LEES: Matthéüs 9: 35 – 38
“Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur (37,38).”
Ons het nie `n begrip van die grootte van die bevolking van ons wêreld nie. Ek lees met verbasing `n beskrying van Walter Knight van `n deel van ons wêreld. Hy vergelyk die bevoorregte Christenwêreld met die sendingnood. Hy skryf in Noord-Amerika is daar 1,448 predikante per `n miljoen mense. (Die getalle gaan my eie verstand te bowe.) In Latyns-Amerika is daar 19 sendelinge per miljoen mense . Dit laat 87-miljoen mense ongeëvangeliseerd. In Afrika is daar 56 sendelinge per miljoen mense. Dit laat 68-miljoen mense ongeëvangeliseerd. In Indië en Pakistan is daar 10 sendelinge per miljoen mense. Dit laat 261-miljoen mense ongeëvangeliseerd. `n Groot deel van Europa, met sy 480-miljoen mense is grotendeels ongeëvangeliseerd. Die Russiesbeheerde lande is gesluit vir sendelinge. In watter jaar hierdie inligting geskryf is, weet ek nie. Die boek wat ek het is die 6de herdruk en die datum is 1978. Hoe akkuraat die syfers is, kan ons nie weet nie. Die boodskap wat net maar tot my hart gekom het, is die groot onbewerkte oes.
In Missionary Principles and Practices skryf Harold Lindsell: One-third to one-half of the first-term missionaries do not return to the foreign field for a second term.
“Elke hart sonder Christus is `n sendingveld. Elke hart met Christus is `n sendeling,” skryf iemand in die midde van hierdie gegewens. En iemand anders skryf: “`n Sendeling hoef nie noodwendig buite sy land, of selfs sy omgewing, te gaan om sendingwerk te doen nie. `n Ware sendeling moet net uit homself uitgaan. As hy om hom rondkyk is daar oral ruimte vir sendingwerk en verkondiging van die evangelie.” Iemand anders skryf: “Vir God is daar nie `n verskil tussen buitelandse- of tuissending nie. Waar `n verlore siel is, is dit `n sendingveld.”
Hierdie artikel in Walter Knight se boek het my laat besef hoe waar is iemand anders se opmerking: “Jy kan dalk nie sendingveld toe gaan nie. Maar jy kan vir die sendingveld en sendelinge bid.”
“Here, vandag en voortaan wil ek vir die sendingbehoeftes bid.”
Do 28 Apr: Die Keuse van Lewenskoers
LEES: Johannes 12: 20 -27
“As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer (27).”
Die briljante dogter van `n multimiljoenêr, vertel Dr.M.E.Dodd, loop een aand by `n klein Presbiteriaanse kerkie verby. Nuuskierig gaan sy in. Vir die eerste keer hoor sy die evangelie en sy vind die Here Jesus as haar Saligmaker. Na `n tydjie weet sy in haar hart, die Here roep haar om in Sjina sendingwerk te gaan doen. Sy verel vir haar ouers, wat self nie Christene is nie. Hulle sê vir haar dit is gekkigheid. Hulle sal dit stopsit. Sy was ook verloof aan `n briljante, jong sakeman, wat ook nie `n Christen was nie. Sy pleit by hom om sy lewe vir die Here Jesus se gee en saam met haar Sjina toe te gaan. Hy lag haar ook uit. `n Tydjie later hou die ouers vir hulle vriende `n feesteike funksie en daar vertel haar pa vir hulle van die dogter se voorneme en hy vra almal om haar te ontmoedig. Dié aand luister die dogter in stilte na almal se ontmoedigende versoeke en waarskuwings. Sonder `n woord staan sy op en loop na die klavier toe. Sy speel en sing:
Jesus, I my cross have taken,
All to leave and follow Thee,
Destitute, despised, forsaken,
Thou from hence my all shall be!
Haar verloofde is diep geraak deur die lied en haar houding. Hy gaan sê vir haar: “Ek het nie gedink Jesus Christus kan vir iemand so baie beteken nie. As Hy dit vir jou beteken, bid vir my dat ek tot bekering kom en ook so `n toegewyde volgeling van Hom kan word.” Haar gebed is beantwoord en hulle is gelukkig getroud. Albei het Sjina toe vertrek om vir baie jare daar sendingwerk te gaan doen, soos die Here se Gees dit in hul harte gewerk het.
“Here, vandag kies ek u weg.”

