Vry 12 Feb: Ternouerdood Gered

LEES: Hebreërs 3: 13 – 19

“Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos …. die wat gesondig het … die ongehoorsames… (15, 17, 18).

`n Ervare swemmer se taak was om die kol­lege­stu­dente te leer swem en duik, vetel The Listening Post.  Een nag kon hy nie slaap nie. Hy besluit hy gaan swem­bad toe en dan swem hy homself moeg. Dalk slaap hy dan. Hy het nie ligte aangeskakel nie, want hy het om­trent elke duim van die terrein geken.

Die dak bo die swembad was van glas en die maan het helder ingeskyn. In die lig van die maan wat deur die dak skyn, sien hy sy skaduwee teen die oorkantste muur. Hy strek sy arms uit en maak gereed om te duik. Die skuduwee van sy lyf en uitgesterkte arms, op die oorkant­ste muur, tref hom. `n Duidelike kruis. Hy huiwer. Hy sê: “I cannot explain why I did not dive at the moment. I had no premonition of danger of any kind. As I stood looking at the shadow of the cross, I began to think of the cross of Christ and its meaning.”

Hy was nie `n Christen nie, maar die woorde van `n lied wat hy as seun gehoor en saamgesing het, gaan deur sy onderbewussyn: “He died that I might be for­given.” Hy weet nie hoe lank hy daar in die duikposisie op die duikplank gestaan het nie, of hoekom hy nie geduik het nie, sê hy, maar hy klim van die duikplank af en gaan na die trap­pies toe wat na die bodem van die swembad lei. Hy bereik die bodem en sy voete raak aan die koue, gladde bodem van die swembad. Die vorige aand het die versorger van die swembad, die bad leeggemaak om een of ander her­stel­werk te doen. Die swemmer is nie daar­oor ingelig nie. “I realized then that had I dived, I would have dived to my death. The cross on the wall saved me that night. I was so thankful to God for his mercy in sparing my life, I knelt on the cold bricks and asked the Christ of the cross, to save my soul. I experienced a twofold deliverance that night!” Sy aardse lewe en sy siel is vir die ewigheid gered.

God red almal wat deur Christus na Hom toe kom vir redding, maar Hy sien ons ook een-vir-een. Hy skep omstandighede wat ons kan help en ons selfs oor­reed, soos hierdie swemmer, om vir redding na Hom toe te vlug. Dit is `n groot verlies en, vir ons, `n ewige skade om nie die goeie geleentheid te sien en te gebruik nie.

Here, vandag wil ek my geleentheid om U te vind, raaksien en gebruik