'n Veilige belegging

Skrifdeel: Lukas 12: 13 – 21

“…wie kry alles wat jy bymekaargemaak het?

In sy boek Encyclopedia of 7700 Illustrations, vertel Dr. Paul Lee Tan, dat John D. Rocke­feller,  `n sterk en fris seuntjie was. Hy het vroeg al besluit om ryk te word. Hy het homself tot die uiterste toe ingespan en op 33-jarige ouderdom sy eerste mil­joen gehad. “At age 43, he controlled the biggest company in the world. At age 53, he was the richest man on earth and the world’s only billionaire.” Toe ontwikkel hy `n kwaal wat alope­cia genoem word. Sy hare begin uitval, sy oog­hare en wenkbroue ver­dwyn. “He was shrunken like a mummy.” Sy weeklikse inkomste was `n miljoen dollar, maar hy kon net melk en droë be­skuitjies inneem. In Penn­syl­vania was hy so ge­haat, hy moes dag en nag deur `n wag beskerm word. “He could not sleep, stopped smiling long since, and enjoyed nothing in life.” Die dokters het voor­spel hy sal binne `n jaar sterf. Die koerant het `n doodsberig vir hom voorberei in­geval hy onver­wags sou sterf. Gedurende een so ‘n sla­pe­lo­se nag het hy sy lewe oordink. “He realiz­ed with a new light that he could not take one dime into the next world. Money was not every thing.” Die og­gend daarop was hy `n nuwe mens. Hy het kerke uit sy op­ge­gaarde skatte begin ondersteun. Hy het omgesien na arm en behoeftige mense. “He established the Rockefel­ler Foundation whose funding of medical research led to the discovery of penicillin and other wonder drugs.” Hy het weer begin eet, goed geslaap en die lewe weer geniet. Die dokters het voorspel hy gaan 54 nie haal nie, en hy het 98 jaar oud geword.

Rockefeller het gelukkig nie, soos die ryk man in die gelykenis van die Here Jesus, eers na sy dood ont­waak nie. “Die ryk man het ook gesterwe en is be­grawe. Toe hy in die dode­ryk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abra­ham daar in die verte en vir La­sa­rus langs hom en hy roep: ‘Vader Abraham…stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur’” (Luk16:22-25). Dit is nie nét groot rykdom wat `n mens se oë kan verblind, vir die erns van die ewigheid waarheen ons oppad is nie. Ons moet dink, wakker word, onsself afvra: Loop my lewe veilig? Is ek ge­red? Het ek die ewige le­we? “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is” (Joh.17:3).

“Here, vandag wil ek seker maak ek het die ewige lewe van U ontvang.”