Lees Hebreërs 10: 19 – 25
“Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het” (23)
’n Seuntjie het pas begin Sondagskool toe gaan . Hy was baie trots op die prentkaart, met die woorde: “Julle moet Geloof in God hê”, wat hy by die Sondagskool gekry het. Op pad huis toe glip dié kosbare kaart uit sy hand uit en waai by die bus se oop venster uit.
Ontsteld gil hy: “Ek het my Geloof in God verloor!” Die goeie busbestuurder stop dadelik die bus. Een van die groter seuns spring uit en gaan haal die kaart. Met ’n groot glimlag neem die seuntjie weer sy Geloof in God en hou dit styf vas.
Hieroor het ’n persoon ’n waardevolle opmerking gemaak: “Iemand het dadelik geskreeu toe hy sy Geloof in God verloor het, ’n ander een het dadelik die bus gestop, en ’n derde een het dadelik opgetree om vir die eerste een sy Geloof in God terug te laat kry.”
So moedig Paulus ons ook aan om mekaar te ondersteun: “…as iemand in die een of ander sonde val, moet julle…so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp…Dra mekaar se laste…” (Gal.1:1,2). Die vinnig bewegende lewe, met allerlei dwarswinde, wat by allerlei oop vensters in waai, bedreig ons geloof in God. Het 2017 dalk al vir iemand se verhouding met God, skade gebring? Vra hulp, gee aandag, en help mekaar. Jesus het sy dissipels gewaarsku: “Wees op julle hoede dat julle gees nie…deur die sorge van die lewe afgestomp word nie…” (Luk.21:34).
"Here, vandag wil ek styf aan U vashou, maar ook uitkyk vir iemand wat geloofshulp nodig het.”
Soek na God
Lees Psalm 146
“Dit gaan goed…met die mens wie se hoop gevestig is op die die Here, sy God….Hy ondersteun dié wat bedruk is…en help weeskinders en weduwees…” (5,8,9).
In Die Juniorbode, April 2002, verskyn ‘n mooi, ou verhaal soos Audrey Logan dit in Signs of the Times geskryf het en wat ons Skrifdeel illustreer.
Op die Londenbrug in Engeland staan ’n man ’n dogtertjie en dophou. Tussen die honderde mense, hardloop sy rond. Kyk stip na hulle gesigte en hardloop dan net weer na ander toe, met dieselfde soekende blik na hulle gesigte. Na ’n rukkie loop hy na haar toe en vra: “Kan ek help, Meisie – na wie soek jy?” “Ek soek na God,” antwoord sy naby trane. “Soek na God!” herhaal hy uit die veld geslaan. “Wat bedoel jy?” “My pa is lankal dood, en nou is my ma ook dood. Net voor sy dood is, het sy gesê ek moet God soek. Hy sal na my kyk. Ek het nêrens om te bly nie, en ek is honger – daarom soek ek nou na God.” Die man hurk voor haar, slaan sy arms om haar en bewoë sê hy: “En jy het hom nou gevind.” Hy wou nie maak of hy God is nie, maar hy wou hê sy moet weet: God het haar op iemand laat afkom wat vir haar gaan sorg. Hy neem haar handjie en vat haar na sy huis toe, waar hy haar versorg. Maar hy het verder gegaan. Hy was ryk genoeg om dadelik verpleegsters en ander personeel in diens te neem en om huise te koop, waar hy begin het om sy weeshuise op te rig, waar 1000e kinders versorg sou word. Hierdie man was die later bekende dr. Thomas Barnado, wat die Huis vir Kinders bedryf het.
God gebruik mense om Hom aan ander mense, wat Hom nodig het, bekend te maak en vir hulle te doen, wat Hy graag vir hulle wil doen. Soms is ons dié wat Hom nodig het, en soms is ons weer dié wat Hy wil gebruik. “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart” (Jer.29:11-13 Ou.Vert.). “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is… (Jes.55:6 Ou Vert.). “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6 Ou Vert.) ”…en Ek sal Hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37)
“Here, vandag soek ek U.”

Op sand gebou
Lees Lukas 6: 46 – 49
“En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens….handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het” (49).
In sy boek, Bones of Contention, vertel prof. Marvin Lubenow die treurige verhaal van sir Arthur Keith, een van die grootste anatomie (liggaamkunde) wetenskaplikes van die twintigste eeu. In sy outobiografie vertel Keith, hy het as jongman evangeliese dienste in Edinburgh en Aberdeen bygewoon. Hy het gesien hoe jongmense op die kragtige prediking reageer, deur Christus as hulle Verlosser en Vriend te kies. Hy het dikwels self op die randjie van bekering gekom, maar het dit dan weerstaan, want hy het die evangelie van die Here Jesus Christus verwerp. Hy het die Genesisbeskrywing van die skepping as ’n mite beskou en die Bybel was vir hom ’n mensgeskrewe boek. Sir Arthur is as wetenskaplike geboei, deur die ontdekking in 1908 van die sogenaamde Eoanthropus dawsoni, beter bekend as die Piltdown Man. Sowat veertig myl buite Londen, by Piltdown, is die beendere en dele van die skedel van ’n mens ontdek. Die Geological Society of London het hierdie fonds aangekondig as “the earliest known Englishman”. Dit is deur wetenskaplikes wêreldwyd bestempel as die groot ontdekking van een van ons vroegste voorvaders. ’n Massa literatuur het oor Piltdown Man verskyn. Meer as 500 doktorale dissertasies is oor hom geskryf. Vir Sir Arthur Keith was dit die bekragtiging van sy evolusiebeskouings, die missing link, en hy het meer as enigiemand anders oor dié ontdekking geskryf. Sy beroemde boek, The Antiquity of Man, sentreer om Piltdown. Die grootste deel van sy lewe het hy gewy aan die studie en verkondiging van hierdie ontdekking.
Die Piltdown-fossiele is tussen 1908 en 1915 ontdek. Eers in 1953, ontbloot die British Museum die hele Piltdown-eskapade as bedrog. Die kakebeen was nie veel ouer as die jaar waarin dit gevind is nie. Die bene was met ystersoute behandel om dit verouderd te laat lyk. Krapmerke is in die tande ontdek wat daarop dui, dit is met ‘n vyl bewerk. Sir Arthur Keith was 86 jaar oud toe sy vriende hom tuis besoek het, om vir hom die nuus te bring. Die fosiel waarin hy 40 jaar lank geglo en waaraan hy sy lewe gewy het, was ’n kullery. Hieroor skryf prof. Marven Lubenow: “A great scholar had rejected the witness of both God’s natural Creation and the Lord Jesus, whose resurrection validated everything He said and did, only to put a lifetime of misplaced faith in what proved to be a phony fossil.” Hy het sy lewe op sand gebou!
“Here, vandag wil ek seker maak, van die fondasie waarop my kosbare lewe rus.”

