SKRIFGEDEELTE: Filippense 3:10
"Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan Sy lyding."
Ella Wheeler Wilcox het geskryf: "Een skip vaar oos en 'n ander vaar wes met die selfde winde wat waai. Waarheen jy vaar word bepaal deur hoe jy die seile span, en nie deur die winde nie. Die noodlot is soos die winde van die see, dit waai ons deur die lewe. Dit is hoe jy jou seil span wat die doel bepaal en nie die kalmte of struwelinge nie."
Het jy al ooit opgelet hoe dieselfde omstandighede een mens onderdruk en 'n ander aanspoor tot groter hoogtes? "warheen jy vaar word bepaal deur hoe jy die seile span, en nie deur die winde nie." Dit is duidelik dat Paulus sy seile moes span: "Al wat ek wens, is om Christus te ken." En hy het geweier om van koers af te dwaal of om 'n kompromis aan te gaan.
Intimiteit met God was Paulus se enigste doel. Is dit maklik om so 'n doel te bereik? Nee! Dit beteken dat jy nooit kan opgee nie en jouself baie tyd moet gee om dit te bereik. Jy kan nie Godvresendheid op 'n skedule plaas nie. Jy moet geestelike dissiplines soveel oefen dat hulle later gewoontes word. Jou verstand het tyd en ervaring nodig om hulle te assimileer. Soos enige nuwe gedrag moet hulle eers deurdink, aanvaar en aangepas word. Soos die tyd verbygaan sal sommige van hulle posvat en deel word van 'n konstante lewensstyl. As jy terugkyk op jou lewe sal jy agterkom dat jy wel verander het. Hoe? Jy het jou seile in 'n nuwe rigting gespan en word nie meer doelloos rondgewaai deur die winde van drange, omstandighede, gerief, openbare mening of eie belang nie. Om soos Christus te wees is 'n reis, nie 'n bestemming nie. Beplan dus vir 'n leeftyd van reis en maak seker dat jy dit geniet terwyl jy op pad is.
Woens 31 Des: Die Winnende Krag
Lees Lukas 6:27-31
“…doen goed aan mense deur wie julle gehaat word…”(27).
Dr. Stuart J. Holden was beïndruk deur die toegewyde Christenskap van ’n sersant in die Britse Weermag. Hy het hom gevra hoe hy tot bekering gekom het. “Voor ons Egipte toe gestuur is, was ons in Malta,” vertel die sersant aan dr. Holden. “Een van die manskappe in my afdeling het tot bekering gekom en hy het geen doekies omgedraai dat hy ’n volgeling van Jesus Christus is nie. Sy absolute toegewyde lewe, en wat ons gedink het ’n dwepery is, het ons almal ontstig en ons het hom daarvoor laat boet. Hy het volhard in sy navolging van Jesus. Een nag het ons natgereën en moeg gesukkel na ons barakke toe teruggekeer. Ek het kort van draad nog in my bed probeer kom toe hy, sowaar, eers by sy bed kniel en begin bid. Dit was vir my net een te veel. My stewels was swaar van die nat modder. Ek het eers my een stewel geneem en hom teen sy kop gekap en toe die ander stewel geneem en hom teen die ander kant van sy kop geslaan. Hy het sy kop net tussen sy skouers ingetrek en verder gebid. Ek het omgedraai, ingekruip en dadelik aan die slaap geraak. Toe ek die volgende oggend wakker word, staan my twee stewels langs my bed, netjies skoongemaak en blink gepoleer. Dít was my manskap se reaksie op my nydigheid. Dit het my gebreek. Ek het met die kapelaan gaan praat en my hart vir die Here gegee. Daarna het ek vir my manskap gaan vertel en verkoning gevra vir my gedrag. Ek wens jy kon sy blydskap sien!”
Dit is hierdie oorwinning van goedheid in antwoord op kwaad, waarmee Christene ander se harte kan wen. As die Christen ander se onbeskoftheid in dieselfde munt terugbetaal, verloor sy getuienis krag. Dit is hoe Paulus en Silas in die tronk van Filippi die tronkbewaarder se hart gewen het. Met rûe stukkende geslaan, sing hulle lofliedere. Jesus het aan die kruis vir sy vyande gebid. Hy het ons geleer: draai die ander wang, antwoord haat met liefde, bevoordeel jou vyand. Dit verg meer as net menslike ordentlikheid en verdraagsaamheid om só ’n kwaliteit lewe te kan uitleef. Slegs as die Heilige Gees die lewe van Christus in ons openbaar kan ons hierdie soort Christenskap uitleef. Dit vra ’n “baie naby aan die Here bly” soort lewe.
“Here, vandag wil ek naby aan U kom, sodat ek u eie liefde in my gedrag teenoor ander kan betoon.”

Dins 30 Des: Oomblik Na Oomblik
SKRIFDEEL: Lees Jesaja 12:1-6
“Die Here my God is my krag en my beskerming. Hy is my redder” (2).
Die lied “Simply trusting every day” het vir die eerste keer as ’n gedig in ‘n koerant verskyn. Iemand het dit aan die evangelis D. L. Moody gegee. Hy het dit gelees en was tevrede dat dit leerstellig korrek is en tot geestelike seën vir mense kan wees. Op sy versoek het die sanger, Ira D. Sankey, die lied getoonset en by geleenthede gesing.
Die woorde “elke dag” het na ’n effense lang tyd geklink en die lied is verander na:“I need Thee every hour”. Dit het deur die Borstal Seunsinstituutkoor baie bekend geword. Tydens die wêreldskou in Chicago is die lied, “I need Thee every hour”, dik-wels by samekomste gesing. Henry Varley, ’n Amerikaanse evangelis, het teenoor sy vriend, maj. Whittle, die opmerking gemaak: “Ek het die Here nie net elke uur nodig nie. Ek het Hom elke oomblik in my lewe nodig.” Maj. Whittle het hierna ’n lied geskryf waarvan die koortjie, wat na elke vers herhaal word, baie bekend geword het:
Moment by moment I’m kept in His love;
Moment by moment I’ve life from above,
Looking to Jesus till glory doth shine;
Moment by moment, O Lord, I am Thine.
Die gedurige teenwoordigheid en hulp van die Here word in die Here se Woord aan ons belowe: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou” (Jes.41:10). Jesus belowe sy gedurige teenwoordigheid aan sy dissipels (en daarom ook aan ons): “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Mat.28:20).

“Here, vandag wil ek terugleun in u arms en in my hart u vrede hê.”
Ma 29 Des: Binne Elkeen se Vermoë
SKRIFDEEL: Lukas 10:25-37
“Hy het na hom toe gegaan…hom op sy rydier gehelp en hom na ’n herberg toe geneem…” (34)
Op ’n koue wintermiddag in Londen sit ’n ou man naby die hoek van ‘n straat op sy lae stoeltjie en bedel. Met vingers, blou van die koue, probeer hy sukkelende op ’n goedkoop viool speel. Die vals klanke trek min aandag. Min geldstukkies beland in sy omgekeerde hoed. Die ysige wind dryf die mense vinnig na hulle bestemming toe. Twee welgeklede mans steek by die ou man vas. Die een man spreek hom in gebroke Engels, met ’n vreemde aksent, aan: “Jy kry maar min in, nè? Niemand wil gee nie, nê? Kom ons máák hulle gee.” Hy neem die viool by die verbaasde ou man en stem dit in. Toe die strykstok oor die snare streel, is dit of daar lewe in die viool kom. Soet klanke, vol musiek, stroom uit. Mense kom tot stilstand, bly staan en luister. ’n Skare vergader. Die straathoek verander in ’n konsertverhoog. Die ou man se hoed word rondgestuur. Dit word swaar van al die muntstukke. Die vreemdeling gee die hoed vol geld en die viool aan die ou man terug. Die ou man is oorstelp van vreugde en opwinding. “Dankie! Dankie!” prewel die ou. “Wie is u, Meneer?” Die man glimlag. “My naam is Paganini.”
Dit was gerieflik binne Paganini se vermoë om die nodige taak, wat totaal buite die ou man se vermoë was, te verrig. Ons het elkeen vermoëns wat aan ander ontbreek. Ons kry ook geleenthede om vir ander dié dinge te doen wat vir hulle nodig is, maar wat hulle nie kan vermag nie. Dit is soos ’n dankoffer aan God, wat vir ons ons gawes gegee het, as ons vrywillig en hartlik vir iemand ’n onmoontlike knoop deurhaak. “Ek was oë vir die blindes en voete vir die kreupeles…” (Job 29:15).
“Here, vandag hou ek my oë oop vir ’n geleentheid om iemand te help met die gawes wat U aan my gegee het.”

