Di 1 Mrt: Die Prent word Duideliker

Lees Lukas 23: 32 – 43

“…hulle het Hom daar saam met die misdadigers gekruisig…Toe sê Jesus: ‘Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!’” (34).

In die boek “God Confronts Man in History” vertel Henry Sloane Coffin dat twee Japanese vroue ’n ver­oor­deelde moordenaar in sy sel besoek het. Hulle wou met hom oor vergifnis en die ewige lewe praat. Hy was totaal belangeloos. Hulle het ’n Nuwe Testament op die tafel neergesit en vertrek. Na sy doodsvonnis voltrek is, is die volgende brief in die Nuwe Testament gevind:

“Die Nuwe Testament het my nie genoeg beïndruk dat ek dit wou lees nie. Ek het dit in die rak gebêre. Toe ek na ’n ruk moeg was van niks doen, het ek dit weer ge­neem en begin lees. Hierdie keer lees ek hoe Jesus voor Pilatus gebring is, onskuldig tot die dood veroor­deel is en gekruisig is. Dit het my aan die dink gesit. Ek weet hoe dit voel om gevang en tot die dood veroordeel te word. My aandag het verskerp toe ek lees: ‘Jesus sê: Vader vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.’ Ek het opgehou lees. Ek het gevoel ’n vyfduim­spyker slaan in my hart in. Wat het die vers aan my openbaar? Sal ek dit die liefde van die hart van Christus noem? Sal ek dit sy meegevoel noem? Ek weet nie wat om dit te noem nie. Ek weet net, ek het met ’n onuit­spreek­like dankbaarheid sy liefde en vergifnis geglo. Ek is gered voor ek tereggestel is.”

Die lees van daardie Nuwe Testament het vir hierdie man toenemende lig oor Jesus gebring. Die hoor en die lees van die Woord bring geloof in die hart. Ons leer die Persoon van die Here Jesus al duideliker ken namate die Heilige Gees deur die Here se woord ons hart verlig. Ons is bevoorreg om Bybels te hê waarin die prediking van die profete en apostels opgeteken is en wat ons kan lees. Die bron waaruit ons ons ge­loof skep om in Christus te glo, is byderhand. “Hoe kan hulle Hom aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?…Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Rom.10:14,17 OU VERT.).


“Here, vandag wil ek u woord lees en U beter leer ken.”

Ma 29 Feb: Die Regte Wagwoord

EES: 1 Korinthiërs 1: 17  – 24

“…        die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat ver­lore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God…” (V.18)

Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog ry `n man te perd, toe hy deur `n wag, wat sy ge­weer op hom rig, voorgekeer word. “Wie is jy?” wil die wag weet. “`n Vriend,” antwoord die man. “Kom nader en gee die wagwoord,” kom die volgende opdrag van die wag. “Lincoln,” antwoord die ruiter, seker van hom­self. In die Amerkaanse Burgeroorlog was dit `n algemene wagwoord. Stadig antwoord die wag: “Verkeerde wagwoord! As ek jou nie ge­ken het nie, het jy nou met jou lewe ge­boet. Ten koste van my eie lewe spaar ek jou jou­ne. Gaan terug en kry die regte wag­woord.” Die ruiter bedank hom, draai om en gal­lop weg. Na `n ruk kom hy terug met die regte wagwoord: “MAS­SASHUSSETS”, sê hy. Die militêre wag rea­geer: “Dis reg. Ry voort.”

Die ruiter hou sy perd steeds in. “Ek kan nie net voortry nie,” sê hy. “Ek het vir jou `n bood­skap. Ten koste van jou lewe het jy my­ne gespaar. Nou, sê vir my, het jy die regte wag­­­woord vir die he­mel?” “Ja, ek het,” antwoord die wag sonder huiwering. “Wat is dit?” wil die perderuiter weet. “Jesus Christus, Meneer,” antwoord die wag met `n glimlag. “Waar het jy dit geleer?” wil die man op die perd, nou bietjie verbaas, weet. “Meneer,” antwoord die wag, nou baie op sy gemak. “in jou Sondag­skoolklas in Pennsylvania.”

Die verhaal word ongelukkig nie verder vertel nie, maar ek dink, namate dit om hulle veilig gelyk het, het hulle `n rukkie gesels en dalk saam gebid ook. Maar wat `n groot verrassing moes dit vir die perde­man gewees het, om op hierdie wonderlike vrug van  sy getrouheid, om die evan­gelie aan die kinders in sy klas oor te dra, af te kom. Want die wag was heeltemaal reg: Die Wagwoord vir die hemel is: Jesus Christus – dat ek my hart, een of ander tyd, vir Hom oopgemaak het, om in my lewe te kom.

“Here, vandag wil ek sekermaak ek ken die wagwoord vir die ewige hemel,”

Vry 26 Feb: Die Vreemde Woorde

LEES: Lukas 23 : 33 – 38

“En daar was ook `n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE. “

In `n boek, The Dawn, word hierdie vreem­de, maar insiggewende verhaal deur die per­soon self vertel. Hy is aan die woord, en waar nodig, gebruik ek sy eie woorde.

“Ek is opgevoed deur vroom Joodse ouers, in `n Hongaarse, Roomskatolieke dorp. Oor en oor is ek geboei deur die kruis en die mense wat by die kruis kniel en bid. I observed at the head of the crucifix four mysterious letters I.N.R.I. Ek onthou, hoe dikwels ek myself afgevra het, wat dit be­teken? Die gekruisigde gestalte op die kruis en daardie vier letters. Nie een van my eie mense wou my daar iets van vertel nie. Die raaisel en my verleëntheid daarmee, het ge­duur tot ek opgegroei het, en `n Nuwe Testament vir die eer­ste keer in my hande beland het. Ek het nie geweet van die bestaan van so `n boek nie. I shall never forget my surprise and sensation when reading for the fist time, the story of Jesus and His crucifixion, as well as the meaning and origin of those four mysterious letters, which had puzzled me so much during my boyhood. The scales fell from my eyes, and Iesus, Nazareneus, Rex Iudaerorum – Jesus of Nazareth, King of the Jews, registered in my mind. En hierdie Jesus van Násaret, koning van die Jode, het van daardie oomblik af my Koning en my Ver­losser geword. Dit het verwydering gebring tussen my en my mense in hulle dorp, maar ek was bereid om vir Hom te lewe of te sterwe.”

