Ma 1 Feb: Die Eerste Belang die Beste

LEES: Kolossense 3:23 – 25

“En wat julle ookal doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus”. (23,24).

`n Jong jodin het tot diep en oortuigende beke­ring gekom. Met `n hart vol liefde vir die Here Je­sus, begin sy dadelik by haar werk in `n groot firma getuig en met mense oor Christus praat. Van die firma se personeel kla by die firmapresident oor haar gesprekke met hulle. Die president het haar inroep en belet om verder met die werkers oor godsdiens te praat. A Naismith skryf oor haar reaskie: “All right,” she replied, “then I shall  have to leave, for I cannot work, where I cannot take my Saviour and witness for Him.” Die president het geantwoord: “As dit is hoe jy daaroor voel, moet jy maar jou posisie prysgee.” Sy het `n bejaarde moe­der gehad wat sy onderhou het, en sy kon nie dink waar sy weer dadelik werk sal kry nie. Maar sy antwoord die president: “Soos u sê, goed, ek gee my posisie in hierdie firma prys, want ek kan nie ontrou teenoor Jesus Christus wees nie.”

Terwyl sy die Saterdag van daardie selfde week haar kantoor opruim, word `n koevert van die pre­si­dent af na haar toe gebring. Sy verwag dit is haar skriftelike afdanking en skeur die koevert oop. Sy lees: “Ons het `n posisie in ons firma met groter ver­antwoordelikheid, as die een wat jy nou gevul het. Ook groter salaris. Ons beskou jou as die regte persoon om daardie pos te vul. Ons bied jou dit aan.”

Naismith skryf oor die oortuiging, waartoe die president moes gekom het, oor hierdie volgeling van Jesus; “One who is loyal to her Lord is one who will be loyal to her boss, if he does not ask her to do anything of which her Saviour would not approve.”

Nog nooit het iemand, in `n uitdagende krisis, aan die Here Jesus getrou gebly nie, of Hy kom na daardie volgeling van Hom terug met `n seën. In Johannes 15:9 sê Jesus: “Soos die Vader My liefgehad het, het ek julle ook liefgehad. Bly in hierie liefde van My.” Dit is vir ons almal `n geseënde plek.

“Here, vandag wil ek met u krag  in U liefde bly.”

Vry 29 Jan: Die Berg In Die See

LEES: Matteus 21: 18 – 22

“As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra” (22).

Frances Johnson doen op ’n dag met ’n stuk of twintig In­­diërmeisies van die Sendingweeshuis van Poona, uit Matteus 21 Bybelstudie. Hulle lees vers 21: “Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur.” Een van die meisies vra: “Kan dit regtig gebeur?” Frances weet dadelik hoekom sy dit vra. Rondom Poona is dit baie berg­agtig. Die weeshuis staan reg agter ’n hoë kop. In die winter verdwyn die son gou agter die kop en die weeshuis lê van vroeg middag af in die koue skaduwee. As dié kop kon verdwyn, sou dit vir almal ’n groot bate wees. “Kan dit regtig ge­beur?” vra die meisie weer. Frances se geloof het vir so ’n dramatiese gebeurtenis kortgeskiet. “Kom ons bid almal daaroor,” probeer sy uit die hoek kom. Hulle bid saam en almal vra die Here om die kop weg te neem.

Juis op daardie tydstip moet Frances vir ’n paar weke weggaan. Toe sy die meisies groet moes sy beloof om saam met hulle aan te hou bid dat die Here die kop sal wegneem. Dit was ’n half­hartige belofte. ‘n Paar dae na haar vertrek, daag ’n staatsamptenaar by die weeshuis op. Sy de­par­te­­ment wil ’n grondherwinningsprojek langs die baai aanpak. Hulle het grond nodig om ’n stuk van die baai op te vul. Hulle wil die hele kop by die wees­huis koop. Die transaksie word gou beklink. Binne ’n paar dae da­wer en dreun dit om die weeshuis soos die stoot­skra­pers en vragmotors die kop se grond wegry see toe!

Frances kan haar oë nie glo toe sy na ’n paar we­ke by die weeshuis tuiskom nie. Die kop het  verdwyn. Dit lê in die see! Die laat middagson skyn warm oor die weeshuis. Die meisies se geloof is beloon. Jesus se belofte is bewaarheid.

God se wonderwerke bestaan nie altyd in bo-aardse, dra­matiese gebeurtenisse nie. Hy orden omstandighede en bestuur menseplanne op ’n wyse wat sy wil ’n werk­lik­heid maak. En waar om­stan­dig­hede en menseplanne te kort skiet vir wat moet gebeur, gebruik God sy wonder­werkende krag, want Hy is almag­tig. As ons verhouding met God reg is, en deur Jesus Christus sy kinders is, kan ons Jesus se be­lof­te ernstig opneem en met die Heilige Gees se onder­steunende krag, van ons hemelse Vader die dinge vra wat ons nodig het. “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versug­tinge wat nie in woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat volgens sy besluit geroep is” (Rom.8:26-28).

“Here, vandag bid ek vir dit wat ek nodig het.”

Do 28 Jan: 5 Vinger Evangelie

LEES: Johannes 5: 20 – 26

“… wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe” (24)

Ons teks bo, Johannes 5:24, is die mid­del vers van Johannes 5. In dié vers is 5 werkwoorde wat by mekaar aansluit: hoor, glo, het, kom nie, oorgegaan. Ek skryf ook die Engelse vers hier, want in Naismith se hantering van die teks gebruik hy die Engelse woorde: “…whoever hears my word and believes him who sent me has eternal life and will not be condemned; he has crossed over from death to life.” Hy skryf: “Here are 5-finger exercises in die melody of heaven.”

In hierdie vyf-vingermelodie vir die lied van die he­mel, is die kleinste vinger, die pinkie, eerste. Die maklikste deel : hoor. Enigeen kan hoor. Dan kom die ringvinger, die vinger wat een­dag `n dia­mant kan dra : glo. Die persóónlike kontak met God. Vir wie glo? “Hom wat my gestuur het.” Nou die middelvinger, langste van die vyf vingers: het die ewige lewe. Die vierde vinger, die gevolg­trekking, die wysvinger, en kom nie in die oordeel nie. Gaan by die gevreesde oordeel verby. En dan die sterk duim, die duimdruk van sekerheid – het oorgegaan uit die dood in die lewe.

