LEES : Kolossense 4: 2 – 14
“Epafras wat een van julle is, `n dienskneg van Chrtistus …. stry altyd vir julle in die gebede..” (12).
Die sendeling David Brainerd het sy grootste werk deur gebed gedoen, skryf S. D. Gordon sy storie. Hy was in die diepte van die woud, onbevoeg om die Indiane se taal te praat. Hy het volle dae in gebed deurgebring. Hy het gebid vir `n bevoegde tolk. Hy het gebid vir die krag van die Heilige Gees, sodat hy baie vrugbaar sal preek indien hy `n tolk kan kry. Hy kan die mense nie vir Christus wen as hy nie verstaanbaar met hulle kan kommunikeer nie. `n Tolk het vir hom te voorskyn gekom. S. D. Gordon skryf hieroor: “Once he preached through a drunken interpeter, a man so intoxicated that he could hardly stand up.That was the best he could do. Yet scores were converted through that sermon. We cannot account for it only that is was the tremendous power of God behind him.” So het David Brainerd, biddend sy groot werk onder die Indiane in daardie woud gedoen. Die groot vrug op sy werk, wat die krag van gebed in `n mens se werk vir die Here beklemtoon, het egter eers later, na sy dood, gekom. William Carey het `n boek oor sy lewe en sendingwerk gelees en hy het Indië toe gegaan. Robert McCheney het sy dagboek gelees en onder die Jode gaan werk. Henry Martyn het sy joernaal gelees en ook Indié toe gegaan.
S. D. Gordon probeer die geheim van die krag wat van David Brainerd uitgegaan het so verklaar. “The hidden life in communion with God in trying to reach the source of power, is the life that moves the world.
In al sy briewe in die Bybel, lê Paulus gedurig klem op die noodsaaklikheid en krag van gebed. “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek weet wat die bedoeling van die Gees is… (Rom.8:26).” Aan die Ëfesiërs skryf Paulus: “..terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges en vir my, sodat `n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenehid van die evangelie bekend te maak…” (Ef.6:18,19). Aan die Kolossense skryf hy: “Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging; en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus…” (Kol.4:2,3). Hy skryf in v.12 “Éprafas wat een van julle is, `n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede …”.
Wanneer `n lid van `n gemeenskap, of`n gemeente, of `n huisgesin, `n voorbidder vir sy mense word, is dit vir daardie groep `n bate en vir homself `n onbeskryflike seën. Kom ons dra die koninkryk van die Here Jesus op ons knieë verder.
Here, vandag neem ek u koninkryk en verlore siele op my hart en dra hulle op my knieë verder.”