Lees Matteus 5: 38 – 42
“”Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie” (39)
’n Geselskap toeriste sit in die Yellowstone Park en wag vir ’n dier, wat die skrik van die bosse genoem word, die grysbeer, om te verskyn, vertel Dale Carnegie in sy boek How to Stop Worrying and Start Living (beskikbaar by boekwinkels). ’n Hoop afvalkos, uit die hotel se kombuis, is naby neergesit, om die beer te lok. Nie lank nie of hy kom massief uit die donkerbos te voorskyn. Die wildbewaarder, maj. Mertindale, vertel vir die mense, die grysbeer is enige dier in die westelike halfrond se moses. Terwyl hulle so kyk, kom nog ’n dier uit die bos uit en begin saam met die grysbeer die lekker afvalkos vreet. Die grysbeer sou geen ander dier dit toegelaat het nie, maar nou laat hy hierdie een sy gang gaan. Dit is die stinkmuishond. Die beer kon hom met een hou van sy geweldige voorpoot plat gevee het, maar die beer het al geleer: Lol met hom, en jy stink vir dae aanmekaar!
Daar is viervoetige muishonde, én daar is tweevoetige muishonde, sê Carnegie. Hy haal aan uit ’n verslag van die Polisiekantoor in Milwaukee: “As selfsugtige mense uit jou probeer voordeel trek, skrap hulle van jou lys, maar moenie hulle probeer uitbetaal nie. Jy sal net seerder kry as hulle.” Dit is onverstandig om enige mens te probeer uitbetaal (wraakneem), want dan gee ons hulle mag oor ons: mag oor ons slaap, ons eetlus, ons bloeddruk, ons gesondheid, ons geluk. Ons haat en wraakgedagtes maak hulle nie seer nie, maar dit omskep ons eie dae en nagte in donkerte.
Jesus se woorde: “Julle moet julle vyand liefhê,” verkondig moderne gesondheidskunde. Toe Jesus vir Petrus gesê het: “Jy moet 70×7 keer vergewe,” was Hy besig om ons te vertel hoe om hoë bloeddruk, hartkwaal, maagswere en baie ander kwale te vermy. Hy het ook raad gegee hoe om ons voorkoms te verbeter. `n Mens se gesig kan verrimpel en verhard raak deur haat, en mismaak word deur wrok. Niks kan gelaatsskoonheid bevorder soos vergewensgesindheid, teerheid en liefde nie! Laat ons onsself so liefhê dat ons nie sal toelaat dat ander, met hulle slegte gesindheid, óns lewe bederf nie. Confusius het gesê: Om verontreg en beroof te word, is niks, tensy jy aanhou om dit te onthou!
Ongelukkig is haat en ergerlikheid sterker as onsself. ’n Slegte gesindheid is soos ‘n lokomotief wat die trein sleep. Al weet ons verstand ons moenie haat, gebelgd voel of ’n wrok koester nie, die sondige hart is sterker as verstandige denke. Ons het hier Iemand groter nodig. Ons het Jesus self nodig, om deur sy Gees in ons hart sy liefde te gee en te laat groei. Só sal ons ons Hemelse Vader met ons lewensgedrag verheerlik.
“Here, vandag wil ek met u liefde ander liefhê.”
Reinig en Vernuwe
Lees 1 Tessalonisense 1:1-10
“…julle (het) die woord aangeneem met ’n blydskap wat van die Heilige Gees kom” (6).
Die Christian Digest vertel, ’n predikant in die Skotse platteland, stap langs ’n lopende spruit af. ’n Bejaarde vrou sit op die oewer van die spruit en was die wol wat sy wil spin. Herhaaldelik doop sy ‘n sif met die wol in, in die helder, lopende water in. Hy groet haar en vra of sy hom ken. “Ja, Meneer, ek ken u en ek sal God altyd vir u dank, want ek het onder ‘n preek van u die Here leer ken,” antwoord sy met ’n vriendelike lag. “Wat was my preek die dag?” vra hy met groot belangstelling. Die vrou dink ’n rukkie, lag dan verleë. “Ek kan nie onthou nie. My geheue is deesdae so sleg.” “Hoe kon die preek jou dan so getref het as jy nie eers kan onthou wat dit was nie?” vra die dominee teleurgesteld. Sy antwoord: “Meneer, my gedagte is soos hierdie sif. Dit hou nie water nie, maar soos die water deur dit spoel, maak dit die wol skoon. Soos die Here se woord deur my gedagte gaan terwyl ek luister, maak dit my binnekant skoon en nuut. Elke dag vra ek my Verlosser om my deur sy woord en met sy bloed van onreinheid binne-in my te reinig.”
Die woord van God, of ons daarna luister of dit lees, het in ons ’n lewende krag. Ons is nie alleen betrokke by die aanhoor van die Here se woord nie. Die Heilige Gees werk saam, om die woord in ons gemoed lewend en duidelik te maak. As ons geheue saamwerk, het dit nog groter krag, want dan kan ons die woord weer en weer oordink en aan ander oordra. Paulus sê van die Christene in Tessalonika (1 Tessalonisense 1: 6 – 8) hulle het “die woord aangeneem met ’n blydskap wat van die Heilige Gees kom,” en toe “volgelinge van die Here geword,” en “’n voorbeeld geword,” en toe “van julle uit het die woord van die Here weerklink (Ou Vert.).” Dus: hoorders, volgelinge, voorbeelde en toe weerklanke van die woord!
“Here, vandag wil ek u Woord deur my laat stroom.”

Dit trek die aandag af
Lees Filippense 2: 5 – 11
“…God (het) Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen… die knie sou buig, en elke tong…erken: Jesus Christus is Here” (9)
In 1495 het Hertog Ludocico van Milan die Florentynse kunstenaar, Leonardo da Vinci, gevra om die toneel van Jesus se laaste maaltyd saam met sy dissipels, wat die begin van die Christelike nagmaal sou wees, op ‘n muur van die eetsaal van die klooster van Santa Maria delle Crazie in Milan, te skilder. Teen daardie tyd was die 43-jarige Da Vinci reeds as skilder, beeldhouer en argitek beroemd. Hy het stadig en met groot sorg hierdie belangrike taak verrig. Dit het drie jaar geneem om die skildery te voltooi. In die skildery sit die dissipels weerskante van Jesus. Jesus hou in die hand van sy uitgestrekte regterarm die beker met die wyn.Die beker was met verstommende realiteit geskilder. Die skilder wou Jesus as Verlosser beklemtoon. Da Vinci vra ‘n vriend om na die skildery te kom kyk. “Gee my jou eerlike opinie, asseblief,” sê Da Vinci vir hom. Die vriend kyk lank en deeglik. “Wonderlik,” sê hy gevoelvol. “Daardie beker is lewend eg. Ek kan my oë nie daarvan wegkry nie.” Da Vinci neem ‘n kwas en met een veeg wis hy die skitterende beker uit. “As die beker jou aandag so van Jesus aftrek, mag dit nie bly nie. Níks mag iemand se aandag van die figuur van Jesus aftrek nie.”
Jesus moet die middelpunt van ons lewensaandag wees. Dit was die geheim van Paulus se vrugbare en toegewyde lewe: “Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God, wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê” (Gal.2:19,20).
“Here, vandag maak ek U die middelpunt van my lewe.”