Di 26 Apr: Die Lewe wat Tel
Lees Psalm 40.
“Hy het my ’n nuwe lied in die mond gelê, ’n loflied van ons God” (4).
Prof. dr. J. C. G. Kotzé, ook bekend as oom Kolie, was in die veertiger jare, die N.G.Kerk se spesiale prediker en later sekretaris van evangelisasie. Op uitnodiging het hy gemeentes besoek en dan vir 10 dae lank ’n diensreeks gehou. Baie mense het onder sy prediking tot bekering gekom. Hy het professor aan die Universiteit van Stellenbosch geword. Hy was van nature ’n begaafde en uitnemende mens. As student was hy elke dag voorbereid vir enige vorm van eksamen. Elke dag van sy lewe was hy op datum! Dit was egter die genadewerk van die Here in sy lewe wat hom so ’n krag in die Here se diens en so ’n seën in baie mense se lewens gemaak het.
Hyself vertel dit soos volg: “Gebore en opgevoed in ’n Christelike huis, het ek van kindsbeen af ’n Christelike rigting ingeslaan. Verseker van my verlossing was ek egter nie. En toe op 13 Mei, as student op Stellenbosch, tienuur die aand na kerk, het die oomblik van opstanding uit die dode vir my siel gekom.
“Dit was of ek in ’n malende meul van sondebesef was. Ek het myself ontdek as ’n afgryslike, sondige monster. In daardie smart het ek vir die eerste keer in my lewe ontdek, ek is ’n verlore sondaar. Voorheen was ek doodgerus oor die ewigheid, want ek was, na my mening, te goed en godsdienstig om verlore te wees. Wel was daar baie sondes in my, maar wie doen nie sonde nie? En ek was darem tog ook taamlik godsdienstig met baie goeie dinge in my. Maar daardie aand het my godsdiens my in die teenwoordigheid van ‘n heilige God begewe. Ja, ek het onder die pynlike ontnugtering gekom dat ek verlore was, so verlore, dat ek my van God verlate gevoel het. Die Heilige Gees oortuig ons van sonde, en lei ons na geloof in Christus.
In daardie doodse angs het my siel soos dié van Dawid na God geroep asof uit ’n kuil van ‘slymerige modder’. In my verlatenheid het ek daardie aand vir Hóm ontmoet, onse Here Jesus Christus, wat van God verlate was, sodat ek nimmermeer van God verlaat sou word nie. Vir die eerste maal in my lewe het die lig van die ewigheid waarlik in my siel geskyn. Salig was die rus waarin my siel daardie nag weggesink het. Alles het anders geword.” “Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ’n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. (Ps.40: 2,3).”
“Here, vandag sing ek die nuwe lied: U het my lief, U het my uit die dood opgetrek en my die ewige lewe gegee.”

Ma 25 Apr: Die Plek van Beslissing
LEES: Efésiërs 1: 15 – 23
…verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping…wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo…”(18,19)
Hoog op in die Alpe, lê `n klein, halfversteekte, meer, skryf Good News Broadcaster. Die bergagtige weg waarlangs `n mens moet gaan om dit te bereik, laat mens die meer, nie sien, voor mens `n klipgooi ver daarvandaan is nie. `n Stroompie wat uit die meer vloei, vloei `n endjie afdraend. Dan stuit `n groot rots die vloei. Die stroom dam op, verdeel dan in twee strome. Die een stroom vloei in die Rhonerivier in. Die ander stroom, vloei in die Rynrivier in. Hierdie twee strome wat by die rots van mekaar geskei het, vloei verskillende wêrelddele in en het `n eie einde. Die een vloei die sonnige Suidelike Europa in. Die ander een vloei die koue Noordelike klimaat binne. Dit vertolk die twee belangrikste strome van die lewe, soos dit in verskillende rigtinge vloei.
Die meer is `n beeld van die begin van die mensdom se lewe. Die Rots, vertolk vir ons die groot verdeling van die mensdom, by Jesus Christus se kruis. Die menslike lewensstroom skei by die kruis. Die stroom wat in die sonnige, aangename warm klimaat van Suidelike Europa binne vloei, vertel die weg van Christenlewe. Warmte van liefde en goedheid maak die Christen se lewe `n geseënde en aangename lewe. Die ander rivier vloei die koue klimaat van `n sondige lewe binne: waar naywer, jaloesie en ander onaangename elemente van die onbekeerde lewe die oorhand het. Elkeen van ons is in een van daardie riviere. Ons keuse word by die kruis van die Here Jesus gemaak.
Dit is die doel van die evangelie om mense te oorreed om Christus se weg te kies. Die einde van die aangename stroom loop uit in die hemelsee. Die koue stroom eindig in die see van die verdoemenis.
“Here, vandag kies ek Jesus se weg.”

Vry 22 Apr: Die Spoor Gebreek
LEES: Galásiërs 2: 17 – 21
“Ek is met Christus gekruisig , en ék leef nie meer nie…ek leef in die Seun van God (20)
In Skotland se stryd om onafhanklikheid van Engeland, was Robert Bruce, Skotland se aanvoerder. Die Engelse wou Bruce gevangeneem, want hy het gedink, hy is die volgende man om die Skotse kroon te dra. Die Engelse aanvoerder, het Bruce se eie bloedhonde op sy spoor gesit, want hulle het verwag sy honde, sou hulle na hom toe lei. Soos hulle nader kom, kon Bruce hulle geblaf hoor. Sy helper sê vir hom: “Dis verby met ons. Jou honde is op jou spoor en hulle gaan jou skuilplek aanwys.” “Alles is nog reg,” antwoord Bruce en hy draai weg na `n stroom toe, wat naby deur die woud verbyvloei. Hy spring in die stroom en gaan `n endjie teen die stroomvloei op. Toe hy anderkant uit die stroom klouter, was hy en sy helper in die woud se digtheid. Binne `n kort tydjie kom die honde op die plek waar hulle baas se spoor teen die rivier doodloop. Hulle gaan nie verder nie. Die Engelse soldate moedig hulle aan, maar die spoor het nou doodgeloop in die rivier. Die rivier het selfs Bruce se reuk, wat die honde goed geken het, weggestroom. `n Tydjie later het die Skotsekroon wel op Burce se kop gepryk.
Die herinnering aan ons sondes en foute, waarop die Satan klem lê en ons herinner en ons moed wil breek, kan vir ons soos daardie blaffende honde wees. Maar daar vloei vir ons ook `n stroom, die stroom van Jesus se bloed. Deur genade en geloof is ons veilig. Geen sondehond kan ons bereik nie, want die bloed van Christus breek die spoor. Dit is ons ontvlugting van Satan se bekuldigings. As ons ons sondes bely het, moet ons die vergifnis glo en die Satan ontwyk.
“Here, vandag is U bloed en krag my skuiling.”

