LEES: 1 Johannes 4: 10 – 19
“Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.”
'n Klein dogtertjie het in die sitkamer, op die vloer, met haar pop gesit en speel, vertel Indian Christian, terwyl die ma by die tafel druk met haar agterstallige korrespondensie besig was. Uiteindelik is die ma klaar en sit haar pen neer. “Jy kan nou kom, Alice, ek is klaar met wat ek vanoggend wou doen.” Die kind hardloop na haar ma toe, klouter op haar skoot, terwyl sy uitroep: “Ek is so bly, want ek wou heel môre al Ma so lief hê.” Die ma antwoord, in die hart geraak: “Maar dit het vir my gelyk jy is so te vrede met jou klein Dolly.” ”Ja, Ma, maar ek het moeg geword. Sy kan my nie terugl iefhê nie.” “Is dit hoekom jy my liefhet, omdat ek jou terug liefhet,” sê die ma terderlik en druk haar teen haar vas. “Dit die een hoekom, maar nie die eerste en beste hoekom ek Ma so liefhet nie.” “Wat is dan die eerste en beste hoekom?” Die dogtertjie antwoord met `n sagte stemmetjie: “Omdat Ma my liefgehad het, toe ek te klein was om Ma lief te hê.” Die ma se oë word vol trane en sy fluister: “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.”
As die Here ons nie eerste liefgehad het nie, terwyl ons met ons rug na Hom toe lewe en met ons eie dinge aangegaan het, sou ons nooit by die Here uitgekom het nie. “Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuuur het as `n versoening vir ons sondes.” (1 Joh.4:10). Gelukkig het die evangelie na ons toe gekom en Johannes kan skryf: “En ons het die liefde wat God tot ons het leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom…”
“Here, vandag dank ek U, dat U my eerste liefgehad het.”
Di 29 Des: Krag in Sy Werk
LEES : Kolossense 4: 2 – 14
“Epafras wat een van julle is, `n dienskneg van Chrtistus …. stry altyd vir julle in die gebede..” (12).
Die sendeling David Brainerd het sy grootste werk deur gebed gedoen, skryf S. D. Gordon sy storie. Hy was in die diepte van die woud, onbevoeg om die Indiane se taal te praat. Hy het volle dae in gebed deurgebring. Hy het gebid vir `n bevoegde tolk. Hy het gebid vir die krag van die Heilige Gees, sodat hy baie vrugbaar sal preek indien hy `n tolk kan kry. Hy kan die mense nie vir Christus wen as hy nie verstaanbaar met hulle kan kommunikeer nie. `n Tolk het vir hom te voorskyn gekom. S. D. Gordon skryf hieroor: “Once he preached through a drunken interpeter, a man so intoxicated that he could hardly stand up.That was the best he could do. Yet scores were converted through that sermon. We cannot account for it only that is was the tremendous power of God behind him.” So het David Brainerd, biddend sy groot werk onder die Indiane in daardie woud gedoen. Die groot vrug op sy werk, wat die krag van gebed in `n mens se werk vir die Here beklemtoon, het egter eers later, na sy dood, gekom. William Carey het `n boek oor sy lewe en sendingwerk gelees en hy het Indië toe gegaan. Robert McCheney het sy dagboek gelees en onder die Jode gaan werk. Henry Martyn het sy joernaal gelees en ook Indié toe gegaan.
S. D. Gordon probeer die geheim van die krag wat van David Brainerd uitgegaan het so verklaar. “The hidden life in communion with God in trying to reach the source of power, is the life that moves the world.
In al sy briewe in die Bybel, lê Paulus gedurig klem op die noodsaaklikheid en krag van gebed. “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek weet wat die bedoeling van die Gees is… (Rom.8:26).” Aan die Ëfesiërs skryf Paulus: “..terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges en vir my, sodat `n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenehid van die evangelie bekend te maak…” (Ef.6:18,19). Aan die Kolossense skryf hy: “Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging; en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus…” (Kol.4:2,3). Hy skryf in v.12 “Éprafas wat een van julle is, `n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede …”.