Op rots gebou
Lees Lukas 6: 46 – 49
“Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê…is soos ’n man wat… die fondament op die rotsbodem gelê het…” (47,48).
Frances R. Havergal is bekend vir die geestelike liedere wat sy geskryf het. In 1878 het sy bv. die vertaalde lied geskryf: Neem my lewe en laat dit, Heer, U gewy wees meer en meer. Rig my wil, gevoel en daad altyd na u wyse raad. In 1879 het sy, ongesteldhede ten spyt, verskillende sangtoere onderneem en nog liedere geskryf. Sy het dwarsoor Engeland skole besoek en aan elke kind, wat Jesaja 53 uit die kop geleer het, ’n bybel gegee. Sy het betrokke geraak by ’n veldtog teen drankmisbruik. As deel van die veldtog, het sy dit haar doel gemaak om met elke jongmens in haar dorp, persoonlik oor hulle verhouding met Christus en die gevaar van drankgebruik te praat. Op 21 Mei het swaar wolke oor die Engelse-kanaal gedryf en dit het koud geword. Onderweg na ’n samekoms met ’n aantal seuns, het sy nat geword en halfverkluim by die huis aangekom. Sy het siek geword. Toe sy koorsig word is die dokter ontbied. Toe sy sieker word, het almal besef, Frances Havergal is op 42-jarige ouderdom sterwende. Op Pinkstersondag het haar dokter haar met die hand gegroet en gesê: “Totsiens, ek sal jou nie weer sien nie.” “Dink jy ek gaan sterf?” vra sy. Hy antwoord: “Ja.” “Vandag, nog?” “Heelwaarskynlik,” antwoord hy gedemp. “Wonderlik!” antwoord sy. “Dit klink te goed om waar te wees.” Toe hy weg is, het sy na haar familie gekyk en gesê: “Weet julle hoe wonderlik dit is, om so naby die poort van die hemel te wees?” Sy het haar broer gevra om vir haar ’n paar liedere te sing. Na ’n rukkie fluister sy met toe oë: “Kom, Here Jesus, kom haal my”. Haar toestand het vinnig agteruit gegaan en sy het toeoë gelê. Ek haal nou Robert J. Morgan aan wat die gebeure beskryf:
“She dozed for a few minutes, then awakened, saying, ‘I am lost in amazement.’ She began singing faintly, but clearly:
Jesus, I will trust Thee, Trust Thee with my soul:
Guilty, lost and helpless, Thou hast made me whole:
There is none in heaven, Or on earth, like Thee;
Thou hast died for sinners, Therefore, Lord for me.
Then, as her sister later wrote, she looked up steadfastly, as if she saw the Lord. Surely nothing less heavenly could have reflected such a glorious radiance upon her face. For ten minutes we watched that almost visible meeting with her King, and her countenance was so glad, as if she were already talking to Him! Then she tried to sing, but after one sweet, high note, “He-,“ her voice failed and her brother commended her soul into the Redeemer’s hands.”
“Geseënd is dié wat hulle klere was sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan” (Op.22:14).
“Here, vandag vestig ek my hoop en hart, op u hemelse koninkryk deur my vertroue in Christus Jesus.”

Onbekende Rykdom
Lees Lukas 5: 1 – 11
“Meneer,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.” En toe hulle dit doen, het hulle so ’n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur” (5,6)
In Wes-Texas is daar ’n beroemde olieveld, bekend as The Yates Pool. Gedurende die depressiejare was die olieveld ’n ene Yates se skaapplaas. Yates het onder die depressiedruk so swak gevaar met sy boerdery, hy kon nie meer die rente op sy verband betaal nie. Hy sou binne afsienbare tyd sy grond verloor. Op ’n dag daag ’n oliemaatskappy se seismografiese span by sy huis op. Hulle vertel hom, daar is moontlik ’n oliebron op sy grond. Hulle vra toestemming om vir olie te boor. Hy gee sy samewerking. Op 1 115 voet (370 meter) diepte boor hulle ’n oliebron raak, wat 80 000 vate olie per dag lewer. Aangesien die grond nog aan Yates behoort het, behoort die mineraalregte toe ook nog aan hom. Hy leef op ’n staatstoelaag en wis nie hy is ’n multimiljoenêr nie! Die skrywer van die verhaal in “Parables”. stel dit so: “A multimillionaire living in poverty: What was the problem? He did not know the oil was there. He owned it, but he did not possess it. That is like many Christians today who don’t realize how rich they are in Christ.”
Dit is ’n groot ontdekking in jou hart, om tot die insig van jou rykdom in Christus te kom. Selfs na die wonderlike visvangs en baie ander openbaringe van sy krag voor Petrus se oë, bv. die voeding van die skares, genesings, die opwekking van Lasarus, het Petrus in sy hart steeds blind gebly vir sy rykdom in Christus. Eers na Christus se kruisiging – want daardie dag nog het hy Jesus drie keer verloën: “Ek ken die man nie!” – en na die uitstorting van die Heilige Gees, gaan sy oë vir sy groot rykdom in Christus oop. In sy eerste sendbrief skryf hy aan die gelowiges: “Nou het ons ’n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word” (1 Pet.1:4). In ons omgang met God deur sy Woord en deur die werking van die Heilige Gees in ons hart, terwyl die Here Jesus in ons oë al groter word, leer ons ons rykdom ken.
“Here, vandag wil ek leer hoe ryk ek in U is.”

'n Ja - gesig
Lees 1 Korintiërs 9: 6 – 15
“Elkeen moet gee…nie met teësin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief” (7)
In sy boek, Grace Is Not a Blue-eyed Blond, vertel R. Lofton Hudson van ’n dag toe pres. Thomas Jefferson met ’n groep van sy ruiters deur ’n vol rivier gestuit is. Elke ruiter moes die vol rivier met sy perd aandurf en moes sy uiterste ruitervernuf uithaal, om deur die rivier te kom. ’n Vreemde voetganger, wat ook wou deurgaan, het alles aanskou. Nadat ’n aantal van die manne die rivier veilig deurkruis het, vra hy vir pres. Jefferson of hy agter op sy perd kan sit, om ook deur die rivier te kom. Die president willig dadelik in en voor die verstomde oë van sy manne, laat hy die man agter op sy perd sit en bring hom deur die rivier. Kortgedraad deur hulle gesukkel en die gevaar wat hulle moes trotseer om deur die rivier te kom, en omdat hulle die vreemdeling opgemerk het en vermoed het watter guns hy van hulle gaan vra, takel hulle hom toe hy van die president se perd afgly. “Hoekom vra jy van alle mense vir die president om jou deur die rivier te ry?” wil hulle woedend weet. Geskok antwoord die man: “Die president! Ek het nie geweet dit is die president nie. Al wat ek weet, op julle almal se gesigte was ‘nee’ geskryf gestaan. Op sy gesig was ‘n ‘ja’, daarom het ek hom gevra.”
As daar in die hart ’n ja-gesindheid heers, weerspieël die gesig dit. Mense in nood het teenoor so iemand vrymoedigheid om hulp te vra. Dit behoort die Christen-gesindheid te wees. “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid…”(Kol.3:12–Ou Vert.).
“Here, vandag soek ek dat U deur u Gees my hart so met liefde sal vul, dat ’n goeie en hulpvaardige gesindheid op my gesig geskryf sal staan.”

