Wo 13 Jan: God se Plusteken

LEES: Galasiërs 2: 17 – 21

“Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my (v.20).

`n Groep universiteitstudente kom luidrugtig van `n plesier- en joolaand af. Die halfbesope leier kyk na `n kerk se toring en sien die kruis bo-op hierdie toring, helder in die maanlig blink, en roep: “Julle wiskundiges kyk na God se plusteken!” Daardie nag kan een van die studente nie slaap nie. Teen die oggend gaan hy in die leierstudent se kamer in en sê vir hom hy kon die nag nie slaap nie. Die aanskoue van die helderverlligte kruis as God se plusteken, het hom laat besluit om die kruis in sy hart te aanvaar, as God se oorvloedige liefde vir die mensdom. Jesus van die kruis het in sy hart en in dié van 7 ander studente toegang gekry.

Die kruis van Jesus is in ons harte `n belangrike be­wussyn vir ons geloofstrou. Iemand het in Skotland `n huis gekoop. Die vorige eienaar het in sy voortuin `n groot blombedding soos `n kruis uitgelê. Dit het die tuin oorheers. Soos die weke verbygaan, merk hy die uitleg van die kruisbedding begin dof word. Nie lank nie of die kruisvorm van die bedding kon nie meer dui­delik gesien word nie. H.P.Barker skryf: “Nothing had happened, but weeds and tufts of grass were springing up and obliterating the cross.” Gewone daaglikse dinge kan, as ons nie waaksaam is nie, die helderheid van die kruis in ons harte toegroei.

`n Filipynse christen vertel hoe hy een Goeie Vrydag by `n Roomskatolieke kerk verby ry. “The area around the church was crowded, not only with worshippers, but with many vendors selling incense, candles, veils and rosaries. Among the  busy merchants were small boys running about selling crosses, and caling, ‘Cheap crosses for sale! Buy a cheap cross!’”. Die man maak sy toepassing. Sommige mense wil graag `n goed­koop Christenskap hê. Een wat net lig en lekkerte is en geen eis stel op hul eie belange nie, geen eis op hul tyd of krag nie.

Die kruis van Golgota was nie `n goedkoop kruis nie. Christus het sy troon in die hemel prysgegegee om in hierdie wêreld van sonde te kom lewe, om ons vir God en die hemel los te koop. Hy is in `n stal gebore, is dikwels beledig en dan die wrede dood van die kruis. Hoekom? Dat ook ek en ook jy sondevergifnis kan kry en hemel toe gaan. En sy kruisdood was `n bitter dood. Vir 6 ure het hy in die warm son aan die kruis gehang, vasgehou deur spykers deur sy hande en voete. `n Doringkroon op sy kop. Tot Hy uiteiendelik kon sê: “Dit is volbring”. Toe sterf Hy. Ons skuld ten volle betaal. Ons ingang in die hemel wydoop.

“He calls us to take up our cross and follow Him. It is not a cheap, easy way, but it is a way filled with the light of his presence and blessed with oppor­tunities to serve. One day the cross will be exchanged for a crown.”

“Here, vandag wil ek u kruis opneem en dra.”