Do 21 Apr: Die Twee Weë
Lees Johannes 12: 44 – 50
”Ek het as `n lig in die wêreld gekom sodat elkeen wat in My glo , nie in die duisternis sou bly nie (44),”
Die dag toe die Kerk Bybelskool sluit, vertel Eternity, loop Leon Czolgosz en sy broer, albei tienderjarig, die kerktrappe af. Die een gaan skielik staan en kyk sy broer in die oë. “Jy weet, ek is nou klaar met hierdie kerkdinge. Dit was my laaste dag in die klas.” Sy broer antwoord, net so ferm, “Dit is nie my laaste dag nie. Ek wil meer van God en van sy wil met my lewe leer, Ek wil vir Hom leef en as ek kan, vir Hom werk.”
Jare later was daar `n reuse funksie by die Pan-American Exposition vir die president van die Verenigde State. Die president het in `n tou gestaan, om die groeiende skare wat sy hand wou skud, die hand te gee. Tussen hulle was `n man, sy hand met `n groot sakdoek bedek. Toe sy beurt kom, lig hy sy hand, maar steek dit nie uit om die president se hand te neem nie. Daar reg voor die president, trek hy die sneller van die pistool, wat hy met die sakdoek, in sy hand, bedek het. Die belangrike William McKinley val dodelik gewond op die grond neer.
Die moordenaar was Leon Czolgosz, die seun wat jare tevore van die Kerkskool af weggedraai het. Wat uiteindelik van sy broer, wat gekies het om God se weg te loop, geword het, word ongelukkig nie gesê nie.
“Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julle self tot beskikking van God….die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewigelewe in Christus Jesus, onse Here (Rom. 6:12,13,23)”.
“Here, vandag kies ek om God se weg ewigheid toe te volg.”

Wo 20 Apr: Gesprek in die Hart
LEES: Johannes 21: 14 – 18
“Simon…het jy My waarlik lief…. ? (15)”
Terwyl `n ou man werk toe loop, een oggend, vertel Walter Knight, kom Jesus se vraag aan Petrus in sy gedagte op. Dalk het sy predikant die vorige Sondag daaroor gepreek. “Simon….het jy my waarlik lief?” Die man wens met sy hele hart hy kon dieseldfe antwoord as Petrus gee: “U weet, Here, dat ek U liefhet.” Die ou man voel bedroef dat hy dit nie kan doen nie. Toe kom dié gedagte by hom op: “As ek nie dieselfde antwoord as Petrus kan gee nie, kan ek miskien eerlik wees en sê: ‘Here, U weet ek het U nie lief nie.” Iets van `n troos oor sy eerlike belydenis kom in sy hart. Maar soos hy aanhou loop, kom `n ander gedagte in hom op en hy sê vir die Here: “Here, maar U weet dat ek u graag wíl liefhê.” Hy begin dink aan Christus se groot liefde vir hom. Hy dink aan Christus se lewe, hoe Hy gebore is in die stal, hoe Hy gevange geneem is en gemartel is, hoe Hy aan die kruis genael is, om vir hóm `n plaasvervanger te wees en sy straf en sonde weg te neem.” Uit sy hart uit breek `n bevestiging van die gang van sy gedagtes, “Here, U weet dat ek U liefhet!” Net daar vra Hy Jesus om in sy hart te kom en hom God se kind te maak. Hy loop vol vreugde verder. `n Nuwe mens in Christus Jesus.
Dit kan die lekplek van ons liefde vir die Here wees, dat ons nooit daaroor peins nie. Ons verloor ons innige kontak met die die Here Jesus, want baie ander gedagtes oorheers ons denke en Hy word op die agtergrond geskuif. In ons oordenking van ons verhouding met die Here Jesus, het ons die hulp van die Heilige Gees. Jesus het oor die Heilige Gees beloof: “….Hy sal julle in die hele waarheid lei; want Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.”
“Here, vandag wil ek dink oor my verhouding met U”

Di 19 Apr: Gevul met Die Woord
LEES: Filippense 4: 4 – 9
“…alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees bedink dit… (8,9).”
Die beroemde psigoloog, Martin Seligman, van die Universiteit van Pennsylvania in Philadelphia, beweer, as die Woord van God in ons gedagtewêreld ingraveer word, verander dit die beskouinge wat ons oor sake het. Dit beteken nie `n mens leef in `n gedurige opgeruimdheid, euphoria, nie, maar dit bewerk `n basis vir optimistiese denke. Dit was Paulus se bedoeling met bostaande teks.
Hierdie storie word bygevoeg: `n Lid van `n jeugorkes, wat op `n Karibiesevaart was, het dit gedemonstreer, vertel die skrywer van hierdie oordenking. Een aand wou sy maats hom saamneem na die skeepskroeg toe. Maar Chad, wie se moeder `n alkohololis was, het geweier. Hy het, weens sy ma se probleem, skrifdele uit Spreuke, oor alkoholmisbruik, gememoriseer. Hy verduidelik vir sy vriende, drankverslawing loop in sy familie en hy is bang om daarby betrokke te raak. Vir iemand onder ander huislike omstandighede, sal `n glasie wyn of `n bier, nie `n probleem wees nie, maar vir hom is dit absoluut verbode. Hy haal uit Spreuke aan wat hy gememoriseer het, om hom te beveilig. “Die wyn is `n spotter en sterk drank `n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.” (20:1). Hulle hou aan. “Kom nou, Chad. Net een bier sal jou nie kwaad doen nie.” Hy antwoord: “Op die end byt dit soos `n slang en spuug gif soos `n basilisk (23:32).” Sy maats verwyt hom, hy verwerp hulle kameraadskap. Hy antwoord: “As sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie (1:10).” Hy hoor een sê: “Los hom. Hy is so vol van die Bybel `n mens kan niks met hom doen nie.!”
Ons het elkeen ander probleme, maar as ons ons teen so `n sondebedreiging in die hart pantser soos Ef.6:14-17 skryf, sal ons ook oorwinnend bly. “…julle lendene met die waarheid omgord, die borswapen van die geregtigheid aan, as skoene aan julle voete, die bereidheid vir die evangelie…neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose kan uitblus…neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God – terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid.”
“Here, leer my vandag om u woord te ken”

