Lees 2 Korintiërs 5:16-21
“Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom…(17)
Louis Zamperini van Compton, California, ’n voormalige Olimpiese atleet en Amerikaanse vlieënier, moes in die Tweede Wêreldoorlog in die omgewing van Oahu Hawaii, in die see, ’n noodlanding maak. Vir 47 dae het hy byna 2 000 km. ver op sy noodvlot gedobber, voor hy deur ’n Japanese boot opgepik is. In Now vertel Tom M. Olsen, van Zamperini se ervaringe as Japanese oorlogsprisonier, voordat vrede twee jaar later gesluit is. Hy is uitgehonger en gemartel. Tuis het sy mense hom as dood prysgegee. Hy besit sy eie doodsertifikaat, geteken deur pres. Rooseveldt. In 1945 het Zamperini Japan met ’n hart vol haat verlaat. In 1949 woon hy een aand in Los Angelese ’n diens by waar dr. Billy Graham die prediker was. Daardie aand ontmoet die Here Jesus Christus hom en hy kom tot bekering. Vir sy vriende sê hy: “Such a change has come into my life that I feel I have a duty to perform.That duty is to return to Japan and tell them of the saving power of the Lord Jesus Christ.” Zamperini het teruggegaan Japan toe met ’n lys van sy gevangenemers en tronkbewaarders se name – en ’n Bybel. Sy doel: om sy Verlosser, Jesus Christus, aan die mense wat hom mishandel het, bekend te maak.
Haat, woede en wraaksug is magtige emosies van die menslike hart. Dit is ’n ingebore deel van die sondige menslike natuur. In die Messiaanse Psalm 22 waar die gemoedservaring van die lydende Messias openbaar word, lees ons die omvang van die woede van die mense, om die kruis van Christus: “’n Wreedaardige klomp mense het my omsingel…soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af….soos honde omsingel hulle my…” (Psalm 22:13,14,17). Hoe het Jesus op hierdie woede en haat van sy vyande gereageer? “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie” (Luk.23:34). Wedergeboorte is `n oordra van Jesus se lewe, deur die Heilige Gees, na `n sondaar se lewe toe.
“Here, vandag vergewe ek mense wat my kwaad aandoen.”
'n Kruis op die toring
Lees 1 Korintiërs 1: 18 – 31
“…maar ons verkondig Christus wat gekruisig is….vir dié wat deur God geroep is… is Christus die krag van God en die wysheid van God” (23).
Die lughawe van Pittsburgh, skryf Earl C. Willer, is die grootste en bestoegeruste lughawe in die land. Dit bring ’n groot lugverkeer na die stad toe. Slegs twee minute vliegtyd van die lughawe af en direk in lyn met een van die besigste aanloopbane, staan die Union Church met sy hoë toring. ”Vandat die loopbaan geopen is,” vertel eerw. William R. Ruschaput, die kerk se leraar, “dreun vliegtuie by die kloktoring verby soos bye om ’n byekorf.” Sy eie woorde: “”It got so bad that low-flying jets, turned our Sunday evening services into sudden prayer meetings.” Die kerkraad het bekommerd geraak, omdat die kerktoring so hoog is en die vliegtuie, ter wille van die landing, so laag inkom, dat die toring raak gevlieg kan word en skade en ’n ongeluk veroorsaak. ’n Drie meter hoë neonligkruis word toe op die toring aangebring. Die kerk staan op die hoogste punt naby die lughawe. Dit bring toe mee dat die ligkruis snags, van sover as Ohio se grens af, deur die vlieëniers raakgesien word. Hieroor het eerw. Ruschaput gesê, een van die loodse het teenoor hom die opmerking gemaak: “Most of us are using it as a guide to the field.”
Die kerk met sy hoë kloktoring, so naby die aanloopbaan, was vir die vlieëniers toe nie meer ’n hindernis nie, maar ’n bate. Die kruis op die kerktoring was ’n letterlike hulp vir die vlieënier om ’n veilige landing op die aanloopbaan te maak. So moet die kerk, ook in geestelike sin, ’n seën wees vir mense, om hulle veilige landing op die aanloopbaan van die ewigheid te maak. En die kerk kry dit reg, as die kruis duidelik en hoog verhef word. Die kerk beteken die lidmate, kerkraad en leraars. As die Here Jesus Christus en sy verlossingswerk die kerk en sy mense se middelpunt van getuienis en aandag is, wek die Heilige Gees in mense se harte, die verligting van geloof, wat ’n veilige aankoms in die ewigheid verseker.
“Here, vandag wil ek, deur u Gees, ’n verligte kruis uit my lewensgedrag laat skyn.”

'n Kruis in die venster
Lees Handelinge 16: 25 – 34
“Glo in die Here, Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (31).
Wanneer ’n mens die spoorwegdorp, Harriman, in oostelike Tennesee, nader, trek ’n groot, verligte kruis op een van die hoë bergrante, ’n mens se aandag, skryf dr. Paul Lee Tan. Die dorp voorsien die krag vir die verligte kruis. Die aanbring van die kruis was egter anders, as met die kruis op die kloktoring van die kerk in Pittsburgh. Harriman se kruis was die idee van `n vyfjaaroud seuntjie, Dan Denny.
Dan Denny het op ’n dag ’n kruis present gekry om mee te speel of in sy kamer te hang. Hy hang toe die kruis elke dag by sy venster uit. Later wil sy ma weet hoekom hy dit doen. Sy verduideliking: “Dalk sien iemand dit en dink dan aan Jesus en probeer goed wees.” Dit het vir sy ma so goed geklink, dat sy dit met haar vriendinne bespreek. Een van hulle se man is op die dorpsraad en sy vertel dit vir hom en wonder of hulle, as dorpsmense, nie op ’n goedgeleë plek ’n kruis kan oprig nie. Dit kom by die kerke ter sprake en nie lank nie of die besluit word geneem en die kruis word op die hoë rant, sigbaar vir almal, opgerig.
Weereens leer dit ons, dat dit nie ’n mens se ouderdom, status, gawes of geleerdheid is wat die groot rol speel, as ons van Christus getuig nie. Dit is ’n saadjie wat geplant word. Die krag is in die saadjie self. Dit is die Heilige Gees wat die getuienissaadjie laat ontkiem en laat groei.
Saai die evangeliesaad waar dit moontlik is. Jesus het in sy gelykenis van die saad gesê, baie van die saad word vergeefs gesaai, maar God laat dit ook in goeie grond val. Ons werk is om te saai. God se deel is om die saad te laat groei.
Here, vandag wil ek ook my klein saadjie saai.