Ek het die vertelling bietjie verkort, maar in watter bevoorregte posisie is ons nie, om Goeie Vrydag, die dag van die Here se kruisiging, met al ons kennis van Hom, te herdenk nie?  Kom ons maak dit `n dag van toewyding. Lees Vrydagoggend een van die kruisig­ingsverhale in een van die Evangelies in ons Nuwe Testament en ons dank Hom opnuut vir sy groot prys wat Hy vir ons betaal het.

Here, vandag wil ek U innig dank vir u kruisdood vir my.”

Do 25 Feb: Genade Onbeskryflik Groot

Lees Psalm 40:1-6

“Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder…Hy het my ’n nuwe lied in die mond gelê…(3,4).

Dr. Billy Graham vertel van ’n graf in die hoek van die kerkhof van die Olney Parish Church, met die volgende grafskrif: “John Newton, clerk, once an infidel and libertine, a servant of slaves in Africa, was by the rich mercy of our Lord and Saviour Jesus Christ preserved, restored and appointed to preach the faith he had long laboured to destroy”  Newton was die seun van ’n seekaptein wat betrokke was by die handel op die Middellandse See. Sy ma is dood toe hy 6 jaar oud was. Na twee jaar op skool, op die ou­der­dom van 11 jaar, sluit hy by sy pa se bemanning aan. On­sedelikheid, losbandigheid en mislukking word sy le­wenspad. Sy pa verwerp hom. Hy word in die tronk ge­gooi en verneder. Hy word later deel van die beman­ning van ’n sla­weskip. Hy haal hom die haat van sy baas se negervrou op die hals en word “’n slaaf van sla­we”. Die lees van die boek Imitation of Christ deur Tho­mas à Kempis bring hom tot besinning. In ’n seestorm waarin hy byna omkom, kom hy tot bekering.

Op 39-jarige ouderdom word hy evange­lie­dienaar. Vir 15 jaar was hy pastor van die Olney Parish Church. Hy het talle lie­dere geskryf en in samewerking met sy vriend, Wil­liam Cowper, het hulle ’n liederebundel uitgegee. Sy be­kendste lied, “Amazing Grace”, vertel sy eie verhaal:


Amazing grace! How sweet the sound,

 that saved a wretch like me.

I once was lost but now am found,

 was blind but now I see.


Die slegste van die slegtes word deur die Here ge­red. Die Here Jesus het mag om ’n stukkende mens nuut en heel te maak. Wanneer ’n mens tot bekering kom gebruik hy nie sy eie krag om goed te word nie. Hy word met God se krag gered en goed gemaak. Spur­geon sê van bekering: “…every child of God is not manplanted, nor self­planted, but Godplanted. Every true heir of heaven owns the great Husbandman as his planter.”  En Paulus skryf só oor die Christene in 1 Korintiërs 6:9-11: “En so was party van julle juis ook… maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.”

Twee of drie jaar voor John Newton se dood, sy oë was te swak om self te lees, het ‘n kollega elke oggend saam met hom ontbyt genuttig en dan vir hom die Skrif gelees. Een bepaalde oggend was die Skrifdeel uit 1 Korintiërs 15, en veral vers 10: “Maar deur die genade van God is ek wat ek is…” Vir ‘n paar minute was daar stilte. Toe sê John Newton: “I am not what I ought to be. How imper­fect and deficient I am! I am not what I wish to be, al­though I abhor that which is evil and would cleave to that which is good. I am not what I hope to be. Soon I shall put off mortality, and with it all sin and imperfection. Though I am not what I ought to be, nor what I wish to be, nor yet what I hope to be, I can truly say I am not what I once was, a slave to sin and Satan. I can heartily join with the apostle and say that by die grace of God,  I am what I am.”

“Here, vandag dank ek U vir u werk in my hart.”

Wo 24 Feb: 'n Vryspraak

LEES: Romeine 3: 21 – 26

“Hom het God voorgestel in sy bloed…deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het (25).”

`n Jong soldaat is weens verraad aangekla en voor die hof gebring. Hy is skuldig bevind en sou, soos verwag, die doodstraf kry. Net voordat die krygs­raad die vonnis uitlees, kom die soldaat se ouer broer die hof binne en gaan staan voor in die hofsaal. In sy gevegte vir sy land het hierdie ouer broer albei sy arms verloor.  Hy het `n ernstig plei­dooi vir sy jong broer gelewer, om die doodstraf af te wend. Sy pleidooi was nie gegrond op enige iets wat die broer gedoen het wat dit kon verdien nie, maar hy het sy pleidooi gegrond op wat hyself vir sy land gedoen het. In Walter Knight se eie woorde volg die ouer broer se peidooi; “My brother is guilty and is worthy of death,” he said. The sight of the stumps of his arms spoke eloquently and convin­cingly of the sacrifice he had made for his country. For his sake the judges pardoned the guilty brother.

Walter Knight gebruik die voorval om ons eie posisie te probeer verduidelik. Ons is skuldig voor God: “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. (23)” Dit is óns, ons ménse. Ons verdien om te sterf vir ons sondes. “Want die loon van die sonde is die dood…(6:23).” Iemand anders ook, het vir die skuld van ons sonde betaal. “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons oortredinge is Hy ver­brysel, die straf wat vir ons die vrede aanbring was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom (Jes.53:5).” God vergewe ons nie op­grond van iets wat ons gedoen het nie, maar ter wille van wat Jesus Christus vir óns gedoen het. Kan ons ooit sonder diep dankbarheid aan sy kruis dink?”

“Here, vandag dink ek aan u kruisdood en ek bring U my innige dankbaarheid.”

Di 23 Feb: Swaartekrag en Lewe

LEES: Romeine 8: 10 – 17

“En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opge­wek het, in julle woon, dan sal Hy wat Chris­tus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike lig­game lewend maak deur sy Gees wat in julle woon  (11).”

