Betroubaar

Lees 2 Korintiërs 5: 16 – 21

“Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (21)

In `n pamflet, onder die titel Could Our Lord Have Sinned? vertel dr .I. M. Haldeman van `n to­neel tussen die berge van die staat New York. `n Treinbrug is oor `n diep afgrond, eint­lik `n kloof, honderde meters diep, ge­bou. Op `n dag hoor hy die eerste trein wat die brug na­der. Hy doen moeite om naby te kom en sien `n gelaaide vragtrein met twee massiewe lokomotiewe vooraan, stadig die brug nader. Hy skryf: “Die trein gee `n skerp, uitdagende fluit en toe knars die remme op die wiele neer. Die twee massiewe lokomotiewe en swaar gelaaide vragtrokke, bly vir `n halwe dag, met hulle tonne van gewig, in die middel van die brug staan (sy eie woorde – ek kan nie so mooi vertaal nie!): “ and the bridge beneath like a great spider’s web supporting them. They were there to demonstrate the strength of the bridge, to show there was no weakness in it; but that it was able to bear up under the greatest test put on it, and so was worthy of the fullest trust on the part of man.” Dr. Haldeman maak hieruit `n toe­pas­sing op die betroubaarheid van die Here Jesus Chris­tus vir ons in ons versoekings en sondes.

Hy brei uit op die versoekinge en toetse waar­­aan Jesus as die gewone man, Jesus van Nasaret, onderworpe was en nooit gestruikel het nie. Hy skryf: “He was temp­ted and tried and tested at every point to prove and de­mon­strate…that we might see Him as the majestic, unbreakable bridge across the deep chasm of sin and death, and so fling ourselves without reserve, and in unhesitating confidence upon Him as the One and all supreme object of our unfaltering faith and profound adoration.”

Nooit het Jesus iemand verwerp of iemand te­leur­gestel nie. Selfs toe die moordenaar aan die kruis hom tot Jesus wend, het hy gehoor: “Van­dag sal jy saam met My in die paradys wees.” Die skry­wer aan die Hebreërs skryf: “Die hoëpriester wat ons het, is nie een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vry­moe­digheid na die genadetroon, sodat ons barm­hartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word (Heb.4:15,16).

“Here, vandag kom ek met my behoefte na U toe.”