'n Kind kan verstaan
Lees Matteus 18 : 1 – 5
“As julle nie …soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie” (3)
Dr. Walter L. Wilson vertel in Sunday School Times, hoe hy Johannes 3:16 gebruik het, om ’n seuntjie te help om Christus as sy Saligmaker aan te neem. Hy het die vers aangehaal en die woordjie gee beklemtoon: God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” Hy het die seuntjie laat verstaan Christus is God se gawe aan die wêreld. Hy vra toe: “Maak die gee van ’n geskenk dit al joune?” Ewe slim antwoord die seun: “Nee, eers as jy dit neem is dit joune.” “Dis waar”, antwoord die dokter, “so Christus moet eers aangeneem word, voor Hy jou Verlosser kan wees. Ek is ’n dokter en ek wil mense gesond maak. Is ek julle dokter?” Die seuntjie skud sy kop. “Hoekom is ek dan nie julle dokter nie?” vra dr. Wilson. “Want ons het Dokter nie as óns dokter geneem nie.” “Jy verstaan dit baie goed. Jesus Christus is die Verlosser, maar Hy is nie jóú Verlosser, as jy Hom nie as jou Verlosser aanneem nie, nê. Wil jy dit nie nou doen nie?” Die Seuntjie knik. Hulle buig hulle hoofde en net daar, met ’n paar eenvoudige, kinderwoorde neem die seuntjie die Here Jesus Christus aan as sy Verlosser.
Ons is net so lank, nie ’n kind van God nie, as wat óns dit uitstel om Christus aan te neem as ons eie Verlosser. Hoe lank wil God dit uitstel? Jesaja 1:18 gee die antwoord: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here, al was julle sondes soos skarlaken dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”
“Here, vandag neem ek u geskenk van redding aan.”

'n Hoër vlug
Lees 1 Timoteus 2: 19 – 26 Ou Vertaling
“Maar vlug vir die begeerlikhede…jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met dié wat die Here uit `n rein hart aanroep” (22)
Die vlieënier, Handley Page, vertel van `n insident, wat Frank W. Boreham, in The Y. C. Companion, aan ons oordra. Page het in Kobar, Arabië, geland. `n Groot rot het ongesiens in sy vliegtuig ingekom. Na Page opgestyg het, en reeds vlieghoogte bereik het, word hy van die rot bewus toe hy `n geknaag agter hom hoor. Terwyl hy met verontrusting dink aan die skade wat die ongenadige tandjies aan die bedrading van die vliegtuig kan aanrig en die gevaar dat die vliegtuig kan neerstort, onthou hy, `n rot kan nie `n hoë atmosfeer se lugdruk oorleef nie. Hy laat sy vliegtuig dadelik hoër opstyg, totdat hyself dit moeilik vind om asem te haal. Hy waag later om weer laer te vlieg. Die geknaag is toe stil en nadat hy geland het, kry hy die dooie rot in sy vliegtuig. Hier is raad vir iemand wat onder versoeking deurloop, skryf Frank Boreham: “When we feel ourselves endangered by the pests that molest our souls, we need only to rise to a loftier level of Christian attainment.”
Uit eie krag kan ons nie `n hoër geestelike lewe bereik nie. Ons is afhanklik van die Heilige Gees se werking in ons hart. Óns deel is om die hoër geestelike vlak te soek, deur gebed en Bybelstudie en bepeinsing oor ons Here Jesus se Persoon, soos die skrif dit vir ons skilder en so nader aan God te kom.
“Here, vandag verlang ek om nader aan U te leef.”

Meelewende Liefde
Lees Johannes 14: 1 – 14
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (6).
`n Pa het sy seuntjie gewaarsku hy sal hom solder toe stuur vir die nag, met net brood en water vir aandete, as hy weer die verkeerde ding doen, waaroor hy hom nou al twee keer gewaarsku het, skryf Wilbur Nelson, vir ons die storie. Weer is die kind ongehoorsaam en die pa stuur hom die aand op solder toe, met net ‘n beker water en `n bord met droë brood, vir die nag. Die aand aan tafel kan die pa nie eet nie. Hy dink aanmekaar aan sy seunjie op die solder. Sy vrou sê vir hom: “Ek weet waaraan jy dink, maar as jy hom nou van die solder laat afkom, sal hy nooit weer vir jou respek hê nie.” Die man antwoord: “Jy is reg. Ek sal nie my woord breek nie. Maar hy is so alleen, en seker bang daar bo.” Hy soen sy vrou goeie nag, en loop met die trap op solder toe. Saam met sy seuntjie drink hy die water en eet hy die brood, terwyl hy hom allerhande stories vertel, hoe swaar dit in die oorlog met almal gegaan het en hy meer as een keer, ook net brood en water gehad het om te eet. Saam met sy seuntjie slaap hy die nag op die harde vloer. Toe die seuntjie aan die slaap raak, was sy pa se arm vir hom die kussing vir die nag.
Dit is hoe God ons as sondaars lief het. “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh.3:16). God het ons verdiende straf nie verander nie, maar Hy het self daarin kom deel. Jesus, die Seun van God, en self God, het tot in die fynste besonderheid mens kom word en die aardse lewe met ons gedeel. Hy het ons plek geneem, ons swaarkry, ons behoeftes. “Dan sal die Koning sê: ‘…Ek was honger…ek was dors…’” (Mat.25:35). Kom ons lê ons kop neer op die warmte van sy liefde en neem Hom en sy groot vergifnis in ons harte aan. Die Heilige Gees maak ons gehoorsame kinders van God. “In sy groot ontferming het God ons die nuwe lewe (wedergeboorte – ou vert.) geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode…en omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word” (1 Pet.1:3-5).
Here, vandag dank ek U vir u groot liefde vir my in die Here Jesus Christus se menswording en dood.”

