Lees 3 Johannes v.1,2
“…Gaius, my vriend, wat ek waarlik liefhet… Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel…”
‘n Onderwyseres gee eendag vir haar leerlinge, elkeen ‘n skoon vel papier, met die opdrag om die name van hulle klasmaats op die papier te skryf. Dan moet hulle, onder elke naam, die mooiste ding waaraan hulle oor dié leerling kan dink, neerskryf. Dit was stil in die klas terwyl elkeen bietjie rondkyk, dink en skryf. Na die klasperiode neem sy al papiere op. Daardie Saterdag, skryf sy op aparte velle papier, vir elkeen wat die ander van hulle geskryf het. Maandagoggend gee sy vir die klas elkeen hulle lys, van hulle maats se kommentaar oor hulle. Sy skryf oor hulle reaksie: Before long, the entire class was smiling. “Really?” they whispered. “I never knew that I meant anything to anyone!” and, “I didn’t know others liked me so much.” No one ever mentioned those papers in class again. The exercise had accomplished its purpose. The students were happy with themselves and with one another.
‘n Paar jaar later sneuwel Mark, een van die leerlinge, in ‘n geveg in Vietnam. Die onderwyseres woon sy begrafnis by. Die kerk was gepak met sy vriende, meeste in uniform. Een vir een het hulle by die kis verbygeloop om van hom afskeid te neem. Die onderwyseres het laaste verby geloop. Een van die soldate wat as draer opgetree het, kom na haar toe. “Was u sy onderwyseres?”, vra hy. Sy knik: “ja”. “Hy het baie van u gepraat,” sê die soldaat. Mark se pa en ma is ook daar. Hulle wag om met haar te praat. “Ons wil jou iets wys,” sê die pa. “Hulle het dit by hom gekry na hy gesneuwel het.” Hy gee vir haar ‘n vel papier wat duidelik oor en oor oopgemaak en toegevou is. Onmiddellik herken sy dit as Mark se lys oor wat sy maats van hom geskryf het. Sy ma sê: “Baie dankie dat u dit gedoen het. U kon sien dit was vir hom kosbaar.” Die ander medeskoliere van Mark begin ook naderstaan. Charles glimlag skaam: “Ek het ook nog my lys.” Chuck se vrou sê: “Chuck het gevra ek moet sy lys in ons huweliksalbum plak.” Marilyn sê: “Ek het myne ook nog. Dit is in my dagboek.” Vicki maak haar handsak oop en haal haar gehawende lys uit. “Ek dra myne oral saam waar ek gaan. Ek dink meeste van ons het nog ons lyste.” Die onderwyseres gaan sit en begin huil. Sy huil oor Mark wat dood is en oor al sy maats wat krag geput het, uit die goeie dinge wat hulle maats oor hulle geskryf het. Die skrywer van die storie sluit af: “Please, tell the people you love and care for, that they are special and important. Tell them, before it is too late.”
Die goeie wat ons van ‘n ander weet en van hulle dink, en as húlle dit weet, maak ‘n belangrike deel van ‘n goeie samelewing uit. Dit is ‘n belangrike element van die Christenlewe wat Christus by sy volgelinge soek: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê” (Joh.13:34). “Lewe in liefde soos Christus ons ook liefgehad het…” (Ef.5:2). “Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind” (Kol.314). In feitlik elkeen van sy sendbriewe vermeld Paulus iemand anders se deug. Die goeie wat hy van ander geweet het, het hy bekend gemaak.
“Here, vandag dink en praat ek goed van ’n ander.”
'n Dag lank
Lees Psalm 90
“Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe” (10).
Op `n kerkklok, in `n Vrystaatse dorpie, soos ek verstaan, is dié woorde ingraveer: Na korte dag, die lange nag; na korte tyd, die ewigheid. By ons vinnige vaart einde van die jaar toe, is ons opnuut bewus van hoe kort die tyd is en hoe vinnig dit verbygaan. `n Grysaard het my eens uit sy rystoel so aangespreek: “My lewe het soos `n droom verby gegaan Ek wou nog leef, toe is dit verby.” `n Hooggeplaasde man, prokureur en politikus, begaafd, in al sy onderneminge suksesvol, het skielik siek geword en onverwags by sy einde gekom. Om hom op te beur, deur hom oor sy prestasies te laat praat, vra `n vriend hom, hoe hy oor sy lewe voel, as hy oor sy briljante loopbaan terugkyk. Sy antwoord, as komende van `n denkende man, in die volle aangesig van die ewigheid, was treffend en onvergeetlik: “My suksesse ten spyt, voel ek nou dat my lewe `n mislukking was. Ek het nie een van die groot doeleindes waarvoor die lewe eintlik gegee is, bereik nie. Nou is dit te laat.” Ongelukkig het hy nie gesê oor watter lewenswaardes hy toe gedink het nie. Maar wat hy gesê het, kom hierop neer: `n Lewe net op die aardse bestaan gefokus, is `n lewe misgelewe. Dit is `n droewige einde.
Jesus het gesê: “…wat sal dit `n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly” (Mark.8:36). Elke mens maak sy eie lewenskeuse en die keuse van sy lewenseinde en ewigheidsbestemming. Gelukkig is dit nooit te laat om `n koersverandering te maak nie. Vir die misdadiger aan die kruis was dit `n laat uur, maar gelukkig het hy met sy vuil, mislukte verlede langs Jesus gehang. En gelukkig het hy volle gebruik van sy goeie kans gemaak. “’Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees’” (Luk.23:42,43). “…Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie” (Joh.6:37).
“Here, vandag kies ek die lewe met en by U.”

