Lees 2 Korintiërs 5: 16 – 21
“Christus
was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel
sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees”
(21)
In `n pamflet, onder die titel Could Our Lord Have Sinned? vertel dr. I. M. Haldeman van `n toneel tussen die berge van die staat New York.
`n Treinbrug is oor `n diep afgrond, eintlik `n kloof, honderde meters
diep, gebou. Op `n dag hoor hy die eerste trein wat die brug nader.
Hy doen moeite om naby te gaan en hy sien `n gelaaide vragtrein met twee
massiewe lokomotiewe vooraan, stadig die brug nader. Hy skryf: “There
was a sharp challenging whistle, then the brakes crashed down, and the
two great machines came to a standstill. There they waited for fully
half a day right in die center of the bridge, with their great tons of
iron quivering and beating and the bridge beneath like a great spider’s
web supporting them. They were there to demonstrate the strength of the
bridge, to show there was no weakness in it; but that it was able to
bear up under the greatest test put on it, and so was worthy of the fullest trust on the part of man.” Dr. Haldeman maak hieruit `n toepassing op die betroubaarheid van die Here Jesus Christus vir ons in ons versoekings en sondes.
Hy brei uit op die versoekinge en toetse waaraan Jesus as die gewone
man, Jesus van Nasaret, onderworpe was en nooit gestruikel het nie. Hy
skryf: “He was tempted and tried
and tested at every point to prove and demonstrate…that we might see
Him as the majestic, unbreakable bridge across the deep chasm of sin and
death, and so fling ourselves without reserve, and in unhesitating
confidence upon Him as the One and all supreme object of our unfaltering
faith and profound adoration.”
Nooit
het Jesus iemand verwerp of iemand teleurgestel nie. Selfs toe die
moordenaar aan die kruis hom tot Jesus wend, het hy gehoor: “Vandag sal
jy saam met My in die paradys wees.” Die skrywer aan die Hebreërs
skryf: “Die hoëpriester wat ons
het, is nie een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was
immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het
nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die
genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die
regte tyd gered kan word (Heb.4:15,16).
“Here, vandag kom ek met my behoefte na U toe.”