Ma 18 Apr: Liefde se Vrug
LEES: Romeine 8: 24 – 28
“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk…(28)
Jare gelede, vertel Walter Knight, het `n jongvrou, wat aan Dr. Bob Shuler se kerk behoort het, `n drang in haar hart gehad om as sendelinge Mexico toe te gaan. Die Heilige Gees het `n liefde vir die Meksikane in haar hart gelê en `n drang opgewek om aan hulle van die redding in Christus te gaan vertel.
Om haar liefde vir die vreemde volk te verdiep, het sy 1 Korinthiërs 13 dikwels gelees, maar waar liefde genoem word, het sy Meksikane ingelees. Walter Knight gee `n voorbeeld. “She read, for instance, ‘Though I speak with the tongues of men and of angels, and have not love for the Mexicans, I am become as sounding brass, or tinkling cymbel.’” Haar egte liefde vir hulle het haar in staat gestel om talle van hulle vir die Verlosser te wen. Na jare van onselfsugtige diens, het sy siek geword. Ure voor haar dood was sy bewusteloos. Talle van haar bekeerlinge het om haar bed vergader. Die aanskoue van die talle traanbenatte gesigte om haar bed, het haar na die werklikheid laat terugkeer. Voor sy gesterf het, het sy haar bekeerlinge gevra, om nie blomme na haar graf toe te bring nie, maar Spaanse Bybels en Nuwe Testamente. Die Bybels en Nuwe Testamente het `n groot hoop om haar kis gevorm. Die Bybels en Nuwe Testamente is uitgedeel aan dié wat nie Bybels gehad het nie.
“Here, vandag bid ek, om so `n liefde vir die onbekeerde menigte om my, in my hart te wek.”

Vry 15 Apr: 'n Goeie Transaksie
Lees Romeine 10: 8 – 17
“En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: ‘Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring’” (14).
Dr. Walter Wilson, die Christengeneesheer van Kansas City, was eens in New York vir sy sakebelange. Die oggend voor hy sy hotelkamer verlaat, kniel hy by sy bed en bid: “Here, dit is ’n groot stad met 7 miljoen mense. Ek is vreemd. Hier is my liggaam, my voete, my lippe; lei my na iemand toe tot wie U, deur my, u woorde van lig en lewe wil rig.” Pas na hy by die hoteldeur, in ’n oostelike rigting in 32ste Straat uitstap, stap hy by ’n boekwinkel verby. In die uitstalvenster, sien hy ’n klein notaboekie, wat net reg in sy sak sal pas. Hy wil dit byderhand hê om gebedsversoeke in op te teken.
Hy stap in en vra die Duitse eienaar daarvoor. Terwyl die man die boekie in ’n netjiese papiersakkie sit, sê dr. Wilson. “Ek wil dit vir ’n gebedeboekie gebruik.” Die Duitser hou dadelik op met sy werk en antwoord: “Dis ’n leë boekie, Meneer. Dit het nie gebede in nie.” Dr. Wilson glimlag. “Nee, wat ek bedoel is, ek wil sake waaroor ek bid, met die datum, op die een bladsy opteken, en dan die omstandighede en datum van die gebedsverhoring, op die teenoorgestelde bladsy.” Die winkelier luister met besondere aandag. Dr. Wilson vervolg: “Ek glo in Jesus Christus as my Verlosser, daarom glo ek ek is ’n kind van God. Ek bid tot Hom as my Vader.”
Hy kyk die Duitser in die oë en vra: “En u?” Die Duitser antwoord met groot erns: “Meneer, ek probeer al jare om God te vind. Kan u my help?” Dr. Wilson haal sy sakbybeltjie uit, lees oor Christus se verlossingswerk. “Dit sê hier in Johannes 1 vers 12: ‘Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” En hy verduidelik vir die Duitser hoe om te bid en Jesus Christus as Saligmaker aan te neem en kind van God te word. Die man verstaan dit. Oor die toonbank bid hy en dr. Wilson saam en hy vind die Here.
Twintig minute het verloop vandat dr. Wilson in sy kamer gebid het. Dit is nie onsself wat die pad na iemand se hart vind nie. As ons onsself vir die Here beskikbaar stel om mense te bereik, lei die Heilige Gees ons en doen Hy self die wonderlike werk om by mense se harte uit te kom en hulle te roep.
“Here, vandag is ek in u hand om my te gebruik.”