'n Mooi lied word bygevoeg, maar ek het dit nie in Afrikaans nie. Dit is so `n bevestiging van hierdie belangrike saak van in Jesus, vir Wie God aarde toe gestuur het, te glo en die ewige lewe te ontvang en verlossing van die oordeel te kry, dat ek dit graag plaas:

I trusted in Christ’s finished work:

My soul could ask no more.

This banishes all doubts that lurk –

John five and twenty-four.


No condemnation now for me:

No judgement lies before:

Exemption in Christ’s words I see –

In John five and twenty-four


“Here, vandag glo ek kinderlik U Woord.”.

Wo 27 Jan: Genade Genoeg

LEES: 2 Korintiërs 12: 7 -10

”My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.”

Biskop Handley Moule het in eie lewe die waarheid ervaar van `n verhaal wat vertel word en wat hyself ook al in preke gebruik het. `n Geagte dienskneg van God, so lui die verhaal, het `n tyd van diep beproewing hy moes deurgaan. Hy het gebid. Voor die Here selfs gehuil so moeilik was die belewenis vir hom. Hy het vir `n paar oomblikke sy traangevulde oë oopgemaak. Ek haal nou Biskop Handley self aan en hy sê: a Newly hung wall plaque met his gaze, which bore the words, ‘My grace is sufficient for thee’. The text came home to his heart with such freshness and blessing that he rose to a new life of peace and power in Christ. Dit was `n wonderlike genade reeds, dat hy daar die teks op die muur op daardie tydstip raakgesien het.

Die here laat ons nie alleen as ons groot beproewing ervaar nie. In sy genade bring hy `n teks na na ons gemoed toe, wat vir ons ook weer nuwe krag gee. En oor en oor het Christene ervaar, hoe die Here se genade hulle tot `n nuwe lewe saam met Hom kan ophef, want die Here se genade is vir ons beboefte genoeg.

Here, vandag vra ek ook u genade.”

Di 26 Jan: Getrouheid Beloon

Lees Hebreërs 12:1-3

“…laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus…(1)

Keiser Joseph II het in 1781 onherken­baar as ‘n gewone burger deur sy ryk gereis om te sien wat onder sy mense aangaan, ver­tel W.L.Lang in Wal­ter Baxendale se Dictionary of Illu­stra­tions. In die dorpie La­ken­stein gaan hy as Graaf Falken­stein in ’n her­berg tuis­. Die aand hoor hy die men­se praat van ge­heim­sin­nige samekomste in ’n huis net buite die dorp. Die opwinding bou op toe iemand nuus bring van geheimsinnige fi­gu­re wat een-een met don­ker lan­terns en kopdoeke oor hulle gesigte ge­trek juis nou be­sig is om daar aan te kom. Hulle besluit dat ’n paar van hulle on­der­soek moet gaan in­­stel. Die keiser, aan hulle bekend as Graaf Fal­kenstein, wil graag self gaan kyk wat aan­gaan. Hy word as leier aangewys.

Terwyl die ander wagstaan klop hy aan die huis se deur. Die inwoner, Senitz, maak die deur oop. “Wat soek jy hierdie tyd van die aand by ’n eerlike man se huis?” vra hy vir sy on­be­kende be­soeker. “As jy regtig ’n eerlike man is,” antwoord die keiser, “het jy niks te vrees nie.” Met dié woorde stap die keiser ook sommer in. In die voor­kamer sit ’n groe­pie mense om ’n tafel. Op die tafel lê ’n boek oop. Die keiser neem op ’n bankie plaas. “Gaan voort met wat julle besig is om te doen,” sê hy vir Senitz.  Senitz gaan sit op sy plek by die oop boek en almal om die tafel draai na hom toe, om met aandag te luister wat hy lees. “Ek lees verder,” sê Senitz, en gaan dan voort: “God het die wêreld so lief ge­had dat Hy sy enigste Seun gegee het, so­dat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te oordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie…” (Joh.3:16-18). Terwyl Se­nitz lees, verduidelik hy sommige tekse en van die ander, wat om die tafel sit, spreek ook gedagtes oor die Skrif uit. Na ’n kort rukkie onderbreek die keiser Senitz. Met trane in sy oë sê hy: “Om te dink dat ek op hierdie vreemde manier vir die eerste keer deel kon word van mense wat weet hoe om die Bybel te lees en te verstaan!” Toe hy van hulle afskeid neem, vra hy Senitz dringend om op sy eerste besoek aan Wenen by die paleis vir graaf Falkenstein te vra. Hy beloof om in te tree vir hierdie verdrukte mense wat so in die geheim die Here moet dien. Senitz het gou daarna Wenen toe gegaan. Hy moes uitvind graaf Falkenstein is niemand anders as keiser Joseph II self nie. Die keiser het hom met groot hartlikheid ontvang. Hy oorhandig aan Senitz ’n perkamentrol waarop hy die Dekreet van Verdraag-saamheid (Edict of Tolerance) geskryf het. Toe Senitz dit ooprol om beter daarna te kyk, kry hy ’n som geld met ‘n briefie by: “Vir die oprigting van ’n kerk”.

Op die gewel bokant die ingang van die Protes­tant­se Kerk in Lakenstein kan steeds gelees word: “Die Ga­we van die Keiser.” Met hul volhardende getrouheid aan die evangelie van die Here Jesus Christus het Senitz en sy medegelowiges, godsdienstige en burgerlike vryheid gewin vir die protestante, wat vir een en ’n half eeu onder verdrukking geleef en aanbid het.

Getrouheid aan die Here, al kos dit ’n prys, het groot be­loning. Dit is Hebreërs 11 se boodskap: volhard om God te vertrou en te gehoorsaam. Abraham, Jacob, Josef, Moses, almal het bedreigde vooruitsigte gehad. “Die smaad ter wille van Christus het hy (Moses) ’n groter rykdom geag as die skatte van Egipte omdat hy na die beloning uitgesien het… Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien” (Heb.11:26,27).

“Here, vandag versterk u woord my om U te dien.”

Ma 24 Jan: Wie is voor die deur

LEES: Matthéüs 25: 34 – 40

“Ek was `n vreemdeling en julle het My herberg gegee ”(35).