Maak tog seker
Lees Matteus 25: 1 – 13
“Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit” (10).
In Signs of the Times, vertel G. E. Garne, hoe hy en sy vrou, op die John Kennedy-lughawe, moes kyk, hoe hulle vliegtuig sonder hulle vertrek.
Hulle het ses bedrywige weke in die V.S.A. gehad en was nou op pad huis toe, na hulle twee kindertjies toe, wat hulle in die sorg van vriende gelaat het. Hulle harte het gebrand van verlange na hulle kinders en hulle het ook gehoor hoe die kinders al na hulle verlang. Selfversekerd en opgewonde, het hulle die aand die ontvangstoonbank genader. Die ontvangsklerk het sy besprekingslys deurgegaan, sy kop geskud.
“Onmoontlik!” roep Garne uit. “Ons het weke gelede die bespreking gedoen. Daar móét ’n fout wees.” Sekerlik was daar ’n fout, maar dit was nie die lugdiens se fout nie. Dit was hulle eie fout! Hulle is uitdruklik ingelig, hulle moet ’n paar dae na die bespreking, bevestiging vra. Maar, hulle was te besig en het dit nagelaat. Buitendien was dit slegs ’n formaliteit en hulle het dit nie ernstig beskou nie. Hulle het die fout gemaak om te veel as vanselfsprekend te aanvaar. Hulle was seker alles sal op die einde vir hulle reg uitwerk. Met trane in die ma se oë en ’n knop in die pa se keel, moes hulle sien hoe die vliegtuig, op sy vaart huis toe, sonder hulle opstyg.
Daar is die baie groter teleurstelling waaroor Jesus ons gewaarsku het, sluit die verteller sy storie af: “Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie…’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af…’” (Mat.7:22,23). Die Bybel waarsku ons, om van ons roeping en verkiesing, seker te maak. Die skrywer se eie woorde: “Day by day we must make it our business to confirm our covenant with Jesus Christ. Do it today and each day until He comes. We cannot afford to be disappointed in that critical hour.”
“Here, vandag wil ek sekermaak van my ewige lewe.”

Iemand sien
Lees Psalm 11 : 4 – 7
“Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekiners”
Twee broers het op ‘n plattelandse dorp ‘n winkel gehad, vertel Sunday School Times. Hulle kom agter, goed verdwyn van die rakke af, veral klein items. Dit klop nie met hulle kontantregister nie. Hulle kry ‘n plan, om agter die gebeure te kom. Hulle boor van die solder af ‘n gaatjie in die plafon. Hulle maak beurte om die kliënte deur die gaatjie in die plafon dop te hou. Wat hulle sien, verstom hulle. Van die dorp se inwoners, ook persone van wie hulle dit nooit sou verwag nie, neem goed wat nie by die betaaltoonbank vir betaling aangebied word nie. Die skuldiges is nie direk gekonfronteer en beskuldig nie. Hulle het dit net so indirek bekend laat word, daar is in die plafon ‘n gaatjie, waardeur kliënte dopgehou kan word. Die stelery het dadelik opgehou. Dit was vir hulle daarna amusant, om te sien hoe van die kliënte ongemerk dak toe loer om die gaatjie te ontdek.
’n Mens se lewe lê oop en bloot voor die Here, elke tree wat jy gee, sien Hy (Spr.5:21). Die wete dat die Here alles in verband met ons sien, behoort vir ons ‘n dissipline in ons lewe te bewerk, maar dit moet vir ons ook ‘n bemoediging wees. God sien nie net wat ons doen nie, maar ook wat met ons gebeur. God hou ons nie soos ‘n skeidsregter dop, net om te sien waar ons skeef trap nie, maar Hy hou sy oë ook op ons soos ‘n vader, om vir ons te sorg. ‘n Ma wat haar kind lief het, sien die stoutigheid en as dit nodig is straf sy haar kind, maar sy is ook baie gou om die kind te hulp te snel as daar vir die kind moeilikheid opduik. “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou” (2 Kron.16:9).
“Here, vandag weet ek U sien my.”

Hulle sê dankie
Lees Efesiërs 1: 1 – 14
Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God…” (6,7).
’n Generaal van die Engelse magte en ’n Regter van Indië reis op ’n besigtigingstoer deur Indië, vertel Power. Hulle kom in ’n behoeftige Moslemstreek. ’n Aantal vroue van ’n sendingstasie in die omgewing ontmoet en onthaal hulle. Die Indiese Regter is baie beïndruk deur die netheid en vriendelikheid van die vroue. Hy sê vir die Generaal: “Ek verstaan nie dat sulke beskaafde en ontkelde dames, in hierdie vuil en verarmde deel van die stad, werk nie.” “Ja, dit is regtig uitsonderlik,” antwoord die generaal, “tensy ’n mens natuurlik hulle motief verstaan.” “Dit is juis my probleem met hulle: hoekom doén hulle dit?” “Hulle motief is dankbaarheid.” “Dankbaarheid! Wat het ons arm mense ooit vir hulle gedoen, om enige dankbaarheid by hulle te verwek? Sê dít asseblief vir my.” “Om dit te verduidelik sal neerkom op die belangrike verskil tussen ons twee se godsdienste,” sê die Generaal. “Ek sal luister,” antwoord die Regter. “Ek sal dit met ’n verhaal moet verduidelik,” sê die Generaal. “Ek luister. Ek is gretig om dit te hoor,” verseker die Regter hom. Die Generaal vertel van die boer wie se grond onder hom uitverkoop moes word. Hy kon nie sy skuld betaal nie. Kort te vore het hy ’n baie welgestelde buurman gekry. Net voor die uitverkoping sou plaasvind, laat die bank die bankrot boer weet, sy buurman het sy skuld vir hom betaal.
Die Generaal sê: “Daardie boer kon nooit ophou om sy dankbaarheid teenoor die vreemde buurman te betoon nie.” Die Regter knik. Die Generaal vervolg: “Ons groot skuld, wat ons verlore moes laat gaan, is deur Jesus Christus vír ons betaal. Ons is vry. Ons hoéf dit nie terug te werk aan Hom nie. Maar as ons dink waaruit Hy ons verlos het en die prys wat dit Hom gekos het, het ons net die diepste dankbaarheid teenoor die Here Jesus en wil ons enigiets wat ons kan vir Hom doen.”
Hierdie dankbaarheid lê aan die wortel van elke offervaardige optrede in belang van die evangelie van die Here Jesus Christus. Hoe duideliker die besef is van wat Christus vir ons gedoen het, en waaruit Hy ons verlos het, hoe groter is die lewensoffer wat gebring word. Dit was die geheim van Paulus se totale offervaardige lewe. “…ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê” (Gal.2:19,20).
“Here, vandag wil ek my dankbaarheid, vir U groot gawe aan my, betoon.”