Vry 26 Des: Ons Kosbare Bybel
SKRIFDEEL: Romeine 10:13-21
“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (v17 Ou Vertaling).
Vyf honderd jaar gelede was dit in Engeland ’n misdaad om ’n Bybel te besit. Gelukkig het ons in ons land nog nooit so ’n belewenis gehad nie! Die Bybel kon nog altyd vryelik gelees word. Tog het ’n paar manne in Engeland, gewaag om ten spyte van die verbanning van die Bybel, die Bybel in gewone mense se hande te plaas. Sulke soort mense het die Bybel ook aan ons besorg.
Een van hulle was William Tyndale. Hy het homself aan God met ‘n eed verbind om in élke gewone mens se hande ’n Bybel te plaas. Sy bekende woorde was: “Every ploughboy should know the Scriptures.” Hy is uit Engeland verban om nooit weer terug te keer nie. Op die Europese vasteland het hy jare gewerk om die Bybel in Engels te vertaal. Sy eerste Engelse Nuwe Testament is in 1525 gedruk. Met die behulp van vriende het hy duisende Bybels Engeland ingesmokkel. Hy is in hegtenis geneem en in ’n koue sel in Vilvorde, België opgesluit. Daarna is hy op ’n brandstapel verbrand. William Tyndale het, in navolging van sy Meester, sy lewe gegee om vir ons die Bybel te gee. Sy laaste woorde was: “O Lord, open Thou the King of Engeland’s eyes.” Sy gebed is sodanig beantwoord dat die tradisionele Engelse Bybel die “King James Version” genoem word.
Die toegang van die evangelie in hierdie wêreld word heftig deur Satan weerstaan. Deur die krag van die Heilige Gees oorwin Christus se koninkryk en die evangelie het sy loop. Die uitbreiding van God se koninkryk het egter ’n hoë prys. Ons dank God vir manne en vroue wat in die wêreld se geskiedenis, bereid was om die hoogste prys, hul lewe, te betaal om die evangelie uit te dra. Dit spreek ons eie hart aan? Wat maak ons met hierdie groot skat wat na ons toe oorgedra is? Satan kon die verpreiding van die Here se woord nie keer nie. Nou doen hy, vir hom, die tweede beste ding: hy keer dat mense hulle Bybel lees! Hoe slaag hy by u daarmee? Lees die Here se woord. Oordink sy woord. As ons met oop oë en oop hart die Bybel lees, groei ons in ons kennis van God se koninkryk en ons groei in ons geestelike lewe. Uit die Woord, deur die Heilige Gees se werking, leer ons die Here Jesus ken. “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:18 Ou Vertaling).
“Here, vandag dank ek U vir my Bybel en ek wil u Woord lees en oordink en onthou.”

Do 25 Des: Ook in 'n Stal
Lees Lukas 2:8-20
“Vandag is daar vir julle die … Verlosser gebore, Christus die Here… julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê” (10-12).
Een oggend word ’n boemelaar in ’n vreemde soort bed wakker. Hoe hy daar gekom het, weet hy nie, want hy was die vorige aand weer dronk. Buite is dit koud, ’n Europese koue, maar hy lê lekker, sag en warm. Ook ’n ongewone seën vir hom. Hy probeer vasstel waar hy is. Met die pynklop in sy kop, is hy vanoggend besonder bewus van homself. Waar is hy? Hy lê langs lewe, want hy voel die beweging van asemhaling – en die vriendelike warmte. Hy steek sy hand uit en voel. Hy lê op strooi en – langs’n koei! Van alle plekke is hy in ’n stal. Hy glimlag wrang. Hy het darem diep geval. Nou kom die honger en hy dink aan ontbyt. Waar sal hy ietsie te ete kry? Gister is hy by ’n paar plekke weggejaag omdat hy vuil en half besope was. Sy soort is nêrens welkom nie. Hy is een van die diepgevallenes in die wêreld. Klokke begin beier. Hy hoor ook sang. Sang wat nader kom. Baie kinderstemme. Dit daal oor hom: dit is Kersfees. Trane brand in sy oë. Kersfees, en hy lê in ’n stal langs ’n koei! Kan enige mens dieper val? Die woorde van die lied en die dinge van die Here wat hy as kind en jongmens in sy huis en in die kerk geleer het, kom brandende terug in sy hart: Die Heiland is gebore in stille Betlehem…So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun, sy enige, gegee het as Middelaar en Steun…Kom na die krip so needrig, daar lê die Kindjie teer…Word U uit sondaarsliefde ’n Kindjie, swak en klein …Wou U uit gindse hemel op aard’ by ons kom woon – Dan bied ons nou ons harte U, die liewe Heer, tot troon!
Die sang word sagter, die singende kinders gaan verby, maar die woorde bly agter in die gedagte van die man wat in die strooi langs die herkouende koei lê. Hy, die Seun van God, het ook in ’n stal, in ‘n krip gelê! Die boemelaar begin snik. Hy kniel langs die koei in die strooi. Hy bedek sy gesig met sy hande en druk, knielende, sy kop teen die grond. “Ek het diep, diep geval, Here, maar U het tot in die stal by my gekom. Kom in my hart, Here Jesus, en maak dit u troon. Red my, Here…” Stilte kom in sy gemoed. Vrede kom in sy hart. Hy wat uit die hemel afgekom het tot in ’n stal, om te soek en te red dié wat verlore is, het tot by hierdie diepgevalle man in die stal gekom en hom gered en nuut gemaak. Niemand het ooit te laag gedaal dat Jesus, die Saligmaker, hom nie kan bereik nie. “Hy wat in die gestalte van God was het Homself verneder… ja, tot die dood aan die kruis” (Fil.2:6-8).

“Here, vandag glo ek U kom tot hier waar ek nóú is.”
Woens 24 Des: Maak Die Deur Oop
SKRIFDEEL: Hebreërs 2: 10 – 18
“Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword… daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy `n barmhartige en getroue Hoëprieser voor God kon wees…(14-17)
Baie jare gelede sit `n ou man met gehawende en stofbedekte klere aan, op die klipmuurtjie, wat om die Withuis, die woning van pres. Lincoln, loop. Sy gesig is nat van die trane. Hy maak `n droewige figuur van ellende uit. `n Seun wat `n metaalband voor hom uitrol, kom by die ou man tot stilstand. Hy wil weet wat fout is met die bejammeringswaardige ou man. Die ou man kom regop. Hy vertel sy storie. Sy seun veg in die sg. American Army of the Potomac. Hy is van drostery aangekla en tot die dood veroordeel. Die pa wou met president Lincoln praat, sy seun se omstandighede verduidelik en genade vra, maar die wagte wil hom nie deurlaat na die president toe nie. “Ek sal jou na hom toe neem,” bied die seun aan. “Jy?” sê-vra die ou man verbaas. “Ja. Hy is my pa en hy laat my enige tyd by hom inkom.” So kry die ou man toegang tot die president deur dié se seun. Na hy sy eie seun se saak bepleit het, kry hy sy seun se vryspraak van sy doodsvonnis. Die verhaal eindig: “Thus, it is that through Jesus Christ, the Son, we have access to God the Father.”
Dit is die vooraand van Kersfees. Dit is wat Kersfees vir ons beteken. Die Seun van God het soos ons mens geword om ons plek te kon inneem en later aan die kruis ons straf vir ons sondes te kon dra. Hierdie groot liefdesguns aan ons, moet deel wees van ons Kersvreugde. Kom ons dink daaraan en ons loof dit! “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom” (Joh.14:6).

