LEES: Psalm 39: 3 -10
“My hart het warm geword in my binneste; `n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong…” 4
Die evangelis, Rowland Hill, moes diwels hoor hy is van sy kop af weens sy heftige prediking. Hy het die aanklag geantwoord: “While I passed along yon road, I saw a grave pit cave in and bury three men alive. I hastened to the rescue and shouted for help until they heard me in the town, almost a mile away. Nobody called me a madman then.” Dit is hoe hy ook preek. “When I see destruction about to fall on sinners and entomb then in an eternal mass of woe, and I cry aloud, they say I am beside myself.”. Miskien is ek my sinne kwyt oor die vreeslike, ewige verdoemenis wat vir sondaars wag, sê hy verder, maar ek wens meer van die Here se kinders wil vervul word met `n drang om hulle medemense tot redding te laat kom. “More of this madness is needed!”
Meeste van ons besef nie waarheen die onbekeerde mens onderweg is nie. Van God se kant af is dit `n duidelike besef: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16). Jesus het dit besef. Dit was die drang agter sy groot verlossingswerk, om sy goddelike troon te verlaat, mens te word, aan die kruis gespyker te word en sy bloed te stort sodat ons sondes uitgewis kan word en ons die ewige lewe, die ewigheid in die hemel, kan ontvang.
Die gelykenis van Lasarus en die ryk man, in Lukas 16:19-31, vertel ons iets van hierdie vreeslike lewenseinde. En dis vir ewig. Dit is wanneer die Heilige Gees `n besef van die gevaar, waarin die onbekeerde mens verkeer, in ons harte opwek, dat ons sielewenners probeer wees. Boonop is daar groot loon vir elkeen wat `n ander mens tot bekering lei. Uit ons eie het ons nie die besorgdheid oor die Here se koninkryk en die verlore mensdom se ewige bestemming nie. Ons moet bid en vra dat die Here se Gees hierdie ontwaking in óns bring.
“Here, vandag wil ek iemand vir U wen.”