'n Beter alternatief
Lees Efesiërs 3: 14 – 21
“Aan Hom wat deur sy krag…magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink…” (12).
’n Vrou skryf in Gospel Witness, sy het eens in ’n dorp met min winkelgeriewe gewoon. Sy was aangewese op posbestellingdienste. Eendag bestel sy, na aanleiding van ’n advertensie, ’n artikel van ’n groot stedelike winkel af. Sy stuur die geld saam. Hulle stuur vir haar ’n bestelvorm terug, met dié woorde onderaan geskryf: “As ons nie die artikel wat u bestel het in voorraad het nie, kan ons ’n alternatief voorsien?” Bietjie onseker skryf onderaan: “Ja”. Hulle hét toe vir haar die ander artikel gestuur. Beter en tweemaal die waarde as haar eerste keuse. Dit was die groot winkel se beleid. Die artikel wat hulle nie kan voorsien nie, vervang hulle met een van beter gehalte. Daarna het die vrou elke keer met groot hoofletters, onder aan die bestelvorm geskryf: “J-A”.
Dit moet ook ons gesindheid in ons gebedslewe wees: “Here, dít is wat ek vra, maar laat u wil geskied.” God gee op die beste tyd vir ons sy beste gawe. Toe die twee susters, Marta en Maria, in Johannes 11 en 12 vir Jesus laat weet het, hulle broer, Lasarus, is siek, het Hy nie dadelik na hulle toe gegaan nie. Hulle het teleurgesteld gedink, Hy het te laat gekom. Maria het vir Hom gesê: “Here, as U hier was sou my broer nie gesterwe het nie.” En Marta het Hom gekeer toe Hy die graf wou laat oopmaak: “Here, hy ruik al, want dit is al die vierde dag.” Jesus se antwoord was: “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van God sien nie?” Die opwekking van Lasarus, op Jesus se tyd, was meer geseënds as net sy genesing, op die susters se tyd. God se alternatief vir ons is beter.
“Here, vandag laat ek my saak in U hande.”

'n Begrafnis
Lees Romeine 6: 1 – 14
“Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie:” (6).
Walter B. Knight vertel in sy boek van die nag toe die slawe in 1838, in Jamaika bevry is. Jamaika is die mooiste van die Suidsee-eilande wat deur Columbus ontdek is. Fortuinsoekers uit Europese lande het op die ryk eiland toegesak. Onder Spaanse bewind het die bevolking in slawerny verval. Daardie nag in 1838 het die slawe ’n doodskis van mahoniehout gemaak en ’n graf gegrawe. Walter Knight beskryf dit so: Into that coffin the liberated slaves threw the reminders of their former life of slavery – whips, torture irons, branding irons, coarse frocks and shirts, large hats, fragments of a treadmill and handcuffs. Daarna is die kis se deksel vasgeskroef. Toe die middernag klok slaan, laat hulle die kis in die graf afsak. Hulle gooi die graf toe. ’n Danklied word gesing. Hulle slawelewe was verby. Hulle was vry.
In Paulus se tyd was slawerny nog ’n bekende praktyk. Hy pas die bevryding uit slawerny toe, as beeld van die redding uit sonde. ’n Nuwe, bevryde lewe, begin in Christus. So moet ons met die ou lewe van sonde klaar wees as ons, deur geloof in Christus en deur die Heilige Gees se wedergebore, deur God se ganade, die nuwe lewe begin. “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ’n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe… Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: ‘Abba!’ Dit beteken Vader” (Rom.8:13-15). Weer skryf Paulus: “Julle het met die ou sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper” (Kol.3:9-11). Petrus skryf onomwonde, oor die ou lewe wat verby moet wees en die nuwe lewe wat begin het: “Julle is immers wedergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God….Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery… “ (1 Pet.1:22-2 Pet.2:3).
“Here, vandag vra ek die werking van u Heilige Gees in my hart om die nuwe lewe in Christus in my oorwinnend oor die ou lewe van sonde te maak..

Lewe uit 'n laai
Lees Psalm 40:1-6
“U het my ’n nuwe lied in die mond gelê” (4)
Op ’n Septemberdag in 1963, is June Mullins, vir die soveelste keer opgeneem in ’n psigiatriese inrigting. Agter haar was 10 jaar van magtelose stryd teen verdowingsmiddels. Elke moontlike vorm van rehabilitasie wat die samelewing kon bied, het misluk.
Nadat die staaldeur agter haar toegesluit is, kyk June in die kamer rond. Daar is ’n klein vensterjie, met ’n staal skerm daarvoor, ‘n bed en ’n laaikas met vier laaie. En ‘n swart boek, wat sy dadelik as die Bybel herken, op die kas. “Ag, nee, nie dít nie! Wat doen ek daarmee?” Sy kan dit nie uitgooi nie. Die deur en die venster is gesluit. Die laaikas! Sy trek die onderste laai oop en gooi die boek in die laai. Sy stof haar hande af asof sy van ‘n las ontslae is. June gaan op haar bed lê. Kort-kort betrap sy haarself dat sy na daardie vierde laai lê en kyk. Dit is asof die laai twee oë het wat haar aanstaar. Teen die vierde dag kan sy dit nie meer verduur nie. Sy dink: “Miskien moet ek dit uithaal en bietjie daarin lees. Dan sal my siel miskien rus kry.”
June voel ’n benoudheid in haar toe sy oorstap na die laaikas toe en die Bybel uithaal. Dit is soos ’n lewende ding in haar hande en sy weet nie wat om daarmee te doen nie. Sy erg haar vir haarself oor haar gewaarwording. Waar moet sy lees? Vir baie, baie jare het sy nooit die Bybel gelees nie. Vir haar is die Bybel net ’n kerkboek met ’n klomp hoofstukke en klompe onverstaanbare en onsamehangende verse.
Sy gaan sit op haar bed en maak die Bybel half in die middel oop. Waar sy oopmaak, begin sy lees. Sy het by Psalm 40 oopgemaak. (Dit is 1963 en daarom die ou vertaling). Dit is haar eie lewensverhaal wat sy begin lees: ”Ek het die Here lank verwag en Hy het Hom na my toe neegebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.” Sy hou aan lees. Hoofstuk na hoofstuk. Ses dae later word sy uit die inrigting ontslaan. Genoeg gestabiliseer om huis toe te gaan.
Sy het uitgegaan, met die Woord van God en die belofte van Psalm 40 by haar. ’n Week later het sy die Here Jesus Christus as haar Verlosser aangeneem. Nege jaar later getuig sy: “Komende September, sal dit nege jaar wees vandat ek daardie middag God se belofte van redding gelees het. Wat in my begin is, word steed sterker en beter.
“Here, vandag dank ek U vir die geopende deur van U redding en U genade, wat my oë op daardie deur, vestig.”