In die klein Duitse dorpie is die nag koud en die wind begin stormsterkte waai. In hulle huis sit Conrad Cotta sy fluit en speel. Sy vrou Ursula berei aandete. Skielik hoor hulle bo die wind se dreuning `n soet, maak swak stem­metjie sing (ek gee die Engels soos Naismith dit gee): “Foxes to their holes have gone, every bird into its nest; but I have wandered here alone, and for me there is no rest.” `n Klop aan die deur en hulle maak oop. Hulle sien `n halfverkluimde en armoedige seun staan. Hy vra asb. ontferming. “Kom in seun,” sê Conrad, “ons gee jou kos en slaapplek vir die nag.” Ursula maak dadelik vir hom kos, maar voor hy kan eet, verloor die seun sy bewussyn van moegheid en honger. Hulle help hom, gee hom kos en `n bed. Naismith skryf: “He seemed such a worthy teenager, that, after praying about it, they decided to treat him as their own son. They sent him to school and he later entered a monastery where he found a Bible and he eagerly read it. From it he learned the way of salvation.”  Hy word so beïndruk deur wat hy in die Bybel lees, dat hy dit nie vir homself kon hou nie, maar net waar hy kom praat hy daarvan. Veral Romeine 5:  “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan…(V.1,2)”. Dit verwek spanning in die klooster waar hy moet studeer. Maar, min het Conrad en Ursula besef, hierdie eensame sangertjie wat hulle die nag in die hulle huis ingeneem het en versorg het, was niemand minder as Martin Luther, die groot hervormer nie.

Die voorkoms van `n saak, die duur van die geringe saak, bevat soms `n waarde waaroor ons bly sal wees dat ons aandag gegee het. Ons het ons God en Vader nodig om in Jesus, deur die Heilige Gees, vir ons raad te gee as ons dit vra.

“Here, vandag wil ek u leiding en raad vra oor die saak waaroor aan die twyfel is.”

Vry 22 Jan: Waar Pas Ek?

LEES: Efesiërs 5: 15-21

TEKS: …terwyl julle God …altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus…en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God (20,21)

`n Lektor spreek die leerlinge van`n skool toe. Sy tema is die manier waarop na persone verwys word. “Julle ken almal die werkwoord wat vir ver­wys­ing na persone gebruik word. Ons sê: Ek is, jy is, hy is. So word dit in al die tale van die wêreld gedoen: Engels, Frans, Duits, Italiaans, Latyn. Al­mal volg dieselfde verwysingswyse: Ek het lief, jy het lief, hy het lief; ek loop, jy loop, hy loop. Maar is dit nie `n selfsugtige verwysingsmanier nie?  Hoeveel van julle weet dat die ou Hebreërs soos hulle van Abraham afgestam het, hierdie werk­woord anders ingespan het? Hulle het gesê: Hy is, jy is, ek is. Ek laaste.” Toe gee hy vir hulle hierdie lewensraad: (Ek haal aan) – “Say to yourself, looking up to God, `He is’, then look at your neigh­bour and say, ‘you are’, and last off all think of yourself and say, ‘I am’. Eerste God, dan jou naaste, dan jyself. Dit is die beste manier van lewe.”

`n Vriend wat daarvan gehoor het, was so getref deur hierdie ontdekking, dat hy dit nie uit sy gedagte kon kry nie. Hy het dit sy taak gemaak om `n Hebreeuskundige te vind, om hom te vra of dit regtig so is. “Ja”, sê die Hebreeuskundige, dit is hoe dit in Hebreeuse vervoeg word. Maar hoekom vra jy?” Die man vertel hom wat die lektor by die skool vir die kinders gesê het oor Hebreeus teenoor al die ander tale van die wêreld. “Well!” cried the scholar, ‘I have been studying Hebrew all my life and never once had it occurred to me that Hebrew verbs can have that beautiful signi­ficance. He sat for some moments, saying, ‘He is; thou art; I am. How beautiful! Yes, to be sure – He is; you are; I am! It is wonderful, wonderful!”

So het God van Abraham af sy volk leer praat: God eerste, die medemens tweede, en jyself derde. Dit is die orde wat Jesus vir ons kom leer het. God moet hoogste, eerste wees, dan jou medemens, en dan laaste jyself. Die wêreld het die ander orde in ons kom plant: Ek is – eerste. Jy is – tweede. Hy is – God en ander mense, derde.

Here, vandag wil ek hierdie gemoedsorde in my lewe inbring.”

Do 21 Jan: Orkaanwaarskuwing

LEES: Hebreërs 3: 10 – 15

“Sorg daarvoor broerers, dat daar nie miskien in een van julle `n bose en ongelowige hart is….” (12)

`n Paar jaar gelede koop `n man wat op Long Island U.S.A. woon, vir hom om `n duur barometer. Toe hy dit ontvang is hy sommer ontevrede. Die naald steek vas en wil nie verder beweeg nie. Die naald steek vas by ‘Hurricane’, Orkaan. Hy skud die barometer hard heen en weer, maar niks wil die naald laat beweeg nie. Die man gaan sit en skryf vir die winkel waarvandaan hy dit bestel het, `n skerp brief en gee uitdrukking aan sy teleurstelling. Die volgende oggend pos hy die brief en die barometer vanuit sy kantoor in New York vir hulle. Die aand ry hy terug Long Island toe. Nie net die barometer is nou weg nie, maar sy huis ook. Die barometer se naald was korrek. Daar was `n orkaan.

Die skrywer se toepassing: “How many are there who disregard the warnings of the Bible, not realizing that those warnings mean what they say and are given to lead us to escape from the wrath to come and to find a refuge in Jesus Christ, the only Saviour.

“Here, vandag wil ek u waarskuwings in die Bybel in my hart oordink.”

Wo 20 Jan: Die Diepte van die See

LEES: Miga 7: 18 – 20

“Hy sal Hom weer oor ons ontferm ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp” (19)

Die Noorweegse ondekkingsreisiger, Nan­sen, wou die diepte van die ver Noordelike Oseaan meet. Hy het `n lang tou as sy meetlyn gebruik. Die lyn is te kort. Hy skryf in sy register oor die diepte van die oseaan: “Deeper than that.” Die volgende dag gebruik hy ‘n langer tou. Weer moet hy na sy eksperiment skryf: “Deeper than that.” Die derde dag gebruik hy sy langste tou. Weer skryf hy: “Deeper than that”. Die skrywer staaf: ”Several times hy tried until finally he fastened all hy lines together and let them down, but his last record was like the first, ‘Deeper than that.’” Hy moes vertrek sonder om die diepte van die ose­aan op daardie punt vas te stel.