Do 14 Apr: 'n Rusplek vir 'n seer hart
Lees Romeine 8: 31 – 39
”Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?…in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons lief het” (35,37)
George Matheson was ’n blinde Skotse predikant. Die Vrydagnag van 6 Junie 1882, was hy, op 40-jarige ouderdom, alleen in sy pastorie by Innelan. Die volgende dag sou dit sy suster se troudag wees. Die hele familie was weg Glasgow toe waar die huwelik sou plaasvind en waar hulle sou oornag.
Weens sy blindheid kon hy nie saamgaan nie. Hy was nog ’n jong teologiese student toe hy deur sy geneesheer gewaarsku is, hy is besig is om blind te word en dit kan nie verhoed of genees word nie. Hy was verloof aan ’n ander kollegestudent. Hy het gevoel dit is sy plig om haar van sy naderende blindheid te vertel. Na sy oor die skok van sy bekentenis aan haar gekom het, het sy vir hom gesê: “Ek wil nie die vrou van ’n blinde prediker wees nie.” Die nag so alleen in sy woning, terwyl die opwinding van sy suster se troue oor hom en by hom verby gegaan het, het ’n diep neerslagtigheid Matheson oorval. Dit kon die herinnering van sy eie liefdesteleurstelling gewees het wat met geweld na hom toe teruggekom het. Oor sy belewenis die nag skryf hy: “Something happened to me, which was known only to myself, and which caused me the most severe mental suffering. The hymn was the fruit of that suffering. It was the quickest bit of work I ever did in my life. I had the impression of having it dictated to me by some inward voice rather than of working it out myself. Dit het hy die nag geskryf: “O Love that wilt not let me go, I rest my weary soul in Thee; I give Thee back the life I owe, that in Thine ocean depths, its flow may richer, fuller be.”
Die lied wat ons ken en sing en wat getoonset is deur Albert L. Peace klink so:
O Liefde, diep oor my begaan, neem my met al wat my vermoei!
Sien my tog in genade aan – en laat, o Bron van my bestaan,
U krag in my ook vloei.
O Vreugde, selfs in leed en pyn, vir U ontsluit ek nou my hart;
Die reën laat die boog verskyn, gewis daag, na die nag verdwyn.
Die môre sonder smart!
“Here, vandag leun ek met my hartseer teen u bors.”

Wo 13 Apr: Na 'n Lang Tyd
Lees: Lukas 15: 3 - 7
“…hy gaan agter die een aan wat weg is totdat hy hom kry” (4).
’n Jong Skot met die naam Mackay, het na sy hoërskoolloopbaan universiteit toe gegaan om vir dokter te studeer. Sy biddende moeder het vir hom ’n Bybel saamgegee. Sy het haar naam en sy naam, saam met ’n teksvers, op die binneblad geskryf. In die universiteit het MacKay homself oorgegee, aan die studente se pretlewe en eindelose partytjies, wat sy beskikbare geld vinnig dreineer het. Op `n dag het hy geld nodig vir whiskey. Hy verpand sy Bybel daarvoor. Met verloop van tyd behaal hy sy graad as dokter en begin in een van Edinburg se groot hospitale werk.
Op ’n dag word ’n erg beseerde jongman ingebring. Dr. Mackay moet aan hom aandag gee. Terwyl hy die vergruisde liggaam ondersoek, word hy getref deur die kalmte op die man se gesig. Die man vra hom: “Dokter, wat is my toestand presies. Ek wil graag die waarheid weet.” Dr. Mackay antwoord: “Jy het hoogstens nog drie ure om te leef.” “Dan vra ek, asseblief, Dokter, laat die boek by my losiesplek haal.” “Watter boek?” vra Mackay. “Vra net vir die boek, en noem my naam. Die eienares sal weet.” Die dokter reël om vir die jongman die boek te laat haal. Terwyl dr. Mackay met sy werk aangaan en ander pasiënte in die hospitaal besoek, bly ’n opmerking wat die jongman gemaak het hom hinder. Die jongman het onder sy pyn gefluister: “Ek is gereed. Ek gaan om met Jesus Christus te wees.”
’n Paar uur later keer dr. Mackay terug na die jongman se kamer toe. Die suster aan diens, stel hom in kennis sy pasiënt het heengegaan. “Het hy die boek betyds gekry? Dit was vir hom belangrik. Ek dink dit was sy bankboek of iets.” “Die boek is nog onder sy kussing,” sê die suster en loop haastig weg. Dr. Mackay steek sy hand onder die nog warm kussing in. Oorbluf haal hy ’n Bybel uit. Hy herken die Bybel. Die voorblad val oop. Op die binneblad lees hy, sy ma se naam en sy naam en die teks wat sy geskryf het. Oorweldig deur herinneringe gaan hy, met die Bybel in sy hande, na sy kantoor toe. Stukkend van berou en verpletter onder die wete dat sy ma deur die jare vir hom gebid het, maak hy die deur toe, val op sy knieë en roep God om genade aan.
Dr. W. P. Mackay het daardie dag tot bekering gekom. Hy het sy doktersloopbaan prysgegee en predikant geword. In die midde van sy vrugbare bediening skryf hy ’n boek, Grace and Truth, wat vir baie mense die weg van redding aangewys het. Dit het lank geneem, maar God het die moeder se gebede vir háár seun gehoor, en die boodskap van redding, in sy geliefde Seun, Jesus Christus, deur die werking van die Heilige Gees in die man se hart, per hand van ’n getroue getuie, ‘n beseerde jongman, na hierdie verlore seun gestuur.
“Here, vandag bid ek vir my kind.”

Di 12 Apr: Vergewe en Vergeet
LEES: Markus 2: 1 -12
“Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe (11).”
`n Man wat onder diepe sondebesef geleef het en na redding gehunker het, maar nie mooi begryp het, hoe hy God se vergifnis kan verkry nie, stap een aand met `n klein paadjie straataf. Hy gaan sit uitgeput langs `n digte heining. Na hy `n rukkie gesit en in sy omgewing meer tuis gevoel het, hoor hy twee dogters, aan die ander kant van die heining, met mekaar gesels. Hulle bespreek `n preek waarna een van hulle geluister het. Die een sê: “Een ding wat die dominee gesê het, het my baie moed en hoop gegee.” Die ander dogter vra gretig: “Wat het hy gesê.” “Hy het gesê die wêreld sê altyd, as mens iets verkeerd gedoen het: ‘Jy het self jou bed opgemaak en jy moet self daarin slaap.’ Maar iemand groter as die wêreld, sê die dominee, het eendag vir `n verlamde man gesê: ‘Jou sondes is vergewe, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.’”
Die man luister na die opbeurende woorde. Hy besef dadelik dat die Here Jesus ook sy sondes kan vergewe en hom op `n nuwe weg stuur. Sommer daar op die bank, langs die laning, sluit hy sy oë en vra die Here Jesus om in sy hart te kom, sy sondes te vergewe en hom op `n nuwe pad te laat loop. Hy ervaar `n vrede in sy hart en hy weet sy las is weggeneem. Enige plek kan ons met ons nood na Jesus toe gaan. Die Heilige Gees maak ons hart sag en oop en gee ons geloof om Jesus se redding te glo.
“Here, vandag vertel ek vir U my sondes en vra redding en `n nuwe lewe om uit te leef.”