Hoe weet 'n mens?
Lees Titus 1: 1 – 4
“…dié waarheid wat lei tot die diens van God en wat hoop gee op die ewige lewe. God wat sy woord hou, het die ewige lewe lank gelede aan ons belowe” (2).
Hoe weet ’n mens jou siel is veilig vir die ewigheid? Daar is ’n manier. ’n Skip het in ’n hewige storm, naby die kus, gestrand. Vier matrose het die rotsagtige kus bereik. Hulle het teen die rotse begin uitklouter om buite bereik van die woeste inkomende gety te wees. Tot hulle ontsteltenis besef hulle, hulle het tot op die hoogste punt, van die lae reeks rotse geklim, waar die vinnige, inkomende gety hulle tog nog kan bereik. Dit is donker. Hulle sien nie verder as hulle onmiddellike staanplekkie nie. Hulle hoor hoe die see hoër opkruip na hulle toe. Hulle is op die punt om hulle aan die genade van die branders oor te gee, met die hoop dat hulle miskien iewers hoër uitspoel, toe een van hulle, om sy ewewig op die rots te verstewig, met sy hand op `n plant druk en dit vasgryp. So nat as wat dit is, weet hy dadelik dit is nie seegras nie, maar ’n plant met ‘n wortel. Vir ’n oomblik verlig ’n weerligstraal die omgewing en hy herken die plant as seevinkel. Dit is ’n plant wat altyd hoër as die hoogwatermerk groei. Met groot blydskap lig hy sy makkers in. Hulle is veilig, die branders sal nie tot by hulle kom nie. Die eenvoudige plant, en die man se kennis van die plant, het vir hulle in hulle donker nood, veiligheid gewaarborg. Hulle het veilig op die rots bly staan, ongerieflik, maar veilig, en gehoor hoe die water later teruggaan. Na dagbreek is hulle gesien en na veiligheid geneem.
In ons lewe raas en dreig die branders van twyfel, versoeking, teleurstelling, mislukking in ons gemoed. Hoe kan ons weet ons siel is veilig vir die ewigheid? Ons het ook ’n waarborg, baie sekerder as die seevinkel. God se beloftes! Die Here se woord is ons sekerheid. Ons is geseënd om dit swart op wit te hê. Het u in Jesus Christus vir die redding van u siel vertrou? Indien só, dan, sê God, het u die ewige lewe. “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Joh.1:12). “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Joh.3:16). Die Heilige Gees wek in ons die behoefte na redding, na die ewige lewe; wek in ons die begrip van Jesus se plaasvervangende dood aan die kruis; wek in ons die vertroue in Jesus as redder; wek in ons die optrede om Jesus in die gedagte of met woorde, aan te neem as my Verlosser; wek in ons die versekering, nou is ek kind van God, my sonde is vergewe, ek het die ewige lewe. God belowe dit!
“Here, vandag glo ek U belofte: ek het die ewige lewe.”

Hartsbegeertes
Lees Psalm 73:21-28 Ou Vertaling.
“Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie” (25).
Een aand, net met sononder, staan ek en kyk hoe motte, deur ’n sterk neonlig aangetrek, in hul menigtes in ’n elektriesgelaaide rooster vasvlieg en verskroei. Twee skoelappers kom aangevlieg. Ek hou dop wat met hulle gaan gebeur. Sonder om eers na die aantreklike lig te kyk, vlieg hulle verby, teen die ondergaande son in, na ’n akkertjie blomme toe. Blomme – nie ligte nie – is die natuurlike liefde van skoenlappers.
N. Naismith skryf, hy het ’n kort navorsing, oor hartsbegeertes gedoen. Vir ’n student vra hy watter drie dinge begeer hy die meeste. Hy het geantwoord: “Boeke, gesondheid en stilte.” Elkeen het volgens sy gedragsomgewing eie begeertes gehad. Vir ’n boemelaar was, kos, klere, en warmte, een koue oggend die belangrikste.” Die antwoorde van mense uit ‘n skare het neergekom op: “Rykdom, plesier, roem.” ’n Handearbeider het gesê: “Meer loon, meer ontspanning, meer vermaak.” Drie jongmans het vol lag na mekaar geloer en al drie het een woord geantwoord: “Meisies.” Toe vra hy vir ’n betreklik arm man wat oor ’n lang tyd die gedrag van ’n toegewyde Christen openbaar het. Hy het ook een woord geantwoord, maar toe daarop uitgebrei: “Christus. Maar ek sal dit op drie maniere sê. Ek wil graag in Christus wees, soos Christus wees en met Christus wees.” “…om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom gee ek alles prys …”(Fil.3:8,9).
’n Mens is gelukkig as die Heilige Gees hierdie gesindheid in die hart opgewek het. “Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het…Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredinge, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! … in Christus…het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee…” (Ef.2:3-6).
“Here, vandag begeer ek om nader aan U te leef.”

God se Woord
Lees Hebreërs 4: 12 – 13
”Die woord van God is lewend en kragtig. dit is skerper as enige swaard met twee snykante…Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart” (12)
Dr. R. A. Torrey skryf: “Die Bybel is nie net die mees geliefde Boek in die wêreld nie; dit is ook die mees gehate Boek. Die wyse waarop iemand met die Bybel omgaan is ’n baie betroubare aanduiding van die hart se gesindheid teenoor God.” Dan noem hy ’n paar maniere waarop mense met die Bybel omgaan.
Die mens wat God onbeskaamd haat, sê hy, haat die Bybel openlik. Hy verag die Bybel, spot daarmee en sal alles in sy vermoë doen om dit vals te bewys en dit te ondermyn. Talle ateïste en agnostici dit al probeer doen.
’n Ander houding jeens die Bybel, sê dr. Torrey, is om die Bybel te respekteer, maar dit nooit te lees nie. Die Bybel word erken, maar op ’n afstand gehou. Dit is vir hom ’n vreemde en geslote Boek. Hy is nie ’n doelbewuste vyand van God nie, maar ’n vreemdeling.
Dan noem dr. Torrey die ander houding teenoor die Bybel. Die Bybel word geken en gelees, maar uit plig. Daar is nie vreugde in die omgang met God se Woord nie. Dit is ’n sware taak wat verrig moet word, want die persoon is nog nie God se kind nie, maar ’n kneg wat onder dwang staan en vrees vir straf as hy die plig van die lees van die Bybel sou verwaarloos.
Dr. Torrey noem die vierde houding: liefde vir die Woord van God. Die persoon honger na die Brood van die lewe omdat hy deur wedergeboorte God se lewe in sy hart ontvang het. Hy bestudeer die Bybel, omdat Hy God steeds beter wil leer ken. In die Bybel vind hy die Persoon van Christus. Al aanskou hy Christus in die Bybel soos in ’n spieël, bring die Heilige Gees Christus se heerlikheid in sy hart en sinne in. “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld…deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:17,18). So iemand verstaan die Bybel en verlang daarna soos ’n kind na sy vader se brief sal verlang. Uit die Bybel ontdek hy wat God alles aan hom belowe.
“Here, vandag wil ek U Woord met blydskap lees.”