Wanneer `n lid van `n gemeenskap, of`n gemeente, of `n huisgesin, `n voorbidder vir sy mense word, is dit vir daardie groep `n bate en vir homself `n onbeskryflike seën. Kom ons dra die koninkryk van die Here Jesus op ons knieë verder.
Here, vandag neem ek u koninkryk en verlore siele op my hart en dra hulle op my knieë verder.”

Ma 28 Des: 'n Lamp Waarsku
LEES : Matthéüs 5: 13 – 16
“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle ….. Vader wat in die hemele is, verheerlik”
Een donker nag, sien die wag by `n spooroorgang, `n motor teen hoë spoed die treinoorgang nader. `n Trein is ook vinnig aan die kom. Hy gryp sy lamp en hardloop na die oorgang toe. Heel tyd skreeu hy en swaai sy lamp. Die motoris verminder nie spoed nie. Die trein jaag oor die motor en die motoris word gedood. Die hekwag word voor die hof gedaag. Die eerste direkte vraag is: “Het jy, of het jy nie, die lamp geswaai vir die motoris nie?” Met bewende lippe antwoord die hekwag: “Meneer, voor God, sweer ek en verklaar, ek het die hele tyd aanmekaar die lamp geswaai.” Hy is ontslaan. Na die saak verby is, vra een van sy beste vriende hom: “George, hoekom het jy so hewig gebewe toe jy jou getuienis gegee het?” George antwoord: “Ek hét die lamp geswaai soos ek getuig het, maar mag God my vergewe, daar was nie lig in die lamp nie.” Dalk was die lampolie gedaan, dalk het die pit te kort geword. Maar die feit bly staan, die swaaiende lamp in sy hande kon nie waarsku nie. Die lig was dood.
A. Naismith waarsku: “…in many places of worship, where the glad tidings and warning notes of the gospel should be sounded out, there is no light in the lamp.” Die aktiwiteite gaan voluit aan, maar die lig wat moet waarsku brand nie. “…and multitudes dash on to eternity and destruction…”
“Here, hou deur u Gees ons lamp brandend.”

Do 24 Des: 'n Vervulde Kersdag
Lees Matteus 2:9-12
“Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys” (10,11).
Die Kersfees van 1950 het die lidmate van ‘n klein gemeente in Noord Ierland, tot aksie aangespoor. Hulle kerk was in ‘n verwaarloosde toestand en Kerfees was net om die draai. Hulle het besluit om vir Kersfees hul kerkie skoon te maak en op te knap. Twee dae voor Kersfees tref ‘n storm die dorpie en maak hulle handewerk feitlik tot niet. In die muur, voor in die kerk, het die storm die nuwe pleistering, wat ‘n kraak moes bedek, weggestroop. Die volgende dag, die dag voor Kersfees, het die gemeentelede hul besems en borsels gebring, en probeer om die kerkie so goed moontlik reg te kry vir die Kersdiens dié Oukersaand.
Op pad kerk toe daardie oggend, het die predikant by ‘n veiling verby gestap. Hy het vir ‘n klein bedraggie ‘n pragtige geborduurde, vyf meter lange, tafelkleed gekoop. Dit was net die regte ding om die kraak in die muur mee te bedek. By die kerk gekom, word sy aandag getrek deur ‘n vreemde, eensame vrou wat met hang skouers voor die kerk staan. Hy nooi haar saam met hom in die kerk in en laat haar solank op ‘n bank sit, terwyl hy, wankelend op ‘n leer, gou die kleed wat hy gekoop het, voor die kraak probeer drapeer. Toe hy die kleed oopvou en laat afhang, kom die vrou met ‘n kreet regop. “Dit is myne!” roep sy uit. “Kyk in die hoek my drie voorletters. Dit was ‘n geskenk van my man.”
Daarop vertel sy vir die predikant sy en haar man het in Viënna gewoon. Met die oorlog het hy in ‘n konsentrasiekamp beland. Sy het Engeland toe gevlug. Haar man is in die kamp dood, het sy verneem. Sy wou die tafelkleed nie terug neem nie. Hy het haar gehelp om op die stasie te kom.