In die Meester se hande
Lees Johannes 14: 15 – 31
“As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon” (23)
`n Ryk Engelsman het by sy groot versameling van kosbaarhede `n besondere viool gevoeg, vertel A. B. Rhinow in The Watchman-Examiner. Die violis, Fritz Kreisler, het die viool begeer. Die ryk eienaar het egter geweier om van sy kosbare instrument afstand te doen. Kreisler het hom gevra om asseblief net een keer op die viool te mag speel. Die geleentheid is hom gegun. Ek haal Rhinow se eie woorde aan (ek kan dit nie mooi genoeg vertaal nie): “Kreisler played as only a genius can play. He forgot himself. He poured out his soul into his music. The Englishman stood as one enchanted until the playing had ceased and Kreisler had tenderly returned the instrument to the antique box, with the gentleness of a mother putting her baby to bed.” Dit was asof die Engelsman uit `n beswyming ontwaak. “Neem die viool!” bars hy uit. “Dit is joune. Neem dit. Ek het geen reg om dit vir my te hou nie. Dit moet aan die man behoort wat dit kan bespeel soos jy dit doen.” Dit is `n ware redenasie. Die instrument moet behoort aan die meester wat die beste musiek daaruit kan haal. Hieroor sê Rhinow: “And ought not your life and mine to belong to the Master who can draw the noblest harmonies from them?”
En hierdie Meester is die Here Jesus Christus. Petrus en Johannes was net vissermanne en watter musiek het nie uit hulle lewens gevloei nadat Jesus hulle meester geword het nie! Jesus neem deur die Heilige Gees se inwoning in ons hart van ons besit en dan bring die Heilige Gees die liefde, vriendelikheid, goedheid van Jesus in ons lewens na vore. Uit ons eie kan ons nie tot God se eer musiek maak nie, maar die Meester, Jesus Christus, kan deur sy Heilige Gees se volheid in ons hart, sy lewensskoonheid in ons nietige lewens na vore bring.
“Here, vandag gee ek my hart geheel oor aan U om my te besit en te gebruik na u wil.”

Drie keer geroep
Skrifdeel: Lukas 19 : 1 – 10
“(Hy) het gekom om te soek en te red…” (10)
Hy was `n tiener, vertel Rev. T. E. Ruth van Sydney, Australie in The Christian Herald, toe hy die Sondagoggend uit gewoonte na sy kerk toe gaan. `n Vreemde hulpprediker is op die kansel. Sy teks is Josua 24:15: “Kies julle vandag wie julle wil dien…” Die preek laat hom met homself ongelukkig voel en hy kry `n afkeer in die vreemde prediker. Op `n geleë oomblik glip hy uit. Hy verwyl die tyd en wag vir `n diens wat later in `n ander kerk gehou word. Hy gaan daarheen. Hy is verbaas toe dieselfde prediker op die kansel verskyn en die preek van vroeër die oggend herhaal. Daardie aand gaan hy na `n kerk toe in heeltemaal `n ander voorstad en hy is behoorlik geskok toe dieselfde prediker op die kansel klim en sy oggendpreek herhaal. Rev. Ruth skryf: “It was too much for me. That night I surrendered to the love that had sought me in three places.”
Nie net die inhoud en betekenis van die preek nie, maar dat die Here so herhaaldelik op die een dag vir hom gesê het: “Kies vandag…” het hom so diep getref. Jesus sê in sy gelykenis van die herder en die verlore skaap in Lukas 15:4,5: “…hy gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. En as hy hom kry, is hy bly en hy tel hom op sy skouers.” Jesus roep ons nie net nie, maar Hy wil ons besit en gebruik. Rev. Ruth het self verkondiger van die evangelie geword.
“Here, vandag hoor ek en ek wil antwoord.”

Die voorreg van 'n kind
Lees 1 Johannes 5: 1 – 17
“Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is `n kind van God….En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra” (1,14).
In die glorieryke dae van die Romeinse Ryk het die keiser `n triomfoptog deur die hoofstraat van Rome gelei. Sterk soldate moes aan weerskante van die straat, die jubelende skare van die keiser af weghou. `n Platform is langs die straat opgerig, vanwaar die keiserlike gesin sonder ongerief die optog kon dophou. Net toe die optog regoor die keiserlike platform kom, spring die keiser se sesjarige seuntjie op, storm die platform af en nael tussen die mense deur straat toe. `n Soldaat kry hom uiteindelik beet. “Waarheen gaan jy? Dis die keiser. Bly weg daar!” skree hy vir die seuntjie. “Dis nie! Dis my pa! Los my!” skree die seuntjie.vir hom terug. Die soldate en die skare het respek en vrees vir die man op die keiserlike koets gehad. Die keiser se seuntjie het vrymoedigheid en liefde vir sy pa gehad. Hy weet dit is die keiser, maar vir hom is dit sy pa.
Die Heilige Gees, die Gees van aanneming, wek in die hart van die mens wat in Jesus Christus as sy Verlosser glo, hierdie vrymoedigheid. “Maar aan almal wat Hom (Christus) aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Joh.1:12). “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook” (1 Joh.3:1). “En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: ‘Abba!’ Dit beteken Vader! (Gal.4:6).
`n Kind vra, en `n vader gee. “Watter mens onder julle sal vir sy seun `n klip gee as hy brood vra, of `n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan die wat dit van Hom vra?”(Mat.7:9-11).
“Here, vandag is ek met oorgawe u kind en ek vertrou in u Gees om in my die gees van kindskap te versterk, terwyl ek vertrou in my Saligmaker en Voorspraak by die Vader, die Here Jesus Christus.”

