Lees Romeine 3: 21 – 26
“…want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. (23,24)
Die man en `n vriendin geniet `n versnapering in die skouburg se restaurant voor die vertoning `n aanvang neem. Albei praat oor die toegangskaartjies se hoë prys. Die man sê: “Ons kan innig gelukkig wees die toegang hemel toe is verniet.” Die vrou antwoord: “Ek kan darem nie verstaan jy sê iemand wat `n goeie lewe probeer leef het, nie in `n beter kans staan om in die hemel te kom as `n slegte en bose mens nie.”
Die man antwoord, “Kom ons neem vanaand se konsert as `n voorbeeld. Kom ons sê die toegang was $2 (in die storie `n dollar)” – (hy sug) – “was dit tog maar!” Sy lag: “Dan kon ons nog `n ete ook bekostig het, nê!” Hy knik. “Maar goed, kom ons vat die toegangskaartjie op $2. Jy het $1 in jou beursie gehad en ek niks. Wie van ons twee sou `n beter kans vir toegang hê?” “Nie een van ons twee nie. Dis met hulle, jy betaal vol of jy los.” “Net so met die hemel. Die goeie mens het nie `n beter kans om in die hemel te kom as die slegte sondaar nie. Maar veronderstel `n ryk vriend het ons sien sit, so sonder genoeg geld om in te gaan, en hy gaan koop twee kaartjies, en hy gee vir jou een en vir my een. Wat dan?” “Dan was ons gelyk; ons sou altwee ewe maklik kon ingaan.” “So is dit met die hemel, eenvoudig gestel.” Ek haal sy volgende woorde in die Engels aan: “The Lord Jesus saw our perplexity:
He came, died on the Cross and obtained eternal redemption for us, and now offers us each a free ticket to heaven. Only take care your $1 does not make you too proud to accept His free ticket, and so be refused admittance.”
“Here, vandag wil ek van my toegang hemel toe gebruik maak. Red my, ek vra U!”