Gelei deur sy kind
Lees Lukas 18: 15 – 17
“Laat die kindertjies na my toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle” (16).
In Die Bode van September 2000, die kwartaalblad van die Transnet Christelike Unie, skryf Leon Jones hierdie aandoenlike ervaring oor homself:
“Dit word laat,” sê ek vir my sesjaar oue seuntjie. “Jy moet solank gaan inkruip.” Vandat ek en my vrou drie maande tevore van mekaar vervreemd geraak het, en ek my eie plek gekry het, bring Greg elke tweede naweek, by my in my woonstel deur. “Gaan ons nie eers bid nie?” vra hy heel onskuldig. Van kleins af het ons hom geleer en gehelp om voor slapenstyd sy gebedjie op te sê, en dit was vir hom belangrik. Maar vanaand was dit reeds laat ek ek het nog baie werk gehad om te doen. Ek skakel my rekenaar aan en hoop hy sal sien ek is besig – miskien kan ons vanaand oorslaan! “Wanneer kom Pa?” kerm hy egter. Ek dink by myself: laat ons dit agter die rug kry. Hy sal my tog nie ophou pla nie. Ons is na sy kamer toe en ek gaan langs hom op die bed sit, maak die Bybel oop en rammel ’n paar verse af. Toe ek die Bybel toemaak, kniel hy langs die bed. “Wie gaan eerste bid, Pappie?” “Bid jy maar eerste, my kind,” sê ek en hoop dit gaan nie lank neem nie. Ek het nog baie werk gehad. “Liewe Jesus,” begin hy, sy hande onder sy ken gevou. “Dis Greg hierso.” Hy kyk op na my en glimlag ingenome met homself. Hy maak sy oë weer toe. “Ek het vandag ’n lekker dag gehad. Ek het met die dogterjie hier langsaan gespeel. Haar naam is Susan.” Hy bly weer stil en kyk op na my. “Weet liewe Jesus dat Pappie en Mammie nie meer saam bly nie?” vra hy ernstig. “Hy weet,” antwoord ek stug. “Liewe Jesus, dis weer Greg hier,” bid hy verder. “Ek gaan môre weer terug na Mammie toe; so ek wil net vra dat U moet mooi kyk na Pappie en Susan ook en…” Hy hou op en kyk bekommerd na my. “Susan se Pappie bly ook alleen, en sy van is ook Jones. Sal liewe Jesus nie deurmekaar raak nie?” “Nee, Greg,” kreun ek. Wanneer gaan hy tog klaarkry? “Is Pa seker?” “Ek is baie seker, Greg,” sê ek nou effens ongeduldig. “Hy weet wie’s ek en Hy weet wie’s Susan se pa.” “Is Pappie nou kwaad vir my?” “Nee, ek is nie kwaad nie, Seun – maar mens bid nie soos jy nie. As jy bid, praat jy met die Here. Jy kan nie ’n bietjie met Hom praat en dan weer ’n bietjie met my nie. Dis ’n ernstige saak om te bid.” “Soos die grootmense in die kerk?” “Soos in die kerk, ja!” Hy sluit weer sy oë. “Onse Vader, wat in die Hemel is…” Hy loer onderlangs vir my. “Ek bid vir Pappie en vir Mammie…ee…” Hy bly weer stil. “Is dit beter, Pa?” Skielik voel ek skuldig. Weg was sy spontaniteit en ek kon sien hy weet nie wat om verder te bid nie. “Greg, vergeet wat ek gesê het – bid soos jy altyd gebid het – praat met die Here soos voorheen.” Hy glimlag verlig. “Liewe Jesus, dis weer Greg; Ek wil so graag hê Pappie moet terugkom huistoe…” Ek onthou skielik hoe gelukkig ek en my vrou voorheen was; die liefde wat ons gedeel het en hoe wonderlik dit is om ‘n seun soos Greg te hê. Vir ’n oomblik probeer ek dink waar dinge dan so verkeerd geloop het. Was dit die stres van my werk? Was dit afvalligheid van die Here? Verwag ons te veel van mekaar? Of was dit iets anders. Greg het gou aan die slaap geraak en ek het na my eie kamer toe gegaan, die deur agter my toegetrek en by my bed gekniel. “Here Jesus, dis Leon hier. Daar is iets waaoor ek met U moet praat.”
Wanneer ons, met watter probleem ookal, by hierdie plek kan uitkom, gaan die lig vir ons op. Ek wens so die vertelling het voortgegaan, om ons in te lig hoe hy saam met Greg na sy vrou toe terug is. Ek glo dit is wat gebeur het. Want die Here het belowe, as ons só nederig en afhanklik kom bid, steek Hy sy hand uit en doen vir ons die onmoontlike. “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie…Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën” (Mark.10:14,16).
“Here, vandag kom ek my saak soos ’n kind vir U vertel.”

Drie knoppies om te druk
Lees Johannes 16: 25 – 33
“Van daardie dag af sal julle in my Naam bid en hoef Ek nie julle voorspraak by die Vader te wees nie, want die Vader self het julle lief…” (26).
Sekere plaaslike regerings in Japan, gebruik ‘n toestel om die welstand en veiligheid van bejaardes in hulle gebied te monitor, skryf Neil Verwey vir ons uit Japan, na aanleiding van ’n berig in die Yumuiri News 2005-11-29. ‘n Ontvangstoestel wat met elektromagnetiese golwe werk, word in ‘n bejaarde se tuiste opgestel. ’n Welsynwerker stuur dan elke oggend ‘n boodskap uit en die bejaarde kan dan antwoord, deur net een van drie knoppies te druk: wel, onwel, of bel my. Die stadsraad van Wako, is een van die eerstes wat die stelsel by sy plaaslike tuisbestuursverenigings aanbeveel het. Hulle leen nou die toestelle aan die alleenlopende bejaardes van die stad uit. “Ons wil hê ons seniorburgers moet weet ons is bekommerd oor hulle,” spreek een van die amptenare sy besorgdheid vir bejaardes uit. “Ons wil hulle help wanneer hulle dit nodig het.”
So ‘n stelsel sal vir alle bejaardes ‘n nuttige beveiliging wees. Gelukkig het God ook vir sy kinders ‘n soortgelyke stelsel beskik. Dit word in Filippense 4:6,7 beskryf: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” Ons geloofstelsel het ook drie knoppies: gebed, smeking en danksegging,. Die eerste knoppie word deur Jakobus 5:13 beklemtoon: “As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid.” Ons het hulp en bystand van God nodig. Dus die knoppie van gebed. Die tweede knoppie word aangewys deur Psalm 50:15: “Roep my aan in die dag van benoudheid: ek sal jou uithelp….” Ons is in die moeilikheid, dit is ‘n krisis en ons het die Here by ons nodig om ons te help. Dus die knoppie van smeking. Die derde knoppie, danksegging, word deur Psalm 103:2 beklemtoon: “Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.” As dit met ons goed gaan, moet ons die Here met lof van ons laat hoor.
“Here, vandag wil ek U in al my omstandighede aanroep.”