Die voordeel van laste
Lees Matteus 11:25-30
“My juk is sag en my las is lig” (30)
Dr. Lambie, geneesheersendeling in Abesinië, moes dikwels vinnige en diep riviere oorsteek, skryf Christian Victory. Die gevaar van die vinnigvloeiende riviere was, ‘n mens word van jou voete afgeruk en dan met die vinnige stroom meegesleur na ‘n dieper stroom, of na ‘n waterval, of dat mens teen een van die baie rotse verpletter kon word. Dr. Lambie het van die inboorlinge die geheim geleer om veiliger deur so ‘n stroom te kom. ‘n Mens soek ‘n groot klip. Hoe groter en swaarder hoe beter. Die gewig word op die skouer geneem en dit dien as ballas. Die bykomstige gewig druk die voete stewiger op die bodem vas en jy kruis die rivier met groter veiligheid. Jou voete word nie so gou onder jou uitgespoel nie. Dr. Lambie se gevolgrekking: While crossing the dangerous stream of life… we need the ballast of burdenbearing, a load of affliction, to keep us from being swept off our feet.” Romeine 5:3-5 sê: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het”.
Dwarsdeur die Skrif kry ons hierdie negatiewe elemente en swaarkry, wat gelowiges soos laste moes dra. Abraham moet kinderloos voortbeweeg, Jakob se broer veg met hom, Josef word as slaaf verkoop en beland in Egipte in die tronk, Job ervaar groot teëspoed en word deur sy vriende misverstaan, Dawid moet gedurig vir Saul vlug, Daniël beland in die leeukuil en sy vriende in ‘n brandende oond, Jeremia word vervolg en in ‘n put gegooi. So loop hierdie patroon deur die Skrif. Salomo wat geen laste moes dra nie, se voete is op die ou end onder hom uitgespoel en word deur sy vroue verlei en word ‘n afgodsdienaar.
“Here, vandag dank ek U vir die las wat my voete in die lewenstroom beter laat vasstaan.”

Die verharde hart
Hebreërs 3: 7 – 15 OU VERTALING
“Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie… ( 7).
Een nag, breek ‘n inbreker in by ‘n deftige huis, in ‘n belangrike stedelike voorstad. Na sy strooptog in die kamers, neem hy sy buit na die voorhuis toe en gooi dit op die mat uit. Hy gaan sit om die beste artikels uit te soek, om saam met hom te neem. Toevallig kyk hy op. Aan die muur hang ‘n afdruk, van die skildery van die doringgekroonde Jesus, Ecce Homo. Hy voel die droewige oë van die lydende Heiland rus op hom. Nou kan hy nie met sy taak voortgaan nie. Hy sug, staan op en loop na die skildery toe. Van naby kyk hy in Jesus se oë. Hy steek sy hande uit, neem die skildery aan weerskante vas en draai dit teen die muur om. Hy gaan terug na sy buit toe. In die stilte van die nag gaan hy voort met sy taak om sy buit te keur. Die evangelie bring ons, van aangesig tot aangesig, met die gekruisigde Jesus in aanraking. Die Heilige Gees laat ons voor sy oë staan. Daar maak ek my keuse. Verhard ek my hart en gaan voort met sy sonde, of buig ek my hart, bely my sonde en neem Jesus aan as my Verlosser? Elke keer as die roepend Heiland weggewys word, word die verhardingsproses makliker.
“Here, vandag buig ek en ek kom na U toe.”

Die taal uit die hart
Lees Psalm 23
“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie” (1).
Eens na `n sitkamerfunksie in Engeland, word een van die gaste, `n bekende akteur, vir ’n voordrag vir die gaste gevra, skryf The War Cry. Hy stem in en vra of daar enige besondere keuse is. Na ’n paar oomblikke van stilte, vra ’n ou predikant, wat ook teenwoordig is, of hy Psalm 23 sal voordra. Vir `n oomblik huiwer die akteur, maar dan sê hy: “Graag, maar op voorwaarde dat u, my geagte vriend, na my, dieselfde sal doen.” “Ek?” vra die ou dominee verbaas. “Ek is nie `n voordraer nie. Maar as jy dit so wil hê sal ek probeer.” Die groot akteur begin `n indrukwekkende voordrag. Sy stemklank en stembuiging is reg en pragtig. Hy boei sy gehoor. Toe hy eindig, word hy luid toegejuig. Daar kom stilte en die ou dominee kom regop en begin die psalm. Sy stem is gewoon. Met eenvoud sê hy die psalm op. Geen applous begroet hom toe hy ophou nie. Net doodse stilte, die hoofde gebuig, meer as een oog vogtig. Dit is die akteur wat die stilte verbreek. Hy lê sy hand op die ou dominee se skouer. Sy stem beef effens toe hy sê: “Ek het julle ore bereik, my vriende. Hy het julle harte bereik. Die verskil is net dít – ek ken Psalm 23, maar hy ken die Herder.”
Hoe anders, ryker, dieper is die Here se Woord as ons Hóm ken. Dan bring die Heilige Gees God se stem en Jesus se Persoon in ons hart in. Ons ervaar kontak met ons Here.
“Here, vandag lees ek U Woord met my oë op U”

