“Jesus Christus, die Seun van God …is die ‘ja’ van God, die ‘ja’ op al sy beloftes…dit (is) ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop ‘Amen’ sê” (19,20).
In sy boek Knowing God vertel J. I. Packer van ’n ou Puritynse prediker, Thomas Watson, wat in sy klein kerkie, een Sondag, 17 Augustus 1662, treffend oor God se beloftes gepreek het. “The promises are great supports to faith. Faith lives in a promise, as the fish lives in the water. The promises are both comforting and quickening, the very breast of the gospel; as the child by sucking the breasts gets strength, so faith, by sucking the breast of a promise, gets strength and revives. There is no condition that you can be in, but you have a promise.” Dit is tot ons skade as ons nie ons Bybel genoeg lees, vir God om vir ons sy beloftes, vir ons situasie te gee nie.
Dr. Everel Storms van Ontario skryf in Contact Magazine: “The Holy Scriptures contain a grand total of 8 810 promises. How do I know? I counted them.” Hy het dit geklasifiseer: 7 487 beloftes is deur God aan mense gemaak; 991 is beloftes van mens tot mens; 290 beloftes is deur ’n mens aan God gemaak. Engele het beloftes gemaak, meesal in Lukas. Die duiwel het 9 beloftes aan mense gemaak. Bv. een aan Eva in die Tuin: “…die dag as julle van daardie boom eet… sal julle soos God wees…” (Gen.3:4). Tot haar bittere skade het sy uitgevind ’n mens kan Satan nie glo nie. Een van Satan se ander beloftes was aan Jesus: “…die duiwel…wys Hom in ’n oogwink al die koninkryke van die wêreld…’Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee…as U maar net voor my buig en my aanbid’” (Mat.4:6). Gelukkig vir ons het Jesus die duiwel goed geken en eerder God se Woord gehoorsaam. Jesus antwoord: “Daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien” (Mat.4:8). Gehoorsaamheid aan God het vir Jesus uitgeloop op die kruisdood, maar dit het God verheerlik, ons verlos en vir Jesus na die opstanding ewige heerlikheid en eer in die hemel gebring. Dr. Storms skryf verder In die boek Titus is geen belofte nie. Aan die ander kant bevat Jesaja, Jeremia en Esegiël meer as 1 000 beloftes elk. Dan eindig dr. Storms: “The most outstanding chapter as far as pormises are concerned is Psalm 37. Practically every verse is a most wonderful promise.” Dit sal ons loon om hierdie Psalm uit die kop te ken vir ons daaglikse omstandighede. En Spurgeon voeg by: God never gives his children a promise which he does nog intend them to use.” Dan belangrik: ’n belofte het net waarde as dit geglo word.
“Here, vandag lees ek u beloftes en ek glo U.”