Hy soek en red
Lees Handelinge 26: 9 – 18
“Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Jy maak jou net seer deur jou te verset” (4)
Die 1994 uitgawe van Gideon Testimonies from International Extension Countries vertel, onder die titel, From Smoking the Word to Speaking the Word, die verhaal van Jacob Koshy. Hy het in Singapore opgegroei met net een verterende ambisie: om al die geld wat hy kan maak, en besittings wat hy kan vergader, in die hande te kry. Dit het hom in die dwelm- en dobbelwêreld ingelok. Hy het die leier, die lord, van ’n internasionale smokkelnetwerk geword. Hy het skatryk geword, maar in 1980 is hy gearresteer en in ’n dwelmrehabilitasietronk in Singapore opgesluit. Hy was uitermate gefrustreerd. Al sy drome, ambisies en doelwitte het rondom hom, in die beknopte tronksel, aan skerwe gelê. Hy was ’n strawwe roker, maar sigarette was in die tronk verbode. Hy het tabak ingesmokkel en dit in die blaaie van ‘n Gideonbybel gerol om te rook. Terwyl hy eendag een van dié selfgemaakte sigarette lê en rook raak hy aan die slaap. Hy word wakker en tussen sy vingers lê die uitgebrande flentertjie papier. Met die beweging van sy hand, val die stukkie van die Bybelblad wat oorgebly het, oop. Hy lees die woorde wat daarop staan: “Saul, Saul waarom vervolg jy My?” Geraak deur die woorde vra hy ’n ander Bybel en lees die hele verhaal van Saulus se bekering. Dit kom in sy hart op: As God iemand soos Saulus kon help, kan God hóm ook help. Daar in sy sel kniel hy en vra dié Jesus, van wie hy nou gelees het, om ook in sy lewe in te kom en hom te verander. Hy begin huil en kan nie ophou nie. Dit is asof die trane oor sy verspeelde lewe, die pyn in sy hart wegwas en hy weet God het hom gered. Hy het dadelik begin om sy ondervinding met die ander gevangenes te bespreek. Sy veranderde lewe, het tot ’n vroeër vrylating gelei en hy het dadelik by ‘n kerk betrokke geraak. Hy het ’n Christenvrou ontmoet met wie hy getrou het en hy het sendeling in die Verre-Ooste geword. Ver en wyd vertel hy: “Who would have believed that I could find the truth by smoking the Word of God?”
Die mense het Jesus kwalik geneem, omdat Hy by die tollenaar Saggeus tuisgegaan het. Sy verweer was: “Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (Luk.19:10). God beheer die omstandighede waarin sy Woord na iemand toe kom. Die Heilige Gees gebruik God se Woord, al is dit ’n enkele sin op ’n uitgebrande Bybelbladsy, om ’n sondaar se hart te laat ontwaak om na redding te verlang. “Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God” (1 Pet.2:23).
“Here, vandag bid ek dat U my red.”

Hy laat my sien
Lees 2 Korintiërs 4: 1 – 6
“God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die duisternis’, het ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal” (6).
’n Man het weens sy besondere intellektuele vermoë, ’n hoë geleerdheid bekom en ’n uitnemende posisie in die samelewing bereik. Maar hy was blind – blind gebore. ’n Ewe talentvolle vrou het sy lewensmaat geword. Sy was vir hom ’n ware geesgenoot. Hulle pragtige huwelik is verryk met drie, ewe talentvolle, kinders. Hy het die beproewing van sy blindheid opgeweeg teen die seëninge wat die Here hom gegee het en daarom was hy, ten spyte van sy blindheid, ’n dankbare mens. Hy het jaarliks ’n oogarts besoek om te sorg vir die gesondheid van sy blinde oë. So kom hy op ’n keer, onder die aandag van ’n beroemde oogarts. Na die ondersoek sê dié dokter vir hom, sy blindheid is te wyte aan ’n oppervlakkige oorsaak. ”As ek twintig jaar gelede jou oë kon opereer, sou ek byna seker jou sig kon herstel. Nou kan ons probeer, maar ek kan jou nie beloof jy sal kan sien nie en dit kan vir jou onnodige lyding veroorsaak.” ”Die lyding sal ek verduur,” roep die blinde man hartstogtelik uit, ”maar probeer tog net om my te laat sien!” Die operasie is gedoen en dit was ’n wonderlike sukses. Verwonderd het die man na alles om hom gekyk. Sy vrou en kinders was by toe die verbande verwyder is. Hy het na hulle gekyk asof hy nie genoeg kon kry om hulle te sien nie. Toe roep hy skielik uit: ”Hoe kon ek eerste na ander dinge kyk? Waar is die man wat my laat sien. Wys my my dokter. Ek wil hom graagste sien!”
Dit moet die hartstogtelike taal van die verloste mens wees. “Ek wil Jesus sien! Ek wil Hom bewonder!” Ons kan Hom nie fisies sien nie, maar die geestelike aanskouing van Christus in sy Woord, deur werk van die Heilige Gees, maak Hom vir ons ‘n werklikheid, sodat ons na die belewing van sy teenwoordigheid verlang. ”Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle…deel aan die saligheid…die einddoel van julle geloof…”(1Pet.1:9). Om deur bekering geestelik siende te word, open vir ons ’n wye geestelike wêreld. ”Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo” (Ef.1:18,19).
“Here, vandag wil ek tyd neem om U te aanskou.”

Hoe kom ek daar?
SKRIFDEEL: Handeling 4:8-13
“…dié Jesus, vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het …Hy bring die verlossing en niemand anders nie.” (10,12).
In die loop van die eerste jaar van my bediening in my eerste gemeente, bel die gemeente se koster my een oggend. Aan sy stem hoor ek hy is ontsteld. Hy wil nie oor die telefoon sy probleem vir my vertel nie. So gou ek kon besoek ek hom. Hy en sy nejiese vrou wag my in op die stoep. Ons sit skaars in die sitkamer of hy vertel my sy moeilikheid. “Ek het laas nag gedroom ek klim met ’n touleer op hemel toe,” begin hy. “Maar nes ek halfpad kom, val ek af tot onder. Dan probeer ek weer opklim, maar halfpad val ek af. Elke keer gebeur dit. Hoekom kan ek nie in die hemel kom nie? Ek en my ou vrou leef tog ’n skoon lewe. Ons leef vir die kerk. Ons probeer die Here dien. Hoekom val ek af? Hoe kom ek in die hemel?”
Ek het vir ’n paar oomblikke verslae gesit. Ek was nog jonk en sover ek weet, lei die waardige oom regtig ’n onbesproke lewe. Dit is net ’n droom weet ek, maar ek weet ook: jy droom die dinge wat jou in die hart kwel. Ek vra hom die enigste vraag waaraan ek kon dink. “Oom Hansie, het Oom al ooit die Here Jesus in Oom se hart as Verlosser aangeneem?” Vir ’n rukkie sit hy stil, net na my en kyk. Ek word bang en dink, ek het die oom met so ’n direkte vraag verneder. Maar hy het my vraag verstaan. Hy antwoord: “Ek glo en ek stem in met wat die Bybel van die Here Jesus Christus sê. Maar ek het Hom nog nooit definitief gevra om my te red nie.” “Is Oom gewillig en begerig om dit vanoggend te doen?” Dadelik knik hy met sy kop. Ek kniel saam met die twee ou mense by die rusbank. In ’n eenvoudige gebed dank oom Hansie eers sy Verlosser, die Here Jesus Christus, dat Hy vir hom aan die kruis gesterf het. En toe vra hy die Here om hom te red en sy sonde te vergewe. Na hom bid die tannie min of meer dieselfde woorde. ’n Tyd daarna sê oom Hansie eendag vir my: “Ek kan nie verstaan, dat die Here sy hand soveel jare na my toe uitgehou het en ek dit nou eers geneem het nie.”
Geloofsekerheid kan in iemand se hart ontbreek, omdat daar nooit ’n besliste geloofshandeling was om Christus as Verlosser aan te neem nie. Die gebrek aan geloofsekerheid beteken nie noodwendig ’n gebrek aan saligheid of vervreemding van God nie, maar dit kán ook `n verontrustende simptoom van ’n verlore toestand wees. Liewer moet mens seker maak en ’n definitiewe onderhandeling met die Here Jesus aangaan, om Hom as Verlosser aan te neem. Dan getuig mens daarvan teenoor ’n mens se dominee, of teenoor ’n betroubare vriend wat dit sal verstaan. Die mondelinge getuienis oor die geloofsposisie van persoonlike redding, is vir ’n mens se eie geloofsekerheid nodig. “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. (Rom.10:9,10,13).
Die Engelse woorde van die 2de vers van die bekende Hallelujalied: “O blye dag, waarop my siel deur Jesus bloed gereinig is”, klink so: “It’s done, the great transaction’s done, I am the Lord’s and He is mine.”
“Here, vandag glo ek U is vir my sonde gekruisig. Ek neem U aan as my Verlosser.”

