LEES: 1 Johannes 1: 5 – 10
“As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig (9).”
Soldier’s Evangel vertel van `n Britse militêre hospitaal, wat vol swaar gewonde soldate was. `n Verpleegster het elkeen volgens sy nood probeer gerusstel. Iemand hoor hoe die verpleegster een van die soldate, wat besonder swaar gewond was en dalk nie sou lewe nie, probeer gerus stel. “Jy hoef nie oor jou sondes onrustig te wees nie,” sê sy vol selfversekering. “Enigeen wat sy lewe vir sy land gegee het, soos jy gedoen het, se sake is reg by God.” Die soldaat gelimlag effens, maar skud sy kop en antwoord: “Dis `n fout om so te dink. Toe ek daar in die veld gelê het, het ek geweet ek het my deel gedoen. Ek het my koning en land gedien. Maar dit het my nie gehelp, om met vrede, te dink ek moet voor God staan nie. Ek was nie gereed om te sterf nie en ek het dit geweet. Dit was vir my sedertdien `n daaglikse bekommmernis. Maar die ander vrou wat elke dag ons kom besoek en vir ons uit die Bybel lees en vir ons bid, het my laat verstaan, die Here Jesus is vir my sondes gestraf, sodat ek met gerustheid na God toe kan gaan. Vrede het in my hart gekom. Hoe wonderlik was dit van Hom om vir `n mens soos ek te sterf, dat ek gered kan word! Soldier’s Evangel skryf dit so: No works of righteousness we have done can save us, for our righteousnesses are but as filthy rags in the sight of the all-holy God. Laat die Naam van Christus, ons enigste gerusstelling en vertroue wees, as ons die ewigheid moet ingaan.”
“Here, vandag vertrou ek in Jesus vir my sondevergifnis.”