Die krag van 'n belofte
Lees 2 Korintiërs 1: 17 – 24
“…Jesus Christus, die Seun van God…is nie ‘ja’ en ‘nee’ tegelyk nie. Hy is die ‘ja’ …. op al die beloftes van God” (18, 19 , 20).”
Sir William Napier gaan een aand stap. Hy kom af op ’n dogtertjie wat bitterlik staan en huil. Sy goedige geaardheid reageer dadelik, en hy gaan sit op sy hurke by haar om te hoor wat die moeilikheid is. Stukkie vir stukkie hoor hy die storie. Haar ouers is baie arm. Sy is gestuur om te gaan melk koop. Sy het gestruikel en geval en al die melk is op die grond uitgestort. Daar is nie geld vir ander melk nie. Sir William staan op, streel oor haar koppie en vee haar traantjies met sy eie spierwit, sakdoek af. “Moenie huil nie, Kindjie. Hier gaan koop vir jou ’n ander kannetjie melk.” ’n Blye glimlaggie breek deur haar trane. Hy steek sy hand in sy sak om sy beursie uit te haal. Sy gesig val. Hy het nie sy beursie by hom nie! Verleë sê hy: “Ag, Kindjie, ek het nie geld by my nie. Maar môreaand, dieselfde tyd, kry ons twee mekaar hier. Ek bring vir jou geld vir genoeg melk. Sê vir jou mamma en pappa.” Tuisgekom, kom sy vrou hom met ’n breë glimlag tegemoet. In haar hand het sy ’n pragtige vergulde uitnodigingskaartjie. Baie lank al wag Sir William vir ’n uitnodiging na só ’n onthaal. Dit sal sy politieke loopbaan ’n stoot gee. Opgewonde neem hy die kaartjie en lees dit vinnig deur. Dit is vir die volgende aand en dit is dieselfde tyd wat hy beloof het om die dogterjie te ontmoet. Tot sy vrou se verbasing skud hy sy kop. “Nee, ek kan nie gaan nie. Ek het reeds ’n afspraak.” Hy vertel haar van die dogtertjie. Sir William het die gulde geleentheid van die hand gewys, om sy belofte aan ’n klein, arm dogtertjie na te kom.
Maar sê nou, die dogtertjie het by haarself gedink: daardie ryk, belangrike man sal tog nie kom nie, en sy het nie vir die afspraak opgedaag nie? Hoeveel sou sy nie verloor het nie, en watter teleurstelling sou dit nie vir die belangrike man gewees het nie! Ons hoop sy het die belofte geglo en met haar emmertjie in die hand, vir hom gewag en die geskenk wat hy bedink het, in ontvangs geneem.
Omdat God ons liefhet en ons jammer kry, bedoel hy groot gawes vir ons. Hy belowe dit. In Jesus vervul Hy sy beloftes. Beloftes is die kanale waarlangs God sy gawes na ons toe laat vloei. Paulus skryf, “Jesus Christus …is die ‘ja’ van God, die ‘ja’ op al die beloftes van God” (2 Kor.1:18,19,20). Onkunde oor God se beloftes in sy woord, en traagheid om Hom te glo, beroof ons van seëninge.
“Here, vandag wil ek u beloftes leer ken en glo.”

Die Hoogste Prys
Lees Markus 15: 21 – 32
“Hulle bring Jesus toe na…Golgota…toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar “ (22-24)).
In die Alliance Weekly is `n beskrywing van die manier waarop die Romeine misdadigers gekruisig het. Die kruis is op die grond neergelê en die man wat gekruisig moes word, word op die kruis vasgedruk en sy hande en voete vasgespyker. Die gat waarin die kruis gesit sou word, is vooraf gegrawe. “Then the cross was carried to the hole and dropped into it. This, of course, drew every nerve and muscle in tension and produced the greatest imaginable suffering”, skryf die Alliance.
Op `n dag neem `n onderwyseres haar klas jongmeisies om na `n staalgravering, volgens `n beroemde skildery, van die kruisigingstoneel van Jesus en die twee misdadigers, te gaan kyk. Drie kruise lê op die grond en by twee van die kruise stoei en worstel soldate met die twee misdadigers om hulle vasgenael te kry. Op die middelste kruis, lê Jesus, en soos die Alliance dit skilder: “Christ lay down quietly and extended the quivering palms to receive the spikes.” Terwyl die jongmeisies so na die aangrypende toneel staan en kyk, skreeu een skielik geskok: “Het Jesus dan nog gelewe toe Hy gekruisig is? Ek het altyd gedink Hy was reeds dood toe hulle Hom op die kruis vasgespyker het!” Die onderwyseres antwoord, en ek haal weer die Alliance se eie woorde aan: “Yes, He was nailed there alive for you.” The girl, weeping, said: “Then I am His forever.”
“Here, vandag oordink ek u groot lyding om vir my sondeskuld te betaal en my vry te koop.”