Die vier kêrels
Lees Kolossense 3: 1 – 17
“…soek die dinge daarbo…bedink die dinge wat daarbo is” (1,2.)
Die effens komiese storie, van die meisie met die vier kêrels, het Lize Breedt en Nols en Lorraine Fourie vir my gestuur. Ek het dit ervaar as ’n storie met ’n belangrike boodskap.
Dié meisie, het 4 kêrels gehad. Die eerste een het sy verskriklik lief gehad en al haar aandag aan hom gegee en hom gepamperlang. Die tweede kêrel het sy ook baie liefgehad en hy was vir haar baie werd. Die derde kêrel was vir haar ook kosbaar. Hy was haar vertroueling en as sy ’n probleem gehad het of advies nodig gehad het, het sy na hom toe gegaan. Aan die vierde kêrel het sy haar nie eintlik gesteur nie. Hy was baie lojaal teenoor haar. Hy het groot opofferinge gemaak om haar te beskerm en haar besittings te bewaak. Sy het omtrent nooit van hom notisie geneem nie. Toe word die meisie siek en haar dae was getel. Sy vra die eeste een. “Ek het jou so lief en ek het so baie moeite vir jou gedoen en jou so baie geskenke gegee, gaan jy my nou help?” “Nooit!” roep hy uit en maak hom dadelik uit die voete. Sy vra haar tweede kêrel. “Ek het jou my lewe deur liefgehad. Ek het vir jou baie moeite gedoen. Gaan jy nou by my bly. Die tweede kêrel skree: “Nimmer!” Hy hol weg. Verslae wend sy haar tot haar derde kêrel. Hy was darem altyd opreg en simpatiek teenoor haar. “As ek sterf sal jy saam met my wees en my bystaan?” pleit sy by hom. “Ek kan nie,” antwoord hy. “Ek sal tot by jou graf by jou bly, maar meer kan ek nie doen nie.” Toe hoor sy ’n stem. Dit is die vierde kêrel. Maer en verwaarloos staan hy daar. Vol berou sê die meisie: “Ek moes baie meer aandag aan jou bestee het. Ek het jou so verwaarloos en nou is jy die enigste een wat by my sal bly.”
Dit is ’n verhaal wat in elkeen van ons se eie lewe afspeel. Ons het elkeen ook die vier geliefdes. Daardie eerste, meesgeliefde kêrel, is ons liggaam. Ons maak dit so lekker moontlik vir hom. Maar die liggaam laat ons by ons dood sommer dadelik in die steek. Die tweede kêrel is ons besittings. Ons is lief vir ons geld, ons huise ons motors, ons juwele. Hierdie tweede kêrel laat ons ook sommer in die steek. Die derde kêrel is ons vriende en familielede. Hulle gaan ’n ver end saam met ons. Bly by ons sterfbed. Loop saam graf toe. Maar daar eindig ons geliefdes se bystand. Die laaste kêrel wat omtrent nie aandag gekry het nie, is ons siel. Die siel gaan saam ewigheid toe, maar die siel kry in die gewone lewe die minste aandag en versorging. Ons moet ons orde dus omruil. Eerste ons kosbare siel. Ons moet die siel met hemelse klere van eerlikheid, liefde, geduld, geloof klee en met die Woord van God voed. Die een wat ook nie heeltemaal genoeg aandag gekry het nie, is ons vriende en familielede. Hulle is kosbaar en verdien baie aandag. Na ons besittings moet ons met verstandigheid omsien en dit verstandig gebruik. Ons moet nie toelaat dat dit oor óns heers nie. Die liggaam moet versorg word, skoon gehou en gesond gehou word. Al hierdie elemente is belangrik, maar ons siel moet nommer een staan. As ons siel en ons verhouding met God nommer een is, val die ander sake van ons lewensverband in die regte posisie.
“Here, vandag is my verhouding met U en u koninkryk in die hemel van eerste belang vir my.”

Die hartelose koetsier
Lees: 2 Korintiërs: 4:16-18
“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid … wat ewig bly.” (17)
Een winterdag was ’n koets onderweg van Deer Lodge na Misoula. Die pad het oor Flint Creek gegaan. Die enigste twee passasiers, ’n vrou en haar baba, wou in die erge koue verkluim. Die koetsier, wat hulle stip dopgehou het, het die eerste tekens van verkluiming, lomerigheid, by die vrou opgemerk. Hy het stilgehou en die vrou uit die koets getrek. Terwyl sy wankelende langs die koets staan, klim hy terug op die koets en ry weg. “My kind! My kind!” gil sy en hardloop struikelende agter die koets aan. Die koetsier hou aan met ry. Gillende hardloop sy al sterker. Die koetsier ry bietjie vinniger. Hygend hou die vrou aan met hardloop. Beurtelings roep sy na haar kind en dan skel sy weer op die koetsier. Na meer as ’n half kilometer hou hy sy perde in. Uitasem en warm kom sy by die koets aan. Hy laat haar inklim, plaas die kind teen haar warm liggaam en vou hulle met ’n warm kombers toe. Sy harde optrede het albei se lewens gered.
God bemerk gevare wat ons bedreig. Seën en goedheid sal nie die gewensde uitwerking op ons lewe hê nie. Hy plaas ons in omstandighede wat hard en pynlik is, maar dit bewerk ons redding en behoud. Sodra sy doel bereik is met die swaarkry wat Hy aan ons uitmeet, wend Hy Hom ontfer-mend tot ons om ons te troos en te seën.
So het die Here met Israel gehandel: “Ek gaan haar wingerde en haar vyebome verwoes …Ek sal haar na die woestyn toe bring en mooi dinge vir haar sê en … ’n poort na ’n nuwe toekoms maak.” (Hosea 2:11,13,14).
”Here, ek wil vandag nadink oor my swaarkry en na U luister, sodat U my weer kan help en seën”