Die mooi verhaal loop uit tot `n kosbare toepassing. “Billy Bray, the Cornishman, was alone in a friend’s house.” In die stilte wat om hom heers soek hy `n Bybel. Tot sy blydskap ontdek hy `n uitgebreide Geografieboek. Hy het in die aarde, as God se skepping, belanggestel. “Opening it he read that in certain parts of the great oceans the depth is measured in miles.” Hy klap die boek toe. Roep uit: “Praise the Lord!” en net so luid haal hy Miga 7:19 aan: “Hy het Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.” Daarna sing hy met oorgawe die woorde van `n lied wat hy ken.

I will cast in the depths of the fathomless sea

All thy sins and transgressions, whatever they be

Though they mount up to heaven,

 though they sink down to hell,

They thall sink in the depths

 and above them shall swell

All the waves of My mercy, so mighty and free.

‘I will cast all thy sins in the depths of the sea.’

“Here, dankie vir so `n redding!”

Di 19 Jan: Niks Help Nie

LEES: Kolossense 1: 9 – 17

“Hy wat ons velos het uit die mag van die duisternis, en oor­gebring het in die koninkryk van die Seun van sy lief­de, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes” (14 , 15))

Die gewilde prokureur, George Goodman, kry op `n dag besoek van `n jongman. Hy het ruimte vir die af­spraak gehad, en ontvang die jongman. Hy verwag dit is `n sakenavraag. Die ware rede vir sy besoek word gou vir Goodman duidelik. Die rede vir die jongman se besoek, was `n diep besogdheid oor sy sieleheil. “Wat moet ek doen?” vra die jongman. Hy wil hemel toe gaan, hy wil kind van die Here wees, hy wil `n christen wees, en hy kry dit nie reg nie.  “Wat moet ek doen?” vra hy ernstig. “Wat het jy al gedoen,” vra Goodman. The young man detailed a list of deeds he could reckon to his credit: he had prayed, read the Bibel, paid his way, lived hones­tly with the neighbours and so on. “What more can I do?” he exclaimed. “I don’t think you can do any more. You seem to have done more that I have,” replied mr. Good­man, who asked him to repeat all he had done. As hy finished, Mr. Goodman said in a tone of sadness, “No, I can’t sugest any more you can do.” “Then there is no hope!” said the young man in despair; and so saying he rose to go.”

Mnr. Goodman keer hom. “Stop! Dit is nie wat ek gesê het nie. Daar is niks wat jy kan doen nie, maar as ek jou nou vertel van `n werk wat vír jou gedóén is, en wat vir jou die redding sal bring wat jy soek, wat sal daarvan sê? Dit sal sake vir jou verander, dink jy nie so nie?” George Goodman was `n knap en gewilde prokureur, maar hy was ook `n bekeerde man, `n uitgesproke christen. Hy vertel vir die jongman die bekende verloop van Jesus se koms aarde toe. Sy sterwe aan die kruis, om vir ons sondes vergifnis by God te wen. Met ons rekening by God betaal, en sy krag deur die Heilige Gees om die ware Christenskap in die hart tot uiting te bring, hoef ons net te vra en te neem wat Hy reeds gegee het. George Goodman sê vir hom: “Kniel nou by jou stoel. Ek kniel saam met jou. Vra Jesus om jou te red en sê in geloof vir Hom ‘dankie’”. Die jongman het `n vreugdevolle, geredde man huis toe gegaan.

Wat ons nodig het vir ons saligheid het Jesus vir ons aan die kruis volbring. Sy opstanding uit die dood, het die nuwe lewe gebring wat ons nodig het om vir God te lewe. Hierdie reddingskrag word nie met inspanning verkry nie, maar soos `n geskenk ge­neem. In Handelinge 16 is die verhaal van Pau­lus en Silas se tronkervaring. Die sipier het vir hulle ge­vra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Paulus se antwoord was: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou gesin.” Dan lees ons in vers 34: “Hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.”

“Here, ek neem en dank U vir u redding.”

Ma 18 Jan: Waardering

LEES: 2 Timótheüs 2: 14 – 16

“Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as `n werker wat hom nie hoef te skaam nie…” (15)

Vir meer as 20 jaar het Olive Davies, die mense van `n klein Walliese myndorpie, as verpleegster gedien en ver­sorg. Die myndokter, dr. A. J. Cronin, het die geringe ver­goeding waarmee haar onbaatsugtige diens ver­goed is, verfoei. Na `n besondere veeleisende geval, het hy ge­waag om met haar daaroor te praat. “Nurse, why don’t you make them pay you more? It is rediculous that you should work for so little. God knows you’re worth it.” Daar was `n pouse soos sy staan en dink. Sy glim­­lag, maar haar oë het `n erns en dringendheid wat die dokter verbaas. “Dokter,” antwoord sy met `n erns wat by haar oë se kyk pas, “ as God weet, ek is dit werd, dan is dit ál wat vir my saakmaak.”

As God se goedkeuring en behae ons enigste lewens­maatstaf is, loop ons `n geseënde pad. Nie my voordele nie, maar God se tevredenheid, dit is wat dan tel. Dit is die kern van almal wat God teen groot opofferings dien se geheim. Ons verhouding met die Here Jesus en die werk van die Heilige Gees in ons, bring so `n gesindheid in die hart.

“Here vandag wil ek u liefde vir my so ken, dat u belange, u saak, my eerste belang is.”

Vry 15 Jan: 'n Volle Deel

Lees Efesiërs 1: 3 – 10              (Jare gelede se geldwaarde)

“God…het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is” (3).