God se vergewende krag
Lees Kolossense 2: 6 – 15
“Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker het Hy dit vir goed weggeneem” (14).
Een aand in ’n kerkdiens het ’n jongvrou, die Here se aanspraak op haar lewe en sy roeping om sy redding aan te neem, in haar hart ervaar. Sy het die Here Jesus as haar Verlosser en Here aangeneem. Sy het ’n ruwe verlede gehad: drank, verdowingsmiddels, prostitusie. Die verandering in haar lewe was diep en blywend. Sy het mettertyd ’n getroue lidmaat van die kerk geword en by die gemeente se kinderbediening ingeskakel. Toe sien die dominee se seun haar raak en hy raak op haar verlief. Hulle verhouding het gegroei en hulle het trouplanne begin maak. Daar het die moeilikheid begin. Sy was so ’n bekende slegte vrou in die dorp, ’n groot deel van die gemeente het nie gedink sy is geskik, om húlle predikant se seun se vrou te wees nie. Argumente en stryery tussen lidmate het ontstaan. Dit het so erg geraak, ’n gemeentevergadering moes belê word, om die saak openlik te bespreek. In die vergadering is menings gelug en mense het heen en weer gestry. Dit het gelyk of die vergadering buite beheer raak.
Vir die meisie was dit baie ontstellend. Haar vorige lewensgedrag het weer heftig ter sprake gekom. Sy het aan die huil geraak. Die predikantseun staan op. Hy kon die marteling van sy toekomstige vrou nie langer verduur nie. “Dit is nie my verloofde se verlede wat hier ter sprake is nie,” sê hy. “Wat julle betwis, is die Here Jesus se verlossingkrag. Julle betwyfel dit of Jesus se bloed regtig iemand se sonde wegneem. Sy was ’n sondige vrou, maar sy het haar toevlug tot haar Verlosser, die Here Jesus Christus geneem. Julle moet nou besluit: Het sy bloed haar sonde bedek en weggewas, of staan haar sonde nog teen haar?” ’n Stilte en bewoëndheid, het neergedaal.
Aanvaarding van iemand se bekering, is ’n belangrik. Iemand se redding deur Christus wis die blaam van sy verlede uit. “Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Kor.5:16,17).
“Here, vandag dank ek U vir die nuwe lewenskans wat U aan ’n mens gee.”

God se duur metodes
Lees: Psalm 105:16-23
“Hy het iemand voor hulle uitgestuur: Josef is as slaaf verkoop .Hulle het hom in die gevangenis gehou” (17,18).
’n Jong seun stap op ’n dag vrolik, fluitend, straat af. Die stewige stok in sy hand swaai hy op die maat van sy deuntjie heen-en-weer. Agter hom stap ’n man. Hy hou die seun dop en dink by homself: “As daardie stok uit sy hande gly, gaan ons hier tussen die huise ‘n lelike ongeluk sien.” Skaars het hy dit gedink, of die stok glip uit die seun se hand, trek oor die lae heining en tref die huis, naby die straat, se een venster. Die man bly geammuseerd staan. “As ek nog nooit ’n seun sien hol het nie, gaan ek dit nou sien,” dink hy weer by homself. Die seun gaan verskrik botstil staan. Net vir ’n oomblik talm hy, toe maak hy die voorhekkie oop en stap op na die huis se voordeur toe en klop. ’n Briesende man pluk die deur oop. Die man in die straat kan as gevolg van die huisbaas se luide stem hoor wat aangaan. Die seun se stem hoor hy nie, maar hy kan hom indink hoe die seun die voorval vertel. “Maar is jy seker jou pa sal betaal en kom regmaak?” skreeu die huisbaas. Die seun knik en beduie. “Laat ek net jou pa se naam, adres en telefoonnommer neerskryf,” klink die huisbaas se stem. Die seun bly voor die deur staan totdat die man weer verskyn en op ’n papier besonderhede neerskryf. Die man wat alles so aanskou, talm op die sypaadjie. Die seun se gedrag is vir hom baie interessant. Hy val by die seun in toe dié uitkom. “Slegte ongeluk, nè? Hoekom het jy nie gehardloop nie? Jy het meer as genoeg tyd gehad om weg te kom.” Vir ’n paar oomblikke is die seun stil, toe sê hy dapper: “Meneer, ek volg die Here Jesus en ek wil nie iets doen wat Hom sal grief nie. Hy sien tog alles wat ek doen.” Sonder `n verdere woord slaan die man nadenkend sy eie koers in. Hy is self ’n onverskillige man wat min erg aan die Christelike lewe het. Maar wat hy so pas beleef het, sit hom aan die dink. As geloof in Christus so ’n greep op ’n seun se lewe kan hê, moet daar iets in die Christelike lewe steek. Hy gaan meer daaroor uitvind. Die eerste Sondag daarna gaan hy kerk toe. Gelukkig is daar ’n getroue dienskneg van die Here op die kansel. Na ’n paar Sondae voer hy met dié leraar ’n gesprek. Hy neem Christus aan as sy Saligmaker. Die seun het miskien gewonder hoekom die Here hóm, wat die Here tog getrou probeer dien, so ’n vernederende ongeluk laat oorkom het. Hy het dalk nooit op aarde uitgevind, hoe die Here hom vertrou het, om met hom so ’n duur paadjie te loop, om by ’n verlore man uit te kom nie.
“Here, vandag wil ek deur my gedrag vir U ’n lig en ’n getuie wees.”

Gehoorsaamheid
Lees 1 Samuel 15:17-23
“Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme” (22).
In sy boek “How to be a happy Christian”, wat in die 70-tiger jare verskyn het, vertel J. Nieboer van ’n sakeman, wat altyd sy tiende aan die Here gegee het. Op ‘n dag kry hy kennis om binne ‘n jaar sy sakeperseel te ontruim. Ses maande lank soek vergeefs na ’n ander perseel. Intussen bied die bank aan om die gebou op te rig, as hy die bouperseel voorsien. Binne ’n paar weke kry hy ’n geskikte stuk grond. Die prys was $30 000. Hier het sy stryd begin. Hy het $30 000 in die bank, maar $10 000 hiervan was tiende geld wat hy laat oploop het, om aan ’n sendingonderneming te stuur. Die verkoper wys sy aanbod van $20 000 van die hand. Die versoeking was gróót om die $10 000 te gebruik. Juis daardie dag, lees hy Maleagi 3:10. Bring die hele tiende na die skathuis, en beproef My tog hierin of Ek vir julle nie vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloed sal uitstort nie. Dit het vir hom die saak beslis. Hy het dadelik die sendingkantoor gebel en hulle van die $10 000, wat hy vir hulle het, in kennis gestel. Hulle moet dit asb. dadelik laat haal. Pas het hy die telefoon neergesit of dit lui weer. Nou was dit die eiendomsagent wat bel. “Ek het vir jou goeie nuus,” sê hy. “Jy kan die grond nou vir $20 000 kry.” Vir die sakeman se geestelike lewe was dit ’n geseënde ondervinding.
Die weg van die Here lyk soms na ’n nadelige pad, maar dan ontdek ons, gehoorsaamheid aan die Here, loop op die einde op ’n wensaak uit. “Onthou die trekpad waarlangs die Here julle veertig jaar lank deur die woestyn gelei het. Hy het julle in die moeilikhede laat beland om julle te toets en te kyk hoe julle gesindheid sou wees…of julle sou gehoorsaam” (Deut.8:2-5). Hoe ons op teleurstelling en versoeking reageer, leer ook aan ons wat die inhoud van ons hart is. In so ’n toetsperiode kom die Here se woord ons met raad en leiding tegemoet. Ons houding moet altyd wees soos dié van Dawid in Psalm 25:3-5: “Niemand wat sy verwagting in U stel sal beskaam word nie…Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin…in U stel ek elke dag my verwagting.”
“Here, vandag vertrou ek u woord en ek wil U gehoorsaam .”

