Net uit genade

Lees Lukas 15: 11 – 24

“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom” (20)

In The Gideon vertel Hal Lindsey, skrywer van die so­ge­naam­de multimillion sellers: “The Late Great Pla­net Earth” en “Satan is Alive and Well on Planet Earth”, hoe hy tot bekering gekom het. Ek vertaal sy vertelling, maar hier en daar laat ek hom sy eie Engels praat:

In 1950 moes ek vir die tweede agtereenvolgende jaar die kol­lege verlaat, weens my oormatige drankgebruik. Ek het by die vloot aangesluit, die U. S. Coast Guard. Elke na­week het ons, vlootmanne, afgesit New York toe. Een naweek het ek Vry­­dagaand al, my geld alles uit gedrink en toe saam met ’n maat, op die plein rondgestaan en kyk of ons nie ’n be­ken­de sien, by wie ons kon geld leen nie. Oor­­kant Times Square sien ek ’n plakkaat met die woorde: “Free Food”, en onder dit “Jesus Saves”. Ek ignoreer die onderste twee woor­de, maar sê vir my maat: “Let’s go over and make those ‘Holy Joes’ feed us. They ought to be good for something.” Dit is wat ek van Christenskap gedink het. By dié Christelike plek gee hulle toe vir ons iets te ete, maar net voor ons loop kom ’n sakeman na my toe en vra of ek ’n Christen is. “Ek hoop so,” antwoord ek en hoop ek is nou van hom ontslae. Maar hy bly met my praat en vir die eerste keer hoor ek die weg van saligheid duidelik uit­gespel. Ek het egter net ge­lag, want ek het nie belanggestel nie en ek het wegge­stap. Na my diens­plig het ek in New Or­leans gaan woon en ’n lisensie be­kom om sleepbootkaptein te word. Ek het oor en weer op die Missis­sippirivier gevaar. Ek was ’n vry, plesierige man, maar hoe meer ek my aan drank, vroue en alle ander dinge oorge­gee het, hoe meer onvergenoegd het ek geraak. I had in my­self a growing emptiness and frustration and just aimlessness about life. Toe onthou ek van ’n Nuwe Testa­ment, wat ek eens by geleentheid ge­kry het en in my see­mans­rug­sak gegooi het, toe ek van die huis af weg is vloot toe. Ek krap in die ou rugsak, en werklik, daar kry ek die Nuwe Tes­tament. Ek lees die Bergpredikasie en voel al skuldiger. Ek lees voort in Johannes en sien in hoofstuk drie, vir die eerste keer, ’n mens moet wedergebore word. Ek lees deur die hoofstuk en die laaste vers slaan my reg in my hart: “Wie in die Seun glo, het die ewige lewe.” In my hart sê ek toe: “God, if You exist, and I think You do, then in the best way I know how, I want to accept this gift, that Jesus Christ says He is offering. I want to believe in Jesus Christ. I don’t have much faith, God, but, with all that I have right now I want to put that in You.” Ek het nie geweet wat om daarna te doen nie.

Vir die volgende 12 maande het ek nie kerk toe gegaan nie; ek het nie geweet waarheen om te gaan nie. Ek het besluit om die Bybel deur te  lees. Dit was vir my ’n nuwe Boek. Ek het gereeld ge­lees, want ek was geboei deur hierdie Persoon, Jesus Christus. Ek het besluit Hy is Iemand wat deur niemand geken word nie, ten min­ste niemand met wie ek in aanraking gekom het nie. Terwyl ek so lees, begin mense na ’n paar maande vir my vra: “Hall, what’s gotten into you? Somehow you’re different.” Ek het vir my vriende van die Woord van God begin vertel en sommige van hul­le by Jesus Christus ge­bring. Ek is terug ouerhuis, Hous­ton, toe. Na ’n rukkie vra my pa vir my wat met my gebeur het. Ek is anders as wat hy my geken het. Ek het hom vertel en hom na Christus toe gelei. Daarna het ek my ma ook na Christus toe gelei. Ek weet nie wie die Bybel in 1942 vir my gegee het nie, maar ek besef hoe `n belangrike daad dit was. Toe het God al na my toe begin kom! Deur dáárdie lewende Woord het die Heilige Gees my na Christus toe gelei. “I have watched that Word work in the hearts of radicals, in the hearts of Communists, in the hearts of hippies, and I’ve seen it have its all powerful effect in the hands of the Spirit. I thank God for Eternal Life!”