Lees Hebreërs 4: 1 – 13
“Die Woord van God is lewend en kragtig…en dring deur…tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg” (12).
`n Christenwerker in Arizona vertel van die Cowboy met sy ruwe uiterlike wat by hom Markus-Evangelies kom soek. Die Cowboy vertel vir die man wat met hom gebeur het, dat hy wat `n ruwe veldman is, nou Bybels soek. Hy het vir `n naweek San Francisco
toe gegaan en `n uitspattige aand in die strate en kroeë
deurgebring. Die volgende oggend het hy laat geslaap. Onder swaar
ooglede deur sien hy op die tafeltjie, naby sy bed, `n boekie lê. Hy kyk
daarna: Die Evangelie van Markus.
Ergerlik gooi hy dit op die vloer neer. Die volgende nag is net so
uitspattig en weer lê die boekie netjies op sy tafeltjie. Weer smyt hy
dit op die grond neer. Die derde oggend is die boekie weer daar. Hierdie
keer tel hy dit op en neem dit met hom saam na `n nabygeleë parkie met
goeie sitplek. Gerieflik in die lekker sonnetjie begin hy die boekie
lees. Die hele dag bly hy daar en lees die boekie deur. Hy sê vir die
Christenwerker: “I
heard the Son of God say to the leper, ‘Be thou clean.’ I heard Him say
to a paralytic, ‘Thy sins be forgiven thee.’ I heard Him commend the
widow for her mite. I saw Him take little children in his arms and bless
them. I heard him say, ‘Couldst thou not watch one hour?’ I saw Him
die. It broke my heart and changed my life. I am a different man. Now,
stranger, I spend much time giving away copies of the Gospel of Mark.’”
“Here, vandag lees ek u woord om U te vind.”