoord die vrou hartlik maar verwonderd. “Maar hoekom vra jy al die vrae?” Hy vertel vir sy geskokte vrou alles wat voorheen gebeur het, en dat hy eintlik ‘n voortvlugtige prisonier is, maar nou in hegtenis geneem word. Hy het gehoop sy rekord en getuienis as ‘n goeie en voorbeeldige man en pa, sal die speurder beïndruk en hy sal hom vrylaat word. Maar, hoe dit ook sy, hy was steeds ‘n ontsnapte prisonier wat nog nie sy vonnis uitgedien het nie.
Ons voordeel in die evangelie van die Here Jesus Christus is, dat God nie kyk na ons huidige prestasies as gronde van redding nie, maar dat die Here Jesus ons skuld van ons skuldige verlede aan die kruis gedra en betaal het, en ons, sonder eie verdienste, op grond van ons beroep op Hom, as Verlosser, gered word. Hierdie oorweldigende, byna te goed om te glo, waarheid is juis tydens Jesus se kruisiging gedemonstreer. “Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: ‘Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!’ Maar die ander een het…gesê: ‘…Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ En Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.’” (Luk.23:39-43).
“Here, vandag glo ek dat my skuld en straf afgeskryf

Do 3 Sept: Elkeen Word Geken
Lees Johannes 10::22-30
“My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie” (27,28).
Horace Bushnell sê die Here is nie soos ’n byeboer wat wel sy byekorf ken, maar nie elke individuele by ken nie. Hy is die Herder. Hy ken sy skape. Hy roep sy skape op hulle naam. Ek haal Horace Bushnell se eie woorde aan: “He cares, that He may enter each life and lot, may answer each question, may heal each sorrow. Always, more or less, I am lonely among my fellowmen, who, I sometimes feel, misapprehend and misjudge me. But I have always close at hand a sure refuge from my solitariness. The Shepherd understands, appreciates, appraises and blesses. To Him I go. In Him is comfort, rest, and home.”
In die Bybel verskyn die gelykenis van die Goeie Herder en sy skape, in Johannes 10, tussen twee gebeurtenisse wat individue persoonlik raak. Een van hulle, die blindgebore man in Johannes 9, het nie eers gewéét Jesus ken hom en weet van sy nood nie. Hy was een van die skape waarvan Jesus gesê het: “Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei” (Joh.10:16). Die ander persone, Lasarus, Marta en Maria weer, in Johannes 11, was baie bewus daarvan dat Jesus hulle ken en vir hulle ook omgee. Ook by hulle was daar groot nood. Maar hulle het Jesus dit laat weet.
Vir die blindgebore man in Johannes 9, As gevolg van sy bewondering vir hierdie man, Jesus, wat hom laat sien het het, het die Joodse leiers die man uitgeban. Dit is uit hierdie gebeure dat Jesus in Johannes 10 die rede vir sy manier van werk gee, deur die Herder- en skapegelykenis te vertel. Getrou aan die Herderbeeld, wat Jesus skep, lees ons in hoofstuk 9:35: “Jesus het gehoor dat die Jode die man uitgeban het; en toe Hy hom kry, vra Hy hom: ‘Glo jy in die Seun van die mens?’… ‘Wie is dit, Meneer, sodat ek in Hom kan glo?…’ ‘Dit is Hy wat met jou praat…’ ‘Ek glo, Here!…’ En hy het Hom aanbid.” In hoofstuk 11 volg die opwekking van Lasarus. “Die susters (Marta en Maria) het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: ‘Here, hy vir wie U lief is, is siek.’ Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad.” Weer getrou aan die Herderbeeld handel Jesus soos Hy weet hulle dit nodig het en wat God sal verheerlik. Hy vertoef eers twee dae. Ons wonder ook soms hoekom vertroef Jesus om ons te hulp te kom. Ons het dan so gebid dat Hy ons moet help! Toe sê Hy vir sy dissipels Lasarus is dood en Hy gaan om hom op te wek. Die twee susters van Lasarus wat in Hom vertrou het, dink Hy het te laat gekom, maar toe roep Hy Lasarus met krag uit die graf uit, en God word verheerlik. Jesus, as hulle Herder, het hulle as sy skape geken en het geweet hoe en wanneer om vir hulle op te tree, om in hul diepste behoefte te voorsien.
Aan die einde van ons lewe gee die Herder ons die rus en vreugde van sy ewige woning. ’n Bietjie verder aan, in Johannes 14:3, belowe Jesus dit aan sy dissipels: “En as Ek gegaan en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”
“Here, vandag voel ek gerus, want U gee my die rus in my hart.”

Wo 2 Sept: 'n Eie Kind se Hart
Lees: 1 Korintiërs 6: 17, 18.
…en Ek sal julle aanneem, en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees.”
‘n Ryk, reisende handelaar, het vir sy enigste seun, ‘n groot fortuin nagelaat. Hy het hom as ‘n klein seuntjie, in die sorg van ‘n oom, in Indië, gelaat. Na sy ryk pa se dood, het die seun, na die baie jare in die vreemde, teruggekeer huis toe. Die skip waarop hy gereis het, het in ‘n storm beland en gesink. Dit is algemeen aanvaar die seun is gered, maar niks was seker nie. Weens die pa se skielike dood, is die groot nalatenskap in die hande van ‘n ou vriend gelaat. Sy opdrag was om baie seker te maak, dit is regtig die ryk man se seun, aan wie hy dit sal oorgedra. Ongeveer ‘n jaar na die rykman se dood, het drie jongmans opgedaag om die erfenis op te eis. Dit was dae toe identiteitsbewyse nog onbekend was. Hoe nou gemaak? Hoe kon die vriend seker maak wie die regte erfgenaam is? Hy het ‘n goeie plan beraam. Hy gee vir elkeen van die drie aanspraakmakers ‘n pyl en boog en stel ‘n skildery van die pa, ‘n ent verder as teiken op. “Goed,” sê die ou vriend, “laat ons nou sien wie kom naaste aan sy hart.” Die eerste jongman skiet, net effens hoog. Die tweede een skiet, presies in die oorlede pa se hart. Die derde een neem die pyl en boog, kyk na die man se prent, mik, laat sak dan sy arms en bars in trane uit. Hy kan nie met ‘n pyl en boog skiet, na die man wat hy so lief gehad het en wat sy lewe deur vir hom so goed was nie. Die voog is tevrede met sy proefneming, hy sit sy arms om die huilende seun en verwelkom hom as sy vriend se seun en regmatige erfgenaam van sy eiendom.
As ons God se eie kinders geword het deur geloof in die Here Jesus Christus en die wedergeboorte wat die Heilige Gees in ons harte werk, is ons versigtig om God te bedroef. Iemand wat sommer maklik sonde doen, lieg, vloek, egbreuk pleeg, die Here se Naam links en regs gebruik, teen ander vyandig is, moet in sy hart vra: Is ek regtig ‘n kind van God? Het ek regtig deel in die hemelse koninkryk? “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is ‘n kind van God en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is” (1 Joh.5:1).
“Here, vandag wil ek God, my Vader, nie bedroef nie.”

Subscribe to:
Comments (Atom)