Die pragtige paleis
Lees Psalm 19: 1 – 15 (The Railway Messenger, May 1971):
“Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe… die gebod van die Here is helder, dit gee insig…” (8,9).
Die bofbalspeler, Billy Sunday, het in ’n opelugdiens tot bekering gekom. Daarna word hy evangelieverkondiger. Hy was ’n baie gewilde prediker, want hy het sy bofbalslang in sy prediking behou. Hy het die Bybel die Christendom se paleis genoem. Hy vertel só van sy kennismaking en omgang met die Bybel:
Drie en twintig jaar gelede het ek met die Heilige Gees as my gids, die wonderlike paleis van die Christendom betree. Ek het by die ingangsportaal van Genesis ingegaan en met die lang kunsgallerye van die ou Testamentiese geskiedenis afgestap. Aan die mure het die portrette van Noag, Abraham, Isak, Jakob, Moses, Josef, Jona, Daniël en baie ander gehang. Daar was ook die prente van die uittog uit Egipte, die val van Jerigo se mure, Josua se oorwinning, toe hy gebid het die son moet in die hemel bly stilstaan en so baie ander. Ek het verby gestap tot in die musiekkamer van die Psalms, waar die Gees oor die klawerbord van die groot orrel van die natuur gestreel het, totdat elke orrelpyp getril het, van die groot musiek van Dawid se harp. Ek het die sakekantoor van Spreuke ingestap, waar ek die praktiese elemente van die regte lewe leer ken het. Toe kom ek in die sterrewag van die profete, waar talle teleskope opgestel is om die toekoms te aanskou. Al die teleskope was veral gefokus op die Blink Môrester van die komende Messias. Hierna stap ek in die Koning van die Konings se eie kamer in en ek kry ’n insig, in sy heerlikheid soos Matteus, Markus, Lukas en Johannes dit teken. Hierna betree ek die besige vertrek van die Handelinge van die apostels waar die Heilige Gees die baba-kerk van Christus opvoed en leer. Hierna kom ek in die skryfkamer van die apostels en ek lees die briewe van Paulus, Petrus, Johannes, Jakobus en Judas. My volgende tree het my in die troonkamer van die Koning self gebring – en nou in Billy Sunday se eie woorde: ”…In Revelation’s glittering peaks I got a vision of the King sitting upon the Throne in all His Glory, and I cried out:
All hail the power of Jesus Name!
Let angels prostrate fall.
Bring forth the Royal Diadem
And crown Him Lord of All!
“Here, vandag wil ek u Woord tree vir tree deurstap.”

Altyd betyds
Lees Jesaja 65: 21 – 25
“Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor” (24)
Sophia Ironside se man, John, het sy kort lewe grootliks aan evangelieverkondiging gewy: hy het op straat, in parke, in sale, in teaters, net waar hy geleentheid kry gepreek. Op 28-jarige ouderdom is hy aan maagkoors dood. Hy het Sophia en sy twee seuntjies, sonder enige inkomste van pensioen of ’n belegging agtergelaat. Sophia het met naaldwerk die pot aan die kook gehou. Die een seuntjie, Harry, wat later die beroemde dr. Harry Ironside, pastor van die Moody Memorial Church en vrugbare skrywer, sou word, het sy ma stip dopgehou. Eendag sou hulle kuiermense vir ete kry. Sy het omtrent alles wat hulle gehad het, saamgeskraap en ’n ete voorberei. Na die besoekers vertrek het, kry sy onder een van die leë borde ‘n $10-noot – in daardie dae baie geld. Met betraande oë het sy dadelik, met ’n arm om elke seuntjie, God daarvoor gedank.
Toe kom die dag dat die koskas regtig heeltemaal leeg was. Sy roep haar twee kinders om by ’n leë tafel ontbyt te kom eet. Hulle het net water om te drink. Weer slaan sy haar arms om die twee: “My seuns, ons gaan dankie sê vir die water.” Hulle maak oë toe en sy bid: “Vader, U beloof in u Woord (sy haal Jesaja 33:16 aan): “’So ’n mens se kos sal hy kry en sy water sal nie opraak nie’. Ons het die water en ons dank U. Maar nou vertrou ons U vir ons kos.” Net toe word aan die deur geklop. ’n Man staan voor die deur. Hy sê vir haar: “Ek voel eintlik baie skaam. Ons skuld jou al vir maande lank geld vir ’n rok wat jy vir my vrou gemaak het, maar ons het regtig nie geld gehad om te betaal nie. Ons is nou besig met die aartappeloes. Sal jy asseblief solank ’n sakkie of twee aartappels neem, totdat ons jou kan betaal?” “Verseker!” roep Sophia uit. “Baie dankie.” Binne minute na sy vertrek begin die vars aartappels in die braaipan sis en die seuns geniet `n beantwoorde gebed se kos vir ontbyt.
As ons verhouding met die Here reg is, ondervind ons hierdie betydse hulp in ’n verleë situasie. In een van Spurgeon se boeke staan:
Never say: from whence will God relieve my care,
For omnipotence has his servants everywhere.
His methods are sublime,
his heart profoundly kind;
God never is before his time, And never is behind.
“Here, vandag vra ek en ek kyk uit vir U hulp.”