Die goeie belegging
Lees Lukas 6: 37 – 42
“Gee en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee” (38)
Jare gelede was werk skaars in Nieu Engeland. ’n Christenman het gebid vir werk, maar kon nie werk kry nie. Een Sondag gaan hy kerk toe. Die kollekte word opgeneem. Hy het nog net een dollar oor in sy sak, maar hy gooi die helfte, 50c, in die bordjie.
Daardie Maandagoggend hoor hy van ’n werk in ’n naburige dorp. Hy gaan stasie toe om ’n treinkaartjie daarheen te koop. Die treinkaartjie kos ’n dollar. Hy koop met die 50c wat hy nog het, ’n kaartjie tot halfpad. Halfpad na die dorp toe klim hy af om die res van die pad te stap. Skaars ’n blok verder sien hy ’n kennisgewing, ’n werknemer word ’n entjie dáárvandaan benodig. Hy gaan vra en hy kry die werk. En hulle betaal $5 meer as die vorige werkplek, waarheen hy eintlik op pad was.
Dit is ’n skoenfabriek waar hy sy nuwe werk kry. Hierdie man was W. L. Douglass, wat die beroemde skoenfabrikant geword het! Niemand het nog ooit vrygewigheid aan God se belange berou nie. God is ryk en almagtig en hy kan iemand wat ruim aan Hóm gee, seën en terugbetaal. “Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief. God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk” (2 Kor.9:7,8).
“Here, vandag belê ek in u koninkryk.”

Liggaamlike oorbrugging
Lees Lukas 23 : 50 – 56
“Josef van Arimatea…het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra…Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in ’n rotsgraf neerglê” (51,53)
Die Sailor’s Home in Liverpool het een nag aan die brand geraak, vertel Charles Leach vir ons die storie. Die brandweer en baie van die omgewing se mense, was vinnig op die toneel. Die gebou se brandtrap het nie tot by die boonste verdieping gegaan nie. Deur die boonste verdieping se vensters het manne geleun en om hulp geskreeu. Die brandweermanne het ’n lang leer gebring en teen die gebou na die boonste vensters toe laat leun. Die leer was te kort.
’n Britse matroos wat tussen die toeskouers gestaan het, storm vorentoe en klouter met die leer op tot by die boonste sport. Hy gaan stewig op die boonste sport van die leer staan. Hy klou aan ’n vensterbank vas en vorm ’n oorbrugging tussen die venster en leer. “Gou!,” skreeu hy vir die manne binnekant. “Klouter oor my en klim af met die leer. Toe! Gou! Gou!” Een vir een klim die vasgekeerde manne oor die seeman se liggaam en af met die leer grond toe. Na die laaste man verbygekom het, klim hyself af na veiligheid toe. Sy gesig is blase gebrand, sy hare verskroei, sy hande en vingers velaf getrap, maar hy het manne se lewens gered. Al die bemoediging en raad wat van die grond af vir hulle geskreeu is, het niks gehelp nie. Die jong matroos se eie liggaam het die brug gevorm.
’n Mens se fisiese, eie liggaamlike bemoeienis, is vir ’n mens die hoogste prys wat betaal kan word om `n ander te help. Dit is hoe Jesus ons gered het. Hy het sy eie liggaam gegee. Met nagmaal eet ons die brood waarvan Jesus gesê het: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word.” En hoe is Jesus nie getrap en gekneus om ons redding te bewerk nie! “Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan. Hulle het Hom geklap … hulle trek sy klere uit en gooi Hom `n pers mantel om. Hulle vleg ’n doringkroon en sit dit op sy kop en sit ’n stok in sy regterhand… hulle bespot Hom… slaan Hom met die stok oor die kop…Hulle het Hom gekruisig.” (Mat.26:6 en 7:29,30,35). Jesus se liggaam is vir ons, die roete oor die afgrond van verdelging, hemel toe. Wanneer die Heilige Gees ons hart bewus maak van Jesus se fisiese lyding vir ons, eis dit ook ons fisiese toewyding aan Hom op.
“Here, vandag is u gekruisigde liggaam vir my kosbaar.”

Lewende woorde op papier
Lees Hebreërs 4: 12 – 13
“Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard…en dring deur…Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart” (12)
Ramad was die gevaarlikste man in die hele Indië, skryf Peter V. Deison. Hy het die afgeleë dorpies aangeval en beroof. Terwyl hy op ’n dag ’n huis van een van die dorpies, wat hy aangeval het deursnuffel, kom hy af op ’n swart boekie. Hy sien die papier is baie dun en presies die regte groote om mee sigarette te rol. Elke aand na ete ontspan Ramad en rook sy sigaret. Hy skeur ’n bladsy uit die boekie, vou dit om en rol sy sigaret. Een aand toe hy sy sigaret rol, sien hy die boekie is in sy taal geskryf. Daarna ontspan Ramad na ete soos gewoonlik, skeur die bladsy uit die boekie, maar lees dit eers, voor hy sy sigaret rol. Dit is Bybelbladsye wat hy so eers lees en dan vir ’n sigaret rol. Stadig aan begin die lig in sy hart opgaan. En toe een aand, na hy weer van Jesus gelees het, kniel hy en, soos hy dit gelees het, maak hy sy hart se deur vir die Here oop, bely sy sondes, vra vergifnis en vra Hom om in sy hart in te kom. Hy het, tot almal se verbasing, homself aan die polisie oorgegee en toe ’n gevangene vir Christus geword. “The prison became Ramad’s mission field,” so skryf Peter Deison, “where he led many other prisoners to Jesus. God’s Word made the change in his life.”
“Here, vandag is u Woord vir my kosbaar.”