“Here, vandag is U my oop deur na God toe.”
Dins 23 Des: Ons Kosbare Bybel
SKRIFDEEL: Romeine 10:13-21
“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (v17 Ou Vertaling).
Vyf honderd jaar gelede was dit in Engeland ’n misdaad om ’n Bybel te besit. Gelukkig het ons in ons land nog nooit so ’n belewenis gehad nie! Die Bybel kon nog altyd vryelik gelees word. Tog het ’n paar manne in Engeland, gewaag om ten spyte van die verbanning van die Bybel, die Bybel in gewone mense se hande te plaas. Sulke soort mense het die Bybel ook aan ons besorg.
Een van hulle was William Tyndale. Hy het homself aan God met ‘n eed verbind om in élke gewone mens se hande ’n Bybel te plaas. Sy bekende woorde was: “Every ploughboy should know the Scriptures.” Hy is uit Engeland verban om nooit weer terug te keer nie. Op die Europese vasteland het hy jare gewerk om die Bybel in Engels te vertaal. Sy eerste Engelse Nuwe Testament is in 1525 gedruk. Met die behulp van vriende het hy duisende Bybels Engeland ingesmokkel. Hy is in hegtenis geneem en in ’n koue sel in Vilvorde, België opgesluit. Daarna is hy op ’n brandstapel verbrand. William Tyndale het, in navolging van sy Meester, sy lewe gegee om vir ons die Bybel te gee. Sy laaste woorde was: “O Lord, open Thou the King of Engeland’s eyes.” Sy gebed is sodanig beantwoord dat die tradisionele Engelse Bybel die “King James Version” genoem word.
Die toegang van die evangelie in hierdie wêreld word heftig deur Satan weerstaan. Deur die krag van die Heilige Gees oorwin Christus se koninkryk en die evangelie het sy loop. Die uitbreiding van God se koninkryk het egter ’n hoë prys. Ons dank God vir manne en vroue wat in die wêreld se geskiedenis, bereid was om die hoogste prys, hul lewe, te betaal om die evangelie uit te dra. Dit spreek ons eie hart aan? Wat maak ons met hierdie groot skat wat na ons toe oorgedra is? Satan kon die verpreiding van die Here se woord nie keer nie. Nou doen hy, vir hom, die tweede beste ding: hy keer dat mense hulle Bybel lees! Hoe slaag hy by u daarmee? Lees die Here se woord. Oordink sy woord. As ons met oop oë en oop hart die Bybel lees, groei ons in ons kennis van God se koninkryk en ons groei in ons geestelike lewe. Uit die Woord, deur die Heilige Gees se werking, leer ons die Here Jesus ken. “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:18 Ou Vertaling).
“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (v17 Ou Vertaling).
Vyf honderd jaar gelede was dit in Engeland ’n misdaad om ’n Bybel te besit. Gelukkig het ons in ons land nog nooit so ’n belewenis gehad nie! Die Bybel kon nog altyd vryelik gelees word. Tog het ’n paar manne in Engeland, gewaag om ten spyte van die verbanning van die Bybel, die Bybel in gewone mense se hande te plaas. Sulke soort mense het die Bybel ook aan ons besorg.
Een van hulle was William Tyndale. Hy het homself aan God met ‘n eed verbind om in élke gewone mens se hande ’n Bybel te plaas. Sy bekende woorde was: “Every ploughboy should know the Scriptures.” Hy is uit Engeland verban om nooit weer terug te keer nie. Op die Europese vasteland het hy jare gewerk om die Bybel in Engels te vertaal. Sy eerste Engelse Nuwe Testament is in 1525 gedruk. Met die behulp van vriende het hy duisende Bybels Engeland ingesmokkel. Hy is in hegtenis geneem en in ’n koue sel in Vilvorde, België opgesluit. Daarna is hy op ’n brandstapel verbrand. William Tyndale het, in navolging van sy Meester, sy lewe gegee om vir ons die Bybel te gee. Sy laaste woorde was: “O Lord, open Thou the King of Engeland’s eyes.” Sy gebed is sodanig beantwoord dat die tradisionele Engelse Bybel die “King James Version” genoem word.
Die toegang van die evangelie in hierdie wêreld word heftig deur Satan weerstaan. Deur die krag van die Heilige Gees oorwin Christus se koninkryk en die evangelie het sy loop. Die uitbreiding van God se koninkryk het egter ’n hoë prys. Ons dank God vir manne en vroue wat in die wêreld se geskiedenis, bereid was om die hoogste prys, hul lewe, te betaal om die evangelie uit te dra. Dit spreek ons eie hart aan? Wat maak ons met hierdie groot skat wat na ons toe oorgedra is? Satan kon die verpreiding van die Here se woord nie keer nie. Nou doen hy, vir hom, die tweede beste ding: hy keer dat mense hulle Bybel lees! Hoe slaag hy by u daarmee? Lees die Here se woord. Oordink sy woord. As ons met oop oë en oop hart die Bybel lees, groei ons in ons kennis van God se koninkryk en ons groei in ons geestelike lewe. Uit die Woord, deur die Heilige Gees se werking, leer ons die Here Jesus ken. “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:18 Ou Vertaling).
“Here, vandag dank ek U vir my Bybel en ek wil u Woord lees en oordink en onthou.”
Ma 22 Des: Modder word Droog
SKRIFDEEL: 2 Timoteus 2: 22 – 26
“`n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie… iemand wat onreg kan verdra. Met vriendelikheid moet hy sy teenstanders teregwys” (24,25).
“Father Graham was an old-fashioned gentleman, beloved by every one, and his influence in the little town was great, so good and active was he,” vertel ‘Our Young Covenanters’,” vir ons die storie. `n Jongman in die dorpie is deur iemand erg beledig. Verontwaardig en woedend het hy na Father Graham toe gekom vir raad. Hy is nou op pad na die persoon toe, vertel hy vir Father Graham, om dadelik `n behoorlike verskoning te eis. “Ou seun,” praat Father Graham met die ontstoke jongman, “laat `n ou man wat lief is vir vrede vir jou `n brokkie advies gee. `n Belediging is soos modder; dit borsel baie makliker af as dit droog is, as wanneer jy nat modder probeer skoonkry. Wag `n rukkie totdat julle albei se humeure afgekoel het, en dan gaan julle die saak makliker regmaak as wat nou kan gebeur. As jy nou gaan, gaan julle net baklei. Our Young Covenanters sluit die storie so af: “It is pleasant to be able to add that the young man took his advice, and before the next day was gone the insulting person came te beg fogiveness.”
Al verloop die uiteinde van `n twis nie so mooi en maklik soos hierdie een nie, is dit `n groot en verstandige waarheid. As kalmte van gemoedere ingetree het, kan enige saak makliker uitgepraat word as wanneer al die betrokkenes kwaad is. Laat die modder eers droog word.
Net so mooi is die storie van die dogtertjie wat oppad is skool toe. Alles aan haar is wit: wit rokkie, wit kousies, selfs wit skoentjies, en sy dra vir haar juffrou `n bossie wit blomme. Sy loop by `n seuntjie verby wat op die sypaadjie sy modderkoekies sit en maak. Toe sy by hom kom, gaan sy net so effens staan dat hy kan sien hoe mooi sy is. Hy kyk vir `n oomblik en toe tel hy `n modderkoekie op en gooi dit teen haar vas. Bederf is die wit rok! Vir `n oomblik kyk albei ewe verskrik na mekaar. Toe breek sy een van die wit blommetjies af en gooi dit op sy skoot. Hy gee net een skree, spring op en hardloop huis toe. Die ene trane land hy by sy ma en vertel wat gebeur het. Verstandig gaan die ma na die huilende dogtertjie toe, neem haar na haar eie huis toe en so saam-saam sorg die twee ma’s dat die wit uitrusting herstel word. Die middag speel die kinders weer saam.