Die einde tel
Lees Hebreërs 9:23-28
“’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel” (27).
Hoewel hy die seun was van ‘n toegewyde predikant, het Adoniram Judson tydens sy universiteitsdae ‘n ateïs as vriend gekies. Judson het so onder sy invloed gekom, dat hy kort voor lank net so ‘n lasteraar en bespotter van geloof geword het. Judson het die teater as beroep gekies en by ‘n teatergroep aangesluit. Een nag het hulle in ‘n plattelandse hotel oorgebly. In die kamer langsaan dié van Judson was ‘n man besig om te sterf. Die dorpie het nie ‘n hospitaal gehad nie. Judson moes luister na die man se kreune en uitroepe in sy worsteling met die dood. In die nanag het dit stil geword. Die volgende oggend het Judson verneem die man is dood. Tot sy verbystering moes hy uitvind dit is sy eertydse, ongelowige universiteitsmaat. Die parmantige spotter se einde het Judson verskrik. Só ‘n einde wil hy nie hê nie. Die geloofswaarhede waarmee hy in die pastorie grootgeword het, het soos ‘n vloed na hom toe teruggekeer. Met berou het hy hom tot God gekeer. Hy het die weg goed geken.
Was dit sy gelowige ouers se gebede wat hom ingehaal het? God is genadig. Dit was God se bestemming, dat hierdie wegloopskaap van die Goeie Herder, só sou inkom. Betyds het die Heilige Gees, daar in ‘n vreemde hotel, sy Verlosser Jesus weer na hom toe gebring.“…hy gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers” (Luk.15:4,5).
“Here, vandag verlang ek dat U na my toe kom.”

Deur 'n sleutelgat gesien
Lees Spreuke 18: 1 – 15 – Lewende Bybel
”As ’n mens sommer jou opinie oor ’n saak gee voordat jy mooi geluister het waaroor dit gaan, is jy dom en sal jy in die skande kom” (13)
’n Plaasseun het eenkeer masels gekry en moes in ’n donker kamer in die plaashuis bly, sodat sy oë nie deur die sonlig beskadig word nie, soos sy ouers geglo het. Die tyd het hom gou verveel en hy het by sy buitedeur gekniel en deur die sleutelgat gekyk wat buite aangaan. Hy kon nie wyd sien nie. Hy kon net die dinge sien wat in die nou sigveld van die sleutelgat by die deur verbygaan. Een oggend kom sy pa se spog perd by die deur verby, gelei deur ’n stalwerker. Die perd se pens en bene is vol bloed. Dadelik is die seun kwaad. Die slegte werker, dink hy, hy het die perd natuurlik oor ’n doringdraad laat spring en die perd het homself beseer. Hy wonder wat sy pa met hom sal maak. Hy verdien om terdeë gestraf te word. Net toe verskyn sy pa in sy gesigsveld en hy sien hoe sy pa met die werker praat en oor die perd se pens streel. Hy kan nie hoor wat gepraat word nie, maar hy word eintlik warm net by die gedagte wat sy pa nou vir die werker sê. Bietjie later kom loer sy pa by hom in. Die eerste waarna hy vra, is wat sy pa met die slegte werker wat die perd verniel het, gaan maak. Sy pa gaan sit op die bed. ”Nee, Seun, daar is nie fout nie,” sê hy bedaard. “Die perd was siek en die werker was so oplettend om dit raak te sien en vir my daarvan te vertel. Ek het dadelik die veearts laat kom en hy het bloedgelaat. Dit is die bloed wat jy aan die perd moes gesien het. Jy het deur die gaatjie te min gesien en daarom het jy ’n verkeerde gevolgtrekking gemaak. Leer nou vanmôre hierdie goeie les: moet jou nooit uitspreek oor iets wat jy net deur ’n gaatjie gesien het nie.”
Dit is die groot gevaar om uit te praat oor iets wat mens net by iemand anders gehoor het. ’n Verstandige mens kry eers die feite voor hy sy gevolgtrekking maak. Ons onderlinge verhoudinge, en veral ons verhouding as Christene met mekaar, vra vir versigtigheid in ons beoordeling van mekaar: “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde” (Ef.4:2).
“Here, vandag wil ek versigtig wees in wat ek van ’n ander hoor en dan van die ander dink.”

Weggooi klei
LEES: Jeremia 18:1-10
“Soos klei in die pottebakker se hand , so is julle in my hand…” (6)
’n Predikant wat nuut in ’n pottebakkersdorp aangekom het, het ’n man wat pottebakker van beroep was, by sy huis besoek. Hy was as jongman roekelose en losbandig. In die netjiese en aangename sitkamer staan twee groot, pragtige kruike in ’n glaskas. Met opregte bewondering roep die dominee uit: “Dis pragtig. Hulle moet baie waardevol wees. Waarvoor sal jy sulke kruike verkoop?” Die man antwoord met ’n glimlag: “Hierdie twee kruike is onbetaalbaar duur. Ek sal vir geen geld in die wêreld van hulle afstand doen nie. Hulle het vir my lewensbetekenis. Jare gelede was ek ’n dronkaard, `n dobbelaar en bakleier, wat sy siel aan die duiwel verkoop het. Eendag het ek uit nuuskierigheid in ’n evangeliediens beland. Wat die man gepreek het, het my geskud. Op pad terug huis toe, loop ek by ’n rommelhoop verby en sien daar ’n stuk klei weggegooi lê. Ek neem dit huis toe, knie dit goed deur en maak toe hierdie twee kruike daaruit. Ek dink daarna by myself: As ek uit ’n stuk waardelose, weggooi klei sulke kruike kon skep, kan God uit my verinneweerde lewe ook iets maak. Ek het net daar neergekniel en myself in God se hande oorgegee. Hy het van my ’n nuwe mens gemaak.”
Die man het nie homself probeer verbeter het nie. Dit is ’n onmoontlike taak. Hy het na Jesus gevlug. “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is….” (Ef.2:22-24).
“Here, ek wil vandag my lewe aan U oorgee.”

