LEES: Psalm 18: 1 – 7
“Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom (7).”
Dan Crawford vertel van `n ondervinding, wat sy geselskap terugkerende sendelinge, na hulle Afrikasendinggebied, na `n verloftyd tuis, ervaar het. `n Redelike sterk rivierstroom moes oorgesteek word. Hulle het geen bote byderhand gehad nie. Hulle haas om terug te keer was belangrik. Die sendeinge het gekamp en toe begin bid dat die Here vir hulle `n oorgang bewerk. Na `n effense tydsverloop, begin `n groot boom, wat vir moontlik `n eeu langs die rivier die krag van die stroom trotseer het, kantel en na `n ruk val dit om. Dit val regoor die stroom. Hulle kon dit soos `n brug gebruik om self en al hulle goed oor te neem na die anderkant toe. Hieroor sê Dan Crawford, en ek gebruik sy eie woorde: “The Royal Engineers of Heaven, had laid a pontoon bridge for God’s servants.”
God het `n doeltreffende brug vir sy sendelinge voorsien. Die natuur is onder God se beheer en Hy wentel en bestuur dit dikwels in antwoord op gebed. Ons ken die gebruik om te bid vir reën.
“Here, vandag bring ek my nood na U toe.”