‘n Groot aantal gemeentelede en besoekers het die aand die Kersdiens bygewoon. Na die diens het ‘n man met die predikant kom praat. Hy het na die tafelkleed gewys en aangedaan gesê: “Ek het daardie tafelkleed in Viënna vir my vrou as ‘n geskenk gegee. In die oorlog is ons geskei. Ek het verneem sy het in ‘n konsentrasiekamp beland waar sy dood is. Ek woon nou in hierdie dorp. Ek is so bly ek het vanaand na die Kersdiens in hierdie kerk toe gekom.”
Die predikant het met groeiende opgewondenheid na die man geluister en hom van die vrou vertel. Hulle wou dadelik met haar in aanraking kom. Die predikant kon gelukkig die welgestelde gesin se naam onthou. Hulle het gewillig haar adres verstrek. Die predikant en die man is sommer nog dieselfde nag na die dorp toe waar die vrou gewoon het. Dit was ‘n vreugdevolle ontmoeting en vir hulle twee die beste Kersfees ooit. Die man en vrou was albei Christene. Sy het dadelik by haar man kom woon en hulle het toegewyde lidmate van daardie gemeente geword. Die tafelkleed het vir ‘n lang tyd teen die muur bly hang. Die kerkie het die naam gekry van “Die Tafelkleedkerk.”
Vir die man en sy vrou én vir die predikant was dit ‘n vervulde Kersfees van geloof en dankbaarheid en liefde.
“Here, ek wil vandag met blydskap Kersfees vier.

Wo 23 Des: Die Ruwe Ou Kruis
Lees 1 Petrus 2: 18 – 25
“Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees” (24).
George Bennard het sy werk as evangelieprediker by die Heilsleër begin. Agt jaar later is hy in die Metodistekerk as leraar georden. Sy toegewyde bediening as evangelis in die kerk was vir baie jare hoog aangeskryf. Een keer het Bennard met ’n bedrukte hart, weens persoonlike beproewing, na sy huis in Albion, Michigan teruggekeer. Hy het die betekenis van die kruis van Christus ernstig oordink en wat Paulus in Filippense 3:10 bedoel het, waar hy praat van gemeenskap met die lyding van Christus: “Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word…”. Hy het lang ure begin deurbring met Bybelstudie, gebed en oordenking. Op ’n dag het die lig vir hom deurgebreek. Hy skryf daarvan: “I saw the Christ of the cross as if I were seeing John 3:16 leave the printed page, take form and act out the meaning of redemption. The more I contemplated these truths the more convinced I became that the cross was far more than just a religious symbol but rather the very heart of the gospel.” Tydens hierdie geestelike stryd in sy hart het die tema van “The Old Rugged Cross” in sy gedagte begin vorm. Op ’n dag begin die woorde en die melodie van die lied in sy gemoed oopgaan. Die Heilige Gees maak die kruis vir ’n mens ’n groter en groter werklikheid, as ons deur gebed en Bybelstudie ons harte vir Hom open: “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God vir die gelowiges” (Rom.8:26). Binne ’n kort tyd het hy die woorde en die melodie geskryf en dit vir Charles Gabriel, ’n leidende liedskrywer, gestuur. Gabriel het vir hom, in eie woorde, terug laat weet: “You will centainly hear from this song, Mr. Bennard.” Dit was profetiese woorde, want hierdie lied het een van die bekendste geestelike liedere geword.
