“Moet oor niks besorg wees nie…maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (6,7).
In sy boek, How to Stop Worrying and Start Living, vertel Dale Carnegie van James Cash Penney se ervaring in ’n hospitaal. Hy het as gevolg van spanning en bekommernis daar beland. Hy was ’n eerlike, hardwerkende man met ’n skoon en toegewyde lewe. Etlike Baptiste pastors was in sy voorgeslag. In 1929, tydens die Depressie, het hy deur onverstandige beleggings in die moeilikheid beland. Hy het hom begin bekommer oor sy finansiële posisie en gou het slapeloosheid ingetree. Hy het pynlike gordelroos ontwikkel en is hospitaal toe gestuur. Die pyn- en kalmeermiddels het hom nie help nie. Sy geestestoestand het agteruitgegaan. Hy beskryf sy toestand so: “I was broken nervously and physically, filled with despair, unable to see even a ray of hope. I had nothing to live for. I felt I hadn’t a friend left in the world, that even my family turned against me.” Een nag het hy vaarwelbriewe aan sy vrou en seuns geskryf, want hy het gedink hy gaan sterf. Maar hy het bly leef en die volgende oggend hoor hy mense in die hospitaalkapel sing. Hy hoor die woorde duidelik: “Be not dismayed whate’er betide, God will take care of you.” So gou en goed hy kon, is hy self kapel toe. Hy luister na die samesang, die skriflesing en gebede. Hy skryf: “Suddenly – something happened. I can’t explain it. I can only call it a miracle. I felt as if I had been instanly lifted out of the darkness of a dungeon into warm, brilliant sunlight.” Sy bekommernis het weggeval en ’n besef van die Here Jesus se groot liefde en sorg vir hom het sy hart vervul. Sy bedruktheid was verby. Hy het daardie ervaring in die hospitaalkapel later beskryf as “the most dramatic and glorious twenty minutes of my life.”
In Lukas 11 nooi Jesus ons om met ons probleme na Hom, as ons Vriend, toe te kom: “Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word’” (Luk.11:9).
“Here, vandag bring ek ’n groot probeem na U toe.”