Die hart van die Verlosser
Lees Psalm 22
“My God, ek roep bedags en U antwoord nie…(3)
Die bekende prediker C. H. Spurgeon het ’n kommentaar, bestaande uit drie volumes, elkeen sowat 450 bladsye dik, oor die Psalms geskryf. Ek besit gelukkig hierdie drie boeke. In 1975 het ek die hele stel van drie vir R38,85 gekoop. Een aand, voor `n nagmaal, het ek behoefte gehad om my hart vir die herdenking van die Here Jesus se kruisiging voor te berei. Ek het Psalm 22 opgesoek en Spurgeon se boek by sy kommentaar oor Psalm 22 oopgemaak. ’n Groot en verrykende onthulling oor Jesus se kruisdood het in my hart gekom. En tog, selfs nou, voel ek ek het nog maar vlak in Psalm 22 ingegaan.
In die evangelies het ons die beskrywing van Jesus se kruisdood stap vir stap. In Psalm 22 het ons dieselfde beskrywing asof Dawid self by Golgota gestaan het. Die verskil tussen die evangelies se beskrywings en Psalm 22 is, dat die evangelies aangrypend die gebeurtenis se uiterlike ontvouing beskryf, en Psalm 22 bring die lydende Messias se gevoelens en gedagtes gedurende daardie kruisigingsure na ons harte toe. Die Gees van die Messias beleef in Dawid se menslike hart die kruisiging soos Jesus dit beleef het: sy eensaamheid, verskrikking en pyn.
Ek volg nou Spurgeon se spore (kortpad) deur Psalm 22. “Vir die koorleier (Chief Musician). So ’n verhewe lied kan nie deur ’n mindere hanteer word nie. “Op die wysie van die wildsbok…” Jesus is soos ’n wildsbok gejag (v.1). Jesus se gevoel van diepe verlatenheid:“My God, my God, waarom het U my verlaat en bly ver as ek om hulp roep?”(v.2). Sy hewige onrus: “My God ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie (v.3). Sy verwarring: “Op U het ons voorvaders vertrou…U het hulle gered…hulle het na U om hulp geroep…op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie (4-6)”. Hoekom kry Hy nie antwoord nie? Hieruit kry ons bemoediging, want ons bid ook en dan kry óns nie dadelik die verhoring van óns gebed nie. Sy vernedering: “Maar ek is ’n wurm…Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik met voldoening die kop en sê: ‘Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red …as Hy dan so baie van hom hou (7-9)’” Sy herinneringe: “Van my geboorte af is ek onder u sorg…is U my God (v10,11). Sy angs: “…die nood is naby… Sy vernietiging: “…hulle het my hande en voete deurgrawe (Ou.Vert.) …hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel…help my tog gou! Red my…kosbare lewe…Red my…!(v17-22) Sy oorwinning: “U het my gebed verhoor! Ek sal U…in die volle vergadering prys… (23-27)”. Sy versoening: “Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer…Alle volke sal Hom as koning erken… Hy heers oor die volke…(28-30)”. Sy verkondiging: “Die nageslag sal Hom dien en hulle sal van die Here vertel…aan die volk wat nog gebore moet word van hierdie verlossingsdaad getuig: die Here het dit gedoen (31-32)”.
“Here, vandag dank en aanbid ek U vir u groot soenoffer.”

Betroubaar
Lees 2 Korintiërs 5: 16 – 21
“Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (21)
In `n pamflet, onder die titel Could Our Lord Have Sinned? vertel dr .I. M. Haldeman van `n toneel tussen die berge van die staat New York. `n Treinbrug is oor `n diep afgrond, eintlik `n kloof, honderde meters diep, gebou. Op `n dag hoor hy die eerste trein wat die brug nader. Hy doen moeite om naby te kom en sien `n gelaaide vragtrein met twee massiewe lokomotiewe vooraan, stadig die brug nader. Hy skryf: “Die trein gee `n skerp, uitdagende fluit en toe knars die remme op die wiele neer. Die twee massiewe lokomotiewe en swaar gelaaide vragtrokke, bly vir `n halwe dag, met hulle tonne van gewig, in die middel van die brug staan (sy eie woorde – ek kan nie so mooi vertaal nie!): “ and the bridge beneath like a great spider’s web supporting them. They were there to demonstrate the strength of the bridge, to show there was no weakness in it; but that it was able to bear up under the greatest test put on it, and so was worthy of the fullest trust on the part of man.” Dr. Haldeman maak hieruit `n toepassing op die betroubaarheid van die Here Jesus Christus vir ons in ons versoekings en sondes.
Hy brei uit op die versoekinge en toetse waaraan Jesus as die gewone man, Jesus van Nasaret, onderworpe was en nooit gestruikel het nie. Hy skryf: “He was tempted and tried and tested at every point to prove and demonstrate…that we might see Him as the majestic, unbreakable bridge across the deep chasm of sin and death, and so fling ourselves without reserve, and in unhesitating confidence upon Him as the One and all supreme object of our unfaltering faith and profound adoration.”
Nooit het Jesus iemand verwerp of iemand teleurgestel nie. Selfs toe die moordenaar aan die kruis hom tot Jesus wend, het hy gehoor: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Die skrywer aan die Hebreërs skryf: “Die hoëpriester wat ons het, is nie een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word (Heb.4:15,16).
“Here, vandag kom ek met my behoefte na U toe.”

Aan wie gegee
Lees Kolossense 3:12-17
“En wat julle ookal sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus…” (Kol.2:17)
In vroeë Rusland, gaan die storie, het ’n ou man een koue nag van sy werk af huis toe gegaan. Hy loop by ’n jong soldaat, wat wagstaan, verby. Uit jammerte vir die bewende jongman, trek hy sy jas uit en gooi dit om die soldaat se skouers, met die opmerking, hyself sal tog net-nou tuis en beskut wees. Die ou man het vinnig weggestap. Die volgende oggend is die jong soldaat half verkluim langs sy wagpos opgetel. Geruime tyd daarna het die ou man gesterf. Kort voor sy dood, droom hy, Christus Jesus kom na hom toe nader. Tot sy verbasing sien hy die Meester het sy ou jas aan. Op sy verbaasde vraag, antwoord die Here hom: “Onthou jy dan nie? Een koue nag, toe Ek op wag was, het jy dit vir My gegee”.
Dis dalk net`n storie, maar dit dra `n belangrike boodskap. Die goeie daad wat ons aan ’n behoeftige mens doen, is` aan die Here gedoen. “Wie hom oor ’n arm mens ontferm, gee ’n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed” (Spreuke 19:17). “Here, wanneer het ons U gevoed… U gehuisves, U klere gegee… En die Koning sal hulle antwoord: ‘Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broeders van my gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Mat.25:38-40).
“Here, vandag wil ek aan iemand goeddoen.”

