Lees Filippense 3: 12 – 24
“Julle moet julle daarop toelê…om as verloste mense te lewe” (12).
In ‘n besige straat, ry `n voertuig feitlik teen `n man se agterste stamper. Die vrou wat bestuur probeer by hom verbysteek. Haar mond gaan oop en toe, en hy vermoed, met ‘n glimlag, sy is besig om hom te vloek. Met ‘n frons tussen haar oë klou sy die stuurwiel met albei hande vas. Net toe hy die straat wil oorsteek, verander die groenlig na oranje toe. Hy kon waag om aan te hou ry, maar hy hou stil, soos dit betaam. Die vrou agter hom lê behoorlik op die toeter en haar mond spalk oop en toe soos sy op hom skel.
Sy is nog met haar tirade besig, toe ‘n man aan haar toe venster klop. Dit is ‘n polisieman. Sy het nooit gemerk ‘n polisiemotor ry agter haar nie. Hy laat haar uitklim. Hy neem haar polisiestasie toe waar hulle, haar vingerafdrukke en ‘n foto, van haar neem,. Sy word opgesluit. Na ‘n paar uur kom ‘n polisieman haar haal. Terug in die aanklagkantoor wag die man wat haar in hegtenis geneem het op haar. Hy sê: “Ek is baie jammer oor die misverstand, maar sien, ek het direk agter jou gery. Terwyl jy so op die man voor jou skreeu en vloek en jou toeter blaas, het ek die plakker agter op jou motor gelees: ‘Wat Sou Jesus Doen?’ en die plakker op jou stamper, ‘Kies Lewe’ en die plakker op jou nommerplaat: ‘Volg My’, en ook nog die Christene se vis-embleem op die bagasiebak. Jy het so teenstrydig met al die plakkers opgetree dat ek aanvaar het jy het die motor gesteel.”
Ander moet nie net hoor ons is Christene nie. Hulle moet dit ook sien.
“Here, vandag wil ek leef soos ‘n Christen.”