Lees: Johannes 3 : 12 – 21
“…so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
In sy boek, Treasury of Notes, Quotes and Anecdotes, haal Naismith vir S.D.Gordon aan wat skryf: “The emergency the world is in through sin, calls for sacrifices that bring great pain of spirit.“ Dan vertel hy die storie. “A young man in a small college in die Middle West in U.S.A. was stirred by the needs of a foreign mission field. He determined to offer his life and service to help to meet that need.” Voor hy enige stappe neem om by `n sendingsaak aan te sluit, skryf hy eers vir sy moeder om haar te vetel van die brandende velange in sy hart om sendingveld toe te gaan. Hy vra haar toestemming. Na verloop van tyd kom die antwoord. Op die bladsye is klatte wat die tranebui wat saam met die skrywery van hierdie brief gegaan het, verraai. S. D. Gordon bewoord dit so: “Its pages brought up a vivid picture of that mother’s face and heart. She replied, in effect giving her consent, and then writing down these words, ‘I never knew until now how much it cost God to give His Son.’”
Bekende Johannes 3:16 gee uitdrukking aan die stemming waarin ons redding begin het. Dit is mensetaal, begryp deur menseharte. Ons redding het vir God `n prys gekos, `n prys op `n vlak wat ons enigsins na ons eie gevoelens kan herlei. ‘Want so lief het God die wêreld gehad – hoe groot was daardie liefde? – dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’ Kan ek God se liefde vir my bedink? Ek kan as ek dit uit my eie lewenswaades bepeins. Hoe lief het ek my kind? En as daardie sendingma moes weet hoe haar kind op die sendingveld gaan sterf – hy is nie op die sendingveld dood nie, maar sê-nou hy is wreed vermoor word, hoe groot sou die traneklatte dan gewees het? God het sy Seun gegee, wetend van sy lyding aan die kruis.
“Here, vandag oordink ek U liefde vir my.”