‘n Man kom een aand kort van draad, weens pro­bleme by die werk, laat tuis. Sy 5-jaaroud seuntjie wag hom by die deur in. Hy groet sy pa. Kry ‘n kortaf “Ja, naand” terug. “Mag ek Pa iets vra?” kom dit weer van die seuntjie af. “Ja, vra.” “Hoeveel geld kry Pa vir ‘n uur se werk?” “Dis nie jou saak nie,” antwoord die pa ergerlik. “Ek wil net graag weet. Asseblief, sê vir my,” pleit die outjie. “As jy dan moet weet, $20 ‘n uur.” Die seuntjie kyk hoopvol op na sy pa toe. “Pa, kan ek asse­blief $9 by Pa leen?” Nou is die pa woedend. “Al hoekom jy wil weet hoeveel ek in ‘n uur maak, is om by my te leen. Toe, kamer toe met jou. Klim in die bed, en dink hoekom jy so selfsugtig is. Ek werk lang ure elke dag en ek het nie lus vir speletjies nie.”

Gehoorsaam gaan die seuntjie stilletjies na sy  kamer toe en maak die deur toe. Die pa gaan sit op ‘n stoel en word al kwater oor sy seun se uitvraery. Hoe durf hy sommer so geld vra! Na ‘n uur kalmeer hy. Hy sit en dink. Dalk was hy darem te kras met sy seuntjie. Miskien het hy tog iets nodig, en hy vra nie dikwels geld nie. Die pa staan op en gaan na sy kamer toe. “Slaap jy, Seunie?” vra hy. “Nee, Pa, ek is wakker,” antwoord hy met ‘n klein stemmetjie. Die pa gaan in. “Ek het weer daaroor gedink,” sê hy. “Dit was vir my ‘n lang en harde dag en toe haal ek dit op jou uit. Hier is die $9 wat jy gevra het.” Die seuntjie sit dadelik regop. Hy straal. “Ag, dan­kie, Pa!” sê hy verlig. Hy trek sy kussing weg. Onder die kussing lê ‘n paar gefrom­melde note. Hy haal dit uit, stryk dit plat en tel dit. Hy tel sy pa se geld by.  Die pa wil weer er­ger­lik raak. “Hoekom vra jy geld terwyl jy al soveel het?” vra hy. Die seuntjie verduidelik: “Want ek het nie genoeg gehad vir wat ek wou doen nie. Nou het ek genoeg. Ek het nou $20. Kan ek ‘n uur van Pa se tyd vir my koop?”

Hoe het die pa hierop gereageer? Ongelukkig sê David A. Sargent, van wie die storie af kom,  nie vir ons nie. Ons kan ons eie voorstelling maak. Ralph Waldo Emerson maak hierdie geestelike voorstelling: “The only gift is a portion of thyself. There is Another who loves you and me…and gave us a tremendous gift: the gift of HIMSELF.” So getuig Paulus van hierdie groot ge­skenk wat God vir ons gegee het: “Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê” (Gal.2:20). Die Here Jesus het nie net ‘n gedeelte van Homself of ‘n porsie van sy tyd vir ons gegee nie, Hy het Homself geheel aan ons gegee, Hy het vir ons gesterf, en Hy gee al sy tyd, sy ewige lewe, vir ons. Dis nie ons wat die Here se aandag moet af­dwing of afkoop nie. Hy is gedurig besig, om ons aan­dag en ons oorgawe aan Hom, te soek.

“Here, vandag gee ek my hele lewe vir U.”

Do 14 Jan: God se Vergifnis

LEES: Lukas 23: 33 – 46

“En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” (43)

Brownlow North, een van die groot predi­kers van sy tyd, moes in een van grootste kerke in stad Aberdeen optree. Die kerk was oorvol. In die konsistorie kry hy `n nota van een van vroeëre kennise, van sy onbekeerde dae. Die nota lui: “I dare you to enter the pulpit. I know your past history. I followed you to Paris. I know your career of vice, and in Liverpool, and Manchester. You stand tonight in tha Chistian pulpit: I dare you do it!”

Brownlow North het in die preekstoel ingegaan. Hy begin sy diens deur die brief voor te lees. Hy laat niks weg nie. Nadat hy die lys van erge sondes uitgelees het, sê hy:  “Dit is alles waar, maar daar is erger dinge waarvan my vorige maat nie eens weet nie. Maar daar het `n dag in my lewe gekom toe ek die Verlosser se stem in my hart gehoor het: ‘Brownlo North, gaan in vrede: you sondes is vergewe.’ As daar vir `n man soos ek genade was, is daar vir elkeen wat onder `n las van sondebesef leef, geleentheid vir vergif­nis.”

Die vertelling eindig: “The service did not continue as arranged, for men and women were broken down there and then. Many hundreds, weeping, decided for Christ that night, and a mighty work began in the granite city where they still speak of it.

”Here, vandag kom ek met my sondes na U toe.”

Wo 13 Jan: God se Plusteken

LEES: Galasiërs 2: 17 – 21

“Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my (v.20).

`n Groep universiteitstudente kom luidrugtig van `n plesier- en joolaand af. Die halfbesope leier kyk na `n kerk se toring en sien die kruis bo-op hierdie toring, helder in die maanlig blink, en roep: “Julle wiskundiges kyk na God se plusteken!” Daardie nag kan een van die studente nie slaap nie. Teen die oggend gaan hy in die leierstudent se kamer in en sê vir hom hy kon die nag nie slaap nie. Die aanskoue van die helderverlligte kruis as God se plusteken, het hom laat besluit om die kruis in sy hart te aanvaar, as God se oorvloedige liefde vir die mensdom. Jesus van die kruis het in sy hart en in dié van 7 ander studente toegang gekry.

Die kruis van Jesus is in ons harte `n belangrike be­wussyn vir ons geloofstrou. Iemand het in Skotland `n huis gekoop. Die vorige eienaar het in sy voortuin `n groot blombedding soos `n kruis uitgelê. Dit het die tuin oorheers. Soos die weke verbygaan, merk hy die uitleg van die kruisbedding begin dof word. Nie lank nie of die kruisvorm van die bedding kon nie meer dui­delik gesien word nie. H.P.Barker skryf: “Nothing had happened, but weeds and tufts of grass were springing up and obliterating the cross.” Gewone daaglikse dinge kan, as ons nie waaksaam is nie, die helderheid van die kruis in ons harte toegroei.

