LEES: Lukas 23: 33 – 46
“En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” (43)
Brownlow North, een van die groot predikers van sy tyd, moes in een van grootste kerke in stad Aberdeen optree. Die kerk was oorvol. In die konsistorie kry hy `n nota van een van vroeëre kennise, van sy onbekeerde dae. Die nota lui: “I dare you to enter the pulpit. I know your past history. I followed you to Paris. I know your career of vice, and in Liverpool, and Manchester. You stand tonight in tha Chistian pulpit: I dare you do it!”
Brownlow North het in die preekstoel ingegaan. Hy begin sy diens deur die brief voor te lees. Hy laat niks weg nie. Nadat hy die lys van erge sondes uitgelees het, sê hy: “Dit is alles waar, maar daar is erger dinge waarvan my vorige maat nie eens weet nie. Maar daar het `n dag in my lewe gekom toe ek die Verlosser se stem in my hart gehoor het: ‘Brownlo North, gaan in vrede: you sondes is vergewe.’ As daar vir `n man soos ek genade was, is daar vir elkeen wat onder `n las van sondebesef leef, geleentheid vir vergifnis.”
Die vertelling eindig: “The service did not continue as arranged, for men and women were broken down there and then. Many hundreds, weeping, decided for Christ that night, and a mighty work began in the granite city where they still speak of it.
”Here, vandag kom ek met my sondes na U toe.”