Vry 26 Feb: Die Vreemde Woorde

LEES: Lukas 23 : 33 – 38

“En daar was ook `n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE. “

In `n boek, The Dawn, word hierdie vreem­de, maar insiggewende verhaal deur die per­soon self vertel. Hy is aan die woord, en waar nodig, gebruik ek sy eie woorde.

“Ek is opgevoed deur vroom Joodse ouers, in `n Hongaarse, Roomskatolieke dorp. Oor en oor is ek geboei deur die kruis en die mense wat by die kruis kniel en bid. I observed at the head of the crucifix four mysterious letters I.N.R.I. Ek onthou, hoe dikwels ek myself afgevra het, wat dit be­teken? Die gekruisigde gestalte op die kruis en daardie vier letters. Nie een van my eie mense wou my daar iets van vertel nie. Die raaisel en my verleëntheid daarmee, het ge­duur tot ek opgegroei het, en `n Nuwe Testament vir die eer­ste keer in my hande beland het. Ek het nie geweet van die bestaan van so `n boek nie. I shall never forget my surprise and sensation when reading for the fist time, the story of Jesus and His crucifixion, as well as the meaning and origin of those four mysterious letters, which had puzzled me so much during my boyhood. The scales fell from my eyes, and Iesus, Nazareneus, Rex Iudaerorum – Jesus of Nazareth, King of the Jews, registered in my mind. En hierdie Jesus van Násaret, koning van die Jode, het van daardie oomblik af my Koning en my Ver­losser geword. Dit het verwydering gebring tussen my en my mense in hulle dorp, maar ek was bereid om vir Hom te lewe of te sterwe.”

Ek het die vertelling bietjie verkort, maar in watter bevoorregte posisie is ons nie, om Goeie Vrydag, die dag van die Here se kruisiging, met al ons kennis van Hom, te herdenk nie?  Kom ons maak dit `n dag van toewyding. Lees Vrydagoggend een van die kruisig­ingsverhale in een van die Evangelies in ons Nuwe Testament en ons dank Hom opnuut vir sy groot prys wat Hy vir ons betaal het.

Here, vandag wil ek U innig dank vir u kruisdood vir my.”