Ma 11 Apr: Goeie Saad Groei
LEES: Spreuke 11: 17 – 21
“’n Mens wat iets vir ’n ander oor het, baat self daarby …wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning” (17,18).
Die Skotse boer, Fleming, was ‘n arm man, Eendag, terwyl hy in sy land werk, hoor hy ‘n benoude geroep van die modderige vlei se kant af. Hy hardloop daarheen. In ‘n modderpoel, al meer as halflyf gesink, spartel ‘n seun. Sonder om te huiwer spring Fleming in en help die seun uit. By die huis maak hulle die seun skoon.
Die volgende dag kom ‘n deftige kapkar by Fleming se werf ingery. ‘n Manelgeklede edelman klim uit die kar uit, gevolg deur die seun wat Fleming die vorige dag gered het. Hy is die seun se pa, sê die edelman, en hy wil Fleming vergoed vir sy weldaad aan sy seun. “Ek kan nie geld neem vir wat ek gister gedoen het nie,” wys Fleming die aanbod van die hand. Juis op daardie oomblik kom Fleming se eie seun, van dieselfde ouderdom as die edelman se seun, uit die huis uit. “Jou seun?” vra die edelman. “Ja,” antwoord Fleming, sigbaar trots. “Dan maak ek met jou ’n ooreenkoms,” sê die edelman. “Ek voorsien vir jou seun dieselfde studievoorregte as wat my eie seun gaan kry. As hy na sy pa aard, sal hy dit ver bring.” Dít aanvaar Fleming dankbaar.
Die jong Fleming word in die beste skool geplaas en gradueer later in die St. Mary’s Hospital Medical School in London. Later word hy die wêreldberoemde Alexander Fleming, wat penisillien ontdek het.
Jare later doen die edelman, Lord Randolph Churchill, se seun, Winston, wat Fleming uit die modderput gered het, ernstige longontsteking op. Die Skotse boer se seun, Alexander Fleming, se middel, penisillien, word op die edelman se seun gebruik en so word Winston Churchill, die latere premier van Engeland.
Onbaatsugtige goeddoen, is saad wat goeie vrugte oplewer. Jesus het in sy gelykenis gesê, al is die goeie saadjie so klein soos ’n mosterdsaadjie, ’n groot boom, waarin voëls kan nesmaak, groei daaruit (Mat.13:32). Aan die Galasiërs skryf Paulus: “Dra mekaar se laste en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus…wat ’n mens saai dit sal hy ook oes” (Gal.6:2,7). Om te bid vir iemand wat swaarkry, is ’n goeie saad. Die belangrikste, en duurste, saad wat ons moet saai, as ons grootste verantwoordelikheid en voorreg, want dit dra die vrug van ewige lewe, is om die saad van die evangelie te saai. Eerste in ons eie hart: “Ek glo in Jesus Christus as my Verlosser.” En dan ewe belangrik, ook in ander se harte, soos die nag in Filippi se tronk, toe die tronkbewaarder vir Paulus vra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” En hy kry die antwoord: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (Hand.16:30,31).
“Here, vandag wil ek goeie saad saai.”

Vry 8 Apr: Vergifnis Verduidelik
LEES: Lukas 15: 11 – 24
“Ek sal…na my vader gaan en ek sal vir hom sê: Vader ek het gesondig teen die hemel en voor U…En toe hy nog ver was,het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen (18,20).”
Na die geveg wat bekendstaan as The Battle of Gettysburg, het `n jongman ernstig verwond in `n hospitaal beland. Sy pa is ingeroep en die dokter het vir hom gesê: “Jou seun sal nie meer lank lewe nie.” Met `n swaar hart gaan die pa na sy seun toe. “Jy mag enige tyd heengaan. Die wonde is ernstig.” Dadelik gee die seun aandag en pleit: “Maar ek kan nie nou sterf nie. Ek is nie gereed om te sterf nie. Pa, maak dit nóú vir my duidelik asseblief, hoe ek met God kan regmaak en vergifnis vir my sondes kry.”
Die pa onthou skielik van `n insident in die seun se skooljare. “Seun, onthou jy, toe jy uit die skool verban is, hoe ek jou uitgetrap het en hoe jy my teruggevloek het? Onthou jy hoe jy later teruggekom het na my toe en hoe hartseer jy was en my vergifnis gevra het? En onthou jy hoe hartlik ek jou vergewe het?” “Ja, Pa,” antwoord die seun. “En Seun, het jy getwyfel dat ek jou heeltemaal en hartlik sou vergewe?” “Nee, Pa, ek het geweet Pa het my uit Pa se groot hart van liefde ten volle vergewe!” Die pa sê: “My seun, net so vryelik en ten volle soos ek jou toe vergewe het, so sal God jou ook vergewe en jou sondes uitwis en nooit weer daaraan dink nie! Dit is waarvoor die Here Jesus vir jou gesterf het, dat God jou volkome kan vergewe.”
Later die aand sê die seun vir sy pa: “Pa, Jesus het my vergewe. Ek weet Hy het. Ek het Hom gevra om my sondige verlede heeltemaal uit te wis en nooit weer teen my te hou nie. Ek het geglo Hy sal dit doen, soos ek daardie tyd geglo het Pa my verkeerdheid teen Pa sou vergewe.”
Jesus het in sy gelykenisse dikwels gebruik gemaak van die kind en ouer verhouding as hy oor God se liefde vir ons, sorg vir ons, vergifnis vir ons, gepraat het. Die Heilige Gees werk in ons hart en gee ons die krag en die geloof om te glo.
Vir die skuldige sondaar is daar `n wye oop pad na God toe. Jesus het met sy bittere kruisdood die pad vir ons wyd oopgemaak. Gaan net in.
“Here,vandag dank ek U vir die oop deur na U toe.”