“Here, vandag loop ek saam met U die weg van vredemaak.”
Vry 19 Des: Brandende Lampe
SKRIFDEEL: Matteus 5: 13 – 16
“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is verheerlik” (16).
Tydens `n hewige storm een aand, word die dokter in `n klein plattelandse dorpie, uitgeroep na `n siek kindjie toe, op `n plaas, meer as 15 km. buite die dorp, skryf Christian Age die storie. Die kapok val vinnig en maak die sig so swak, dat die dokter in gevaar is om met sy kapkar en perde die pad byster te raak. Hy bereik `n plaashuis langs die pad. Per telefoon vra hy die volgende plaashuis se mense om `n brandende lantern uit te hang om hom koers te gee. Húlle vra weer die volgende bure om dieselfde te doen, en so gaan die boodskap van plaas tot plaas, totdat `n ry ligte die dokter in staat stel om, in die donker, die huis te bereik waar die kindjie hom so dringend nodig het. Nie een van die mense van daardie omgewing kon vir kindjie iets doen nie, maar elkeen kon wel `n lamp opsteek, om die man wat die kindjie kón help, in staat te stel om hom te bereik. Elke lampopsteker het deel gehad aan die redding van die kindjie se lewe.
“Is not that a picture of the Christian life?” vra Christian Age. “We can each throw a light upon that part of the road that runs by our own door to make sure that no one shall miss the way because our light is not burning.” Die lig van Christus wat iemand kan red, lê nie in die groot dinge wat ons doen nie, maar in klein, daaglikse insidente, wat met die lig van Christus se lewe gevul is: `n vriendelike woord, `n nodige guns, `n noodsaaklike bystand, `n opwekkende bemoediging. Uit eie krag en eie wysheid het ons nie hierdie ligpunte, hierdie brandende lampe, in ons lewe nie. In ons goeie verhouding met Christus bring die Heilige Gees dit in ons lewe in. “Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het…julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword …met `n blydskap wat van die Heilige Gees kom… het julle `n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië…Van julle af is die woord van die Here in Masedonië…verkondig…Die mense vertel self hoe julle…die lewende en ware God dien… en sy Seun uit die hemel verwag, Jesus deur wie ons gered word van die oordeel wat kom” (1 Tes.1:6-10).

“Here, vandag vra ek om my lamp helder te laat brand.”
Don 18 Des: Skynende Lig
SKRIFDEEL: Lukas 2: 8 – 20
“…die glans van die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn…die engel sê vir hulle ‘…ek bring vir julle `n goeie tyding van groot blydskap…Vannag is daar vir julle …die Verlosser gebore, Christus die Here!’” (10,11).
Twee jongmense loop met die paadjie wat aan die voet van Catskill Mountains, al langs die rivier kronkel, vertel Secret Place. Hulle praat oor `n jongmeisie wat hulle albei ken. Die jongman sê: “Sy het, wat ek sou noem, `n stralende persoonlikheid.” “Dis waar,” stem sy vriendin saam. “Hoe sou jy dit verklaar?” Hulle stap `n endjie in stilte, dan wys die jongman na die oorkant van die rivier. “Sien jy daardie ou kasteel? Toe ek `n seuntjie was, was ek en my maats lief om hier op die rivierwal te sit en na die kasteel te kyk. Ons kon sê wat in die kasteel aangaan volgens die ligte wat in die kasteel brand. As net die familie bymekaar was, het net `n paar ligte gebrand. As hulle gaste onthaal, brand `n klomp ligte. Een keer het `n lid van die koninklike familie daar besoek afgelê. En jy moes daardie aand die ligte kon sien! Ek het selde so `n glans en skittering in my lewe gesien.” Die gesprek keer terug na hulle vriendin toe. “Dít moet die oorsaak van haar skynende persoonlikheid wees, dink ek,” besluit die jongmeisie. Ek haal haar eie woorde aan soos in Secret Place geskryf: “I think the only way her radiant personality can be explained is that she is constantly entertaining a Royal Guest.” Koning Jesus woon in haar hart.
Dit is wat die eerste Kersnag gebeur het. Die Prins van die Hemel, die Here Jesus, het na hierdie wêreld toe gekom. Die ligte van die hemel is aangesteek. In die Paleis van koning Herodes was dit egter donker, want toe hy by die Wyses uit die Ooste van die geboorte van die nuwe koning, hoor, het hy moord beplan. Al die klein seuntjies van die omgewing moes doodgemaak word. In die stal het dalk net `n lampie gebrand, want dit is waar die Koning van die hemel in híérdie wêreld gebore moes word. Daar was nie plék in die herberg nie! Hierdie wêreld het nie plek vir die Koning van die Hemel gehad nie, daarom het die heerlikheid van die hemel rondom die herders, buite in die veld geskyn. “…in die óóp veld…(het) die glans van die heerlikheid van die Here rondom hulle geskyn” (Luk.2:8,9). Die lig van die Koning van die Hemel skyn óók in harte wat aan Hom behoort en om is.
By ons Kersbome brand vanjaar ook weer pragtige ligte. Steek ons dit aan omdat ons juig oor die koms van ons Koning? Die lig en vrolikheid om `n Kersboom, sonder bewussyn van Jesus se teenwoordigheid en verering, is `n hartseer gebeurtenis. Kom ons vier `n bly en pragtige verligte Kersfees, en kom ons vereer die Here Jesus, omdat Hy gekom het om ons te red en by ons te kom woon.

“Here, vandag juig ons oor u koms na ons toe.”
Woens 17 Des: Nooit Alleen Nie
SKRIFDEEL: Psalm 121
“Die Here beskerm jou” (5)
Dr. Tony Campolo skryf in sy boek A Dreamer for the Kingdom dat hy opgegroei het in ’n digbevolkte, besige stad. Sy ma het ’n tienderjarige dogter, wat naby hulle gewoon het en ook skool toe moes loop, gevra om teen ’n nickle a day haar oog oor hom te hou as hy skool toe en terug loop. Die skool was agt blokke ver en hulle moes verskillende besige strate kruis om by die skool te kom. In sy tweede skooljaar het Tony opstandig geraak dat hy elke dag saam met die buurdogter moet skool toe stap. Hy wou alleen loop. “Ek kan alleen loop. Ek belowe, ek sal baie versigtig wees,” het hy gesoebat. Uiteindelik het sy ma toegegee. Vir die volgende twee jaar het Tony self skool toe en terug gestap. Hy was baie versigtig. Hy het nie met vreemdelinge gepraat of nuuskierig agter ander dinge aangegaan nie. Jare later, by ’n familiesamekoms, het hy grootgepraat oor sy onafhanklikheid en sy familie herinner aan sy selfstandigheid toe hy as klein seuntjie die moeilike pad skool toe alleen geloop het. Sy ma het gelag. “Dink jy regtig jy was alleen?” vra sy. “Elke oggend as jy skool toe loop, het ek jou gevolg tot jy veilig by die skool aangekom het. Elke middag as die skool moet uitkom, het ek vir jou buite gewag, maar so dat jy my nie sou sien nie, en dan het ek weer agter jou aangeloop tot ons by die huis gekom het. Ek wou naby jou wees, as jy in daardie besige strate my dalk sou nodig kry.”
Glo ons dat die Here elke dag naby ons was toe ons deur 2014 gestap het? Kom ons glo dit vir 2015. Jesus het sy dissipels belowe: “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20). In die Here se Woord is God se nabyheid by ons ’n voortdurende belofte: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou” (9).