Waar is Hy heen?
Lees Amos 4: 7 – 13 – Ou Vertaling
“…maak jou klaar om jou God te ontmoet…(12).
Die skokkende nuus het soos pyle deur die gange en sale van die paleis gevlieg: Die koning is dood! Hy is dood in sy bed gevind, vertel Robert J. Morgan in Stories, Illustrations and Quotes.
“Waar is hy heen?” vra een van die koning se slimste raadgewers. “Seker hemel toe,” antwoord die ander. “Nee,” sê die eerste man ernstig, “ek dink nie so nie. Ek dien die koning al jare lank. Ek het baie saam met hom, oral heen, op sy togte saamgereis. Hy was lief om te reis en hy het altyd uitvoerig vir sy togte voorberei en daaroor gepraat. Ek het hom nooit oor die hemel hoor praat nie. Dit is ’n bestemming waaroor hy nooit navraag gedoen het en ‘n reis waarvoor hy nooit voorsiening gemaak het nie.”
Jesus het ons gewaarsku: “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min” (Mat.7:13,14). Die jaar is halfpad. Dit is ’n gunstige tyd om ook oor ons ewigheidsbestemming na te dink. Hoekom was dit vir die Seun van God nodig om met so ’n diep vernedering aarde toe te kom en met soveel lyding te sterf? Jesus gee die antwoord aan die wat beswaar gemaak het omdat Hy die tollenaar, Saggeus, gered het: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom ...Die Seun van die mens het…gekom om te soek en te red wat verlore is” (Luk.19:9,10). Jesus het na ons, as mense, toe gekom om ons van die ewige dood te red. Maar in ons alledaagse lewe gaan ons soos die koning by Hom verby. Ons verbeur óns geleentheid om die hemel toe te gaan.
“Here, vandag dink ek aan my einde.”

Vreemde
LEES: Handelinge 8:26-40
“Filippus het…gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees… die Skrifgedeelte wat hy gelees het was dit: ‘Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word…’” (30)
’n Hond kom een aand by ’n kamp van Sjinese Shangtunsoldate, ingedrentel met ’n bek vol bladsye van ’n Bybel wat hy iewers beetgekry het, vertel King’s Business. Die soldate beur dit uit sy bek en lees dit nuuskierig. Hulle volg die hond toe hy koers kry en kom by ’n sendinghospitaal in daardie omgewing uit. Hulle vra vir meer van daardie soort leesstof. Dit is gretig vir hulle gegee. Dr. Goforth en ’n Sjinese evangelis besoek die kamp, hou ’n paar dienste en versprei meer leesstof. ’n Goeie twee honderd van die soldate het agterna persoonlik met dr. Goforth en sy werkers oor hulle geloof en verlossing gepraat.
Die Bybel en evangeliese leesstof het groot krag om mense na die Here toe te trek. Die Heilige Gees gebruik die evangelie wat gepreek word of gelees word, om in mense se harte te werk, geloof op te wek en die Here Jesus aan hulle bekend te maak. So word Christene in hulle geestelike lewe versterk en onbekeerde mense tot redding gebring. Menslike lippe en menslike hande is nodig om hierdie heilsmiddele te versprei. Ons lippe en ons hande moet dit doen. “…na Stefanus se dood…is die gelowiges uitmekaar gejaag….na Fenisië, Siprus en Antiogië toe …die evangelie dat Jesus die Here is, verkondig… Die Here het die gelowiges gehelp, sodat daar baie mense tot geloof gekom en hulle tot die Here bekeer het” (Han.11:19-21). Dit is ’n groot voorreg met groot ewige loon as die Bybel of blaadjie of traktaatjie wat u vir iemand gegee het, die middel tot een of meer mense se bekering kan lei. Ons doen verspreidingswerk; die Heilige Gees doen bekeringswerk.
“Here, vandag wil ek u evangelie aan iemand gee.”

Vir my
Lees Romeine 3:21-26
“Almal het gesondig en is ver van God af, maar hulle word…vrygespreek vanweë die verlossing deur Christus Jesus” (23,24).
Hangkop, hande diep in sy sakke, sleepvoetend en kreupel, strompel John Scott waterfront toe. Dis aand. Die donker, roerende seewater is sy bestemming. ’n Skielike, harde uitroep laat hom in sy spore vassteek: “Gekruisig! Hulle het Hom gekruisig!” Hy kyk verskrik rond. Wie het geskree? Nou sien hy die halfversteekte dokkesaaltjie. ’n Man op die verhoog is besig om te preek. Natuurlik. Dit is Sondagaand. Godsdiens en kerk het nog nooit in John Scott se lewe plek gehad nie. Vanáánd tref dáárdie woord hom in die kern van sy lewe. Hy het dit sién gebeur. Dáárdie wrede ervaring dryf hom waterfront toe.
’n Jaar tevore is hy oorlog toe. Hy is ernstig gewond. Daarna bly hy siek. Ontslaan uit die weermag, onbevoeg vir oorlog of werk, dwaal hy in Bristol se strate rond. “Niemand gee om vir my nie!” skreeu sy gedagtes. Dít en sy skokervaring, dryf hom waterfront toe.
Hy gaan die saal versigtig binne en gaan sit. Die prediker se woorde begin hom boei. Hy raak by die vertelling betrokke. “’n Paar maande gelede,” vertel die prediker, “was die Britse en Duitse magte in ’n deel van Frankryk slaags. ’n Britse soldaat het ernstig gewond in ’n bomkrater tussen die gevegslinies geval en bly lê. Sy vriend skreeu vir hulle offisier: ‘My maat lê daar! Ek gaan hom haal!’ Hy het platgeval en na sy maat toe begin kruip. In die krater sien die gewonde man hoe sy maat nader en nader kruip. Amper daar,” vertel die prediker verder, ”sien ’n vyandelike patrollie die maat. Slaan hom plat en sleep hom weg. Teen ’n houtafdak spalk hulle hom oop; kruisig hom en laat hom in die versengende hitte hang om te sterf.” Toe die prediker die woord “gekruisig” uitspreek, verdonker John Scott se gesig. Die prediker gaan voort: “Hulle het gedink die man in die bomkrater is dood en hulle het hóm met rus gelaat. In die bomkrater het die gewonde man magteloos, doodstil, alles sien gebeur: die brutale wreedheid, die gekruisigde man se lyding en stadige dood. Hy sal nooit kan vergeet hoe sy vriend sy lewe só gegee het om hom te probeer red nie.” Na ’n oomblik van stilte sluit die prediker sy preek af: “Onthou ú nog die Man wat ook só vir u gely en gesterf het? Wat het u al gedoen om u dankbaarheid en u liefde vir Hóm te bewys?”
Die diens eindig en John Scott sluip vinnig deur toe. Die prediker is ook daar en by die deur lê hy sy hand op John se skouer. “My seun, het jy al die Here Jesus, wat vir jóú gekruisig is, aangeneem as jóú redder?” “Nee,” antwoord John, “maar ek wil. Ek het nooit geweet die evangelie is oor so iets nie. Vanaand verstaan ek dit. Ek verstaan dit baie goed. U sien. Ek was die gewonde soldaat in die bomkrater. Ek het gesien hoe sterwe Bill vir my.”
Hy en die prediker kniel saam. Die prediker maak sy Bybel by Romeine 5:6 oop en lees die woorde: “Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe … God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” John het geglo en Christus met ’n eenvoudige gebed as sy Verlosser aangeneem.
“Here, vandag weet ek U het vir my gesterf. Ek glo en dank U.”