Daar’s ’n dierbare kruis, waar my Heiland bewys

Di 22 Des: Die Lewende Woord
Mense het Hom verag en wou niks met hom te doen hê nie. Hy is iemand wat bittere lyding ken en goed weet wat pyn is. – In die ongelowige wêreld sal julle swaarkry, maar moenie bang wees nie, want Ek het die wêreld oorwin. – Die jakkalse in die veld het gate om in te bly en die voëls het neste, maar Ek, die Redder, het nie eers ’n plek van my eie waar Ek my kop kan neerlê nie. – Want ons vaste woonplek is nie hier op die aarde nie. Ons sien uit na ‘n permanente tuiste wat kom. – Ons is soos atlete wat op die atletiekbaan hardloop in die wedloop wat God vir ons bepaal het. Hou julle oë altyd op Jesus, want Hy lei ons om op God te vertrou en Hy sal ons leier bly tot die einde toe. Hy was gewillig om die skandelike dood op die kruis te sterf ter wille van die vreugde wat voorgelê het. Nou sit Hy in die ereplek in die hemel aan die regterkant van God. – Maar ons broers het (Satan) oorwin deur die bloed van die Lam en deur die boodskap wat hulle aan ander vertel. – God het ons vir Homself uitgekies. Wie sal nog kan aankla? Niemand nie, want dit is God self wat ons skuld weggeneem het. Wie sal ’n vonnis oor ons kan vel? Daar is niemand wat dit kan doen nie, want Christus Jesus het vir ons gesterf. – As iemand aan Jesus Christus verbind is, sal God hom nie veroordeel nie. Dit is Hy wat ons so liefgehad het, dat Hy ons sondes met sy bloed afgewas het…aan Jesus Christus behoort die Goddelike eer en die krag tot in die oneindige ewigheid.
“Here, vandag lees ek u Woord en ek luister.”

Ma 21 Des: Betyds Gereed
Lees 1 Tessalonisense 4: 13 – 18
“Wanneer… die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet” (16,17)
James Black was ’n ywerige en aktiewe werker en prediker in die Metodiste kerk, ’n sogenaamde Methodist layman, ’n musiekonderwyser en komponis en uitgewer van talle evangeliese liedere, gospel songs. Hy het ook as Sondagskoolonderwyser en leier van ’n jeuggroep onder kinders en jongmense gewerk. Eendag loop hy ‘n 14-jarige dogter raak. Sy was armoedig geklee en die kind van ’n dranksugtige man. Op Black se aandrang het sy Sondagskool begin bywoon en by die jeuggroep aangesluit. Een aand, by ’n toewydingsvergadering van die jeuggroep, moes die jongmense met ’n teksvers antwoord as hulle name uitgelees word, die sogenaamde roll call. Toe die dogter se naam gelees word, is daar net stilte. Sy was nie daar nie! James Black gebruik toe die geleentheid om te praat oor hoe hartseer dit sal wees as iemand se naam die dag met die opening van die Lam se Boek van die Lewe uitgelees word en die persoon is nie daar nie. Black skryf: “When I reached my home, my wife saw that I was deeply troubled. Then the words in the first stanza came to me in full. In fifteen minutes more, I had composed the other two verses. Going to the piano, I played the music as it is found today in the hymnbooks:
When the trumpet of the Lord shall sound and time shall be no more
And the morning breaks eternal, bright and fair –
When the saved of earth shall gather over on the other shore,
And the roll is called up yonder, I ‘ll be there.
Die volgende dag moes Black uitvind, sy was nie daar nie omdat sy siek lê aan longontsteking. Hy skryf: “The subsequent death of the missing girl from pheumonia, after an illness of just ten days, furnished the dramatic finale to this account and gives a poiqnancy to the ‘roll call’ song”. Na hierdie lied in 1894 verskyn het, word mense daardeur aangegryp. Ons het dit in Afrikaans: “As die boeke oopgemaak word, is ek daar.”
“Here, vandag weet ek my naam is in u Boek van die Lewe geskryf, want U is my Saligmaker.”

Vry 18 Des: Die Pêrel Verloor
Lees 2 Timoteus 3:1-9
“…mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (5).
’n Jong predikant het een oggend ’n eenvoudige, maar treffende en verstaanbare boodskap gebring. Sy teks was Jesus se woorde aan die gemeente Efese in Openbaring 2: 4: “Maar Ek het dit teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.” Die predikant hou ’n skulp op. “Pêrels word in skulpe gevind,” sê hy ernstig. “Hierdie is ’n egte skulp.” Hy klop teen die skulp. “Hoor, hy klink soos ‘n skulp. Kyk, hy lyk soos ‘n skulp. Want hy is ‘n skulp.” Hy skud die skulp. Hy draai hom om en krap met sy vinger in die skulp. “Maar hierdie skulp het sy pêrel verloor. Nou is dit net ‘n dop.” Toe gaan hy aan om die toepassing te verduidelik. So was die gemeente van Efese. Hulle het ‘n wonderlike struktuur gehad. Hulle was ywerig. Hulle leer was suiwer. Maar hulle het die Here Jesus verloor. Hulle het Hom nie meer liefgehad nie.