`n Pa en sy seuntjie loop een lentedag in die lieflikheid van hulle blomryke tuin. Die seun­tjie vra: “Pa, wat is swaartekrag?” “Swaar­tekrag, Seun, is die wet of aard in die natuur, wat alles grond toe trek. As jy `n klip gooi, trek dit `n rukkie in die lug, en val dan op die grond. As `n appel in die boom te ryp word en sy stammetjie breek, val die appel uit die boom uit op die grond. As jy sou hardloop en jou voet haak vas, val jy op die grond. Swaartekrag beteken die grond trek alles af grondtoe. “Maar Pa,” sê die seun, “kyk na daardie pragtige tulpe. Hulle staan regop en swaai saam met die wind, maar hulle beur net boontoe, soos dit vir my lyk.” “Dis waar, my seun, maar dit is omdat `n ander wet in hulle werksaam is: die wet van die lewe. Dit is sterker as swaartekrag en hulle is vry van die swaar­tekrag solank hulle lewe in hulle het. Maar die aarde wag vir hulle. Laat een net verdroog of afbreek, en dadelik val hy aarde toe. Kyk al die blare op die grond. In die boom, in kontak met die boom se lewe sit hulle styf in die boom vas. Laat een net van die boom loskom, en dadelik fladder dit af aarde toe.”

Die pa en sy seun het, dalk onbewus, ook `n belangrike geestelike beginsel loop en be­spreek. Die krag en werking van swaartekrag is gelyk aan die dood vir ons in ons geestelike lewe. Selfs in Jesus se geval was die natuurlike swaartekrag aan die werk. Hy moes met spykers vasgeslaan word om nie van die kruis af te val nie. Sy fisiese dood was beeld van die geestelike dood. Jesus se opstanding het vir ons geestelike lewe ge­bring. Soos die tulpe in die blomtuin lewenskrag het om boontoe te reik, het Jesus se opstanding die lewe gebring wat Hom uit die graf laat opstaan het, maar wat ook vir ons innerlike geestelike lewe bring. “Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood van weë die sonde, maar die gees is lewe van weë geregtigheid. As ons hart gereeld besproei word deur die woord van God en die grond om die tulp word d.m.v. gebed en belydenis van sondes, skoon gehou, bly daardie tulp, ons geestelike lewe, opreik boontoe. Ons ervaar die wet van die gees­te­like swaar­tekrag gedurig, en slegs die inwoning van Jesus, deur sy Gees in ons hart, kan ons oorwinning gee: Paulus skryf: “Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is geestelike dinge. Want wat die vlees bedink is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede (Rom. 8:5,6)”.

“Here, vandag wil ek my geestelik lewend hou deur omgang met U.”

Ma 22 Feb: Boggelrug

LEES:   Psalm 28

“Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied” (7).

Op Sondag 5 September 1971, wil Ray Sted­man sy preek: The Way to Whole­­­­ness, beter toelig, om God se getrou­heid, liefde en krag te beklemtoon. Hy vertel:

’n Klein boggelrugseuntjie het saam met al sy maats ’n paar Bybelverse uit die kop geleer. By ’n aanddiens kry die kin­ders geleent­heid om hul tek­se voor te dra. Boggelruggie wil soos die an­der, ook op die ver­ho­gie voor die preekstoel klim, om sy tekse op te sê. Hy struikel op die ver­hoog. Een van die seuns in die gehoor sien dit en hy skreeu uit – sy eie woor­de; ek kan die wrede woor­de nie mooi in Af­rikaans vertaal nie: “Hey, cripple, why don’t you get the pack off your back?” ’n Mens kon ’n speld hoor val, toe die seuntjie stop en in trane uitbars. ’n Man staan in die mid­del van die gehoor op en stap na die verhoog toe. Hy sit sy arms om die seun. Hy sê: “Ek weet nie watter soort mens so iets sou sê nie, maar ék wil net sê, die dapperste per­soon in hierdie saal van­aand, is hierdie seun­­tjie. Hy is my seun en ek is trots op hom.” Met daardie woorde buig hy af en tel die seun­tjie op en dra hom na sy sitplek toe. Ray Stedman sluit af met hierdie woorde: “It is exactly what God does for us. In the bruised, hunch­back, broken fashion of our lives we do our best, and then we stumble and make a mess of things, as it were. The Lord Jesus says, ‘Oh, you’re Mine. I’m proud of you. I love you.’”

Die Here se woord bevestig hierdie be­sker­­ming van die Here vir almal wat Hom wil dien. “Die Here my God help my; wie sal my dan skuldig ver­klaar?” (Jes.50:9). “Daarom kan ons met ver­troue sê: ‘Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen?’” (Heb.13:6). Laat ons met ons ge­bre­ke en al die Here dien en sy werk doen.

“Here, vandag dien ek U in swakheid.”

Vry 19 Feb: Die Veilige Pad

LEES: Psalm 51: 8 – 15

“Maar U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart; laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe” (8)

In die Junie 1992 Reader’s Digest, se ru­briek Life’s Like That, vertel Will Hedrick hoe hy ge­leer het eerlikheid is vir ’n mens die vei­lig­ste pad.

Eendag, gedurende sy etensuur, gaan hy gou na ’n boekwinkel toe om ’n boek te koop. Hy be­sluit om met sy kredietkaart te betaal. Die boek­winkel is vol mense. Die twee assi­stente ag­ter die toonbank is oorhaastig en verward om al­mal in die drukte te bedien. Sy kredietkaart word van die een meisie na die ander aangegee. Uiteindelik is sy transaksie deur en hy stap uit met sy boek. Buite gekom, sien hy hy het albei die koop­be­wyse gekry, sy eie en die handelaar s’n. “I thought to myself that I’d just got a free book. However, by the time I sat down at my desk, my conscience was be­gin­ning to bother me, and I reached for the te­le­phone.” Een van die twee as­sis­tente wat hom bedien het, antwoord die tele­foon. Hy verduidelik die situasie en beloof om die handelaar se koop­be­wys na werk terug te be­sorg. Die winkel­assistent antwoord: “I’m glad you called. You left your credit card on the counter.”

’n Eerlike lewenswyse is veilig vir ’n mens self en dit is veilig vir die persoon met wie ’n mens te doen het. En dit is aangenaam in God se oë as ’n mens eerlik optree. “Die opregtheid van eer­like mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang” (Spr.11:3).

“Here, vandag wil ek in alles eerlik optree.”

Do 18 Feb: Een in Christus

LEES: Galásiërs 3: 22 – 29

“….julle is almal een in Christus Jesus (28).”

