“Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne” (1)
’n Ouma in West Virginia het nog nooit vliegtuig gery nie. Haar kleinseun was ’n geesdriftige vlieënier. Op ’n dag oorreed hy haar om saam met hom in die vliegtuig op te gaan. Teësinnig willig sy in. Na ’n kort vlug land hulle weer veilig. “En toe, Ouma. Hoe het dit gevoel?” wil hy plesierig weet. Sonder geesdrif antwoord sy: “Ek het in die vliegtuig opgegaan, ek het in die vliegtuig geland, maar ek nie vir ’n oomblik my gewig op hom neergesit nie!” Roy Zuck merk op: “That fearful, distrustful grandma is like many of God’s children. In all His greatness, we too often neglect to rest completely in His all powerful hands.”
Augustinus het gesê: Vertrou die verlede toe aan God se genade (ons het vergifnis nodig); die hede aan sy liefde (ons het aandag nodig); die toekoms aan sy voorsienigheid (ons het versorging nodig.) Corrie ten Boom het geskryf: Never be affraid to trust an unknown future to a known God.
“Here, vandag rus ek my in u krag.”