Uit die kaggelvuur
Lees Psalm 138
“Toe ek U aangeroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee” (3)
Mev. Charles Spurgeon het vir meer as ‘n kwart eeu baie pyn moes verduur. Sunday School Times vertel hoe sy op ‘n rusbank, in die voorkamer voor die kaggel sitlê. Sy peins. “Met ‘n seer hart vra ek: ‘Hoekom maak die Here so met sy kind? Hoekom laat hy dralende pyn en swakheid toe om my te verhinder om vir Hom te werk?’” Vir ‘n rukkie is dit doodstil in die vertrek, behalwe vir die geknetter van ‘n stomp wat in die vuur brand. Skielik hoor sy ‘n soet, sagte klank, ‘n helder musieknoot, soos die tere trilling van voëllied. Sy vervolg: “Maar watter voël sal hierdie tyd van die nag by die venster sing. Toe besef ek, die musiek kom uit die brandende houtstomp. Lug wat in lieflike sonskyn dae in die stomp opgegaar het, vloei nou asof uit ‘n orrelpyp en laat die wonderlike, nagtelike musiek uitklink. Die stomp sing in die vuur! ‘n Wonderlike gelykenis speel voor my af en ‘n diep troos oorvloei my gemoed. Dit vra God ook van my. My seëninge in sonskyn dae moet nou soos dankbare musiek uit my vloei, terwyl ek myself in die pynvuur bevind.”
“Here, vandag sing ek dankbaar al is dit uit die vuur.”

Teenstrydige gedrag
Lees Filippense 3: 12 – 24
“Julle moet julle daarop toelê…om as verloste mense te lewe” (12).
In ‘n besige straat, ry `n voertuig feitlik teen `n man se agterste stamper. Die vrou wat bestuur probeer by hom verbysteek. Haar mond gaan oop en toe, en hy vermoed, met ‘n glimlag, sy is besig om hom te vloek. Met ‘n frons tussen haar oë klou sy die stuurwiel met albei hande vas. Net toe hy die straat wil oorsteek, verander die groenlig na oranje toe. Hy kon waag om aan te hou ry, maar hy hou stil, soos dit betaam. Die vrou agter hom lê behoorlik op die toeter en haar mond spalk oop en toe soos sy op hom skel.
Sy is nog met haar tirade besig, toe ‘n man aan haar toe venster klop. Dit is ‘n polisieman. Sy het nooit gemerk ‘n polisiemotor ry agter haar nie. Hy laat haar uitklim. Hy neem haar polisiestasie toe waar hulle, haar vingerafdrukke en ‘n foto, van haar neem,. Sy word opgesluit. Na ‘n paar uur kom ‘n polisieman haar haal. Terug in die aanklagkantoor wag die man wat haar in hegtenis geneem het op haar. Hy sê: “Ek is baie jammer oor die misverstand, maar sien, ek het direk agter jou gery. Terwyl jy so op die man voor jou skreeu en vloek en jou toeter blaas, het ek die plakker agter op jou motor gelees: ‘Wat Sou Jesus Doen?’ en die plakker op jou stamper, ‘Kies Lewe’ en die plakker op jou nommerplaat: ‘Volg My’, en ook nog die Christene se vis-embleem op die bagasiebak. Jy het so teenstrydig met al die plakkers opgetree dat ek aanvaar het jy het die motor gesteel.”
Ander moet nie net hoor ons is Christene nie. Hulle moet dit ook sien.
“Here, vandag wil ek leef soos ‘n Christen.”

Sy hande
Lees Matteus 28: 16 – 20
”Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (18,20).
Na die Tweede Wêreldoorlog het die lidmate van ’n kerk in Frankfurt, Duitsland, hulle kerk, wat deur bomme verwoes is, begin opbou. ’n Beeld van Christus wat in die kerk gestaan het, is ook erg verniel. Verskillende dele van die beeld is in die puin opgespoor. Feitlik die hele beeld kon weer herstel word. Net die hande kon nie gevind word nie. Die kerkraad het beraadslaag of ’n beeldhouer opdrag moet kry om die hande te maak. Die oorweging is verwerp. Die beeld gaan sonder hande bly om ’n boodskap aan lidmate uit te dra. Onderaan die beeld is die volgende woorde geskryf: “Christus het geen hande, behalwe ons hande nie.”
Die kerk, Christus se gelowige volk op aarde, is Christus se liggaam. Deur sy Gees is Hy die lewe in ons, die Christene, wat sy liggaam uitmaak. Deur sy krag kan ons, wat sy liggaam vorm, sy werk op aarde doen. “Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ’n gawe uitdeel soos Hy wil…. Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ’n lid daarvan” (1 Kor.12:11,27). Al die werk vir die Here se koninkryk op aarde word deur mense gedoen. Ons onthou die storie van die engel se beswaar na Christus se hemelvaart. ”Here,” het hy gesê, ”is dit verstandig om nou al terug te kom hemel toe en daar is nog so baie ongedane werk op aarde. Baie lande en volke moet nog bereik word.” Toe antwoord die Here hom, ”Ek weet, maar Petrus, Johannes en al die ander dissipels het agtergebly om die werk klaar te maak. Ná hulle sal ander dissipels van my, deur die eeue, oral, my werk voortsit.” Ons is letterlik Jesus se hande en voete op aarde. As óns nie vír Hom loop, vír Hom handel, vír Hom praat nie, sal sy werk ongedaan bly.
“Here, vandag wil ék vir U bruikbaar wees.”