Die Indian Christian vertel, dit is Sondagoggend in Kiangsu, Sjina, gedurende die Tweede Wêreld­oorlog. Kiangsu is reeds deur die Japanese magte ingeneem. Die diens word in `n klein Sjinese kerkie ge­hou. Die kerkie is feitlik stampvol, want die Chris­tene het in hierdie swaar tyd behoefte aan `n bewus­syn van God se nabyheid. Skielik is daar spanning in die gehoor en onderdrukte uitroepe van vrees word gehoor. Vroue klem hul babas teen hulle vas. Mans kom regop in hul sitplekke. `n Japanese sol­daat het by die oop kerkdeur ingestap en loop nou af in die paadjie na die preekstoel toe.  Die soldaat kom by die tafeltjie voor in die kerk. Sigbaar vir al­mal haal hy geld uit sy sak en hy sit `n bydrae op die tafeltjie neer. Alle vrees bedaar en `n bewussyn van verligting word voelbaar in die kerkie toe hy sê: “Ek is ook `n Christen. Ek verlang om saam met julle te aanbid.” Hy maak die liedereboek oop en noem `n lied. Kan ons dit sing, asb.” vra hy my `n glimlag. Die lied is “Blest be the tie that binds.” Almal staan op en die Sjinese en die Japanees sing hartlik saam:

Blest be the tie that binds,
our hearts in Christian love.”

Wat bring die eenheid tussen Christene? “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus.” Dit is die groot droefheid wat uit ver­skeie van die sendbriewe spreek, wanneer die apostels oor twiste, eiesinnigheid en spanning in die gemeente moet skryf. Paulus skryf aan die Efésiërs: “…wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid met lank­moe­digheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en erns­tig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede (Ef.4:1-3).”

“Here, vandag wil ek my hart skoonmaak van enige verkeerde gevoel teen `n ander.”

Wo 17 Feb: Gelyke Kanse

Lees Romeine 3: 21 – 26

“…want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. (23,24)

Die man en `n vriendin geniet `n versnapering in die skouburg se restaurant voor die vertoning `n aan­­vang neem. Albei praat oor die toegangs­kaar­tjies se hoë prys.  Die man sê: “Ons kan innig ge­lukkig wees die toegang hemel toe is verniet.” Die vrou antwoord: “Ek kan darem nie verstaan jy sê ie­mand wat `n goeie lewe probeer leef het, nie in `n be­ter kans staan om in die hemel te kom as `n sleg­te en bose mens nie.”

Die man antwoord, “Kom ons neem vanaand se konsert as `n voorbeeld. Kom ons sê die toegang was $2 (in die storie `n dollar)” – (hy sug) – “was dit tog maar!” Sy lag: “Dan kon ons nog `n ete ook bekostig het, nê!” Hy knik. “Maar goed, kom ons vat die toegangskaartjie op $2. Jy het $1 in jou beursie gehad en ek niks. Wie van ons twee sou `n beter kans vir toegang hê?” “Nie een van ons twee nie. Dis met hulle, jy betaal vol of jy los.” “Net so met die hemel. Die goeie mens het nie `n beter kans om in die hemel te kom as die slegte son­daar nie. Maar veronderstel `n ryk vriend het ons sien sit, so sonder genoeg geld om in te gaan, en hy gaan koop twee kaartjies, en hy gee vir jou een en vir my een. Wat dan?” “Dan was ons gelyk; ons sou altwee ewe mak­lik kon ingaan.” “So is dit met die he­mel, eenvoudig gestel.” Ek haal sy volgende woor­­de in die Engels aan: “The Lord Jesus saw our perplexity:

He came, died on the Cross and obtained eternal redemption for us, and now offers us each a free ticket to heaven. Only take care your $1 does not make you too proud to accept His free ticket, and so be refused admittance.”

“Here, vandag wil ek van my toegang hemel toe gebruik maak. Red my, ek vra U!”

Di 16 Feb: 'n Ander Telegraaf Gebruik

LEES: Psalm 65: 1 – 12

“Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom…” (5).

In `n gesprek met Prof. S. F. B. Morse, ont­­dek­ker van die telegrafiewetenskap, vra Rev. George W. Hervey hom: “Prof Morse, toe u u studie en eksperimente daar in u ka­mers in die universiteit gedoen het, het u ooit voor `n probleem te staan gekom waarvoor u nie `n oplossing gehad het nie?” Die profes­sor het geantwoord: “O, ja, meer as een keer, ver­seker.” “En in sulke omstandighede, wat was u oplossing?” In die professor se woorde: “I may answer you in confidence, sir, but it is a matter of which the public knows nothing. I prayed for more light.” “En het die lig ge­woon­lik gekom?” Weer die professor se woorde: “Yes. And may I tell you that when flattering honours came to me from America and Europe on account of the invention which bears my name, I never felt I deserve them. I had made a valuable application of electricity, not be­cause I was superior to the other men, but sole­ly because God, who meant it for mankind, must reveal it to someone, and was pleased to reveal it to me.” Sy eer­ste bood­skap, na instelling van sy uitvinding, was dié woorde: “What hath God wrought!”

Drie belangrike houdinge gaan saam met ge­bed: Nood of behoefte, wat ons in woorde vir God sê; Nederigheid, wat nie terugleun op eie verdien­ste of belangrikheid nie. Ons ver­trou in die weg wat die Here Jesus vir ons na God toe geopen het; Dankbaarheid en erken­ning vir die hulp wat God vir ons gestuur het. Dawid se Psalms is vol met uit­roepe om hulp na God toe. Hy het vir God `n eie naam gehad: Hoorder van die gebed (Ps.65:3 – Ou Vert.)

“Here, vandag bid ek oor my nood.”

Ma 15 Feb: God se Krag Oorheers

LEES: Romeine 8: 24 – 28

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk…(28)

Die ywerige getuie vir die Here Jesus Chris­tus, Bernard Gilpin, is onder die bewind van Koningin Mary Tudor vir sy protestantse geloofs­oortuigings tot die dood veroordeel. Oor hom skryf Naismith: “Each morning and each night het repeated during his imprison­ment: ‘We know that all things work together for good to them that love God’”. Die dag van sy teregstelling breek aan. Op pad na die plek van sy teregstelling, onder die ruwe begelei­ding van sy wagte, val hy en hy breek sy been. Hy is sondermeer terug geneem na sy ge­vange­nis­terrein. Op sy bed het hy gelê en kreun van pyn. Sy tronkbewaarder het hom aan­houdend geterg oor sy teks van God se bewaring. Later is hy na `n hospitaal verskuif. Sy enigste antwoord vir die spottende bewaar­der was: “Dit bly steeds die waarheid.” Dit was ook werklik sy ervaring, want terwyl hy in die hos­pitaal lê het Koningin Mary gesterf. In haar plek het Elizabeth die troon bestyg. In die pro­ses is Bernard Gilpin vrygestel en hy kon huis toe gaan waar hy die nodige sorg ontvang het en sy been weer gesond geword het.