Do 7 Apr: Vra vir Stilhou
LEES: Handelinge 16: 24 – 31
“Menere, wat moet ek doen om gered te word?”Toe sê hulle: “Glo in die Here Jesus en jy sal gered word..(30,31).”
Die omgewing waar hy woon, skryf iemand in “Christian Digest”, het `n bedrywige treindiens. By elke stasie, soos dit op mekaar volg, word stilgehou vir opklim of afklim van passasiers. Een van die stasies is naby `n groot kerkhof, met die besondere naam, “Calvary Cemetery.” Omdat daardie deel van die dorp meer dooie mense as lewendige mense bevat, as gevolg van die kerkhof, hou die trein daar net stil as dit gevra word. Net na die trein die stasie, net voor die kerkhofstasie, verlaat, kom die kaartjiesman om. Hy maak die lopende trein se passasierswa se deur oop, en sê: “Die volgende stasie is Calvary. Die trein stop net op versoek. Enigiemand vir Calvary?” Die Engels maak dit meer indrukwekkend: “Anybody for Calvary?” Ons weet Calvary is die Engelse uitdrukking vir Golgota, waar Jesus gekruisig is.
Die skrywer sê van hierdie oordenking (ek gebruik weer sy Engels): It is a parable of life’s train. At all the other stations the train stops. At Market Street, at School Street, at University Avenue, at Main Street, at Vanity Fair, at Broadway, at Church Street, at Home Avenue.” By nie een van hierdie bekende stopplekke hoef kennis gegee te word vir afklim nie. Slegs iemand, wat by Calvary wil afklim, moet kennis gee.
Die ander stasiename wat die skrywer gegee het, is die normale, elke dag se sake in elkeen se lewe: Mark-, Skool-, Universiteit-, Kerk-, en so meer. By Golgota, Calvary, is uitdruklike aanvraag nodig. Die mens draai nie vanself, uit gewoonte, na Jesus se kruis toe nie. Dit is `n stilhou wat uit diepe behoefte gevra word. Iemand het Jesus se redding deur sy kruisdood nodig. Of dit is die ernstige stilhou van die dood. Dis begrafnisstilhou.
In ons eie, persoonlike lewenstrein, is die geleentheid nog daar om te vra: “Hou stil by Golgota”. Die finale, maar die beste stilhouplek vir elkeen van ons. Vra self vir die Golgota-stilhouplek, voor iemand dit vir jou begrafnis vra.
“Here, vandag vra ek, bring my by Golgota.”

Wo 6 Apr: Vrygemaak
LEES: Galasiërs 5: 13 – 26
“Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor die begeertes van die sondige natuur nie” (16).
Toe Charles Weston Shepson ’n student aan die Sendingopleiding Instituut was, het hy ontsteld geraak oor sy sukkelende persoonlike geestelike lewe. Hy het so vasgevang in sy natuurlike drange en vleeslike begeertes gevoel, so dikwels gefaal in sy getuienis vir Christus, so kortgekom aan ’n oorvloedige en oorwinnende Christenlewe, dat hy een dag sy middagete prysgegee het en teen ’n steil rant agter die Instituut se hoofgebou uitgeklim het. By ’n rots het hy gekniel en sy hart en hande opgehef hemel toe en in radeloosheid van siel uitgeroep: “O God! Wat kan ek doen?” Toe hy sy kop weer afbuig en sy oë oopmaak, sien hy deur die mistigheid van sy trane reg voor hom ’n spinnerak. Juis op daardie oomblik beland ’n klein vliegie in die spinnerak. Hy begin hewig spartel. Charles Shepson hou hom dop. Hoe meer hy spartel hoe meer raak hy vas. Skielik storm die spinnekop op hom af en begin hom verder met taai drade vasspin. Die vliegie se stryd is verlore. Hy kan nie loskom nie. Charles steek sy hand uit en met sy pinkie druk hy die vliegie los. Die spinnekop vlug en die vliegie sit vir ’n rukkie, op Charles se pinkie hom en skoonskrop, voor hy ook vry wegvlieg. In Charles se hart praat God met hom. Sy eie gespartel kan hom nie loskry nie, maar God het oorvloedige krag om hom vry te maak. Toe dié wete tot hom deurdring, kom ‘n groot blydskap en vrede in sy hart.
Charles het ervaar waarvan Paulus in Romeine 7:18 tot 8:5 skryf. (Aanhaling uit Die Boodskap-vertaling): “Ek kan nie verklaar hoekom ek sonde doen nie. Want ek wil dit nie doen nie. Glad nie! Tog doen ek dinge wat ek met my hele wese haat…Dit is omdat die sonde oor my lewe baasspeel. Die goeie dinge wat ek wil doen, doen ek nie. Maar die slegte dinge wat ek nie wil doen nie, doen ek. Iets groots is in my lewe verkeerd. Sonde is my baas… Elke keer as ek besluit om goed te doen, dan pootjie die sonde my. In my binneste is ek regtig bly dat ek God se wet ken (verlustig ek my in die wet van God – Ou Vertaling). Maar as ek die wet moet doen, dan wil iets anders in my net nie saamspeel nie…Ek is vasgevang in ’n geweldige tweestryd: aan die een kant wil ek die wet gehoorsaam met alles wat binne-in my is, maar aan die ander kant is my liggaam ’n gevangene van die sonde. Wat ’n patetiese mens is ek nie! Ek leef in die doderyk. Wie kan my uit hierdie gemors verlos? Goddank! Daar is wel Iemand wat my uit hierdie doodsbestaan kan bevry. Sy naam is Jesus Christus! Hy is nou die Here oor my lewe…Dit is alles aan die Heilige Gees te danke. Hy het ons splinternuut gemaak. Omdat ons in Christus Jesus glo, het Hy die mag van die sonde en die dood in ons lewe gebreek. Toe Christus aan die kruis gesterf het, het God persoonlik met die sonde afgereken… Ons lewe word nie langer deur die sonde oorheers nie. Nee, die Heilige Gees staan nou aan die stuur van ons lewe…mense wat toelaat dat die Gees hulle lewe beheer, doen wat Hy vra.”
“Here, vandag neem ek die vrymaking aan wat U gee, deur die krag van u reinigende bloed, en die werking van die Heilige Gees in my hart.”