Sy belangrike hoed
Lees Deurteronomium 6: 1 – 9
“…die Here is ons God…die enigste Here…jy moet jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag… dit moet in jou gedagtes bly…” ((4 – 6).
Deur al die grootste stede en dwarsoor die ryslande van Japan, jaag die koeëltrein. Neil Verwey, sendeling in Japan, stuur vir ons die interessante storie wat in die Yomiuri Nuusblad in Japan verskyn het. Die trein word die koeëltrein genoem omdat die voorkant van die trein soos ‘n koeël gevorm is en dit teen ‘n spoed van 220-300 km. per uur kan ry. Een rede waarom die trein so vinnig kan ry, is dat seksies van die spoorstawe in een gelykstuk aanmekaar gesweis is om die trein stabiel te hou. Daar is geen skerp draaie in die spoorlyne nie. Borsels aan die voorkant van die trein vee hindernisse van die spoor af. Binne-in die trein lyk dit nes ‘n vliegtuig. Jou stoel kan terugleun en die tafel voor jou kan afslaan. Koeldrank, kits middagete, vrugte, koekies of roomys kan uit die peuselkroeg bestel word. Goeie kleedkamers – nes dié in vliegtuie. Drie biljoen mense het in die afgelope 25 jaar op die koeëltrein gery, sonder een noodlottige ongeval. Een miljoen mense ry daagliks op die trein. Die room van die Japannese spoorwegpersoneel dien op die koeëlsneltreine. Hulle het nog nooit ‘n ongeluk gehad nie. Dit was dus ‘n nuuswaardige gebeurtenis, toe die drywer, van so ‘n voortsnellende trein, sy stuurkontrole gelos het, na ‘n agterste treinwa geloop het, en sy hoed gaan haal het! Iemand het die owerhede in kennis gestel. Dit het drie dae geneem voordat die drywer erken het, hy het half aangetrek gevoel sonder sy hoed, en daarom het hy dit gaan haal. Die drywer het nie gedink dit is so ‘n groot oortreding nie. Onder ander omstandighede was dit nie ‘n skokkende gebeure nie, maar as verantwoorderlike drywer van die trein wat met 1 324 passasiers teen 300 km. voortgesnel het, was dit ‘n onverskillige en gevaarlike daad. Hy het duidelik nie sy prioriteite reg gehad nie.
Vir ons as kinders van God en volgelinge van die Here Jesus Christus is dit nodig om te bepaal, wat geniet voorrang in ons lewe. In wat ons doen of sê kan ons God se eer in oneer bring en Christus se koninkryk skade aandoen. Is ons prioriteite reg? “Wees gereed, die heupe omgord en die lampe aan die brand….” (Luk.12:35). Ons vyand, Satan, sal probeer om ons aandag van God en sy belange af na geringer aardse sake weg te lok. “Julle is…. mense van die lig, mense van die dag…laat ons wakker bly en nugter wees…” (1 Tes.5:5,6).
“Here, vandag konsentreer ek op U belange.”

Net Betyds
Lees Matteus 14: 22 – 32
“…hy (het) bang geword en begin sink en uitgeroep: ‘Here, red my!’” (30).
In Die Spoorwegbode (Desember 1974) vertel Andrew Gibb van ’n sakeman, wat die gewoonte gehad het, om Sondagnamiddae in sy dorp op straat, traktaatjies te versprei. Een Sondagmiddag was hy moeg en het boonop ‘n hoofpyn gehad, en om alles te kroon begin dit reën. Hy het net nie die krag of lus gehad om straat toe te gaan. Hy sit nog met die pakkie traktaatjies langs hom, toe die deur oopgaan. Sy elfjarige seuntjie kom in. “Gaan Pappa nie vandag traktaatjies uitgee nie?” vra hy effens verbaas. “Nie vandag nie, my kind, pa voel moeg en nie lekker nie en boonop reën dit ook. Ons los dit maar vandag.” “Dan sal ek in Pappa se plek gaan,” bied die seuntjie gretig aan. “Ag, nee wat,” antwoord sy pa goedig. “As jy eendag groot is, kan jy jou pappa se werk voortsit.” “Ek wil graag gaan,” hou die oudjie aan. “Ek sal my jas en waterskoene aantrek en nog ’n sambreel ook saamvat. Toe, Pappa, assbelief.” Die man gee die pakkie traktaatjies vir die seun en maan hom om nie lank weg te bly nie en om nie met iemand wat ’n traktaatjie weier ’n argument aan te knoop nie. Daar was min mense op straat en die traktaatjies se uitgee vorder stadig. Die seuntjie volhard egter en later het hy nog net een traktaatjie oor. In die reënerige skemer sien hy niemand meer beweeg nie. Met lang treë gaan hy na die naaste huis toe. Loop met die paadjie op en klop aan die deur. Stilte. Hy klop weer. Na ’n derde poging roep ’n stem uit die huis uit: “Wie’s dit?” Hy antwoord nie, maar klop weer. Na sy soveelste poging pluk ’n vrou die deur oop. Die uitdrukking op haar gesig verskrik hom. Hy stop die traktaatjie in haar hand en hol met die paadjie af. Die volgende Sondag by die straatkapeldiens, waar hy en sy ouers ook kerk toe gaan, vra die prediker aan die einde van die diens of iemand ’n woord op die hart het. ’n Vrou staan op. Sy getuig: ”Verlede Sondagaand het God ’n klein engel na my huis toe gestuur om my van ’n gewisse dood te red. Weens eensaamheid en wanhoop, na ek my man en my seun in ’n ongeluk verloor het, en na ’n lang worsteling in my gemoed, was ek op die punt om myself op te hang, toe iemand onbedaarlik aan die deur begin klop. Ek het deur toe gegaan om die persoon weg te ja, maar dit was ’n seuntjie wat hierdie traktaatjie in my hand gestop en toe laat spaander het. “God Het Jou Steeds Lief,” het op die blaadjie gestaan. Ek het dit gaan lees en vir die eerste keer het ek besef, God het my ook lief en Christus Jesus het my duur met sy bloed gekoop. Ek het lig en redding gevind!”
“Here, vandag weet ek dat U my ook lief het.”

Subscribe to:
Comments (Atom)