Lees Kolossense 1: 1 – 8
“Die evangelie het julle bereik…soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en
verder versprei (6).”
Op ’n dag staan die ryk, geleerde, jong Duitse edelman, Graaf Nicholaus Ludwig
von Zinzendorf, wat in 1700 in ‘n vooraanstaande Europese familie gebore is en
in ’n omgewing van gebed, Bybelstudie en lofsange opgegroei het, in die
kunsmuseum van Dusseldorf na die skildery Ecce Homo en kyk. Die woorde onderaan
die gehawende figuur van Jesus op die skildery, soos Hy gelyk het na Pilatus
se soldate met Hom klaar was, gryp hom aan: Dit het Ek vir jou gedoen. Wat doen
jy vir my? Hy was reeds ’n Christen, maar hy was ’n besadige volgeling van die
Here Jesus. Aangegryp deur die woorde sê hy vir homself: “Ek het Jesus al vir ’n
lang tyd lief, maar wat het ek al vír Hom gedoen? Van nou af gaan ek alles doen
wat Hy van my mag vra.” Daardie dag het teruggegaan huis toe en op sy grond,
Hernhut, die Morawiese Sending begin.
John Wesley, die trotse jong priester van The Church of England, wat in Amerika
sendingwerk gaan doen het, het daar met Morawiese sendelinge in aanraking kom
en uit húlle toegewyde geloofslewe agtergekom, hy is self nie regtig ’n bekeerde
man nie. Hy is terug Engeland toe, om sy eie lewe eers te gaan regkry. Dáár het
’n Morawiese prediker vir Wesley na die Here gelei. Die groot oes het begin inkom.
John Wesley en sy broer Charles het die Metodiste-kerk gestig en saam met George
Whitefield die leiers geword in die groot herlewing, wat van die middel van die
18de tot diep in die 19de eeu, geduur het, en selfs na Suid-Afrika toe uitgebrei
het, waarvan die jaarlikse pinksterbidure nog ’n navrug is.
’n Geseënde vrug het voortgevloei uit die nederige, ernstige vraag, van die arm
sigeunermeisie, wie se hart deur die Heilige Gees ontwaak is, toe sy na die Here
Jesus se lyding gekyk het. Ek wens ek kon weet wat van Papita geword het, maar ek
wil glo sy het die Here Jesus, aan wie sy haar hart eintlik reeds gegee het, be
ter en beter leer ken. Ek hoop ek sal, saam met u, haar groot loon in die ewigheid
kan gadeslaan.
“Here, vandag bid ek vir die uitbreiding van u koninkryk.”