Soms gebeur dinge met ons wat teen­stry­dig met die sorg van die Here lyk, maar dan vind ons dit is juis die weg waarlangs die Here vir ons die beste laat gebeur.

“Here, vandag glo ek U laat deur U krag met my die beste gebeur.”

Vry 12 Feb: Ternouerdood Gered

LEES: Hebreërs 3: 13 – 19

“Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos …. die wat gesondig het … die ongehoorsames… (15, 17, 18).

`n Ervare swemmer se taak was om die kol­lege­stu­dente te leer swem en duik, vetel The Listening Post.  Een nag kon hy nie slaap nie. Hy besluit hy gaan swem­bad toe en dan swem hy homself moeg. Dalk slaap hy dan. Hy het nie ligte aangeskakel nie, want hy het om­trent elke duim van die terrein geken.

Die dak bo die swembad was van glas en die maan het helder ingeskyn. In die lig van die maan wat deur die dak skyn, sien hy sy skaduwee teen die oorkantste muur. Hy strek sy arms uit en maak gereed om te duik. Die skuduwee van sy lyf en uitgesterkte arms, op die oorkant­ste muur, tref hom. `n Duidelike kruis. Hy huiwer. Hy sê: “I cannot explain why I did not dive at the moment. I had no premonition of danger of any kind. As I stood looking at the shadow of the cross, I began to think of the cross of Christ and its meaning.”

Hy was nie `n Christen nie, maar die woorde van `n lied wat hy as seun gehoor en saamgesing het, gaan deur sy onderbewussyn: “He died that I might be for­given.” Hy weet nie hoe lank hy daar in die duikposisie op die duikplank gestaan het nie, of hoekom hy nie geduik het nie, sê hy, maar hy klim van die duikplank af en gaan na die trap­pies toe wat na die bodem van die swembad lei. Hy bereik die bodem en sy voete raak aan die koue, gladde bodem van die swembad. Die vorige aand het die versorger van die swembad, die bad leeggemaak om een of ander her­stel­werk te doen. Die swemmer is nie daar­oor ingelig nie. “I realized then that had I dived, I would have dived to my death. The cross on the wall saved me that night. I was so thankful to God for his mercy in sparing my life, I knelt on the cold bricks and asked the Christ of the cross, to save my soul. I experienced a twofold deliverance that night!” Sy aardse lewe en sy siel is vir die ewigheid gered.

God red almal wat deur Christus na Hom toe kom vir redding, maar Hy sien ons ook een-vir-een. Hy skep omstandighede wat ons kan help en ons selfs oor­reed, soos hierdie swemmer, om vir redding na Hom toe te vlug. Dit is `n groot verlies en, vir ons, `n ewige skade om nie die goeie geleentheid te sien en te gebruik nie.

Here, vandag wil ek my geleentheid om U te vind, raaksien en gebruik

Do 11 Feb: Twee Klein Sleuteltjies

LEES: 1 Petrus 3: 8 – 14

“En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend  vol broederliefde en ontferming, vriendelik.” (8)

'n Ou man vertel eendag hoe hy op sy hoë ouder­dom tot bekering gekom het. Hy vertel: “Ek het een oggend gaan stap. `n Seuntjie met helder oë kom na my toe en val by my in. Op die vriendelikste wyse groet hy eers en sê toe net so vriendelik: “Asseblief, Meneer, sal u so goed wees om van my `n traktaatjie aan te neem en dit te lees?” Ek het `n weersin in traktaatjies gehad en as een my aangebied word, vloek ek sommer en weier om dit te neem.            But I could not swear at that gentle­man­ly little fellow with his kind “Please sir!” Ek neem die traktaatjie en ek gaan lees dit. En wat ek lees het my by Christus gebring. Daardie “Please, sir!”, was die sleutel wat my harde ou hart oopgesluit het.

`n Mooi rympie, of liedjie, volg nou, maar ek sal, asb. maar, dit in Engels skryf:

For – Hearts, like doors, open with ease

To very very little keys,

And these are ‘Thank you’!

And ‘If you please!’

Die twee klein sleuteltjies wat harte oop­sluit is dankie, en asseblief. Maar ek dink die stemtoon waarin dit gesê word, is belangrik. Die seuntjie het die verlore siel vir Jesus ge­wen met sy houding en stemtoon. Maar stemtoon en houding is nie genoeg om iemand by die Here Jesus te kry nie. Iets moet gegee word. Die seuntjie het `n traktaatjie gegee. Ietsie om te lees is baie doelteffend, maar `n woordjie van getuienenis het ook groot krag. En dan ook, veral, as mens vir so `n vrug op die dag se poging, gebid het.

“Here, vandag wil ek met vir U iemand win. Gee my die gemoedskrag om dit te doen.”

Wo 10 Feb: Uitstel se Afstel

LEES: Spreuke 27: 1 – 5

“Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.” (1)

Op 8 Oktober, 1871, preek die beroemde predik­er, D. L. Moody, voor die grootste ge­hoor wat hy ooit in Chicago voor hom gehad het. Sy teks was: “Wat moet ek dan doen met Jesus, wat genoem word Christus?” (Mat.27:22). Afsluitend, gee Moody sy gehoor die raad: ‘Neem hierdie vraag huis toe. gaan dink daar­oor, en volgende Sondag gaan ons na Gólgota en die kruis toe, en dan besluit ons wat doen ons met Jesus van Násaret.’” Die bekende sanger, wat in Moody se dienste opgetree het, Ira D. Sankey, sing die sluitingslied.

Op daardie oomblik dring die gelui van brand­­weerklokke tot hulle deur. Wat later as Chicago se groot brand, bekend geword het, oorval die saal met die mense nog binne-in. Die saal self is tot as verbrand. In die brand is meer as 1000 mense doodgebrand, baie van hulle wat in die diens was.

