Uit die kaggelvuur

Lees Psalm 138

“Toe ek U aangeroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee” (3)

Mev. Charles Spurgeon het vir meer as ‘n kwart eeu baie pyn moes verduur. Sunday School Times vertel hoe sy op ‘n rusbank, in die voor­kamer voor die kaggel sitlê. Sy peins. “Met ‘n seer hart vra ek: ‘Hoekom maak die Here so met sy kind? Hoekom laat hy dralende pyn en swakheid toe om my te verhinder om vir Hom te werk?’” Vir ‘n rukkie is dit doodstil in die vertrek, behalwe vir die ge­knet­ter van ‘n stomp wat in die vuur brand. Skielik hoor sy ‘n soet, sag­te klank, ‘n helder musieknoot, soos die tere tril­ling van voëllied. Sy vervolg: “Maar watter voël sal hierdie tyd van die nag by die venster sing. Toe be­sef ek, die musiek kom uit die brandende hout­stomp. Lug wat in lieflike sonskyn dae in die stomp opgegaar het, vloei nou asof uit ‘n orrelpyp en laat die won­der­like, nagtelike musiek uitklink. Die stomp sing in die vuur! ‘n Wonderlike gelykenis speel voor my af en ‘n diep troos oorvloei my ge­moed. Dit vra God ook van my. My seëninge in sonskyn dae moet nou soos dankbare musiek uit my vloei, terwyl ek myself in die pynvuur bevind.”

 “Here, vandag sing ek dankbaar al is dit uit die vuur.”