Wraak met 'n soet smaak
Lees 2 Timoteus 2:19-21
“As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy ‘n voorwerp vir besondere gebruik wees … bruikbaar vir enige goeie diens” (21).
Alice Fisher, ‘n afgetrede onderwyseres, het op ‘n netjiese kleinhoewe gewoon. Op die grens tussen haar en die bure, maar aan haar kant, het ‘n pragtige, groot inheemse boom gestaan. ‘n Nuwe buurman het aangebied om die boom af te kap en dan deel hulle die vuurmaakhout. Alice het geweier. Sy was lief vir die boom en die boom was ‘n sieraad vir die omgewing. Op ‘n keer was sy vir ‘n paar weke weg van die huis af. In haar afwesigheid het die buurman die boom afgekap. By haar terugkeer was die hout reeds opgekap en veilig in die buurman se pakkamer weggepak.
Alice was woedend en vir ‘n paar dae lank het sy allerlei wraakgedagtes gekoester. Alice was ‘n kind van die Here en die krag van die Heilige Gees in haar, het Christus se liefde, oor haar natuurlike toorn, laat seëvier. Sy het ‘n koek gebak en die helfte vir die bure geneem. Die deur is in haar gesig toegemaak. Weer het daar vir ‘n paar dae ‘n stryd in haar hart gewoed. Weer het Christus se gesindheid oorwin. Sy het klein koekies gebak en vir die bure ‘n bord vol geneem. Hierdie keer is die deur op ‘n skrefie oopgehou en iemand het “nee dankie” gemompel. Twee dae later het sy weer gegaan. Hierdie keer met ‘n bos blomme uit haar eie tuin. Dit is huiwerig aangeneem, maar sy is nie ingenooi nie. ‘n Week later is die buurman aan ‘n hartaanval dood. Die vrou het haar tot Alice gewend om hulp. Die dae daarop het Alice vir die gesin gesorg en al die reëlings vir die begrafnis en boedelafhandeling getref.
Hoe dankbaar was Alice nou dat sy die leiding van die Heilige Gees gevolg het en liefde betoon het, toe haar natuurlike drang na vergelding gehunker het. Sy het ‘n wesenlike teenwoordigheid van die Here ervaar. Jesus se woorde aan die kruis: Vader, vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie”, was vir haar soet woorde, want sy het geweet sy het in sy voetspore gevolg.
Alice was nou nader aan die Here as ooit tevore. Sondige wraak is soet vir die oomblik, maar laat ‘n bitter leegheid in die hart agter. Om kwaad met liefde te antwoord, kos ‘n prys, maar agterna is die hart vol vrede en vreugde. “Moenie julle wreek nie, geliefde, maar gee plek vir die toorn…oorwin die kwaad deur die goeie (Rom.12:29). In ons sondige natuur is diepgesetelde kwaad. Die Here gebruik omstandighede om ons geestelike lewe te verdiep en vir ons deur sy Gees ‘n oorwinningslewe te gee. “Ons bid ook dat julle so sal lewe dat alles wat julle doen vir Hom vreugde sal gee. Dan sal julle lewe nuttig wees. Julle sal baie kan doen wat goed is en julle sal God al beter leer ken” (Kol.1:10).
.”Here, vandag wil ek uit moeilike omstandighede leer om U beter te ken en beter vir U te leef.”

Voorspraak
Lees Hebreërs 7: 18 – 28
“Aan die ander kant het ‘n beter hoop ingetree… Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree” (Heb.7:19,25)
Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het ’n jong soldaat aan die slaap geraak terwyl hy moes wagstaan. Hy is gevonnis om voor ’n vuurpeleton te sterf. ’n Afvaardiging het by pres. Lincoln vir die jongman se lewe gaan pleit. Hy was ’n goeie en gewilde lid van sy gemeenskap, die lieflingseun van sy ouers. Die president het egter besluit dat die dissipline in die leër die voltrekking van so ’n vonnis vereis. Die groep het droewig van die president afskeid geneem.
Sy seuntjie, Tad Lincoln, het onopsigtelik in ’n hoek van die kamer gesit en speel. Nou sluip hy nader, gee ’n plukkie aan sy pa se mou. “Asseblief, Pa, moenie dat hulle daardie arme man doodskiet nie.” Lincoln, reeds ontroer deur die pleidooi van die afvaardiging, kon sy seuntjie se smeking nie weier nie. Hy het die vonnis herroep.
’n Mens voel verlig die saak het so goed afgeloop en die jongman se lewe is gespaar. Tog voel ’n mens die president was nie regverdig nie. Hy het nie reg gehad om bloot op die pleidooi van sy seuntjie, wat ’n sagte plek in sy hart gehad het, die jongman se skuldige daad af te skryf nie. Die Seun van God tree ook vir ons in by sy Vader: Jesus se voorspraak vir ons by sy Vader het regverdige waarde: “Christus Jesus het (vir ons) gesterf… Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons” (Rom.8:33). ’n Groot gerusstelling vir ons in ons stryd teen ons sondigheid.
“Here, vandag vertrou ek in u voorspraak vir my.”

Oorlopende blydskap
Lees Lukas 19 : 1 – 10
“Hy het Jesus met blydskap ontvang…Daarop sê Jesus: ‘Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom…die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (6,9,10)
’n Skeepspassasier val in ’n ontstuimige see oorboord. Die kaptein vra vrywilligers om hom te probeer red. Die onderkaptein en twee matrose waag om met ‘n bootjie die reuse branders te trotseer. Na ’n gevaarlike en inspannenede stryd bereik hulle die man. Hy was gedaan en op die punt om te sink. Met geweldige inspanning, na ure van roei, bereik hulle weer die skip die dkip met hom. Hulle was self totaal uitgeput en die drenkeling was te swak om te staan.. Hy omhels sy redders se bene en soen hulle nat voete. Verleë maak hulle hulle van hom los. Hy kruip agter hulle aan en van dankbaarheid huil en lag hy terwyl hy van die grond af na hulle opkyk. Die onderkaptein het later gesê: “So iets het ek nog nooit in my lewe aanskou nie. Hy het ons nat voetspore gestreel en met liefde gesoen. Hy was een van die passasiers. Vir die res van die vaart het hy ons met die grootste agting behandel en op elke moontlike wyse sy dankbaarheid betoon. Na landing het hy ons met geskenke oorlaai.
So diep is die dankbaaheid van ‘n man teenoor sy redders wat hom, ten koste van hul eie lewe, uit ’n aaklige dood gered het. Hoe groot moet ons dankbaarheid teenoor die Here Jesus Chrisus dan nie wees. Hy het so ’n groot prys betaal, sy kosbare bloed laat vloei, om ons van die ewige verdoemenis te red. Die koudheid van ons harte, is daaraan te wyte: ons besef nie heeltemaal wat die Here Jesus opgeoffer het om ons te red nie; ons besef nie uit watter aaklige lot Hy ons verlos het nie. Eendag in die hemel, wanneer ons Hom, en die wonde in sy hande en voete sien, die wonderlike plek waarin Hy ons gebring het, beleef en besef van watter aaklige plek Hy ons gered het, sal ons die regte blydskap ervaar. Dit is tot Jesus se verheerliking en sy blydskap, as ons noual, op elke moontlike wyse, ons dank aan Hom betoon. As ons met woorde Hom gedurigdeur loof, elke moontlike taak vir Hom op aarde wil verrig, en ons toelê om te leef soos Hy dit graag wil sien. Daarom is daar so ’n groot blydskap in die hemel. “Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die eindoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap” (1 Pet. 1:8,9).
“Here, vandag dank ek U vir u offer om my te red.”