“Here, vandag rus ek in U teenwoordigheid”
Di 16 Des: Buig om te Drink
SKRIFDEEL: Jesaja 55: 1 – 6
“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe…”(1)
’n Dorstige handelsreisiger het ’n Amerikaanse hotelportaal binnegestap. In die hoek was ’n meganiese fontein. Bokant die fontein het ’n uitnodiging gehang: “Buig en drink”. Toe hy dit bereik steek hy sy hand uit om die fontein oop te draai, maar daar was geen handvatsel nie. Toe soek hy ’n drukknoppie of skakelaar. Geen. Hy lees weer die uitnodiging bokant die fontein. Met ’n verleë glimlaggie buig hy versigtig vorentoe. Nog ’n bietjie; nog ’n bietjie – en regtig, heerlike koue water begin vloei. Die fontein word deur ’n elektroniese “oog” beheer. Sodra die buigende liggaam by die “oog” verby beweeg, laat die kraan die water vloei.
Die Bybel gebruik oorvloedig die beeld van water om geestelike lewe te beskryf. “…wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie” (Joh.6:35). “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!”(Joh.7:37). “…die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei…” (Openb.7:17). En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” (Openb.22:17). Om by die water wat die Here Jesus gee, te kom, hoef ’n mens nie inspannend op te klim boontoe nie. Fonteinwater word bereik wanneer ’n mens laag buig, kniel. ’n Mens hoef nie eers iets lofwaardigs of inspannends te doen, om die ewige lewe wat die Heilige Gees in die hart gee te ontvang nie. ’n Mens kom in gebed na die Here Jesus toe; vra, neem, glo. Hy gee vir ons die lewende water in die hart.

“Here, vandag buig ek en in geloof en neem ek en drink ek die water wat U gee.”
Ma 15 Des: Dieper Dors
SKRIFDEEL: Johannes 4:1 – 26
“Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee” (13,14)
’n Jong filmster het gewild geword en vinnig opgang gemaak. Sy het vir haar ’n huis gekoop en die huis Satis genoem, afgelei van satisfied, om uitdrukking te gee aan haar tevredenheid met haar lewe. Op ’n dag het hulle haar gevind, dood, opgehang aan een van die balke van Satis! ‘n Ander jong filmster het ‘n ander weg gevolg. Sy het ook belangrik en gewild geword en sy het dieselfde innerlike leegheid ondervind. Iewers het sy met die boodskap van Christus se verlossing te doen gekry – dalk ‘n oupa of ouma wat vir haar gebid het! Sy het uiteindelik na haar kamer toe gegaan, by haar bed gaan kniel en so gebid: “Here Jesus, gee vir my wat ek nie wil hê nie. Doen vir my wat ek nie vra nie. Maak my wat ek nie wil wees nie. Maar, asseblief, Here Jesus, red my!” Die Here het haar opregte gebed verhoor en vir haar die redding en Christenskap gegee wat haar lewe met ‘n vreugdevolle toekoms vervul het.
Die kerkvader, Augustinus, het gesê: “God het die mens vir Homself gemaak, daarom kan die menslike hart met niks minder as God self tevrede wees nie.” Totdat die hart rus vind in Christus se redding, bly dit soos ons van Noag se duif lees: “Noag het toe ‘n duif losgelaat om te probeer vasstel of die water al van die aarde af verdwyn het. Maar oral op die aarde was daar nog water, en die duif kon nie ‘n rusplekkie kry vir die holte van sy voet nie en het na Noag toe in die ark teruggekom. Hy het dit toe met sy hand gevang en in die ark teruggesit” (Gen.8:8,9). Dit was ook die Here Jesus se antwoord aan die duiwel toe dié Hom probeer versoek het: “’n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom” (Mat.4:4).

“Here, vandag soek ek die rykdom van u koninkryk in my hart.”
Sat 13 Des: Verstand Bestuur
SKRIFGEDEELTE: Galasiërs 6:7
"Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes."
Die bestuur van jou verstand behoort een van jou hoogste prioriteite te wees. Jou verstand is soos 'n rekenaar. Dit kan bloot vir jou data teruggee wat jy daar insit. Wenners werk hard om in die regte boustof vir hulself te belê.
Dr. Hans Selye het die Netvorming Aktivering Stelsel of NAS bestudeer en bekend gemaak. Hierdie is klein membraan in jou agterkop wat een hooffunksie het: Dit stuur jou in die rigting van jou huidige dominante gedagte. Ons reaggeer van nature op wat in ons verstand aangaan. Wanneer ons hammer op een gedagte. Ons reaggeer van nature op wat in ons verstand aangaan. Wanneer ons hammer op een gedagte, gaan ons wel daarvan werk maak. Dit verduidelik baie dinge die groot geneigdheid na geweld in mense tussen die ouderdomme 12 en 24. Teen daardie tyd het die gemiddelde jongmens meer as 4000 moorde gesien op TV, om nie eers van video speletjies te praat nie. Die Indiana Universiteit se Mediese Skool het 'n studie gemaak oor die impak wat visuele beelde op jou brein het. Tieners wat meer aan geweld blootgestel is het byvoorbeeld laer vlakke van kognitiewe funksies. Hoe meer geweld hulle gesien het, hoe minder dink-, leer-, redenasie- en emosionele stamina het hulle gehad. Die gemors wat hulle hulle verstand gevoer het, het 'n invloed op wat uitkom. Hulle rekenaars het die verkeerde inligting gestoor - nou kon hulle net die verkeerde terugvoer kry.
Die apostel Paulus het nie geweet van rekenaars nie, maar hy het geweet van landbou. "Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes." (Gal 6:8) So, bestuur jou verstand!

