LEES: Lukas 10: 29 – 37
“”Maar `n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom….innig jammer gevoel en na hom gegaan…sy wonde verbind…en hom na `n herberg geneem…” (33,34).”
Ons storie gaan oor `n koning wat `n groot rots in die middel van die pad, wat gebruik word, laat plaas het. Hy het daarna, sonder iemand se medewete, naby die rots geskuil, sodat niemand hom kon sien nie. Verskillende persone het verbygekom en sommige het hardop die koning verwyt dat hy die rots nie laat verwyder nie en hulle nou moet sukkel om verby te kom. Nie een het eers probeer om die sigbare, swaar rots te verwyder nie. Heel laaste het `n arm man by die rots gekom. Hy het sy vrag groente wat hy in die dorp wou gaan verkoop eenkant neergesit en met groot kraginspanning die rots in die rioolsloot gerol. Hy draai om om sy groente op te tel en daar sien hy `n beursie lê waar die rots gelê het. Die beursie is vol goue muntstukke en `n briefie van die koning wat sê, die beursie is die eiendom van die persoon wat dit optel.
Ons pad is vol versperrings, kruise, lastige swaar padversperings. Maar onder elke kruis of las het ons Koning `n verborge seën geplaas. Van ons optrede maak ons Koning uit die hemel ook `n waarneming. Ons kan wegdraai van die kruis of las wat ons pad versper, of verby dit skuur, maar ons is verloorders as ons dit sou doen. Ons kan nie die kruis ontduik, sonder om ook God se seën te verloor nie. Soos die koning in die storie, is ons Hemelse Koning, se oë ook op ons gerig.
`n Gediggie word ook geplaas, maar van die 4 verse gee ek dié een:
O Lord who knowest every need of mine,
Help me to bear each cross and not repine
Grant me fresh courage every day,
Help me to do my work alway
Without complaint
“Here, vandag wil ek oplet vir geleenthede waar ek vir iemand anders `n las kan help wegneem.”