Moody se opinie oor wat gebeur het, wil ek graag in die Engels oorneem:

“Moody said it was the greatest mistake he ever made – telling his hearers to postpone their decision till the following Sunday.” Dit kan so maklik met ons ook gebeur. Ons word in die hart getref deur `n preek of getuienis en wat in Open­baring 3:20 geskryf staan, gebeur met ons. In ons hart hoor ons Jesus sê: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou en hy met My.” En nou ons oomblik van besluitneming: Ons maak vir Jesus ons hartsdeur oop en nooi Hom in. Of ons stel uit en ons verloor die groot geleentheid, wat vir ons die verskil van `n ewige hemel of `n ewige ver­doemenis sal bring.  Maak oop die deur en nooi Hom in.

“Here, vandag hoor ek U klop en ek maak my hart se deur oop.”

Di 9 Feb: Vinnige Veiligheid

LEES: Hebreërs 1: 9 – 14

“Is hulle (die engele) nie almal dienende geeste wat vir diens uitgesuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? (14)”

Van `n vroeë ouderdom af het Robson met die tronk kennis gemaak, vertel Alex Allan. Ek gee Alex se eie woorde vir Robson se woonomstandighede: “The worst city slum I have ever seen.” Hy was 17 jaar oud toe hy in Alex se Tronk Bybel Klas opgeneem is. Hy het angstig geluister en op vroeë stadium Jesus Christus as sy Verlosser aangeneem.

Agter hom het `n lang misdaadrekord, groten­deels as bendelid, gelê. Die oggend van sy ontslag uit die tronk, kom hy op die spoorwegstasie en die ben­de waarvan hy lid was wag om hom terug te verwelkom. Dit het hom moed gekos om vir hulle te vertel van sy bekering en die nuwe lewe wat hy van voorneme is om voortaan te lei. Hy is nie meer een van hulle nie. Dit het hulle dadelik sy vyande ge­maak en van toe af was hy in gedurige lewensgevaar.

Met die oog op nodige beskerming het Alex Alan vir hom werk gekry as `n bestuurdershulp op ’n groot vragmotor wat  lang afstande moes aflê. Alan het gereël dat hy van elke nagstaanplek van die vrag­motor hom sou bel. Dan het Alan gevra hoe dit met hom gaan, watter skrifdeel hy die dag gelees het, en hulle het sommer so algemeen bietjie ge­sels. Na ongeveer 18 maande van hierdie program, word Robson se ma siek en Robson het gevoel hy moet nou nader aan haar wees om haar te help en te versorg. Sy nuwe werk was om vragmotors vir melkaflewering, in die aand tot die vroeë oggend, te laai vir die vroeëoggend se afleweringswerk. Sodra die vragmotors klaar gelaai was kon hy huistoe gaan.

Een oggend om 2.30vm. lui Alan se telefoon hom wakker. Robson was duidelik in die moeilikheid. Hy verduidelik vir Alan hy het net sy werkperseel verlaat oppad huis toe, toe hy agterkom hy word deur sy vorige bende agtervolg. Hy sien hulle het messe en knuppels en hy probeer huistoe hardloop, Gelukkig is daar `n telefoonhokkie en hy spring daarin en haak die deur toe. Terwyl hy praat, sê hy, probeer hulle die hokkie oopbreek.  Alan sê: “His agonized call was: ‘Sir, what can you do for me?’ The situ­ation ws too urgent to call the police, so I asked him to listen quietly while we prayed together. In a very few words we reminded the Lord of His promise, ’He will give His angels charge concerning thee.’”. Skaars het Alan die telefoon neergesit, terwyl hy dink wat om nou te doen, toe lui die telefoon weer. Dis weer Robson maar sy stem is vol verligting. “O Meneer, twee van u engele waar­van u gepraat het, het nou-net baie stadig met hulle polisiemotor hier verby gery. Die bende het gevlug. Ek gaan die polisiemanne vra om my huis toe te neem. Baie dankie, Meneer.” Vir die sluitingsparagrafie gebruik ek, soos in die boek, Alan se eie woorde: “A few days later I met Robson, dashing across the road to me throug the traffic. His heart was full as he said, ”By here, sir, God fairly jumps to it when you tell Him what to do!”

Ons sal dit nie so in Alan en Robson se woorde sê nie. Maar ons kan altyd weet, as ons in ons moeilikheid na God roep, is Hy altyd betyds met sy uitkoms wat Hy gee.”

“Here, vandag rus my hart in U getroue hulp as ek dit nodig het."

Ma 8 Feb: Waar ons trap

LEES : Hebreërs 10: 26 – 31

“Hoeveel swaarder straf dink julle, sal hy verdien, wat die Seun van God vertrap het…? (29).”

`n Skotse plantkundige, lê plat op sy maag in `n skaapweiveld, deur sy mikroskoop, na `n heide­blomkelk en kyk. Hy is onbewus van die her­der wat hom nader, totdat dié se skaduwee oor hom val. Die botanis kyk op en sê vir die herder: “Kom, kyk hier deur my mikroskoop, na julle blomme.” Die ruwe ou herder sien vir die eerste keer die blom, in al sy wonderlike skoonheid, deur `n mikroskoop vergroot. Terwyl hy kyk begin trane oor sy verweerde gesig loop. Hy kom tot homself en rig hom stadig op. Hy sê vir die plantkundige: “En om te dink, al hierdie jare vertrap ek hulle sommer net so onder my ou rowwe voete!”

Walter. B. Knight wat dit vertel, voeg by: “There is a greater act of sacrilege, or wanton dese­cration, of which we can be guilty. We may trample ‘the Rose of Sharon,’ the Lord Jesus Christ, beneath ou feet.” Vir die manne wat Jesus ge­kruisig het was dit maklik om op Hom te trap, op Hom te spoeg, Hom te verag. Hulle het Hom nie geken nie, nie geweet wie Hy is nie.

Hoe doen óns dit? Dit is seker eerstens hoe ons oor Hom voel, die tyd wat ons aan Hom af­staan, van Hom of oor Hom praat, sy Naam misbruik as ons praat, ander oor Hom spot. In kort, watter plek die Here Jesus in ons lewe inneem, kan selfs dui dat ons sy kruisiging minag. Dit is ernstige woorde wat in Hebreërs 10:28,29 staan: “As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming…hoeveel swaarder straf dink julle sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van  genade gesmaad het?”