Vry 12 Des: Kom
SKRIFDEEL: Matteus 11: 25 – 30
“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, … Ek sal julle rus gee…Ek is sagmoedig en nederig van hart” (28,29).
Die Christian Age vertel van ‘n geestelike oplewing wat in ‘n dorp begin het. Daar was krag in die prediking, mense het tot bekering gekom, ou geskille is bygelê, vervreemde vriende en familielede het mekaar opgesoek en is met mekaar versoen, in die vol kerke en bidure was daar vreugde en geesdrif, op straat en by werksplekke is oor die Here en die geestelike lewe gesels en getuig. In ‘n meubelfabriek het een van die ambagsmanne, Walter Jones, ‘n geloofsprobleem gehad. Mike Lund, sy baas, het ‘n tyd te vore ook tot bekering gekom en hy het Walter probeer help om in Christus te vertrou. Walter kon die geloofstap van in Christus as sy Verlosser te vertrou net nie snap nie. Dit het darem te maklik gelyk. Toe kry Mike ‘n plan. Terwyl Walter uit was om in ‘n huis ‘n tafel te gaan regmaak, het Mike vir hom op sy werksbank ‘n briefie gelaat: Kom sesuur vanmiddag na werk na my toe. Walter het stiptelik om sesuur, brief in die hand, by sy baas se huis opgedaag. “Wil jy my oor iets spreek?” vra Mike gemaak verbaas om sy werksman by sy huis te sien. Nou was Walter uit die veld geslaan. “Maar, ek het die briefie op my werksbank gekry, Meneer. Meneer het gesê ek moet kom.” Mike kyk Walter in die oë: “O, jy het die briefie gekry en jy het dit verstaan en geglo ek wil jou by my huis sien?” “Ja, sekerlik, Meneer. Is daar dalk ‘n probleem?” vra Walter onrustig. “Nee, daar is nie eintlik ‘n probleem nie,” antwoord Mike gerustellend. “Ek kan net nie sien hoe jy my brief so goed begryp het, en die ander brief kan jy nie verstaan nie.” “Watter ander brief, Meneer?” Mike hou ‘n velletjie papier na Walter toe uit. “Lees dit asb. hardop.” Walter neem dit en lees: “Kom-na-My-toe-almal-wat-vermoeid-en-belas-is-en-Ek-sal-julle-rus-gee…” Sy lippe begin bewe en sy oë word vol trane. Hy pluk ‘n groot, rooi sakdoek uit sy sak uit en hou dit oor sy gesig. ‘n Paar oomblikke staan hy so. “Ek dink ek begin verstaan, Meneer. Dit meen, soos ek sommer na u toe gekom het, moet ek ook sonder om baie daaroor te wonder sommer net na Jesus toe kom?” Self nou bewoë knik Mike. “Jy verstaan reg, Walter. Na my toe, het jy ook sommer dadelik gekom. Wil jy nie ook sommer nou na Jesus toe kom nie?” Walter knik. Saam kniel hulle. Walter bid kort: “Jesus, ek het nou gekom.” Toe bly hy stil en kyk verwonder na Mike. “Ek weet nou, Meneer. Jesus het my geneem. Hy haal die gewig van my hart af.” Vol blydskap voeg hy by: “Baie dankie, Here Jesus.”

“Here, vandag kom ek.”
Do 11 Des: Hoe kom ek Daar?
SKRIFDEEL: Handeling 4:8-13
“…dié Jesus, vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het …Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie” (10,12)
Baie jare gelede, ek was nog ’n jong man, bel die gemeente se koster my een oggend. Aan sy stem hoor ek hy is ontsteld. Hy wil nie oor die telefoon sy probleem vir my vertel nie. Ek skrik. So gou ek kon besoek ek hom. Hy en die tannie wag my op die voorstoep in. Ons het net in die sitkamer gaan sit toe hy my sy moeilikheid vertel. “Ek het laas nag gedroom,” begin hy. “Ek droom ek klim met ’n touleer op hemel toe, maar nes ek halfpad kom, val ek af tot onder. Dan probeer ek weer opklim, maar halfpad val ek af. Elke keer gebeur dit. Hoekom kan ek nie in die hemel kom nie? Ek en my ou vrou leef tog ’n skoon lewe. Ons leef vir die kerk. Ons probeer die Here dien. Hoekom val ek af? Hoe kom ek in die hemel?”
Ek het vir ’n paar oomblikke verslae gesit. Sover ek weet lei die oom regtig ’n onbesproke lewe. Dit is net ’n droom weet ek, maar ek weet ook: ’n mens droom die dinge wat mens in die hart kwel. Ek vra hom die enigste vraag waaraan ek kon dink. “Oom Hansie, het Oom al ooit die Here Jesus in Oom se hart as Verlosser aangeneem?” Vir ’n rukkie sit hy stil net na my en kyk. Ek word bang en dink ek het die oom met so ’n direkte vraag verneder. Maar hy het my vraag verstaan. Hy antwoord: “Ek glo en ek stem in met wat die Bybel van die Here Jesus Christus sê. Maar ek het Hom nog nooit definitief gevra om my te red nie.” “Is Oom gewillig en begerig om dit vanoggend te doen?” Dadelik knik hy met sy kop. Ek kniel saam met die twee ou mense by die rusbank. In ’n eenvoudige gebed dank oom Hansie eers sy Verlosser, die Here Jesus Christus, dat Hy vir hom aan die kruis gesterf het. En toe vra hy die Here om hom te red en sy sonde te vergewe. Na hom bid die tannie min of meer dieselfde woorde. ’n Tyd daarna sê oom Hansie eendag vir my: “Ek kan nie verstaan dat die Here sy hand soveel jare na my toe uitgehou het en ek dit nou eers geneem het nie.”
Geloofsekerheid kan in iemand se hart ontbreek omdat daar nooit ’n besliste geloofshandeling was om Christus as Verlosser aan te neem nie. Die gebrek aan geloofsekerheid beteken nie noodwendig ’n gebrek aan saligheid of vervreemding van God nie, maar dit kán ook verontrustende simptoom van ’n verlore toestand wees. Liewer moet mens seker maak en ’n definitiewe onderhandeling met die Here Jesus aangaan om Hom as Verlosser aan te neem. Dan getuig mens daarvan teenoor ’n betroubare vriend wat dit sal verstaan of ’n mens se dominee. Die mondelinge getuienis oor die geloofsposisie van persoonlike redding is vir ’n mens se eie geloofsekerheid nodig. “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word verygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. (Rom.10:9,10,13).
Die Engelse woorde van die 2de vers van die bekende Hallelujalied: “O blye dag, waarop my siel deur Jesus bloed gereinig is” klink so: “It’s done, the great transaction’s done, I am the Lord’s and He is mine.”

“Here, vandag glo ek U is vir my sonde gekruisig.”
Wo 10 Des: Elkeen 'n Sendeling
Lees Psalm 121: 1 – 8
“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem…en tot die uithoeke van die wêreld” (8).
Toe adml. Foote in Siam was, vertel Earnest Worker, het hy die koning met sy howelinge en amptenare vir ’n ete na sy skip toe genooi. Na almal plaasgeneem het, het adml. Foote, soos sy gewoonte was, die Here se seën oor die ete gevra. Die Siamese koning het sy verbasing uitgespreek: “Ek het gedink net die sendelinge doen dit!” “Dis waar,” antwoord adml. Foote, “maar elke Christen ís ’n sendeling.”
Ons gaan in ons nuwe jaar in verskillende omgewings en omstandighede beland en met verskillende mense in aanraking kom, maar oral waar ons mag kom, moet ons deur ons gedrag, taal, houding vir die Here getuies wees. ’n Jong meisie het eendag met haar dominee gaan praat. Sy werk in ’n fabriek saam met onverskillige mense, vertel sy hom. Dis vir haar swaar om daar haar Christenskap uit te leef. Dink hy nie sy moet, terwille van haar eie geestelike behoud, liewer ander werk soek nie? Hy vra haar: “Waar het ’n mens lig nodig?” Sy het sy bedoeling verstaan. In die stikdonker is selfs ’n klein liggie baie werd. Sy het teruggegaan, haar getuienis uitgeleef en op ’n dag met ’n paar ander persone, wat ook in die fabriek werk, na die dominee toe teruggekeer. Haar bestendige mooi lewe het op hulle indruk gemaak. Sy het hulle saamgeneem kerk toe en later saam met hulle ’n werksbiduur begin. “Julle is die lig van die wêreld. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader in die hemel, verheerlik” (Mat.5:14,`6).
Om te kan brand, moet ’n lig aan krag geskakel wees of die lamp moet vol lampolie wees. Ons het die inwoning van die Heilige Gees nodig om vir Christus getuies te kan wees. As ons ontrou is om Christus se getuies te wees of ons misluk in ons pogings en sien nooit vrug op ons taak nie, kan ons met vrymoedigheid met ons behoefte en teleurstelling na die Here toe gaan. ”…’n lamppit wat dof brand, sal Hy nie uitdoof nie” (Jes.42:3). Hy het ons te nodig. Hy wil ons graag bruikbaar vir sy koninkryk maak!