Die Regte plek
Lees Johannes 19 : 17 – 30
“Daar het hulle Hom gekruisig en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, met Jesus in die middel” (17).
Die beroemde skilder, Rembrandt, het die kruisigingstoneel van Jesus geskilder. Hy was veral bekend vir die gesigsuitdrukkings wat in sy skilderye na vore kom. Our Daily Bread vertel van `n besondere element in hierdie kruisigingstoneel van Jesus. `n Mens se aandag word heel eerste na die sterwende Heiland getrek. Later begryp ons hoekom Jesus se kruisigingstoneel so `n sterk invloed op die kyker kan uitoefen – dit het ook die skilder se hart bereik. Van die Persoon van Jesus af, dwaal `n mens se aandag na die skare wat om die kruis versamel het. “You are impressed by the various attitudes and actions of the people involved in putting the Son of God to death,” skryf Daily Bread. Die kruisigingsgebeure en Jesus se houding en gedrag aan die kruis tref mense altyd. Verskillende reaksies kan op die houding en gesigte van die omstanders ontdek word. Maar die groot boodskap wat die skildery uitdra, skryf Daily Bread, ontdek `n mens as jou oë die eensame figuur, verskuil in die skaduwees, op die kant van die aktiewe gebeurtenisse, raaksien. Dit is Rembrandt self. Na Hy Jesus, sterwende aan die kruis, en al die mense met hul houdinge en gesigsuitdrukkings geskilder het, het hy homself ook, laaggebuig, tussen hulle geplaas, waaroor Daily Bread hierdie veelseggende opmerking maak: “…the artist himself realised that his sins had helped nail Jesus to the cross!”
Deur die Bybel se die vertelling van Jesus se kruisiging, bring die Heilige Gees dieselfde uitwerking in `n mens se hart. Ons moet in die vier evangelies Jesus se kruisiging stadig, peinsende lees. Hoe inniger ons, in ons gemoed, lesende na Jesus kyk, oppad kruis toe, by die kruis, aan die kruis, hoe dieper dring die besef van wat Jesus vir ons gedoen het in ons hart in. Die oppervlakkige hantering van die kruisigingsgebeure is `n groot skade vir ons geloofshouding. Lukas hoofstuk 23 beskryf die kruisgingstoneel duidelik. Rondom die kruis is vroue wat roubedryf en Hom beklaag, die volk staan dit en aanskou, die owerstes skimp, die soldate dobbel oor sy klere, `n rower bekeer hom, die dissipels en Jesus se familie staar. Kom ons vra onsself af: Hoe kyk ek na Jesus se kruisiging?
“Here, vandag aanskou ek U aan die kruis.”

Die hoë aansien
Lees Filippense 2: 5 – 11
“…God (het) Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen… die knie sou buig, en elke tong…erken: Jesus Christus is Here” (9)
Die geroemde Britse Bybelgeleerde, dr. Henry Jowett, het die kroningsplegtigheid van Koning Edward VII van Engeland, aan die begin van die 20ste eeu, in die Westminster Abbey, bygewoon. Hy het met belangstelling gekyk hoe die hoëlui opdaag, en hoe ‘n sitplek, volgens stand, toegeken word aan elke prins en prinses, elke hertog en hertogin, elke lord en lady, en elkeen van laer stand, en hoe aan elkeen, volgens stand, eer bewys word. Toe arriveer die koning self, skryf dr. Jowett, en al die oë draai weg van die ander meerderes en minderes en word net op die koning gevestig. In dr. Jowett se eie woorde: “So, literature, music, art, and the sciences are worthy of our respectful attention; but when Jesus Christ comes into the heart, He must be King and all lesser sujects take their lesser place.”
As ons in eie krag, uit ons kennis van hoe dit behoort te wees, vir die Here Jesus in ons hart probeer koning maak, is sy ereposisie in ons lewe kwesbaar. Dan gebeur met ons wat met Petrus gebeur het. Hy het van harte aan Jesus die hoogste koningsposisie in sy hart gegee. In die tuin van Getsemane sê hy van harte vir Jesus: “Here, ek is bereid om saam met U… gevangenskap en dood in te gaan” (Luk.22:34). ‘n Paar uur later ontken hy dat hy Jesus selfs ken. Vir ware toewyding en oorwinnende dissipelskap moet die Heilige Gees die Here Jesus in ons lewe koning maak. Dan tree ons op en getuig soos Petrus gedoen het na die uitstorting van die Heilige Gees: “God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan…Hy is verhoog aan die regterhand van die Vader en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort…” (Hand.2:32,33). “Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. In julle harte moet daar net eerbied wees vir Christus die Here” (1 Pet. 3:14,15). Aan die Efesiers skryf Paulus: “Ek buig … voor die Vader van onse Here Jesus Christus … dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon … (Ef.3:16,17).
“Here, vandag verlang ek na die volheid van u Gees in my hart, sodat Jesus kan koning wees.”

Ons behoud
Skrifdeel: Johannes 10: 22 – 30
“Niemand sal hulle uit my hand ruk nie” (28).
Twee Christenmanne, wat aan verskillende kerke behoort, stry eendag oor die behoud van die gelowige, vertel Christian Courier. Die een sê: “Ek sê vir jou, `n kind van God is net veilig as hy in die reddingsbootjie bly. Hy kan uitspring en as hy uitspring is hy verlore.” Die ander een antwoord: ”Jy laat my dink aan `n gebeure in my eie lewe. Ek het my seuntjie saam met my in die boot geneem en op die meer gaan vaar. Hy was klein en opgewonde en het met sy handjie in die water probeer plas. Hy het nie, soos ek, die gevaar besef van in die water te beland nie. Ek wou nie sy pret bederf nie en het hom heeltyd net vasgehou, sodat hy nie kon uitval of uitspring nie.” “Ja,” sê die eerste man, “maar hy kon hom loswoel uit sy jassie as hy wou en tog in die water beland.” “Jy het my verkeerd verstaan as jy dink ek het net sy jassie vasgehou.” sê die ander man weer. “Ek het hóm vasgehou.”
As ons deur genade, met vertroue in Christus, God se kind geword het, hou Hy óns vas. Ons gevoelens kan verander, ons skrifbegrip kan verander, `n versoeking kan ons platloop, maar gelukkig hou God onsself vas en bring ons weer, in tot `n van hart tot hart verhouding, met Homself. Dit is hoe Jesus Petrus vasgehou het. “En onmiddellik, terwyl Petrus nog praat, het daar ’n haan gekraai. Jesus (in die hoëpriester se huis waar Hy ondervra word), het omgedraai en Petrus aangekyk. Toe val dit Petrus by wat die Here vir hom gesê het: ‘Voordat die haan vannag kraai, sal jy My drie maal verloën.’ En Petrus het buitetoe gegaan en bitterlik gehuil” (Luk.22:60-62). Die Here Jesus behou hom só as sy dissipel.
“Here, vandag weet ek U hou my vas.”