Vertrouende Blydskap
LEES: Romeine 15: 7 – 13
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees” (13).
Mitridades, koning van oud-Asië, het groot vreugde geput uit die snarespel van ’n ou musikant en ook groot liefde vir hom ontwikkel. Een oggend word die ou man wakker en ontdek sy huis is gedurende die nag met allerhande kosbaarhede gevul. Goue en silwer voorwerpe staan oral op die vloer en tafels rond, bediendes beweeg om hom, gereed om sy geringste wens uit te voer, ’n pragtige purper mantel lê vir hom gereed om aan te trek en voor sy deur staan ’n sierlike koets en wag om hom te neem waarheen hy wil gaan. Vinnig begin die ou man sy verslete tas pak om pad te gee uit hierdie onbekende omgewing waarin hy hom nou bevind. Die diensknegte het moeite om hom te oortuig, dit is nou syne. Die koning het ’n ryk onderdaan se nalatenskap aan hom, die ou musikant, bemaak. Hy is nou die koning se vriend en gunsteling. Dit het lank geneem om hom te oortuig, maar toe dit tot hom deurdring, trek hy die purpermantel aan, klim op die koets, en terwyl hy paleis toe ry, juig hy hard en aanhoudend: “Dis alles myne! Dankie, my koning! Dis alles myne! Dankie, my koning!” Sy blydskap en liefde vir sy goedhartige vors het geen perke geken nie.
Dit was alles aardse rykdom waaroor hy so onkeerbaar bly was. En hy het dit ook so half en half met sy viool verdien. Hoe anders staan dit met ons: ons is onverdienstelike sondaars – nee, eintlik verdien ons straf! Al wat ons gedoen het, was om God te bedroef, teleur te stel en te onteer. Tog red God ons uit genade, skeld ons ons straf vry, en gee aan ons ’n rykdom waaroor Petrus juig: “Ons het ’n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel bewaar is vir ons” (1Pet.1:4). Deur die Here Jesus Christus het ‘n onbeskryflike rykdom ons te beurt geval, maar ons glo dit nie, ons juig nie daaroor nie. Daar is so min blydskap by ons as Christene, so min hartlike, warm liefde vir ons Verlosser, Jesus Christus.
“Here, vandag dank ek U en ek juig oor my rykdom in U ewige hemelse koninkryk.”

Vertrou en Sing
Lees Handeling 16: 16 – 35
“Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing…(24,25)
Jare gelede strand die Engelse stoomskip Stella, in ’n hewige storm teen ‘n rotsagtige kus, vertel Roy Zuck. Twaalf vroue wat aanboord was, is in ’n reddingsboot geplaas. Die onstuimige see het die boot dadelik weggevoer. Hulle het ’n verskrikkende nag in die siedende storm deurgebring. Dalk sou hulle alle hoop opgegee het, as dit nie vir die Christensangeres, Margaret Williams, was nie. Sy het die verskrikte en skreeuende vroue tot bedaring gebring en kalm God gebid om hulle te red. Om almal se geloof te versterk het sy geloofsliedere begin sing. Deur die donker ure het haar helder stem oor die deinende branders gegalm. Vroeg die volgende oggend gaan soek ’n reddingsboot na hulle. Die digte mis maak dit vir die lewensredders onmoontlik om verder as ’n paar tree voor hulle te sien. Hulle hoor die singende stem van Margaret Williams, wat uit die aria Elijah sing: “Oh, rest in the Lord, wait patiently for Him.” Hulle stuur op die klank van die stem af en die vroue is gered. Versterk ú geloof.
Bly by my, Heer, terwyl die skadu’s daal;
Laat tans u lig my donker pad bestraal!
Daar is geen ander hulp of troos vir my –
Hulp van die hulpelose, staan my by!
U het my, Heer, van jongs af steeds behou,
Al was ek soms opstandig en ontrou;
Soos ek van U, was U nooit ver van my;
Wil tot die einde dan nog by my bly!
Vertoon u kruis, Heer, aan my sterwende~oog;
Skyn deur die skeemring, wys my na omhoog;
Reeds daag die lig, van aardse skadu’s vry –
O bly deur dood en lewe, Heer, by my!
”Here, vandag wil ek singende by U skuil”

Veilig
LEES: Psalm 34: 16 – 23
“Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal (20).
Stonewall Jackson en sy suster moes ’n diep, sterk vloeiende, stroom, net onderkant die Niagraval, oorsteek, vertel Our Daily Bread.. Die stroom het hulle bootjie so geruk en rondgegooi dat die vrou verskrik geraak het. Jackson het haar arm stewig vasgevat en na die twee roeiers gedraai. “Hoeveel keer het julle hierdie stroom al oorgesteek?” “’n Paar keer per dag, die laaste twaalf jaar, Meneer.” “Ooit omgeslaan en iemand laat verdrink?” “Nooit, so iets nie, Meneer!” Jackson draai terug na sy suster toe. “Jy het gehoor? Tensy jy dink jy dit beter kan doen, sit net stil en vertrou hulle. Hulle ken die stroom.”
So het gelowiges deur die eeue God bekwaam en getrou in hulle dreigende omstandighede bevind. Kan ek God, my Vader in Christus Jesus, in hierdie moeilikheid van my vertrou? Sal Hy weet hoe om dit te hanteer? Israel? “Die Here julle God het julle voorspoedig gemaak in alles wat julle gedoen het. Hy het sy oog oor julle gehou in hierdie groot woestyn, en in hierdie hele veertig jaar was die Here julle God by julle en het julle niks kortgekom nie” (Deut.2:7). Die dissipels? “Skielik het daar ’n groot storm losgebars…Jesus het in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom wakker…Toe staan Hy op en bestraf die wind: ‘Hou op! Bedaar!’ …daar het ’n groot stilte gekom…Toe sê Hy vir hulle: ‘Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?’” Word rustig. Bid. Vertrou.
“Here, vandag bemoedig U krag en U getrouheid my.”

Subscribe to:
Comments (Atom)