EES: 1 Korinthiërs 1: 17 – 24
“… die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God…” (V.18)
Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog ry `n man te perd, toe hy deur `n wag, wat sy geweer op hom rig, voorgekeer word. “Wie is jy?” wil die wag weet. “`n Vriend,” antwoord die man. “Kom nader en gee die wagwoord,” kom die volgende opdrag van die wag. “Lincoln,” antwoord die ruiter, seker van homself. In die Amerkaanse Burgeroorlog was dit `n algemene wagwoord. Stadig antwoord die wag: “Verkeerde wagwoord! As ek jou nie geken het nie, het jy nou met jou lewe geboet. Ten koste van my eie lewe spaar ek jou joune. Gaan terug en kry die regte wagwoord.” Die ruiter bedank hom, draai om en gallop weg. Na `n ruk kom hy terug met die regte wagwoord: “MASSASHUSSETS”, sê hy. Die militêre wag reageer: “Dis reg. Ry voort.”
Die ruiter hou sy perd steeds in. “Ek kan nie net voortry nie,” sê hy. “Ek het vir jou `n boodskap. Ten koste van jou lewe het jy myne gespaar. Nou, sê vir my, het jy die regte wagwoord vir die hemel?” “Ja, ek het,” antwoord die wag sonder huiwering. “Wat is dit?” wil die perderuiter weet. “Jesus Christus, Meneer,” antwoord die wag met `n glimlag. “Waar het jy dit geleer?” wil die man op die perd, nou bietjie verbaas, weet. “Meneer,” antwoord die wag, nou baie op sy gemak. “in jou Sondagskoolklas in Pennsylvania.”
Die verhaal word ongelukkig nie verder vertel nie, maar ek dink, namate dit om hulle veilig gelyk het, het hulle `n rukkie gesels en dalk saam gebid ook. Maar wat `n groot verrassing moes dit vir die perdeman gewees het, om op hierdie wonderlike vrug van sy getrouheid, om die evangelie aan die kinders in sy klas oor te dra, af te kom. Want die wag was heeltemaal reg: Die Wagwoord vir die hemel is: Jesus Christus – dat ek my hart, een of ander tyd, vir Hom oopgemaak het, om in my lewe te kom.
“Here, vandag wil ek sekermaak ek ken die wagwoord vir die ewige hemel,”