'n Veilige belegging
Skrifdeel: Lukas 12: 13 – 21
“…wie kry alles wat jy bymekaargemaak het?
In sy boek Encyclopedia of 7700 Illustrations, vertel Dr. Paul Lee Tan, dat John D. Rockefeller, `n sterk en fris seuntjie was. Hy het vroeg al besluit om ryk te word. Hy het homself tot die uiterste toe ingespan en op 33-jarige ouderdom sy eerste miljoen gehad. “At age 43, he controlled the biggest company in the world. At age 53, he was the richest man on earth and the world’s only billionaire.” Toe ontwikkel hy `n kwaal wat alopecia genoem word. Sy hare begin uitval, sy ooghare en wenkbroue verdwyn. “He was shrunken like a mummy.” Sy weeklikse inkomste was `n miljoen dollar, maar hy kon net melk en droë beskuitjies inneem. In Pennsylvania was hy so gehaat, hy moes dag en nag deur `n wag beskerm word. “He could not sleep, stopped smiling long since, and enjoyed nothing in life.” Die dokters het voorspel hy sal binne `n jaar sterf. Die koerant het `n doodsberig vir hom voorberei ingeval hy onverwags sou sterf. Gedurende een so ‘n slapelose nag het hy sy lewe oordink. “He realized with a new light that he could not take one dime into the next world. Money was not every thing.” Die oggend daarop was hy `n nuwe mens. Hy het kerke uit sy opgegaarde skatte begin ondersteun. Hy het omgesien na arm en behoeftige mense. “He established the Rockefeller Foundation whose funding of medical research led to the discovery of penicillin and other wonder drugs.” Hy het weer begin eet, goed geslaap en die lewe weer geniet. Die dokters het voorspel hy gaan 54 nie haal nie, en hy het 98 jaar oud geword.
Rockefeller het gelukkig nie, soos die ryk man in die gelykenis van die Here Jesus, eers na sy dood ontwaak nie. “Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: ‘Vader Abraham…stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur’” (Luk16:22-25). Dit is nie nét groot rykdom wat `n mens se oë kan verblind, vir die erns van die ewigheid waarheen ons oppad is nie. Ons moet dink, wakker word, onsself afvra: Loop my lewe veilig? Is ek gered? Het ek die ewige lewe? “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is” (Joh.17:3).
“Here, vandag wil ek seker maak ek het die ewige lewe van U ontvang.”

Die Gewer en die gawe
Skrifdeel: Johannes 3: 1 – 21
“God het…sy enigste Seun gegee…sodat dié wat in Hom glo…die ewige lewe kan hê’ (16)
Een Sondagoggend staan Father Chiniquy voor sy gemeente van bykans duisend mense in `n Illinois-stad, skryf A. C. Dison. Hy sê: “My people, I resign my priesthood, though I have been here thirty years.” Op die gemeente se aandrang gee hy sy redes. “Last night all sleep had left me. After reading the New Testament I saw that salvation is in Jesus Christ, and is the gift of God’s eternal love. Penance is not in it. Purgatory is not in it. Absolution is not in it. On my knees in my room I accepted the Gift, and I love the Giver. I walked the room most of the night praising God.” Vir `n uur en `n half verduidelik hy aan die mense die genade van God in Christus se redding. Aan die einde van sy lang preek vra hy hoeveel mense by hom wil aansluit om die Gawe aan te neem en die Gewer lief te hê. Behalwe ongeveer 40 persoon het almal hulle by hom gevoeg. En so het die Presbiteriaanse Kerk in wording gekom.
Hoe glo ons die weg na redding? Die Gawe is Jesus Christus wat aarde toe gekom en aan die kruis gesterf, uit die dood opgestaan, en in hemel by die Vader verheerlik is. Die Gewer is God die Vader, wat sy geliefde Seun gegee het vir ons redding. Die redding is die werk van die Heilige Gees, wat na Jesus se hemelvaart gekom het en nou in ons hart werk om ons in Jesus as ons Verlosser te laat glo en ons dan `n nuwe lewe te gee. Hierdie redding ontvang ons as ons Jesus vra om in ons lewe in te kom.
“Here, vandag neem ek die Gawe, ek het God die Gewer lief en ek vertrou in die werk van die Heilige Gees.”

Binne elkeen se vermoë
Lees Lukas 10:25-37
“Hy het na hom toe gegaan…hom op sy rydier gehelp en hom na ’n herberg toe geneem…” (34)
Op ’n koue wintermiddag in Londen sit ’n ou man naby die hoek van ‘n straat op sy lae stoeltjie en bedel. Met vingers, blou van die koue, probeer hy sukkelende op ’n goedkoop viool speel. Die vals klanke trek min aandag. Min geldstukkies beland in sy omgekeerde hoed. Die ysige wind dryf die mense vinnig na hulle bestemming toe. Twee welgeklede mans steek by die ou man vas. Die een man spreek hom in gebroke Engels, met ’n vreemde aksent, aan: “Jy kry maar min in, nè? Niemand wil gee nie, nê? Kom ons máák hulle gee.” Hy neem die viool by die verbaasde ou man en stem dit in. Toe die strykstok oor die snare streel, is dit of daar lewe in die viool kom. Soet klanke, vol musiek, stroom uit. Mense kom tot stilstand, bly staan en luister. ’n Skaar vergader. Die straathoek verander in ’n konsertverhoog. Die ou man se hoed word rondgstuur. Dit word swaar van al die muntstukke. Die vreemdeling gee die hoed vol geld en die viool aan die ou man terug. Die ou man is oorstelp van vreugde en opwinding. “Dankie! Dankie!” prewel die ou. “Wie is u, Meneer?” Die man glimlag en stel hom aan die ou man bekend: “My naam is Paganini.”
Wat vir die ou man moeilik en onmoontlik was, was vir die beroemde violis, sommer so in die verbygaan,’n maklike en aangename taak. Dit was gerieflik binne Paganini se vermoë om die nodige en nuttige taak, wat totaal buite die ou man se vermoë was. te verrig,. ’n Ongelukkige en mislukte middag is omskep in ’n opwindende middag vol hoop en wins.
Ons het elkeen gawes en vermoëns wat aan ander ontbreek. Ons kry ook geleenthede om vir iemand dié ding te doen wat vir hom so nodig is, maar wat hy nie kan vermag nie. Dit is soos ’n dankoffer aan God, wat vir ons ons gawes gegee het, as ons vrywillig en hartlik vir iemand ’n onmoontlike knoop deurhaak.
“Ek was oë vir die blindes en voete vir die kreupeles…”(Job 29:15).
“Here, ek wil vandag my oë oophou vir ’n geleentheid om iemand te help met die gawes wat U aan my gegee het.”