“Here, vandag wil ek met U krag Ugetuie wees.”
Di 9 Des: 'n Saak van die Hart
Lees Johannes 12: 1 – 8
“Toe het Maria ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie…op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie” (3)
Michael LeBoeuf skryf in sy boek, How to Win Customers and Keep Them for Life, van die beroemde New Yorkse diamanthandelaar, Harry Winston, wat gehoor het van ’n ryk Hollandse diamantversamelaar wat na ’n bepaalde diamant soek om by sy versameling te voeg. Winston het die Hollander gebel en vir hom gesê hy dink hy het dié bepaalde diamant. Die versamelaar het New York toe gevlieg en Winston se verkoopsman het vir hom die diamant gewys en breedvoerig al die fyn tegniese eienskappe beskryf. Die versamelaar het belangstellend geluister, maar weggedraai met die woorde: “Dit is ’n pragtige steen, maar nie presies waarna ek soek nie.”
Winston het op ’n afstand na hulle gestaan en luister. Toe die versamelaar wegdraai, keer Winston hom en vra: “Sal jy omgee as ek die diamant net weer vir jou wys?” Die versamelaar was dadelik bereid. Winston het dieselfde diamant weer vir hom gewys, maar in plaas van op die tegniese aspekte te konstreer, het Winston spontaan oor sy eie bewondering vir die diamant en die treffende elemente van die prag van die diamant gepraat. Die versamelaar het dadelik van opinie verander en die diamant gekoop. Terwyl hulle wag dat die diamant verpak word, vra die versamelaar vir Winston: “Hoekom het ek ingewillig om die diamant by jou te koop, terwyl ek na jou verkoopsman se praatjie dit nie wou koop nie?” “My verkoopsman ken diamante beter as ek,” antwoord Winston, “maar ek het diamante lief. Dit is vir my meer as net ’n verkoopsartikel. Dit is ’n wonderbare deel van die skepping.” LeBoeuf sluit af: “People are more persuaded by die depths of your beliefs and emotions than any amount of logic or knowledge you possess.”
Liefde en bewondering vir die Here Jesus, spreek duideliker tot ’n ander se hart, as die kennis wat ons van die Bybel of die geloofsleer het. Maria se daad uit liefde en bewondering vir die Heiland het die huis met ’n soet geur gevul. Leer Hóm ken en laat die Heilige Gees die hart met liefde vir Hóm vul, en ons getuienis sal mense na Hom toe trek.

“Here, vandag bring ek my liefde en bewondering vir U na u voete toe.”
Ma 8 Des: 'n Emmer Water
SKRIFDEEL: Markus 9: 33 – 41
“Elkeen wat vir julle `n beker water te drinke sal gee… hy sal beslis die beloning daarvoor kry…(41)
Een hetige Augustusdag, kom `n kapkar, getrek deur twee uitgehongerde perde, voor `n huisie op die Kansas Prairie, tot stilstand. Die kardrywer is besope, die vrou siek, vier kinders sit huilend op hulle sitplek. `n Jong meisie maak die huisdeur oop. “Enige water vir ons?” kreun die besope drywer. Die werf se waterput het in die droogte droog geraak, maar sy kry `n emmer vol water vir hulle bymekaar. Haar ouers was juis weg om te gaan water soek. Rachel dra die emmer water na hulle toe. Die dorstige gesin op die kar drink die hele emmer water leeg. Die siek ma sê vir die meisietjie: “Onthou, my kind, vir so ver jy dit aan die minste gedoen het…” Dit is `n aanhaling van Matteus 10:42: “Wie aan een van hierdie geringstes net `n beker koue water gee…” Die kar ry verder. Jare gaan verby en Rachel word `n waardige vrou. Op `n keer reël sy dat `n bekende matigheidspreker in haar dorp `n lesing kom gee. Nou in The Illustrator se eie woorde: “’I love Kansas,’ the temperance man began, ‘for on its plains I made my first temperance pledge.’ He told of the girl who gave them water and how his father threw away the whisky bottle as a thank offering, and he himself promised his mother to join the cold water army. As she listens to the testimony of the outcome of the bucket water she gave to the strangers, Rachel bowed her head to hide the glad tears.”
`n Goeie en helpende daad, in `n onbeplande oomblik, aan iemand, bekend of vreemd, het soms `n geseënde nadraai en vrug wat ons nooit sou kon voorsien nie. Laat ons gereed wees om in `n oomblik van iemand se nood of verleëntheid, met die middele tot ons beskikking, hulp te verleen. Ons doen dit gehoorsaam aan die Here Jesus se woorde. Die Samaritaanse vrou, in Johannes 4, het wel onder protes vir Jesus `n beker water gegee om te drink, maar dit het vir haar onbeskryflike seën gebring.

“Here, vandag wil ek opmerksaam wees hoe ek iemand kan help.”
Vry 5 Des: Die Prys
SKRIFDEEL: Johannes 3: 9 – 21
“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (16).
In die dae van die Goot Depressie was ’n man van Missouri, John Griffith, die kontroleur van die groot ophaalbrug oor die Mississippirivier, skryf D. James Kennedy in, Is It Nothing to You, van 19 Maart 1978. Een somerdag in 1937 wou John Griffith sy 8-jaar seuntjie, Greg, vermaak. Hy neem hom saam werk toe, sodat hy die groot verkeer en die werking van die ophaalbrug kan sien. Ná die oggendverkeer oor die brug, het John die brug opgehaal, sodat skepe met die rivier op en af kon vaar. Greg het met die middagete vol plesier op die waarnemingsdek by sy pa gesit en eet. Die tyd het vinnig verby geglip. Skielik skrik John vir die gefluit van ’n aankomende trein. Hy kyk op sy horlosie en sien dis werklik al 1.07nm. en dit is die Memphis Express, met 400 passasiers aanboord, wat aangestorm kom en die brug is nog opgehaal. Hy spring af van die waarnemingsdek af en hardloop beheertoring toe om die brug betyds te laat sak vir die trein om oor die rivier te ry.
Net voor hy die hefboom oorgooi om die brug te laat sak, kyk John vinnig af om te sien of daar nie dalk ’n boot in die pad is nie. Hy sien ’n gesig wat sy hart in sy keel laat ruk van skrik. Greg het van die waarnemingsdek af gegly, en het in die massiewe ratte van die brug, bietjie laer af, beland. Sy linkerbeen sit tussen die twee groot ratte wat die brug beheer, vas. John snak na asem. Hy dínk aan ’n plan om sy kind betyds uit die ratte, wat nou in werking gestel moet word, te red. Hy weet daar is geen uitweg nie. Óf die trein met sy 400 passasiers moet in die rivier beland, óf sy seun moet tussen die ratte vergruis word.
Die naderende trein fluit weer. Hy hoor die geklik van die treinwiele. Hy laat sak sy kop in sy linkerarm en druk die hefboom vorentoe. Die massiewe brug sak in sy plek in en die vinnige trein jaag oor die brug verby. Met traanbedekte gesig kyk John op na die trein. Hy sien die passasiers agter die treinvensters. Kennedy skryf: “There were businessmen cassually reading their afternoon papers, finely dressed ladies in the dining car sipping coffee, and children laughingly pushing long spoons into their dishes of ice cream No one looked at the control house, and no one looked at the great bloodspattered gearbox. With wrenching agony, John Griffith cried out at the steel train: ‘I sacrificed my son for you people Don’t you care?’ The train rushed by, but nobody heard the father’s words.”
Hierdie pa se seun het per ongeluk in die brug se ratte beland. God het sy Seun uit liefde vir die wêreld gegee om in die wrede ratte van die straf op sonde vergruis te word. Paulus begin sy brief aan die Galasiërs met hierdie herinnering: “…die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring” (Gal1:4). En hy beklemtoon dit aan die Efesiërs: “…soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was” (Ef.5:2). Maar, soos die Memphis Express jaag die wêreld vrolik verby en dink nie aan die prys wat God en sy Seun, ons Here Jesus Christus, betaal het om ons van die verdoemenis te red nie. Kom ons bedink weer die evangelie en open ons harte dat die Heilige Gees die waarheid en betekenis in ons harte kan wakkermaak, en ons ons weer aan God kan toewy. Wat het die God gekos om my te red en vir my die ewige lewe te gee?
“Here, vandag oordink ek en loof ek U vir die groot prys wat U uit liefde vir my betaal het.”

