Do 28 Jan: 5 Vinger Evangelie

LEES: Johannes 5: 20 – 26

“… wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe” (24)

Ons teks bo, Johannes 5:24, is die mid­del vers van Johannes 5. In dié vers is 5 werkwoorde wat by mekaar aansluit: hoor, glo, het, kom nie, oorgegaan. Ek skryf ook die Engelse vers hier, want in Naismith se hantering van die teks gebruik hy die Engelse woorde: “…whoever hears my word and believes him who sent me has eternal life and will not be condemned; he has crossed over from death to life.” Hy skryf: “Here are 5-finger exercises in die melody of heaven.”

In hierdie vyf-vingermelodie vir die lied van die he­mel, is die kleinste vinger, die pinkie, eerste. Die maklikste deel : hoor. Enigeen kan hoor. Dan kom die ringvinger, die vinger wat een­dag `n dia­mant kan dra : glo. Die persóónlike kontak met God. Vir wie glo? “Hom wat my gestuur het.” Nou die middelvinger, langste van die vyf vingers: het die ewige lewe. Die vierde vinger, die gevolg­trekking, die wysvinger, en kom nie in die oordeel nie. Gaan by die gevreesde oordeel verby. En dan die sterk duim, die duimdruk van sekerheid – het oorgegaan uit die dood in die lewe.

'n Mooi lied word bygevoeg, maar ek het dit nie in Afrikaans nie. Dit is so `n bevestiging van hierdie belangrike saak van in Jesus, vir Wie God aarde toe gestuur het, te glo en die ewige lewe te ontvang en verlossing van die oordeel te kry, dat ek dit graag plaas:

I trusted in Christ’s finished work:

My soul could ask no more.

This banishes all doubts that lurk –

John five and twenty-four.


No condemnation now for me:

No judgement lies before:

Exemption in Christ’s words I see –

In John five and twenty-four


“Here, vandag glo ek kinderlik U Woord.”.