Lees Matteus 14: 22 – 33
“Die
skuit….is deur die golwe geteister, want die wind was van voor…Jesus
het gesê: ‘Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie’” (24,27).
In ons daaglikse gang beland ons soms onverwags in ontstellende en dreigende probleme. H. O. Van Gilder
vertel van `n werksman wat by `n bouprojek betrokke was en soms tot
laataand moes werk. Op die kant van `n muur, etlike verdiepings hoog,
verloor hy eenkeer sy balans en glip van die muur af. Hy kry egter reg
om die kant van die muur met sy vingers vas te gryp. Daar hang hy. Onder
is dit donker. As iemand hom tog net raaksien! Hy skreeu om hulp, maar
sy stem word oordonder deur die
gedreun van masjiene. Hy voel sy arms word lam en sy vingers dreig om
hulle greep op die muur se kant te verloor. Hy probeer bid, maar geen
wonderwerk vind plaas nie. Uiteindelik glip sy lam vingers van hul greep
op die muur los en met `n snik van ontsteltenis val hy – net drie duim
ver. Hy land op `n steier wat daar al langs die muur opgerig was en wat
hy in die donker nie kon sien nie.
In
ons daaglikse ervaringe en ook in ons geestelike belewinge, kom ons in
situasies wanneer ons desperaat raak en voel ons moet met ons vingers
vasklem aan wat ons het. Van Gilder skryf: “How
like a lot of Christians! Conscious of their weakness and aware of
dangers, are fearful, anxious and unhappy most of the time: yet
underneath, all the while, are the everlasting arms of a faihful, loving
and all-powerful Saviour – our Lord Jesus Christ, willing and able to
save and assist us.”
“Here, vandag val ek terug op u nabyheid en krag.”