`n Filipynse christen vertel hoe hy een Goeie Vrydag by `n Roomskatolieke kerk verby ry. “The area around the church was crowded, not only with worshippers, but with many vendors selling incense, candles, veils and rosaries. Among the  busy merchants were small boys running about selling crosses, and caling, ‘Cheap crosses for sale! Buy a cheap cross!’”. Die man maak sy toepassing. Sommige mense wil graag `n goed­koop Christenskap hê. Een wat net lig en lekkerte is en geen eis stel op hul eie belange nie, geen eis op hul tyd of krag nie.

Die kruis van Golgota was nie `n goedkoop kruis nie. Christus het sy troon in die hemel prysgegegee om in hierdie wêreld van sonde te kom lewe, om ons vir God en die hemel los te koop. Hy is in `n stal gebore, is dikwels beledig en dan die wrede dood van die kruis. Hoekom? Dat ook ek en ook jy sondevergifnis kan kry en hemel toe gaan. En sy kruisdood was `n bitter dood. Vir 6 ure het hy in die warm son aan die kruis gehang, vasgehou deur spykers deur sy hande en voete. `n Doringkroon op sy kop. Tot Hy uiteiendelik kon sê: “Dit is volbring”. Toe sterf Hy. Ons skuld ten volle betaal. Ons ingang in die hemel wydoop.

“He calls us to take up our cross and follow Him. It is not a cheap, easy way, but it is a way filled with the light of his presence and blessed with oppor­tunities to serve. One day the cross will be exchanged for a crown.”

“Here, vandag wil ek u kruis opneem en dra.”

Di 12 Jan: Die Groot Liefde

Lees: Johannes 3 : 12 – 21

“…so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enig­gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

In sy boek, Treasury of Notes, Quotes and Anecdotes, haal Naismith vir S.D.Gordon aan wat skryf: “The emergency the world is in through sin, calls for sacrifices that bring great pain of spirit.“ Dan vertel hy die storie. “A young man in a small college in die Middle West in U.S.A. was stirred by the needs of a foreign mission field. He determin­ed to offer his life and service to help to meet that need.” Voor hy enige stappe neem om by `n sen­dingsaak aan te sluit, skryf hy eers vir sy moeder om haar te vetel van die brandende velange in sy hart om sendingveld toe te gaan. Hy vra haar toe­stemming. Na verloop van tyd kom die antwoord. Op die bladsye is klat­te wat die tranebui wat saam met die skrywery van hier­die brief gegaan het, verraai.  S. D. Gor­don bewoord dit so: “Its  pages brought up a vivid picture of that mother’s face and heart. She replied, in effect giving her consent, and then writing down these words, ‘I never knew until now how much it cost God to give His Son.’”

Bekende Johannes 3:16 gee uitdrukking aan die stemming waarin ons redding begin het. Dit is mensetaal, begryp deur mensehar­te. Ons redding het vir God `n prys gekos, `n prys op `n vlak wat ons enigsins na ons eie gevoelens kan herlei. ‘Want so lief het God die wêreld gehad – hoe groot was daardie liefde? – dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’  Kan ek God se liefde vir my bedink? Ek kan as ek dit uit my eie lewenswaades bepeins. Hoe lief het ek my kind? En as daardie sen­dingma moes weet hoe haar kind op die sen­dingveld gaan sterf – hy is nie op die sen­dingveld dood nie, maar sê-nou hy is wreed ver­moor word, hoe groot sou die trane­klatte dan gewees het? God het sy Seun gegee, wetend van sy lyding aan die kruis.

“Here, vandag oordink ek U liefde vir my.”

Ma 11 Jan: Die Eerste Liefde

LEES: 1 Johannes 4: 10 – 19

“Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.”

`n Klein dogtertjie het in die sitkamer, op die vloer, met haar pop gesit en speel, vertel Indian Christian, terwyl die ma by die tafel druk met haar agterstallige korres­pon­den­sie besig was. Uitein­de­lik is die ma klaar en sit haar pen neer. “Jy kan nou kom, Alice, ek is klaar met wat ek vanoggend wou doen.” Die kind hardloop na haar ma toe, klouter op haar skoot, ter­wyl sy uitroep: “Ek is so bly, want ek wou heel môre al Ma so lief hê.” Die ma antwoord, in die hart geraak: “Maar dit het vir my gelyk jy is so te vrede met jou klein Dolly.” ”Ja, Ma, maar ek het moeg geword. Sy kan my nie terugl iefhê nie.” “Is dit hoekom jy my liefhet, omdat ek jou terug­ liefhet,” sê die ma terderlik en druk haar teen haar vas. “Dit die een hoekom, maar nie die eerste en beste hoekom ek Ma so liefhet nie.” “Wat is dan die eerste en beste hoekom?” Die dogtertjie ant­woord met `n sag­te stemmetjie: “Omdat Ma my liefgehad het, toe ek te klein was om Ma lief te hê.” Die ma se oë word vol trane en sy fluister: “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.”

As die Here ons nie eerste liefgehad het nie,  terwyl ons met ons rug na Hom toe lewe en met ons eie dinge aangegaan het, sou ons nooit by die Here uitgekom het nie. “Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons lief­gehad het en sy Seun gestuuur het as `n versoe­ning vir ons sondes.” (1 Joh.4:10). Gelukkig het die evangelie na ons toe gekom en Johannes kan skryf: “En ons het die liefde wat God tot ons het leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom…”

“Here, vandag dank ek U, dat U my eerste liefgehad het.”

Vry 8 jan: Welkom

LEES: Lukas 15: 11 – 24

 “En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen” (20)

`n Jong seun in sy tienderjare en `n ouer man, `n afgetrede leraar, is die enigste passasiers in die treinkompartement. Hulle het nog nie met mekaar gesels nie, maar die jongman lyk so bekommerd, dat die ou dominee besorgd vir hom vra of vir hom iets kan doen. Na `n klein rukkie en woorde heen-en-weer wen die ou dominee die jong seun se vertroue. Hy open sy hart vir die ouer man en ver­tel hom hoe hy weggeloop het van die huis af en die hele familie in skande gedompel het. Hy het nou spyt hy het dit gedoen en hy is oppad huis toe. Hy weet nie of hy welkom gaan wees nie. Hy het vir sy ma geskryf en sy het hom van haar liefde verseker en sy wil hom graag terug hê by die huis. Maar die pa is `n probleem. Hy wil nie hoor daar­ van dat die seun terugkom nie. Nou is die seun op­pad terug, sonder om te weet watter ontvangs hy gaan hê. Hy het weer `n brief van die ma af gehad, waarin sy skryf, as die pa inwillig om hom terug te ontvang, sal sy `n wit doek aan `n lang boom, wat in die tuin groei, ophang. Die boom is sigbaar van die treinspoor af. Die ou dominee bied aan om `n ogie te hou oor die saak en die seun kan bietjie lê en rus.