Onweerstaanbare krag
Lees: Jeremia 23: 23 – 29
“My woord is soos vuur, sê die Here, soos ’n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word” (29).
Ludwig Harms, stigter van die Hermannsburgse Lutherse Sendinggenootskap, vertel hierdie storie. Sieg Engelbrecht het dit vir ons uit die Duits vertaal.
‘n Londense hoteleienaar, het deur die oormatige beskikbaarheid van alkohol en ander twyfelagtige plesiertjies ’n verderflike lewe gelei. Met God wou hy niks te doen hê nie. Hy het sy gaste ook in hierdie maalkolk van sonde ingesuig. Op ’n dag sterf een van sy naaste familielede en hy moes, teen wil en dank, die begrafnisdiens in die kerk bywoon. Hy besluit hy sal gaan, maar hy gaan sy ore toedruk. Die woord van God wil hy nie hoor nie. So sit die hotelbaas die dag soos ’n dowe onder die geklank van die Here se woord. Hy hoor niks. ’n Muskiet kom sit op sy neus en steek hom. Hy pluk sy een hand uit sy oor uit en klap die muskiet weg. Juis op daardie oomblik haal die prediker God se boodskap, wat Hy deur Jesaja aan Hiskia gestuur het, in 2 Konings 20:1 aan: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer leef nie.” Onmiddellik druk die man sy ore weer toe en wag vir die einde van die diens. Maar daardie enkele sin gaan met hom saam huis toe. Hy kan dit nie afskud nie. Die woorde staan smorens saam met hom op, gaan saans saam met hom bed toe en kom selfs in sy drome terug. Dit dryf hom amper tot raserny. Uiteindelik swig hy onder die krag van God se woord. Hy breek voor God, bring sy hart na die Here Jesus toe en kom tot bekering. ’n Nuwe lewe kom in hom tot stand. Hy gee sy hele lewenshuishouding oor aan God. Sy hotel verander uit ‘n spelonk van sonde, in ’n ware herberg – ’n tuiste van Christelike gastevriendelikheid.
Die Heilige Gees gee aan God se woord ’n indringingsvermoë in die hart van die mens: “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart” (Hebreërs.4:12).
“Here, vandag luister ek na u woord.”

'n Vrywillige gevangene
Lees Psalm 91
“Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref nie” (9, 10).
‘n Jong soldaat het tydens die Tweede Wêreldoorlog manalleen, ‘n groep Japannese gevange geneem en na sy basis gebring. Hy wou die medalje wat aan hom toegeken is nie aanvaar nie. Hy het sy rede gegee:
“Ek en vyf van my maats is deur die Japannese gevange geneem,” het hy vertel. “Hulle het ons met gevelde bajonette teen ons rug, deur die oerwoud laat marsjeer. Ek moes aanskou hoe my maats een na die ander gedood is. Ek het Psalm 23 opgesê. Ek het die Onse Vader opgesê. Ek het God geken, deur my geloof in Jesus Christus, maar dit was ‘n moeilike tyd. Sterwe moes ek, maar ek was vasbeslote om my gevangenemer nie te laat sien hoe bang ek was nie. Bewende van kop tot tone, terwyl ek tot oor my enkels in die modder marsjeer, met die punt van ‘n bajonet teen my rug, het ek begin fluit, soos ek as ‘n seuntjie gedoen het, wanneer ek in ‘n donkerstraat moes afloop. Ek het gefluit:
‘Ons kom saam en bid om die Here se leiding;
Sy wil en sy weg maak Hy spoedig bekend.
Die bose verdrukking,slaan oor in verrukking!
Loof God wat sy kinders bewaar tot die end.’
“ Ek kom agter iemand anders fluit saam met my – dit was my Japannese gevangenemer. Hy trek sy geweer terug en kom loop langs my. Ek ruk soos ek skrik toe hy in goeie Engels sê: ‘Ek kan nooit ophou om die Christelike liedere te bewonder nie.’ ‘n Kort gesprek bring aan die lig, hy het Engels geleer in ‘n sendingskool waarvoor ek ook al bygedra het. Hy praat van die oorlog en hoe moeilik dit vir die Japannese Christene is. Ons praat oor ons huise en ons families. Hy dwing my stadigaan weg van die ander af en na ‘n rukkie is ons alleen in die woud. Op sy voorstel kniel ons in die modder en bid saam vir die lydende mensdom en almal, wat as gevolg van die wrede oorlog, swaarkry en ons eie behoeftes. Ons staan op van ons knieë af en omhels mekaar vir ‘n oomblik van broederskap. Hy stel voor ek moet hóm nou gevange neem en na die naaste Amerikaanse basis neem. Hy weet waar ander Japannese Christene skuil. Hy neem my na hulle skuilplekke toe. Nooit sal ek die hoop en blydskap vergeet, wat in hulle oë gekom het toe my vriend hulle een vir een vertel, hoe ons mekaar gevind het en waarheen ons hulle nou wou neem nie. Die hele pad het ons oor Christus gesels en hoe ons saam vir Hom moet lewe, al behoort ons aan twee vyandige volke. Toe ons naby die kamp kom, trek almal hulle gesig suur en donker en ek, met die Japannees se geweer in my hande, marsjeer hulle die kamp in. Ek verdien dus nie hierdie medalje vir daardie wonderlikste ervaring van my lewe nie.”
As ons in al ons omstandighede naby God bly, Hom bely, Hom vertrou, bring Hy vir ons oorwinnende uitkoms – bo wat ons verwag het. Dit is vir my wonderlik om te dink dat God gesorg het vir sy kind en wat vir dáárdie Japannees, wat ook die Here se kind was, as sy wag laat optree het. Daar is geen einde aan die wonderlike maniere waarop God vir sy kinders sorg nie. Ons mag gerus wees.
”Here, vandag skuil ek onder u vleuels.”

God soek nie uit nie
Lees: Lukas 19: 1-10
“Saggeus…het Jesus met blydskap ontvang. Almal…het beswaar gemaak en gesê: ‘Hy gaan by ’n sondige man tuis.’” (7)
In die maandblad van die Pacific Garden Mission vertel Carl Henry van die jongman, William James Taylor, alias Bill Hennessy, alias Ed Lynch, alias Tom O’Brien. Hierdie jongman, met die baie skuilname, was ’n permanente vlugteling vir die gereg. As 3-jarige seuntjie het hy in die agterplaas van sy pa se kroeg sy vingertjies in gebreekte glase en bottels gesteek en ’n smaak vir drank ontwikkel. Op 12-jarige ouderdom was hy ’n besope, drankverslaafde straatkind. Na twee jaar in ’n verbeteringskool, het hy doelloos rondgeslenter, totdat ’n tweede arrestasie hom in ’n nywerheidsinstituut beland het. Die opheffingswerk daar, het hom nie verbeter nie. Dobbel, verdowingsmiddels en drank was sy lewenspatroon. Hy was gedurig vlugtend vir die gereg en moes daarom altyd onder ’n skuilnaam rondbeweeg. Die aand toe hy in Chicago aanland, het hy dadelik na die Pacific Garden Mission toe gevlug, want ’n polisieman in die straat het hom dopgehou en gevolg. Die volgende aand het hy teruggekeer Pacific Garden Mission toe. Hy het geluister na getuienisse van mense soos hy, oor wat God in hulle lewens vermag het. Hy het by een van die werkers van die sending hulp gevra en die sondaarsgebed gebid: “Here, wees my sondaar genadig. Jesus, red my ook.”,
Agterna het hy getuig: “Ek kan nie alles vertel wat Jesus Christus vir my gedoen het nie. Maar een ding kan ek doen, en dit is om ander van Hom te vertel. En daar is baie dinge oor God wat ek nie weet nie en nie verstaan nie, maar één ding kan ek sê: ‘God ain’t any picker of persons’!” Elkeen wat, hoe sleg ookal, God se genade vra en by Jesus redding soek, vind `n lewende Redder.
“Here, vandag kom ek net soos ek is na U toe.”

Subscribe to:
Comments (Atom)