Die Gewer en die gawe

Skrifdeel: Johannes 3: 1 – 21

“God het…sy enigste Seun gegee…sodat dié wat in Hom glo…die ewige lewe kan hê’ (16)

Een Sondagoggend staan Father Chiniquy voor sy gemeente van bykans duisend mense in `n Illinois-stad, skryf A. C. Dison. Hy sê: “My people, I resign my priesthood, though I have been here thirty years.” Op die gemeente se aan­drang gee hy sy re­des. “Last night all sleep had left me. After reading the New Testament I saw that salvation is in Jesus Christ, and is the gift of God’s eternal love. Penance is not in it. Purgatory is not in it. Absolution is not in it. On my knees in my room I accepted the Gift, and I love the Giver. I walked the room most of the night praising God.” Vir `n uur en `n half verdui­delik hy aan die mense die genade van God in Christus se redding. Aan die einde van sy lang preek vra hy hoeveel mense by hom wil aan­sluit om die Gawe aan te neem en die Ge­wer lief te hê. Behalwe onge­veer 40 persoon het almal hulle by hom ge­voeg. En so het die Presbiteriaanse Kerk in wording gekom.

Hoe glo ons die weg na redding? Die Gawe is Jesus Christus wat aarde toe gekom en aan die kruis gesterf, uit die dood opgestaan, en in hemel by die Vader verheerlik is. Die Gewer is God die Vader, wat sy geliefde Seun gegee het vir ons red­ding. Die redding is die werk van die Heilige Gees, wat na Jesus se hemelvaart ge­kom het en nou in ons hart werk om ons in Jesus as ons Verlosser te laat glo en ons dan `n nuwe lewe te gee. Hierdie redding ontvang ons as ons Jesus vra om in ons lewe in te kom.

“Here, vandag neem ek die Gawe, ek het God die Gewer lief en ek vertrou in die werk van die Heilige Gees.”