Dins 5 Apr: Die Pynlike Onthou
LEES: Johannes 8 : 1 – 11
“Laat dié een van julle wat sonder sonde is `n klip op haar gooi….toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan,,,(v7,9)”.
Die Griekse woord vir gewete is suneidesis, wat letterlik beteken, “weet saam met jouself” (A knowing with oneself). Dit kan `n pynlike proses wees. Aan Timótheüs skryf Paulus van mense as “gebrandmerk in hulle eie gewete”. Shakespeare het geskryf: “To be alone with my conscience is hell enoug for me!”
Jare gelede, vertel Dr. R. E. Neighbour, het `n pa in `n vlaag van woede, sy byl geswaai en sy seun doodgekap. Die pa is dadelik tronk toe geneem. Tydens sy aanhouding voor sy verhoor, het hy baie tyd gehad om te rou en te ly oor sy aaklige daad, want hy het sy seun liefgehad. `n Regter het sy saak aangehoor. Na hy geluister en beraadslaag het, sê die regter: “Ons het jou in hierdie omgewing geken as `n eerbare wetsgehoorsame burger. Jou aaklige daad was onopsetlik. Jou vonnis gaan wees die herinnering aan jou daad. Jy is nou vry om te gaan.” “Kon daar ` n pynliker straf wees,” vra dr. Neighbour? ”Ek glo nie.”
Ek haal `n gediggie aan. Ek het dit net in Engels:
Trust me, no torture that the poets feign,
Can match the fierce, unutterable pain,
He feels who, night and day, devoid of rest
Carries his own accuser in his breast!
As so iets mens moet oorkom, is dit baie, baie moeilik om vrede vir jou gewete te kry. In so `n geval speel nie net die gewete nie, maar ook selfverwyt die groot rol. Dit is nie net só `n ernstige gewetekwelling wat `n mens se lewe kan moeilik maak nie, maar ook kleiner gewetensonrus. Dit staan tussen `n mens en die Here. Hebreërs 9:14 beskryf die genesing van `n kwellende gewete: “…hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.” As ons enstig is oor ons verhouding met die Here, maar iets hinder die hart se vrede. Dan neem mens dit na die Here toe in ernstige gebed en oordenking. Die Heilige Gees lei dan ook ons gedagtes om Jesus se kruisdood te onthou en ‘n volledige gemoedsgenesing te bekom.
“Here, vandag bring ek my gewetenskwelling na U toe vir genesing. Help my.”

Ma 4 Apr: Christus se houding
LEES: Matteus 11: 25 – 30
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (28-30).
Arthur Thorwalden, van Denemarke, het die Christusbeeld, “Kristus”, gemaak. Dit staan nou in die Kopenhagen-katedraal. Helen E. Springer vertel in Charles L. Wallis se boek “A Treasury of Sermon Illustrations”, hoe ’n besoeker aan die Katedraal, die verhaal agter die standbeeld, aangehoor het.
Na Thorwalden die beeld, met koninklike, trots en opgehewe kop en uitgestrekte, oorwinnende hande, wat seënend uitgestrek is, met plastiekklei gegiet het, het hy dit op die voetstuk buite laat staan om droog en hard te word, voor dit in die Katedraal ingedra sou word. Daardie nag het ’n digte, vogtige mis van die see se kant af ingewaai. Thorwalden het met skok besef dit gaan sy beeld geruïneer. So gou hy kon het hy na sy beeld gaan kyk. Die vog het die beeld laat smelt. Die kop wat oorwinnend en trots opgehef was – volgens Thorwalden se denke oor Christus – het nou afgebuig en onder toe gekyk. Die hande wat in ’n seëngroet opgehef was, het gesak en was nou uitnodigend vorentoe uitgestrek. Hy het ‘n nuwe “Kristus” aanskou. Die natuurelemente wat deur God beheer word, het die trotse “Kristus”, volgens Thorwalden se beskouing, die houding van ’n soekende, roepende Heiland gegee. Die beeld is net so in die Katedraal ingeneem. ’n Mens sou nou, in antwoord op die uitgestrekte, uitnodigende hande, op jou knieë voor Christus moes kniel om in sy gesig op te kyk.
Die Here Jesus Christus ís die oorwinnende Koning van die ganse wêreld, maar Hy bly steeds die roepende, liefdevolle Verlosser wat afkyk na die mens toe wat in nood na Hom toe kom.
“Here, vandag kom ek vrymoedig met my laste en behoeftes na U toe.”

Subscribe to:
Comments (Atom)