“Bekommernis druk ’n mens neer; ’n vriendelike woord vrolik hom op” (25).
In Sounds vertel ’n vrou dat ’n bejaarde man gereeld by hulle antieke winkel in New Hampshire langs gekom het om meubels te verkoop. Eendag na hy vertrek het, sê sy vir haar man sy wens sy het vir die ouman vertel hoe hulle sy besoeke geniet. Haar man antwoord: “Volgende keer vertel ons hom.” Die volgende somer kom ’n jong vrou na die winkel toe en stel haarself voor as die dogter van die ouman wat altyd daar meubels kom verkoop het. Haar pa is dood, sê sy. Die vrou vertel haar van haar en haar man se geprek die laaste keer toe die ouman daar was. Die dogter se oë word vol trane. “Ag, hoe sou dit hom nie opgebeur het nie,” antwoord sy huilend. “Hy was ’n teruggetrokke mens wat altyd nodig gehad het om te hoor mense hou van hom.” Die winkelvrou het later gesê: “Sedert daardie dag sê ek dit dadelik as ek iets is goeds van ’n persoon dink. Ek kry dalk nie weer kans om dit te doen nie.”
’n Mens kan deur wat jy vir iemand sê soveel goed, maar ook soveel kwaad doen. As dit iets goeds is, sê dit dadelik. As dit iets kwaads is, dink eers weer en wag ’n rukkie voor mens dit vir die persoon sê: “Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê” (Spreuke 12:18).
“Here, vandag wil ek goed van ’n ander praat.”