Di 9 Feb: Vinnige Veiligheid

LEES: Hebreërs 1: 9 – 14

“Is hulle (die engele) nie almal dienende geeste wat vir diens uitgesuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? (14)”

Van `n vroeë ouderdom af het Robson met die tronk kennis gemaak, vertel Alex Allan. Ek gee Alex se eie woorde vir Robson se woonomstandighede: “The worst city slum I have ever seen.” Hy was 17 jaar oud toe hy in Alex se Tronk Bybel Klas opgeneem is. Hy het angstig geluister en op vroeë stadium Jesus Christus as sy Verlosser aangeneem.

Agter hom het `n lang misdaadrekord, groten­deels as bendelid, gelê. Die oggend van sy ontslag uit die tronk, kom hy op die spoorwegstasie en die ben­de waarvan hy lid was wag om hom terug te verwelkom. Dit het hom moed gekos om vir hulle te vertel van sy bekering en die nuwe lewe wat hy van voorneme is om voortaan te lei. Hy is nie meer een van hulle nie. Dit het hulle dadelik sy vyande ge­maak en van toe af was hy in gedurige lewensgevaar.

Met die oog op nodige beskerming het Alex Alan vir hom werk gekry as `n bestuurdershulp op ’n groot vragmotor wat  lang afstande moes aflê. Alan het gereël dat hy van elke nagstaanplek van die vrag­motor hom sou bel. Dan het Alan gevra hoe dit met hom gaan, watter skrifdeel hy die dag gelees het, en hulle het sommer so algemeen bietjie ge­sels. Na ongeveer 18 maande van hierdie program, word Robson se ma siek en Robson het gevoel hy moet nou nader aan haar wees om haar te help en te versorg. Sy nuwe werk was om vragmotors vir melkaflewering, in die aand tot die vroeë oggend, te laai vir die vroeëoggend se afleweringswerk. Sodra die vragmotors klaar gelaai was kon hy huistoe gaan.

Een oggend om 2.30vm. lui Alan se telefoon hom wakker. Robson was duidelik in die moeilikheid. Hy verduidelik vir Alan hy het net sy werkperseel verlaat oppad huis toe, toe hy agterkom hy word deur sy vorige bende agtervolg. Hy sien hulle het messe en knuppels en hy probeer huistoe hardloop, Gelukkig is daar `n telefoonhokkie en hy spring daarin en haak die deur toe. Terwyl hy praat, sê hy, probeer hulle die hokkie oopbreek.  Alan sê: “His agonized call was: ‘Sir, what can you do for me?’ The situ­ation ws too urgent to call the police, so I asked him to listen quietly while we prayed together. In a very few words we reminded the Lord of His promise, ’He will give His angels charge concerning thee.’”. Skaars het Alan die telefoon neergesit, terwyl hy dink wat om nou te doen, toe lui die telefoon weer. Dis weer Robson maar sy stem is vol verligting. “O Meneer, twee van u engele waar­van u gepraat het, het nou-net baie stadig met hulle polisiemotor hier verby gery. Die bende het gevlug. Ek gaan die polisiemanne vra om my huis toe te neem. Baie dankie, Meneer.” Vir die sluitingsparagrafie gebruik ek, soos in die boek, Alan se eie woorde: “A few days later I met Robson, dashing across the road to me throug the traffic. His heart was full as he said, ”By here, sir, God fairly jumps to it when you tell Him what to do!”

Ons sal dit nie so in Alan en Robson se woorde sê nie. Maar ons kan altyd weet, as ons in ons moeilikheid na God roep, is Hy altyd betyds met sy uitkoms wat Hy gee.”

“Here, vandag rus my hart in U getroue hulp as ek dit nodig het."