LEES: Psalm 51: 10 – 17
“Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur `n gewillige gees” (14)
In 1895, skryf dr.Campbell Morgan, besoek hy Douglas, in the Isle of Man. Na een van sy namiddag dienste kom `n jongmeisie en vertel hom, vier jaar te vore, het sy al haar vreugde verloor. “Dank God!” antwoord hy haar. In haar geskokte verbasing, vra sy: “Waarvoor?” “Omdat jy weet wanneer jy jou vreugde verloor het. Want as jy weet wannéér jy jou vreugde verloor het, dan weet jy hoe en waarom dit jou verlaat het.” Sy antwoord: “Ek dink nie ek weet nie.” “Ja, jy weet. Jy is baie seker van die tyd; gaan nou vier jaar terug in jou lewe en vertel my wat gebeur het.” Sy laat haar kop hang en, skryf Morgan, ek raak seker iets besonders het met haar gebeur. “Wat was dit?” vra hy. “Ek en my beste vriendin het oor iets verskil. Ek wou haar dit vertel, maar sy het die land verlaat voor ek by haar kon kom.” “Wel, skryf vir haar en vertel haar jy was verkeerd. Ons Meester verwag dit van jou.” “Ek kán dit nie doen nie,” antwoord sy beslis. “Wel, dan sal jy jou vreugde nie terugkry nie.” Sy het deur die hele reeks van dienste gekom, vegtende teen God. Sy het die vreugde geken, van `n geseënde lewe, voorheen met God. Sy was nou in duisternis omdat sy nie wou teruggaan na die oorsaak van haar ongehoorsaamheid nie.
Campbell Morgan skryf: “Die volgende jaar het ek teruggegaan Douglas toe vir die jaarlikse reeks dienste. Die eerste persoon wat ek raakloop, is daardie jongmeisie. ‘Het jy die brief toe geskryf,’ vra ek,’ Haar hele gesig spreek van vreugde. Sy antwoord: ‘Ek het dit gisteraand geskryf. Ek het die hele jaar teen God geveg. En heel laas week, terwyl ek vooruitgesien het na die dienste, was ek in `n toestand van angs. Uiteindelik sê vir Hom: ‘O God, ek kan dit nie langer uithou nie. Ek gee in.’ En gisteraand skryf ek toe die brief en amper middernag loop ek posbus toe en pos die brief. En toe daardie brief in die gleuf afgly en ek hoor hoe land dit op die posbus die bodem, het die hemel in my hart teruggekom. Dit is nou weer lig in my. God is naby.’”
Vir `n kind van die Here, wat van iets verkeerds in sy of haar lewe weet, is daar nie `n ander weg na vrede toe nie, as om dit openlik vir die Here te vertel. En as dit te doen het met `n ander persoon, moet die nodige kontak met met die betrokke persoon gemaak word, en die saak moet met die persoon opgeklaar word..
Here, gee my vandag krag om my lewe voor U reg te maak.”