Nie hoop nie - besluit!
SKRIFDEEL: Lees Lukas 23: 38 – 43
“En Jesus antwoord hom: ‘Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees’” (42).
‘n Man wag op die lughawe van Portland, Oregon, vir ‘n vriend wat pas van ‘n vliegtuig afgestap het, vertel eerw. David A. Sargent. Sy aandag word getrek deur ‘n ander man wat met twee ligte tasse in sy hande, tussen die ander passasiers deur, aankom. ‘n Seuntjie, dalk ses jaar oud, hardloop hom tegemoet. Die man buig af, gee die seuntjie ‘n innige druk, hou hom ‘n rukkie vas, sê: “Ek het jou so gemis, my kind.” Die seun antwoord skamerig, “Ek ook, Pappa.” Die man kom regop en groet ‘n ander seun, miskien tien jaar oud. Hy hou die groter seun se gesig in sy hande, kyk in sy oë: “Ai, seun, ek het na jou verlang.” ‘n Dogtertjie van omtrent ‘n jaar oud sit in die ma se arms en wurm gretig om by haar pa te kom. “My Babatjie,” sê die man teer en neem die kleintjie in sy arms, soen haar en wieg haar heen-en-weer. Dadelik lê die kleintjie haar koppie vol bevrediging teen sy skouer. Hy gee die dogtertjie vir sy oudste seun. “Die beste het ek vir laaste gebêre,” en met dié woorde neem hy sy vrou in sy arms en gee haar ‘n innige, lang soen. Hulle kyk mekaar in die oë. Hy sê gevoelvol, “Ek het jou so lief!” Die man wat sy vriend kom haal het, besef skielik hoe hy die gesinnetjie aanstaar. Verleë sê hy “Wow! Hoelank is julle al getroud?” “Twaalf jaar,” antwoord die ander man sonder om sy oë van sy pragtige, bloesende vrou af te neem. “Hoe lank was jy weg van hulle af?” vra die starende man. “Twee volle dae.” TWEE DAE??? Die man is verstom. Hy sou sê hy was maande lank weg van sy geliefdes af.
Verleë prewel die starende man, “Ek hoop my huwelik sal na twaalf jaar ook nog so hartlik en warm wees.” Sonder om sy vrou se hand te los, kyk daardie ander man hom direk in sy oë en met ‘n erns wat die toeskouer tot in sy hart tref sê hy: “Moenie hoop nie, Vriend. Besluit!”
Dit geld nie net vir die getroude lewe nie, maar vir al die ernstige sake in ons lewens. As daar ‘n oop weg is, moet dan nie net hoop nie. Dít bring mens nêrens nie. Besluit! Dit geld ook vir ons geestelike lewe. Iemand kan sê: Ek hoop my saak met God is reg. Ek hoop ek sal hemel toe gaan. Dis nie genoeg nie. Jesus Christus het die weg vir ons so wyd oopgemaak, dat ons kan besluit. “Daarom as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel… dit het alles nuut geword…Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen” (2 Kor.5:17,20). Sélf beloof Jesus ons: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou en hy met My” (Opb.3:20).
“Here, vandag maak ek die deur van my hart vir U oop. Red my asseblief.”

Net uit genade
Lees Lukas 15: 11 – 24
“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom” (20)
In The Gideon vertel Hal Lindsey, skrywer van die sogenaamde multimillion sellers: “The Late Great Planet Earth” en “Satan is Alive and Well on Planet Earth”, hoe hy tot bekering gekom het. Ek vertaal sy vertelling, maar hier en daar laat ek hom sy eie Engels praat:
In 1950 moes ek vir die tweede agtereenvolgende jaar die kollege verlaat, weens my oormatige drankgebruik. Ek het by die vloot aangesluit, die U. S. Coast Guard. Elke naweek het ons, vlootmanne, afgesit New York toe. Een naweek het ek Vrydagaand al, my geld alles uit gedrink en toe saam met ’n maat, op die plein rondgestaan en kyk of ons nie ’n bekende sien, by wie ons kon geld leen nie. Oorkant Times Square sien ek ’n plakkaat met die woorde: “Free Food”, en onder dit “Jesus Saves”. Ek ignoreer die onderste twee woorde, maar sê vir my maat: “Let’s go over and make those ‘Holy Joes’ feed us. They ought to be good for something.” Dit is wat ek van Christenskap gedink het. By dié Christelike plek gee hulle toe vir ons iets te ete, maar net voor ons loop kom ’n sakeman na my toe en vra of ek ’n Christen is. “Ek hoop so,” antwoord ek en hoop ek is nou van hom ontslae. Maar hy bly met my praat en vir die eerste keer hoor ek die weg van saligheid duidelik uitgespel. Ek het egter net gelag, want ek het nie belanggestel nie en ek het weggestap. Na my diensplig het ek in New Orleans gaan woon en ’n lisensie bekom om sleepbootkaptein te word. Ek het oor en weer op die Mississippirivier gevaar. Ek was ’n vry, plesierige man, maar hoe meer ek my aan drank, vroue en alle ander dinge oorgegee het, hoe meer onvergenoegd het ek geraak. I had in myself a growing emptiness and frustration and just aimlessness about life. Toe onthou ek van ’n Nuwe Testament, wat ek eens by geleentheid gekry het en in my seemansrugsak gegooi het, toe ek van die huis af weg is vloot toe. Ek krap in die ou rugsak, en werklik, daar kry ek die Nuwe Testament. Ek lees die Bergpredikasie en voel al skuldiger. Ek lees voort in Johannes en sien in hoofstuk drie, vir die eerste keer, ’n mens moet wedergebore word. Ek lees deur die hoofstuk en die laaste vers slaan my reg in my hart: “Wie in die Seun glo, het die ewige lewe.” In my hart sê ek toe: “God, if You exist, and I think You do, then in the best way I know how, I want to accept this gift, that Jesus Christ says He is offering. I want to believe in Jesus Christ. I don’t have much faith, God, but, with all that I have right now I want to put that in You.” Ek het nie geweet wat om daarna te doen nie.
Vir die volgende 12 maande het ek nie kerk toe gegaan nie; ek het nie geweet waarheen om te gaan nie. Ek het besluit om die Bybel deur te lees. Dit was vir my ’n nuwe Boek. Ek het gereeld gelees, want ek was geboei deur hierdie Persoon, Jesus Christus. Ek het besluit Hy is Iemand wat deur niemand geken word nie, ten minste niemand met wie ek in aanraking gekom het nie. Terwyl ek so lees, begin mense na ’n paar maande vir my vra: “Hall, what’s gotten into you? Somehow you’re different.” Ek het vir my vriende van die Woord van God begin vertel en sommige van hulle by Jesus Christus gebring. Ek is terug ouerhuis, Houston, toe. Na ’n rukkie vra my pa vir my wat met my gebeur het. Ek is anders as wat hy my geken het. Ek het hom vertel en hom na Christus toe gelei. Daarna het ek my ma ook na Christus toe gelei. Ek weet nie wie die Bybel in 1942 vir my gegee het nie, maar ek besef hoe `n belangrike daad dit was. Toe het God al na my toe begin kom! Deur dáárdie lewende Woord het die Heilige Gees my na Christus toe gelei. “I have watched that Word work in the hearts of radicals, in the hearts of Communists, in the hearts of hippies, and I’ve seen it have its all powerful effect in the hands of the Spirit. I thank God for Eternal Life!”