 Die verhaal van die Verlore Seun soos Jesus dit in Lukas 15 vertel het, is baie bekend. Teen baie mistrappe in, het die seun se vader hom met groot liefde terug ontvang. Jesus het die hart van sy Vader onthul in die verlore seun se verhaal. Hy het die liefde van God vir sy verlore kind en die hartlike verwelkoming wat hy kan verwag as hy na God toe gaan, geskilder. Die ou domi­nee sit en wag om te sien hoe die situasie in hierdie ge­val gaan ontwikkel. Die seun het aan hom `n draai beskryf, wat hulle sal kry net voor hulle by die huis sal verby­gaan. Die ou leraar besef hulle gaan nou om daardie draai, en wat hy sien laat hom die seun met `n klap op die boud regop sit. “Tyd vir vreugde!” roep die ou dominee uit asof dit hy is wat verwelkom word. Die gely­ke­nis werk in die praktiese lewe uit soos Jesus dit ge­skil­der het. Die boom is letterlik oortrek met stroke wit lappe. Hy is oor en oor welkom by die huis wat hy so le­lik verlaat het. Dit teken vir óns, wat wil terugkeer na God toe, wat afhanklik is van sy liefde en genade, die prentjie wat Jesus in ons harte wou oordra. “God het jou lief. Kom”

 “Here, vandag neem ek hierdie boodskap hart toe en ek kom na U toe.”

Do 7 Jan: So Naby

LEES: Amos 4:11-13

“…..maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!”

`n Myner in die Suide van Engeland, op pad werk toe, loop een aand by `n kerk verby. Hy gaan in. Die prediker preek oor die heiligheid van God en die aaklige lot van iemand wat nog nie sy saak met God uitgemaak het nie en skielik tot sterwe moet kom. “He begged his hearers to ask themselves the question: ‘Am I ready to meet God?” “Antwoord dit nóú, dring hy by hulle aan. Dit is nou die regte tyd. Dis `n goeie geleentheid. God is nou gewillig. Hy roep jou. Jy is nou `n lewende mens. “Tomorrow it might be too late.”

Die boodskap raak die myner se hart. Hy weet hy is nie reg om God te ontmoet nie. Hy leef `n on­verskillige, goddelose lewe. Maar hoe vind hy vrede met God? So bekommerd in sy gewete is hy, dat hy wag tot die kerk leegloop en toe gaan praat hy met die dominee. The faithful man of God tried to lead him toe the Saviour: “He is your peace.” `n Uur gaan vereby, maar die man kan nie rus vir sy siel kry nie.  Die dominee sê: “Dit is laat. Gaan huis toe en in jou kamer bid jy en soek die Here.” “Nee,” sê die myner, “asseblief, bly nog `n rukkie ek moét dit vanaand uitmaak. Weer vertel die dominee vir hom, hoe Jesus vir sy sonde gesterf het en hy moet die red­ding in die geloof net aanneem.” Hulle bid weer.  “The minister grew more and more troubled. ‘I must go,’ said he with reluctance, “it wil soon be morning. Go home; tomorrow night here is a meeting here; maybe  you will find peace then.’” Laat soos dit reeds is, voel die dominee hy kan die man nie net wegstuur nie. “Sir!’ said the poor man. “I cannot leave this room till I find peace. Tomorrow it may be too late and I may be in hell, It must be settled tonight.” Weer gaan die dominee oor die hele weg van saligheid en die myner hang aan sy woorde. Met snikkke en trane breek die lig vir hom deur. “I see it,’ he cried, ‘my peace has been made wih God. It is settled. I must thank God for it. I do! Praise His Name! It is settled.” Weer bid hulle saam en dank God vir sy genade en nabyheid.

Die volgende dag gaan die myner soos ge­woon­lik werk toe. Hy stap alleen af in `n nou gange­tjie ondergronds om gereedskap te gaan haal. `n Groot rots breek los en saam met `n mas­sa los rotse begrawe die hoop grond hom. Uit genade, en met die hulp van `n getroue dienskneg van die Here, is hy net betryds gered.

“Here, vandag soek ek U. Red my!”

Wo 6 Jan: Skreeu in sy Werk

LEES: Psalm 39: 3 -10

“My hart het warm geword in my binneste; `n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong…” 4

Die evangelis, Rowland Hill, moes diwels hoor hy is van sy kop af weens sy heftige prediking. Hy het die aan­klag geantwoord: “While I passed along yon road, I saw a grave pit cave in and bury three men alive. I has­tened to the rescue and shouted for help until they heard me in the town, almost a mile away. Nobody called me a mad­man then.” Dit is hoe hy ook preek. “When I see de­struc­tion about to fall on sinners and entomb then in an eter­nal mass of woe, and I cry aloud, they say I am beside myself.”. Miskien is ek my sinne kwyt oor die vreeslike, ewige verdoemenis wat vir son­daars wag, sê hy verder, maar ek wens meer van die Here se kinders wil vervul word met `n drang om hulle medemense tot redding te laat kom. “More of this madness is needed!”

Meeste van ons besef nie waarheen die onbekeer­de mens onderweg is nie. Van God se kant af is dit `n dui­de­like besef: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16). Jesus het dit besef. Dit was die drang agter sy groot verlossingswerk, om sy goddelike troon te verlaat, mens te word, aan die kruis gespyker te word en sy bloed te stort sodat ons sondes uitgewis kan word en ons die ewige lewe, die ewigheid in die hemel, kan ontvang.

