Lees Lukas 24: 13 – 35
“Hulle (die Emmausgangers) het…by Hom aangedring en gesê: ‘Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is verby’”(29)
Henry F. Lyte was ‘n Anglikaanse pastor. Hy het sy lewe deur aan tuberkulose gely. Hy was bekend as ‘n sterk man in gees en geloof. Hy het gesê: “It is better to wear out than to rust out.” Soos hy ouer geword het, het sy gesondheid heeltemaal ingegee. Hy was verplig om na ‘n warmer klimaat in Italië te soek. Sy laaste preek vir sy gemeente in Lower Brixam, Engeland was op 4 September 1847. Kenneth W. Osbeck skryf in sy boek, Amazing Grace, Henry Lyte was dié dag so swak, hy moes behoorlik die kanseltrappies opkruip. Sy laaste woorde het ‘n diep indruk op sy gemeente gemaak: “It is my desire to induce you to prepare for the solemn hour which must come to all, by a timely appreciation and dependence on the death of Christ.” Kort voor hierdie laaste preek van hom, het hy die gesprek van Jesus en die twee Emmausgangers, in Lukas 24 gelees en hoe hulle harte in die teenwoordigheid van die verrese Seun van God begin brand het. Dit het sy hart aangegryp en hom geïnspireer om sy onvergeetlike lied te skryf: Abide with me – fast falls the eventide, the darkness deepens – Lord with me abide; when other helpers fail and comforts flee, help of the helpless, O abide with me!
Bly by my, Heer, terwyl die skemer daal;
Laat steeds u lig my lewenspad bestraal!
Daar is geen ander hulp of troos vir my –
Hulp van die hulpelose, bly my by!
“Here, vandag weet ek U bly by my.”