Ma 24 Jan: Wie is voor die deur

LEES: Matthéüs 25: 34 – 40

“Ek was `n vreemdeling en julle het My herberg gegee ”(35).

In die klein Duitse dorpie is die nag koud en die wind begin stormsterkte waai. In hulle huis sit Conrad Cotta sy fluit en speel. Sy vrou Ursula berei aandete. Skielik hoor hulle bo die wind se dreuning `n soet, maak swak stem­metjie sing (ek gee die Engels soos Naismith dit gee): “Foxes to their holes have gone, every bird into its nest; but I have wandered here alone, and for me there is no rest.” `n Klop aan die deur en hulle maak oop. Hulle sien `n halfverkluimde en armoedige seun staan. Hy vra asb. ontferming. “Kom in seun,” sê Conrad, “ons gee jou kos en slaapplek vir die nag.” Ursula maak dadelik vir hom kos, maar voor hy kan eet, verloor die seun sy bewussyn van moegheid en honger. Hulle help hom, gee hom kos en `n bed. Naismith skryf: “He seemed such a worthy teenager, that, after praying about it, they decided to treat him as their own son. They sent him to school and he later entered a monastery where he found a Bible and he eagerly read it. From it he learned the way of salvation.”  Hy word so beïndruk deur wat hy in die Bybel lees, dat hy dit nie vir homself kon hou nie, maar net waar hy kom praat hy daarvan. Veral Romeine 5:  “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan…(V.1,2)”. Dit verwek spanning in die klooster waar hy moet studeer. Maar, min het Conrad en Ursula besef, hierdie eensame sangertjie wat hulle die nag in die hulle huis ingeneem het en versorg het, was niemand minder as Martin Luther, die groot hervormer nie.

Die voorkoms van `n saak, die duur van die geringe saak, bevat soms `n waarde waaroor ons bly sal wees dat ons aandag gegee het. Ons het ons God en Vader nodig om in Jesus, deur die Heilige Gees, vir ons raad te gee as ons dit vra.

“Here, vandag wil ek u leiding en raad vra oor die saak waaroor aan die twyfel is.”