Do 11 Feb: Twee Klein Sleuteltjies

LEES: 1 Petrus 3: 8 – 14

“En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend  vol broederliefde en ontferming, vriendelik.” (8)

'n Ou man vertel eendag hoe hy op sy hoë ouder­dom tot bekering gekom het. Hy vertel: “Ek het een oggend gaan stap. `n Seuntjie met helder oë kom na my toe en val by my in. Op die vriendelikste wyse groet hy eers en sê toe net so vriendelik: “Asseblief, Meneer, sal u so goed wees om van my `n traktaatjie aan te neem en dit te lees?” Ek het `n weersin in traktaatjies gehad en as een my aangebied word, vloek ek sommer en weier om dit te neem.            But I could not swear at that gentle­man­ly little fellow with his kind “Please sir!” Ek neem die traktaatjie en ek gaan lees dit. En wat ek lees het my by Christus gebring. Daardie “Please, sir!”, was die sleutel wat my harde ou hart oopgesluit het.

`n Mooi rympie, of liedjie, volg nou, maar ek sal, asb. maar, dit in Engels skryf:

For – Hearts, like doors, open with ease

To very very little keys,

And these are ‘Thank you’!

And ‘If you please!’

Die twee klein sleuteltjies wat harte oop­sluit is dankie, en asseblief. Maar ek dink die stemtoon waarin dit gesê word, is belangrik. Die seuntjie het die verlore siel vir Jesus ge­wen met sy houding en stemtoon. Maar stemtoon en houding is nie genoeg om iemand by die Here Jesus te kry nie. Iets moet gegee word. Die seuntjie het `n traktaatjie gegee. Ietsie om te lees is baie doelteffend, maar `n woordjie van getuienenis het ook groot krag. En dan ook, veral, as mens vir so `n vrug op die dag se poging, gebid het.

“Here, vandag wil ek met vir U iemand win. Gee my die gemoedskrag om dit te doen.”