“Here, vandag buig ek om Jesus te aanbid.”

Vry 5 Feb: Bring vir My 'n esel

LEES: Lukas 19: 29 – 35

“…as julle (in die dorp) inkom, sal julle `n esels­vul vind…maak hom los en bring hom…die Here het hom nodig”. (30,31)

Dit lyk soms aan `n persoon se gedrag en ver­moëns of hy/sy onbevoeg is om deur die Here ge­bruik te word. En soms voel `n mens oor jouself ook so. So `n seun was klein Isaac Watts. Hy was `n regte klein rymelaar. Hy kon feitlik niks sê nie, of hy het `n rympie daarvan gemaak. Een oggend tydens die gesin se oggendgodsdiens terwyl sy pa nog bid – sy pa was `n predikant – lag hy skielik. A.Naismith skryf: “This brought down the godly minister’s wrath on his frivolous son.” Hoekom het hy gelag, wou sy pa en die ander gesinslede weet.  Hy antwoord: “There was a rat for want of stairs; he climbed up the rope to say its prayers.” Sy pa staan op en maak gereed om die onmoont­like mannetjie soos nodig te tugtig. Maar klein Isaac skree terug: Oh father, do some pity take; and I shall no more verses make.” Ongelukkig ver­tel Naismith nie verdere insidente van die seun nie, tot een oggend toe hy saam met sy pa by hul­le kerk is, vir die Sondag diens. In daardie dae is slegs Psalms in die kerkdienste gesing, en dit is waar­dig, maar nie hart­lik gesing nie. Vyftienjarige Isaac sê vir sy pa, die predikant: “The singing of God’s praise is the part of worship nighest to heaven, but its performance among us, is the worst on earth.” Sy pa antwoord: “Gee ons iets beter!”  Nou skryf Naismith: “And he did so in over 600 hymns. One of the finest and best known has as its theme ‘The Cross of Christ’:

When I survey the wondrous cross

on which the Prince of glory died…

 En óns ken dit goed:

As ek die kruishout gadeslaan,

waaraan die Hemelkoning hang,

is al my pogings enkel waan,

verfoei ek trots en selfbelang.

Kyk hoe sy hand, sy hoof, sy voet

sy smart en liefde saam vetoon;

hoe liefde^en smart mekaar ontmoet

hoe doringvlegsels Hom daar kroon!

            Ek weet nie hoeveel van ons Afrikaanse geestelike lie­dere van Isaac Watts af kom nie, maar oor die ge­noem­de lied het ek in die groot Hallelujaboek gaan kyk, en onder,  in die hoek van die lied, staan sy naam. Vir hoevele was hierdie lied nie al `n boodskap en troos nie.

Die Here kán iemand wat onbevoeg lyk, gebruik. Op die esel wat die dissipels gebring het, het Jesus oorwinnend Je­ru­salem binnegery. “En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep: ‘Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here… (Mark.11:7-10)’”

“Here, vandag wil ek, al voel ek onbevoeg, vir U bruikbaar wees.”

Do 4 Feb: Ek sou Oopmaak

LEES: Openbaring 3: 14 – 22

“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom maaltyd hou…” (20)

`n Wyksbesoeker het by `n huis `n muur­ka­len­der af­ge­­gee. Die kalenderprent was `n reproduksie van Holman Hunt se skildery, wat die kloppende Heiland toon, vertel Moo­dy Monthly. Die ma van die huis, en haar seuntjie, het die kalender klaar opge­hang, toe die pa van sy werk af, vir sy mid­dag­ete op­daag. Dadelik soek die seuntjie sy aandag: “Kyk, Pap­pa! Wie is dit?” Die pa kyk na die prent, maar antwoord nie. Weer vra die seuntjie: “Pap­pa, sê vir my wíe is dit?” Uiteindelik sê die pa: “Dis `n man.” “Watter man, Pappa? Wat is sy naam?” Onwillig, maar gedwing deur die gre­tig­heid van die seuntjie, antwoord hy: “Jesus.” “Maar wat doen Jesus daar?” vra hy. “Hy klop aan `n deur.” “Hoekom klop Hy?” “Hy wil na­tuur­lik ingaan.” “Hoe­kom maak hulle nie vir Jesus oop nie?” Die pa eet stil­wyend voort. Die seuntjie bly oor Jesus en die toe deur uit­vra. Ernstig sê hy: “Ek sou vir Hom oopgemaak het. En Pappa?” Die pa begin baie on­ge­maklik voel, eet vinnig klaar en vertrek gou-gou terug werk toe. Die seuntjie se aanhoudende vrae oor Jesus en daardie toe deur het `n stroom van on­rus­tige gedagtes in hom ont­roer.

Hy kom eers weer van sy werk af na die seuntjie al gaan slaap het. Sy vrou vertel hom hoe die seuntjie die hele middag, tot na aandete en hy bed toe moes gaan, oor Jesus en die toe deur bly vra het. Die man en vrou gaan sit by mekaar. Albei erken die seuntjie se vrae het in húlle vrae ontketen, wat hulle lankal stilgemaak en on­der­druk het. Hulle erken aan mekaar hoe hulle die deur in hulle lewens vir Christus toegehou het. Hul­le kniel saam, bely hulle sonde en maak hulle harte oop en neem Jesus aan as hulle Verlosser.

Die klop aan die deur van die hart kom op baie ver­skillende maniere. Onder die luister na `n preek, `n skrifdeel met Bybellees, iets wat iemand sê, `n gebeurtenis, `n treffende nuus­be­rig in `n koertant, baie maniere. Die klop kan sag wees, eers amper onhoorbaar, maar dit hou aan en `n mens word be­wus van die Heilige Gees se werking in die hart en denke. Die klop kan ook hard en dringend wees, wat hewige aandoening in die gemoed teweeg­bring. Jesus se klop aan die deur van ons hart is egter `n innerlike bewussyn, die Here praat met my, Hy soek toegang in my lewe. Moenie die deur laat toe bly nie. Maak vir Jesus oop.

“Here, vandag maak ek die deur van my hart vir U oop.”