Die gelykenis van Lasarus en die ryk man, in Lukas 16:19-31, vertel ons iets van hierdie vrees­li­ke lewenseinde. En dis vir ewig. Dit is wanneer die Heilige Gees `n besef van die gevaar, waarin die onbekeerde mens verkeer, in ons harte op­wek, dat ons sielewenners probeer wees. Boonop is daar groot loon vir elkeen wat `n ander mens tot beke­ring lei. Uit ons eie het ons nie die be­sorgd­heid oor die Here se koninkryk en die verlore mens­dom se ewige bestemming nie. Ons moet bid en vra dat die Here se Gees hierdie ont­waking in óns bring.

“Here, vandag wil ek iemand vir U wen.”

Di 5 Jan: Onleesbaar maar Waar

LEES: Titus 3: 3 – 8

 “… na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die… ver­­nuwing deur die Heilige Gees … Dit is `n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig…” (5-8)

In `n vuil, rokerige streek, waar klei­pot­te gemaak word, het `n man met slegte lewens­gewoontes gewoon. Hy kon nie lees of skryf nie man. Op `n dag, in `n ope­lug­diens van die Salvation Army, kom hy tot bekering. Sy veranderde lewe het getuig van die redding deur die Here Jesus Christus. Een oggend is hy na hulle diens toe, maar hy keer terug huistoe `n gebroke en ongelukkige man. Op sy vrou se verskrikte navraag oor wat nou met hom gebeur het, vertel hy haar dat almal die oggend in die diens rooi truie aangehad het, net hy nie. “Ag, dis geen probleem nie,” sê sy vrou verlig, “ek brei vir jou een vir volgende Sondag.” Trots en regop gaan hy die volgende Sondag oggenddiens toe in sy rooi trui. Maar weer kom hy gebroke en ongelukkig terug huistoe. “Wat is nou die probleem,” wil sy vrou angstig weet. Hy antwoord: “Almal het op hul rooi truie, met pragtige, groot wit letters, woorde gehad wat hulle vir mekaar gelees het. Net ek het nie `n enkele letter op my trui gehad nie.” Hy kan nie vir haar sê wat op elkeen se trui geskryf staan nie, want hy kan nie lees nie. Vir die vrou is dit hierdie keer ook `n probleem, want sy kan mos nie lees of skryf nie. Sy onthou, sy het in die afgelope week, oorkant die straat, by die ingang van `n groot winkel, `n bewonderde bord met groot wit letters ge­sien. Sy besluit om met wit lap die letters na te maak en reg te knip en op die trui vas te werk. So gedink, so gedaan. Dáárdie Son­dag kom haar man met stralende gesig van die kerdiens af terug. “Weet jy, my skat, almal het om my kom staan en almal het gesê dis nou die mooiste en slimste woorde wat enigeen aan kon dink.” Bokant die winkel en nou op sy bors, het drie woorde gepryk: -ONDER NUWE BESTUUR.

En dit is presies wat dit was. Hy was nie meer baas van sy lewe nie. Hy het aan Jesus oorgegee. Jesus Christus het nou sy lewe bestuur. Die tekens van die nuwe manier van lewe, onder Christus se heer­skappy, het `n totaal ander manier van lewe geopenbaar. Wanneer Jesus die beheer van `n mens se lewe oorneem, word sy lewe anders, nuut, mooi. “Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers, dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. Moenie julle lewe stel tot beskikking van sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julle self tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lewe as werktuie van geregtigheid in die diens van God.” (Rom.6:12,13).

“Here, vandag is my  lewe onder u beheer.”

Ma 4 Jan: Die Verlore Vreugde Word Teruggevind

LEES: Psalm 51: 10 – 17

 “Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur `n gewillige gees” (14)

In 1895, skryf dr.Campbell Morgan, besoek hy Douglas, in the Isle of Man. Na een van sy na­mid­dag dienste kom `n jongmeisie en vertel hom, vier jaar te vore, het sy al haar vreugde verloor. “Dank God!” antwoord hy haar. In haar geskokte ver­ba­sing, vra sy: “Waarvoor?” “Omdat jy weet wanneer jy jou vreugde verloor het. Want as jy weet wan­néér jy jou vreugde verloor het, dan weet jy hoe en waarom dit jou verlaat het.” Sy antwoord: “Ek dink nie ek weet nie.” “Ja, jy weet. Jy is baie seker van die tyd; gaan nou vier jaar te­rug in jou lewe en vertel my wat gebeur het.” Sy laat haar kop hang en, skryf Morgan, ek raak seker iets besonders het met haar gebeur. “Wat was dit?” vra hy. “Ek en my beste vriendin het oor iets verskil. Ek wou haar dit vertel, maar sy het die land verlaat voor ek by haar kon kom.” “Wel, skryf vir haar en vertel haar jy was verkeerd. Ons Meester verwag dit van jou.” “Ek kán dit nie doen nie,” antwoord sy beslis. “Wel, dan sal jy jou vreugde nie terugkry nie.” Sy het deur die hele reeks van dienste ge­kom, vegtende teen God. Sy het die vreugde geken, van `n geseënde lewe, voor­heen met God. Sy was nou in duis­ternis omdat sy nie wou teruggaan na die oorsaak van haar ongehoorsaamheid nie.

Campbell Morgan skryf: “Die volgende jaar het ek teruggegaan Douglas toe vir die jaarlikse reeks dienste. Die eerste persoon wat ek raakloop, is daardie jongmei­sie. ‘Het jy die brief toe geskryf,’ vra ek,’ Haar hele gesig spreek van vreugde. Sy antwoord: ‘Ek het dit gis­ter­­aand geskryf. Ek het die hele jaar teen God geveg. En heel laas week, ter­wyl ek vooruitgesien het na die dienste, was ek in `n toestand van angs. Uiteindelik sê vir Hom: ‘O God, ek kan dit nie langer uithou nie. Ek gee in.’ En gisteraand skryf ek toe die brief en amper middernag loop ek posbus toe en pos die brief. En toe daardie brief in die gleuf afgly en ek hoor hoe land dit op die posbus die bodem, het die hemel in my hart teruggekom. Dit is nou weer lig in my. God is naby.’”

Vir `n kind van die Here, wat van iets ver­keerds in sy of haar lewe weet, is daar nie `n ander weg na vrede toe nie, as om dit openlik vir die Here te vertel. En as dit te doen het met `n ander persoon, moet die nodige kon­tak met met die betrokke persoon gemaak word, en die saak moet met die persoon opgeklaar word..

Here, gee my vandag krag om my lewe voor U reg te maak.”