LEES: Psalm 65: 1 – 12
“Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom…” (5).
In `n gesprek met Prof. S. F. B. Morse, ontdekker van die telegrafiewetenskap, vra Rev. George W. Hervey hom: “Prof Morse, toe u u studie en eksperimente daar in u kamers in die universiteit gedoen het, het u ooit voor `n probleem te staan gekom waarvoor u nie `n oplossing gehad het nie?” Die professor het geantwoord: “O, ja, meer as een keer, verseker.” “En in sulke omstandighede, wat was u oplossing?” In die professor se woorde: “I may answer you in confidence, sir, but it is a matter of which the public knows nothing. I prayed for more light.” “En het die lig gewoonlik gekom?” Weer die professor se woorde: “Yes. And may I tell you that when flattering honours came to me from America and Europe on account of the invention which bears my name, I never felt I deserve them. I had made a valuable application of electricity, not because I was superior to the other men, but solely because God, who meant it for mankind, must reveal it to someone, and was pleased to reveal it to me.” Sy eerste boodskap, na instelling van sy uitvinding, was dié woorde: “What hath God wrought!”
Drie belangrike houdinge gaan saam met gebed: Nood of behoefte, wat ons in woorde vir God sê; Nederigheid, wat nie terugleun op eie verdienste of belangrikheid nie. Ons vertrou in die weg wat die Here Jesus vir ons na God toe geopen het; Dankbaarheid en erkenning vir die hulp wat God vir ons gestuur het. Dawid se Psalms is vol met uitroepe om hulp na God toe. Hy het vir God `n eie naam gehad: Hoorder van die gebed (Ps.65:3 – Ou Vert.)
“Here, vandag bid ek oor my nood.”