Naby genoeg
Lees Matteus 14: 22 – 32
“Dadelik het Jesus sy hand uitgsteek, hom gegryp en vir hom gesê: ‘Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”
In die Prairie Overcomer vertel dr. John G. Paton, van die New Hebrides, hoe die destydse barbaarse inboorlinge om hom geswerm het, om hom dood te maak. In die sendelinge se vlugtog het hy alleen in die bos agtergebly. Die ure wat hy so dood alleen moes deurbring, bly hom so helder voor die gees asof dit gister gebeur het, vertel hy. Oorweldig deur vrees het hy in ’n boom geklim. Kort-kort het hy geweervuur gehoor, te midde van die geskreeu en gegil van die inboorlinge. Toe kom daar ’n stille wete in sy hart: hy is veilig in Jesus se arms. Hy sê: “Never, in all my sorrows, did my Lord draw nearer to me, and speak more soothingly in my soul, than when the moonlight flickered among those chestnut leaves, and the night air played on my throbbing brow, as I told all my heart to Jesus.”
Die ergste bedreigende omstandighede is soms juis vir ons die toneel, van ons diepste ervaring van die Here se nabyheid. Petrus het dit op die onstuimige see ervaar. Hy sink toe hy die branders sien en die stormwind voel. Hy het bang geword. Op sy uitroep om hulp het hy dadelik Jesus se handgreep om sy hand gevoel en ervaar hoe hy uit die diepwater gehaal word. Het u iets wat u bang maak? Roep na Jesus. Hy is naby genoeg om u hoor en u dadelik te help
“Here, vandag roep ek na U, want ek is bang.”

Krag in Sy hand
SKRIFDEEL: Matteus 14: 22 – 32
“Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en uitgeroep: ‘Here, red my!’ Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: ‘Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?’” (30,31)..
‘n Gids het ’n groepie toeriste langs ‘n steil pad na ’n waterval toe gelei. Die laaste endjie moes hulle oor ’n nou, wankelrige hangbrug oor ‘n diep afgrond loop. Een vrou het net halfpad gekom. Toe sy afkyk en die diep afgrond sien en die beweging van die brug onder haar voete voel, kon sy nie ‘n tree verder gaan nie. Die gids het gesien sy word paniekerig. Sy het met albei hande die bruggie se reling vasgegryp en vir lewe en dood daaraan geklou. Met ’n rustige glimlag steek hy sy hand na haar toe uit. “Jou hand in die gids se hand,” sê hy vriendelik. Met een hand los sy die reling en sit dit bewerig in die gids se hand. Met die ander hand bly sy steeds styf aan die reling vasklou. Die gids sien hulle sal nie vorder nie. Steeds glimlaggend, rustig, maar ferm sê hy vir haar: “Albei jou hande in die gids se hand.” Stadig laat sy met die ander hand die reling los en sit dit ook in die gids se sterk hand. Tree vir tree lei hy haar veilig oor die wiegende bruggie na die anderkant toe.
Hoe dikwels wieg die bruggie nie onder ons voete nie? Die bruggie van ons gesondheid, van ons finansies, van ons algemene omstandighede, van ons geestelike lewe. Die dissipels het in tye van nood hierdie les geleer. In hulle bootjie op die stormagtige see, het Jesus meer as een keer die storm laat bedaar. Toe hulle die duisende moes voed, het Hy die brood en vissies vermeerder. Die geheim is `n doelbewuste vertroue in God. “Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U…ek is nie bang nie” (Ps.56:4,5).

Die lig wat skyn
SKRIFDEEL: Matteus 5: 13 – 16
“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik” (16).
‘n Jongman en `n meisie stap met die paadjie, wat aan die voet van Catskill Mountains, rivierlangs kronkel, vertel Secret Place. Hulle praat oor `n ander jongmeisie wat albei as `n toegewyde Christin ken. Die jongman sê: “Sy het, wat ek sou noem, `n stralende persoonlikheid.” “Dis waar,” stem die jongmeisie saam. “Hoe sou jy dit verklaar?” Hulle stap `n endjie in stilte, dan wys die jongman na die oorkant van die rivier. “Sien jy daardie ou kasteel? Toe ek `n seuntjie was, was ek en my maats lief om op die rivierwal te sit en na die kasteel te kyk. Ons kon sê wat in die kasteel aangaan, volgens die ligte wat in die kasteel brand. As net die familie bymekaar was, het net `n paar ligte gebrand. As hulle gaste onthaal, brand `n klomp ligte. Een keer het `n lid van die koninklike familie daar besoek afgelê. En jy moes daardie aand se ligte kon sien! Ek het selde so `n glans en skittering in my lewe gesien.” Die gesprek keer terug na hulle vriendin toe. In haar eie woorde, volgens Secret Place, sê die jongmeisie: “I think the only way her radiant personality can be explained is that she is costantly entertaining a Royal Guest.” Koning Jesus woon in haar hart.
`n Predikant was op `n skip wat The Bay of Biscay oorgesteek het. Hy kyk met angs na, wat hy dink, `n naderende orkaan is. Bewende wend hy hom tot een van die matrose. “Dink julle die skip sal deurkom?” vra hy. “Deur wat kom?” vra die matroos. “Daardie vreeslike orkaan wat aankom.” antwoord hy. Die ou matroos glimlag. “Daardie storm sal nooit weer hierlangs kom nie,””antwoord hy rustig. “Dit wás reeds hier en is verby.”
Die indruk wat dié insident op die dominee gemaak het, weergee Kings Business met hierdie woorde. “So, in regard to the believer, judgment as to the penalty of our sins is past. We were tried, condemned and executed in the person of our Surety, our Lord Jesus Christ, on Calvary.” Daar is plek vir blyskap in die hart van die volgeling van Jesus, in plaas van die vrees, soos in die hart van die een wat die Here Jesus nog nie as Verlosser ken nie.
Vir die persoon wat in Jesus Christus vertrou vir die vergifnis van sy sonde en die redding van sy siel, het die onbeskryflike orkaan van God se toorn oor sonde, verbygegaan. So iemand het erfgenaam geword van vrede, vergifnis en die ewige lewe. Vir die beangsde misdadiger aan die kruis, wat hom op die laaste tippie tot Jesus, langs hom, gewend het, het Jesus gesê: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Luk.23:40-43). “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie” (Rom.8:1). In so `n hart ontplooi die Heilige Gees vreugde, vrede, vriendelikheid.
“Here, vandag glo ek U vergifnis.”