Do 4 Des: Die Prent word Duideliker
SKRIFDEEL: Lukas 23: 32 – 43
“…hulle het Hom daar saam met die misdadigers gekruisig…Toe sê Jesus: ‘Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!’” (34).
In die boek “God Confronts Man in History” vertel Henry Sloane Coffin dat twee Japanese vroue ’n veroordeelde moordenaar in sy sel besoek het. Hulle wou met hom oor vergifnis en die ewige lewe praat. Hy was totaal belangeloos. Hulle het ’n Nuwe Testament op die tafel neergesit en vertrek. Na sy doodsvonnis voltrek is, is die volgende brief in die Nuwe Testament gevind:
“Die Nuwe Testament het my nie genoeg beïndruk dat ek dit wou lees nie. Ek het dit in die rak gebêre. Toe ek na ’n ruk moeg was van niks doen, het ek dit weer geneem en begin lees. Hierdie keer lees ek hoe Jesus voor Pilatus gebring is, onskuldig tot die dood veroordeel is en gekruisig is. Dit het my aan die dink gesit. Ek weet hoe dit voel om gevang en tot die dood veroordeel te word. My aandag het verskerp toe ek lees: ‘Jesus sê: Vader vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.’ Ek het opgehou lees. Ek het gevoel ’n vyfduimspyker slaan in my hart in. Wat het die vers aan my openbaar? Sal ek dit die liefde van die hart van Christus noem? Sal ek dit sy meegevoel noem? Ek weet nie wat om dit te noem nie. Ek weet net, ek het met ’n onuitspreeklike dankbaarheid sy liefde en vergifnis geglo. Ek is gered voor ek tereggestel is.”
Die lees van daardie Nuwe Testament het vir hierdie man toenemende lig oor Jesus gebring. Die hoor en die lees van die Woord bring geloof in die hart. Ons leer die Persoon van die Here Jesus al duideliker ken namate die Here se woord ons hart verlig. Ons is bevoorreg om Bybels te hê waarin die prediking van die profete en apostels opgeteken is en wat ons kan lees. Die bron waaruit ons ons geloof skep om in Christus te glo, is byderhand. “Hoe kan hulle Hom aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? Die geloof is dus uit die gehoor…en die gehoor is deur die woord van God”(Rom.10:14 OU VERT.).

“Here, vandag wil ek u woord lees en U beter leer ken.”
Wo 3 Des: Christus se Houding
SKRIFDEEL: Matteus 11: 25 – 30
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (28-30).
Arthur Thorwalden, van Denemarke, het die Christusbeeld, “Kristus”, gemaak. Dit staan nou in die Kopenhagen-katedraal. Helen E. Springer vertel in Charles L. Wallis se boek “A Treasury of Sermon Illustrations”, hoe ’n besoeker aan die Katedraal, die verhaal agter die standbeeld, aangehoor het.
Na Thorwalden die beeld, met koninklike, opgehewe kop en uitgestrekte, oorwinnende hande, wat seënend uitgestrek is, met plastiekklei gegiet het, het hy dit op die voetstuk buite laat staan om droog en hard te word, voor dit in die Katedraal ingedra sou word. Daardie nag het ’n digte, vogtige mis van die see se kant af ingewaai. Thorwalden het met skok besef dit gaan sy beeld geruïneer. So gou hy kon het hy na sy beeld gaan kyk. Die vog het die beeld laat smelt. Die kop wat oorwinnend en trots opgehef was – volgens Thorwalden se denke oor Christus – het nou afgebuig en onder toe gekyk. Die hande wat in ’n seëngroet opgehef was, het gesak en was nou uitnodigend vorentoe uitgestrek. Hy het ‘n nuwe “Kristus” aanskou. Die natuurelemente wat deur God beheer word, het die trotse “Kristus”, volgens sy beskouing, die houding van ’n soekende, roepende Heiland gegee. Die beeld is net so in die Katedraal ingeneem. ’n Mens sou nou, in antwoord op die uitgestrekte, uitnodigende hande, op jou knieë voor Christus moes gaan staan om in sy gesig op te kyk.
Die Here Jesus Christus ís die oorwinnende Koning van die ganse wêreld, maar Hy bly steeds die roepende, liefdevolle Verlosser wat afkyk na die mens toe wat na Hom toe kom.

“Here, vandag kom ek vrymoedig met my laste en behoeftes na U toe.”
Di 2 Des: Die gimnasium van die siel (2)
SKRIFGEDEELTE: 1 Timoteus 4:7
"Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe"
Godvresendheid was sentraal in die les van Paulus aan Timoteus. Vra gerus jou vriende wat hulle dink "Godvresendheid" beteken. Hulle sal dalk dink aan 'n monnik wat weg van die wêreld lewe, bid, mediteer en lofsange sing. Ander sien dit weer as 'n naïewe, Bybel-swaaiende, te-goe-om-waar-te-wees, irriterende vroom mens. Beide is verkeerd. Een geleerde definieer godvresendheid as volg: "Nie net oënskynlike aanbidding nie, ook nie bloot 'n konsep van wat God is nie, nie 'n deug of 'n ideaal teenstrydig met die Gnostiese filosofie van selfontneming wat skepping as sleg sien nie. Ware godvresendheid wat gebore is uit geloof omvat aaledaagse optrede wat God eer as die Skepper en Redder."
Sommige welmenende mense dink dat ons daarna moet streef om perfek te wees as ons soos Christus wil wees. Vir hulle is geestelike dissiplines soos opstote en opsitte, godsdienstige oefeninge om hul liggame en siele in onderdanigheid in te boender. Dit is meer Gnosties as Christelik. As jy bloot beheer soek oor jou begeertes of net meer kalmte nastreef sal enige mediterende geloof jou help. Wa die Christendom onderskei van ander gelowe, is dat ons die doel het om Jesus te ken en soos Hy te word. Ons streef nie bloot na morele volmaaktheid (al sal dit jou karakter bou), of kalmte (al maak dit jou lewe heelwat meer rustig) nie. Omdat ons die genade van Christus het sal hierdie dissiplines ons nie meer aanvaarbaar maak voor God nie. Jesus het dit alreeds namens ons gedoen. Nee, 'n vroom mens is een wat ophou om self-gefokus te wees en wat Christus-gefokus word. Christus het mens geword en as gevolg van sy aardse prediking kan ons sien hoe God wil hê ons moet leef. Jesus is ons vlekkelose voorbeeld van Godvresendheid. So, om "Godvresend" te word beteken eenvoudig om meer soos Christus te wees

Subscribe to:
Comments (Atom)