Lees Matteus 18: 15 – 35
“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is” 15
Gebed is toegang tot God om Hom te aanbid en dinge wat ons nodig het te vra. Hierdie toegang kan blokeer word. In Christ and the Student World skryf Robert Wilder: “Nothing will hinder prevailing prayer more than an unforgiving spirit.” Dan
vertel hy die storie van `n kind wat langs `n straat afloop. `n Groot
hond kom blaffende na haar toe. Verskrik gaan sy staan. `n Vreemdeling
kom vinnig na haar toe. “Toemaar, kindjie, jy kan nou verder loop. Hy
het opgehou blaf.” Sy bly egter nog vreesbevange staan en antwoord: “Ja,
maar sy blaf is nog in hom.” Sy het na die hond se dreigende oë gekyk. Robert Wilder merk op: We Christians are too civilized to quarrel outwardly, but is there not sometimes a bark inside – an unforgiving spirit?”
Ons
baklei nie uiterlik nie, maar in die hart is so `n stram gevoel teenoor
iemand wat op een of ander tyd, op een of ander manier, ons te na
gekom het. “Wees
geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander
het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” Na Jesus in Matteus 18:15 oor vergifnis gepraat het, sê Hy: “As twee van julle…oor enige saak bid, sal my Vader wat in die hemel is, julle dit laat kry.” Hierop vra Petrus: “’Hoeveel
keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs
sewe keer?’ Jesus antwoord hom: ‘Ek sê vir jou… selfs sewentig maal sewe
keer.’” (Mat.18:21,22). Vyandigheid in ons hart is `n groot geestelike hindernis in ons verhouding met God.
“Here, vandag vergewe ek my medemens.”