Die dolksteker
Lees Spreuke 12: 13 – 21
”Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê” (18).
Thomas lig sy kop van die kussing af op. Hy het iemand hoor snik. En nou hoor hy dit duideliker. Iemand kreun. Hy beter gaan kyk. In die skemerte van die kamer loop hy versigtig deur toe. Die vertrek waar hy nou instap, lyk vreemd. Hy word bang. Dié kamer is ligter en hy sien drie figure op die vloer lê: ’n seun van so ses jaar oud, ’n dogter van seker tien, en ‘n vrou. Om hulle is plasse bloed. Daar is nog iemand in die kamer. Dié een praat skielik, met ’n harde, onverbiddelike stem met Thomas: ”Sien jy nou hoeveel leed jy veroorsaak het?” ”Ek?” roep Thomas verbaas uit. ”Dis nie ek nie! Ek sal nie so iets doen nie!” ”Ken jy hierdie mense?” vra die vreemdeling en wys met sy hand na die figure op die vloer. Thomas kyk en trek sy asem hard in. Dis sy ma en boetie Hansie en sussie Edna. “Kyk na die wond aan haar skouer,” beveel die man. Thomas sien dit is ’n lelike sny in Edna se skouer. Dit kon die spiere in die skouer dalk beseer het. “Mm…maar…” stotter Thomas. Dan word hy kwaad. “Wie het dit gedoen?” ”Kyk na die seun se gesig,” beveel die stem. Thomas sien ’n yslike, bloeiende sny al langs Hansie se wang af. ”Kyk na jou ma,” beveel die stem weer. ”Daardie steek onderkant jou ma se linkerarm het amper haar hart getref.” ”Ons moet hulp kry! Van wanneer af lê hulle al hier?” roep Thomas uit. ”Van vanmiddag af toe jy hulle daar in die tuin so aangerand het,” sê die stem onverbiddelik. ”Ek het dit nie gedoen nie!” skreeu Thomas nou. ”Ek het nie eers ’n mes nie en ek sal mos nie so iets doen nie.” “O, ja. Jy het ’n gevaarlike dolk. Ek was by toe julle vanmiddag in die tuin die blombeddinkies geskoffel het. Onthou jy nie? Edna wou jou met die emmer water help, en jy het haar toegesnou: ‘Gee pad hier! Ek het nie ’n ou meisiekind soos jy se hulp nodig nie!’ Met daardie dolksteek het jy haar arm so ’n wond gegee, dat sy jou nie gou weer sal kan of wil help nie. En onthou jy toe Hansie…..” ”Hou op!,” skreeu Thomas. “Wie is jy?” ”My naam is Gewete,” sê die stem. ”Ek onthou,” kreun Thomas, “maar ek het tog net met hom geraas. Hy het my so gepla. Ek het nie eers aan hom geraak nie. Ek kon hom tog nie so gesteek het nie. Ek het nie ’n mes nie!” ”Jy het ’n gevaarlike dolk. Jou tong. ’Praat sonder om te dink kan soos gevaarlike dolksteke wees (Spr.12:18).’ En: ’Sy tong …sy woorde… is swaarde wat reg is om te steek…’ (Ps.55:21).” Gewete gaan meedoënloos voort: “Toe jy vir jou ma gesê het….” ”Asseblief, asseblief, moet dit nie sê nie!” huil Thomas nou. Voordat Gewete kan antwoord, voel Thomas iemand trek hom aan sy arm. Hy rek sy oë oop en kyk vas in sy ma se vriendelike, liefdevolle gesig. ”Toe, toe, opstaan ou seun, dis tyd….” Thomas vryf sy oë. Hy het gedroom. Ag, hy het net gedroom! Hy gooi sy arms om sy ma se nek en gaan hartlik aan die huil. “Ekskuus, Mamma. Ekskuus, Mamma….” en hy snik sy droom teen haar nek uit.
”Begryp julle nie…? Wat by die mond uitkom, kom uit die hart…” Valse getuienis (leuens), kwaadpratery (vloek, slegsê, verwyt, afjak, skinder en so meer). As ons hart reeds aan die Here behoort, moet die Heilige Gees dit beheer. Die beheer wat die Here op ons hart kry en handhaaf, beskryf Paulus so: ”Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser” (Titus 3:5,6).
“Here, vandag vra ek U om my tong met u krag te beheer.”

Die dieper dors
SKRIFDEEL: Johannes 4:1 – 26
“Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee” (13,14)
’n Jong filmster het gewild geword en vinnig opgang gemaak. Sy het vir haar ’n huis gekoop en die huis Satis genoem, afgelei van satisfied, om uitdrukking te gee aan haar tevredenheid met haar lewe. Op ’n dag het hulle haar gevind, dood, opgehang aan een van die balke van Satis! ‘n Ander jong filmster het ‘n ander weg gevolg. Sy het ook belangrik en gewild geword en sy het dieselfde innerlike leegheid ondervind. Iewers het sy met die boodskap van Christus se verlossing te doen gekry – dalk ‘n oupa of ouma wat vir haar gebid het! Sy het uiteindelik na haar kamer toe gegaan, by haar bed gaan kniel en so gebid: “Here Jesus, gee vir my wat ek nie wil hê nie. Doen vir my wat ek nie vra nie. Maak my wat ek nie wil wees nie. Maar, asseblief, Here Jesus, red my!” Die Here het haar opregte gebed verhoor en vir haar die redding en Christenskap gegee wat haar lewe met ‘n vreugdevolle toekoms vervul het.
Die kerkvader, Augustinus, het gesê: “God het die mens vir Homself gemaak, daarom kan die menslike hart met niks minder as God self tevrede wees nie.” Totdat die hart rus vind in Christus se redding, bly dit soos ons van Noag se duif lees: “Noag het toe ‘n duif losgelaat om te probeer vasstel of die water al van die aarde af verdwyn het. Maar oral op die aarde was daar nog water, en die duif kon nie ‘n rusplekkie kry vir die holte van sy voet nie en het na Noag toe in die ark teruggekom. Hy het dit toe met sy hand gevang en in die ark teruggesit” (Gen.8:8). Dit was ook die Here Jesus se antwoord aan die duiwel toe dié Hóm probeer versoek het: “’n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom” (Mat.4:4).
“Here, vandag soek ek die rykdom van u koninkryk in my hart.”

