Lees 1 Tessalonisense 4: 13 – 18
“Wanneer… die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet” (16,17)
James Black was ’n ywerige en aktiewe werker en prediker in die Metodiste kerk, ’n sogenaamde Methodist layman, ’n musiekonderwyser en komponis en uitgewer van talle evangeliese liedere, gospel songs. Hy het ook as Sondagskoolonderwyser en leier van ’n jeuggroep onder kinders en jongmense gewerk. Eendag loop hy ‘n 14-jarige dogter raak. Sy was armoedig geklee en die kind van ’n dranksugtige man. Op Black se aandrang het sy Sondagskool begin bywoon en by die jeuggroep aangesluit. Een aand, by ’n toewydingsvergadering van die jeuggroep, moes die jongmense met ’n teksvers antwoord as hulle name uitgelees word, die sogenaamde roll call. Toe die dogter se naam gelees word, is daar net stilte. Sy was nie daar nie! James Black gebruik toe die geleentheid om te praat oor hoe hartseer dit sal wees as iemand se naam die dag met die opening van die Lam se Boek van die Lewe uitgelees word en die persoon is nie daar nie. Black skryf: “When I reached my home, my wife saw that I was deeply troubled. Then the words in the first stanza came to me in full. In fifteen minutes more, I had composed the other two verses. Going to the piano, I played the music as it is found today in the hymnbooks:
When the trumpet of the Lord shall sound and time shall be no more
And the morning breaks eternal, bright and fair –
When the saved of earth shall gather over on the other shore,
And the roll is called up yonder, I ‘ll be there.
Die volgende dag moes Black uitvind, sy was nie daar nie omdat sy siek lê aan longontsteking. Hy skryf: “The subsequent death of the missing girl from pheumonia, after an illness of just ten days, furnished the dramatic finale to this account and gives a poiqnancy to the ‘roll call’ song”. Na hierdie lied in 1894 verskyn het, word mense daardeur aangegryp. Ons het dit in Afrikaans: “As die boeke oopgemaak word, is ek daar.”
“Here, vandag weet ek my naam is in u Boek van die Lewe geskryf, want U is my Saligmaker.”