Wo 3 Feb: Praktiese Voorbidding

LEES: Efesiërs 6: 10 – 20

“…bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vry­moe­dig­heid kan bekend maak” (18,19)

‘n Predikant was besorgd oor die geestelike le­we van ‘n meisie, wat lang ure in ‘n fabriek moes werk. Hy het ge­weet sy is ‘n kind van die Here, maar hy doen by haar na­vraag of sy, te midde van haar besondere gebonde lewe, deur haar werk by dié bepaalde fabriek, ooit nog tyd kry om vir die Here ook iets te doen. Sy het geantwoord soos hy gevrees het. Haar werksprogram laat haar net nie toe om ook nog betrokke te raak by kerklike werk nie. “Maar,” voeg sy by, “elke aand koop ek ‘n koe­rant en neem dit na my kamer toe.” Geskok sê die dominee: “Dis goed om die koerant te lees, maar ek kan nie sien hoe dit met ons ge­sprek iets te doen het nie.” Sy verduidelik geduldig: “Ek blaai eerste na die persoonlike advertensies se af­de­ling toe. Ek lees die geboortekennisgewings. Dan bid ek vir elke baba by naam – dalk bid nie­mand anders ooit vir hulle nie. Dan lees ek die hu­we­liksaankondig­inge en bid vir elke paartjie afson­der­lik dat die Here hulle moet lei en help. Dan lees ek die doodsberig­te en bid vir die bedroefdes wat agtergebly het vir krag en geloof.” Die dominee is diep aangedaan toe hy van haar af wegloop. In haar swakheid en eenvoud is sy met ‘n gebeds­bediening besig wat hom beskaam. Sy was ‘n krag in die hand van die Here en niemand sal weet watter seën haar manier van voorbidding vir mense en vir die Here se koninkryk gebring het nie.

Voorbidding is ‘n groot en magtige bediening. As ons die koerant lees en vir die mense wat by die nuusberigte betrokke is sou bid, hoeveel seën kan daar nie vir die wêreld daaruit voortvloei nie? Ons moet vir die Here getuies wees, ook wer­kers, maar ons grootste krag kan wees, as ons op ons knieë is en vir die Here se koninkryk voorbidding doen.

In Die Spoorwegbode, Junie 1981, staan hier­die woorde: Deur die eeue is heersers onttroon, leërs ver­slaan, geweldenaars tot vernedering gebring, herlewings be­gin, omdat ‘n vasberade enkeling, of ‘n handjievol desperate gelowiges, op God vertrou en Hom aangeroep het.

“Here, vandag bid ek vir die uitbreiding van U koninkryk.”

Di 2 Feb: Die Belangrikste Besluit

LEES: Lukas 18: 18 – 27

“Maar hy antwoord: ‘Al hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou.’ Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: ‘Een ding kom jy nog kort …’” (21,22)

Abraham Lincoln, seker Amerika se merkwaar­dig­ste president, het sy moeder op negejarige ou­der­dom verl­oor. Sy het sy Bybelse opvoeding so stewig gelê, dat dit sy lewenskoers gerig het. Hy het self gesê, in tye van versoeking kon hy haar stem hoor, soos sy hom die Here se wet geleer het: “Ek is die Here jou God jy mag nie … steel nie …” en so meer. Eerlikheid was so ’n uitstaande kenmerk van Lincoln, dat hy die by­naam Honest Abe  gekry het. Toe hy die politieke arena betree, het hy met hewige en vernederende op­po­sisie te make gekry. Hy is beskryf as onaantreklik, on­ge­letterd, verwaand en onop­ge­voed. Onderweg na Wash­ing­ton het iemand vir hom ’n vlaggie, met hierdie woorde daarop, gegee: “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” (Josua 1:9). Hierdie woorde het vir hom ’n bron van inspirasie geword. Lincoln het hom tot die woord van God gewend vir krag en leiding. Dit het sy karakter gevorm. Saam met sy eer­lik­heid het beleefdheid, nederigheid en insig ontwikkel.  Tog het iets by hom ontbreek. Een van sy lyfwagte het dit so beskryf: “The misery that dripped from Lincoln as he walked, was caused by his lack of personal religious faith.”

Hoe kon gesê word die godsdienstige, eerbare Abra­ham Lincoln ontbreek aan persoonlike geloof? Hy het aan God gedink as ‘n Almagtige, veraf Wese, wat die heelal en die geskiedenis van die mensdom beheer. God was nie vir hom ‘n persoonlike en liefdevolle Vader, wat in die offer van sy eie geliefde Seun, vir hom, Abraham Lin­coln, met volle vergifnis van al sy sondes as sy kind aangeneem het nie.

Lincoln wou die slawe bevry. Dit het tot die Ame­ri­kaanse Burgeroorlog gelei; vir Lincoln ‘n tyd van groot smart en geestelike foltering.  Toe word sy seun siek. Dag en nag het hy by sy seun se bed gewaak. Die verpleegster wat hom daardie dae moes oppas, was ‘n ywerige, belydende Christin. Sy het in die donker waak­ure dikwels met Lincoln oor Christus en sy ver­los­sings­werk gepraat. Sommige dink dit is veral sy wat ‘n instru­ment was tot Lincoln se geloofsoorgawe aan Christus.

Kort na die dood van sy seun het hy Gettysburg be­soek. Die groot slag van die Burgeroorlog het dáár plaas­gevind. Duisende op duisende houtkruise het die grafte van die gesneuweldes aangedui. Daar het hy van aan­gesig tot aangesig met Jesus Christus ge­kom en ‘n ge­loofs­oorgawe aan Christus gemaak. Hy het vir ‘n vriend geskryf: “Toe ek Gettysburg toe gegaan het, was ek nie ‘n Christen nie, maar daar by Gettysburg het ek my hart vir Christus gegee.” In die argief van die New York Pres­bi­triaanse Kerk van Washington is ‘n brief, deur Lincoln onderteken, waarin hy getuig dat hy nou gereed is om sy geloof in Jesus Christus as sy Verosser openlik te bely. Die brief is gedateer, Dinsdag, 13 April 1865. Maar 24 uur later, Woensdagaand, 14 April, het die sluip­moordenaar, John Wilkes Booth, president Abra­ham Lincoln in die Ford Teater doodgeskiet. Die belangrike man, het net betyds sy belangrikste besluit, reg geneem.

“Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van ‘n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien …” (Ps.103:15-17)

“Here, vandag dank ek U vir die lankmoedige en volgehoue werking van u Heilige Gees in my hart om my betyds by redding te bring.”