Ons bid volgens behoefte
Lees Lukas 18: 35 – 43
“Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom: ‘Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?’ En hy antwoord: ‘Here, dat ek kan sien.’” (40,41).
Theodore Monod was eendag besig om vir ’n seun die verhaal van die blinde man by Jerigo te vertel, skryf Sunday School Chronicle. Die seun luister met stralende gesig en wakker ogies na dié storie. “En wat,” vra Monod vir die seuntjie, “sou jy van Jesus gevra het as jy blind was?” Dadelik antwoord hy: “Ek sou vir ’n mooi hond met nekband en ketting gevra het, sodat hy my oral waar ek wil wees kan lei.” Monod merk hieroor op: “How often do we ask for the blind man’s dog instead of the seeing man’s eyes.”
Die seun het wakker, sienende oë gehad en daarom kon dit nie deel van sy gebed uitmaak nie. Hoe sterker ons van ’n behoefte bewus word, hoe meer kleur dit ook ons gebed. Onbetaalde skuld by winkels en ’n oortrokke bankrekening laat ons vir geld bid, ’n kwellende kwaal laat ons vir gesondheid bid en bewuste geestelike behoefte laat ons volgens ons geestelike behoefte bid. Die blinde man se blindheid en Jesus se nabyheid en vriendelike vraag: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” het hom so duidelik volgens sy ware behoefte laat bid: “Here, dat ek mag sien.” Dié drie dinge bepaal ons gebed: `n Bewuste behoefte, ‘n wete wat God beloof en ’n bewussyn van die Here se nabyheid. Soos met die blinde man laat dit ons bid: ”Here Jesus, in u Naam, dóén dít (elkeen volgens ons eie behoefte), of, géé dít, vir my.”
“Here, vandag bid ek vir my behoefte en ek glo.”

Geslaagde selfverdediging
Lees Lukas 15:25-32
“Toe het die oudste seun kwaad geword en wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom…(28)
‘n Jongman het vir ‘n kursus in selfverdediging ingeskryf, vertel die Western Recorder. Effens onrustig of dit hom as belydende Christen betaam om dit te doen, gaan praat hy met sy dominee daaroor. “Dink u ek doen verkeerd om die kuns van selfverdediging aan te leer?” vra hy. “Sekerlik nie,” antwoord die dominee. “Ek het dit as jongman aangeleer en het baie baat gevind daarby.” “Regtig!” roep die jongman verras uit. “Watter stelsel het u aangeleer? Die ou Engelse stelsel, of die Sulivan-stelsel, of ‘n Japanese een?” “Nee, nie een van hulle nie. Ek het die Salomostelsel aangeleer.” “Die Salomostelsel?” “Ja, jy kry dit in Spreuke 15:1: ‘‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam.’ Ek ken nie ‘n meer geslaagde selfverdedigingstelsel as dit nie.”
Min mense is bestand teen vriendelike en sagte woorde. As iemand ergerlik is en die ander persoon reageer ook ergerlik, is rusie eintlik onafwendbaar. Bly die ander persoon egter kalm en praat vriendelik en verstandig terug, kan die bakleier nie met sy rusie voortgaan nie. So skryf die Here se Woord ook ons gedrag voor: “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde…” (Ef.4:2). So moet ons gesindheid ook wees teenoor ons minderes. Die egtheid van ons vriendelikheid kom na vore wanneer ‘n mens met ‘n mindere praat, veral as die mindere ‘n mens rede vir harde woorde gee: “En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie”
“Here, vandag het ek u krag in my gemoed nodig.”(Ef.6:9).

Ken die Bybel uit die kop
Lees Efesiërs 6: 10 – 20
“Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê want waarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer…en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God” (16,17).
Leslie B. Flynn skryf in sy boek, Your Inner You, oor die waarde wat die Woord van God vir ons het, as ons dit uit die kop geleer het. Hy skryf, “engraved in our minds, it changes our perspective about life…it provides an intellectual basis for optimistic thinking”. Iemand het die memorisering van die Skrif beskryf as “…the daily habit of supplying the subconscious with God’s material to chew upon”. Paulus het die geheim van ’n blymoedige, oorwinnende hart so beskryf (Die Boodskap-vertaling): “Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel…dink aan dit wat vir God saakmaak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en van sal hou…dinge wat God in ’n goeie lig stel” (Fil.4:6-8).
Dr. Oscar Lowry vertel in sy boek Scripture Memorizing for Successful Soul-winning, hy het as jong predikant geen tekse uit sy kop geken nie. Teksverwysings wat hy in sy werk sou nodig kry vir berading, het hy op sy Bybel se kantlyn geskryf. Dit het egter lastig geword om telkens die regte teks op te soek. Toe besluit hy, in sy eie woorde: “If I can memorize one verse, I can memorize one more, and ten more, and even one hundred more.” Die volgende oggend het hy vroeg opgestaan en Romeine 10:9-10 opgesoek, vir meer as ’n halfuur het hy op en af in sy kamer geloop en die verse geleer tot hy dit kon herhaal. Die volgende oggend het hy dit herhaal, tot hy dit weer vlot kon opsê en toe een vers bygeleer. Hy het met hierdie patroon voortgegaan. Een oggend het hy besef hy kan 100 tekse herhaal sonder om in die Bybel te kyk. Aan die einde van sy lewe kon hy twintigduisend tekse (ongelooflik!) met die regte skrifverwysing aanhaal, sonder om van sy Bybel gebruik te maak. Hieroor sê Leslie B. Flynn: “No wonder his Christian life was full of joy, his mind full of wisdom, and his evangelistic efforts full of success.”
“Here, vandag verlang ek om ook u Woord in my hart en in my gedagte te ken.”

Bly by my
Lees Lukas 24: 13 – 35
“Hulle (die Emmausgangers) het…by Hom aangedring en gesê: ‘Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is verby’”(29)
Henry F. Lyte was ‘n Anglikaanse pastor. Hy het sy lewe deur aan tuberkulose gely. Hy was bekend as ‘n sterk man in gees en geloof. Hy het gesê: “It is better to wear out than to rust out.” Soos hy ouer geword het, het sy gesondheid heeltemaal ingegee. Hy was verplig om na ‘n warmer klimaat in Italië te soek. Sy laaste preek vir sy gemeente in Lower Brixam, Engeland was op 4 September 1847. Kenneth W. Osbeck skryf in sy boek, Amazing Grace, Henry Lyte was dié dag so swak, hy moes behoorlik die kanseltrappies opkruip. Sy laaste woorde het ‘n diep indruk op sy gemeente gemaak: “It is my desire to induce you to prepare for the solemn hour which must come to all, by a timely appreciation and dependence on the death of Christ.” Kort voor hierdie laaste preek van hom, het hy die gesprek van Jesus en die twee Emmausgangers, in Lukas 24 gelees en hoe hulle harte in die teenwoordigheid van die verrese Seun van God begin brand het. Dit het sy hart aangegryp en hom geïnspireer om sy onvergeetlike lied te skryf: Abide with me – fast falls the eventide, the darkness deepens – Lord with me abide; when other helpers fail and comforts flee, help of the helpless, O abide with me!
Bly by my, Heer, terwyl die skemer daal;
Laat steeds u lig my lewenspad bestraal!
Daar is geen ander hulp of troos vir my –
Hulp van die hulpelose, bly my by!
“Here, vandag weet ek U bly by my.”

Subscribe to:
Comments (Atom)