In ons geestelike lewe kan ons die pêrel verloor. Ons doen nog alles wat van ‘n Christen verwag word - lees Bybel, bid, gaan kerk toe, gee bydraes - maar die omgang en gemeenskap met Jesus het verlore geraak. Die Heilige Gees verheerlik die Here Jesus in die hart. In ‘n hart vervul met die Heilige Gees is daar ‘n sterk liefde vir Jesus. “God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het” (Rom.5:4). Hy is die pêrel van die geestelik lewe, want die Heilige Gees maak Jesus ‘n werklikheid in die hart. “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy…My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig”
Die Christen se stiltetyd, of binnekamer, is baie belangrik. Wanneer ons so by onsself in ons binnekamer, afgesluit van ander dinge wat ons aandag vra, die Here se Woord lees en oordink, sy aangesig in gebed soek, dalk ‘n geestelike boek lees, maak die Heilige Gees Hom vir ons ‘n werklikheid en leef die Persoon van die Here Jesus in harte. Iemand het gesê vir al ons daaglikse belange het ons tyd: tyd om te eet, tyd om te werk, winkel toe te gaan, iemand te bel, TV te kyk, maar vir Bybellees en bid moet ‘n mens tyd maak. “…maar dié wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie” (Jes.40: 31)
“Here, vandag soek ek Uaangesig.”

Do 17 Des: Red wat Verlore Is
Lees Lukas 19: 1 – 10
“Daarop sê Jesus: ‘Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (10).
Die beroemde prediker, George Whitefield, het ’n broer gehad wat in sy geestelike lewe afvallig geraak het. Onder een van George Whitefield se preke is die broer se hart aangegryp en het hy tot besef van sy afvallige toetand gekom. Hy het egter in ’n toestand van diepe bedruktheid verval. Een van sy kennisse, die gravin van Huntington wat self ’n blymoedige Christin was, het probeer om hom tot gelowige vertroue in Christus aan te spoor. Maar alles tevergeefs;. “Ek weet wat u sê is waar, die genade van God is ewig,” het hy bedruk geantwoord. “Ek sien dit duidelik. Maar, ag! Daar is geen genade vir my nie. Ek is ’n ellendeling, vir ewig verlore.” “Ek is bly om dit te hoor”, het Lady Huntington geantwoord. “Ek is bly jy is ’n verlore man.” “Bly?” vra hy verbaas. “U is bly ek is verlore?” “Ja, mnr. Whitefield,” het sy bevestig, “regtig bly, want Jesus Christus het in die wêreld gekom om te red wat verlore is. Dit gee my hoop.” “Dank God!” roep hy met verhelderende gesig uit. “Dankie vir daardie woorde. Ek voel daar is krag in daardie woorde! Jesus Christus het in die wêreld gekom om te red wat verlore is. Dit gee my hoop. Baie hoop. Ek glo dit!” Skielik voel hy benoud. Hy gaan uit om lug te skep. Na ’n rukkie kom hy in die vertrek teruggestrompel. “Ek voel skielik baie siek,” kreun hy. Hy sak inmekaar en sterf daar voor Lady Huntington se oë. God se genade het hom gespaar totdat hy sy geloof in Christus gevestig het. Die Here wil nie hê ons moet verlore gaan nie, maar gee vir ons geleentheid op geleentheid om vir ons redding in Hom te vetrou.
“Here, vandag glo ek U vir my redding.”

Wo 16 Des: Geloof in Aksie
Lees Lukas 5:18-26
“Toe … laat (hulle) hom met die draagbaar en al … tussen die dakteëls afsak … vlak voor Jesus.Toe Hy hulle geloof sien, sê Hy: ‘Mens jou sondes is jou vergewe” (19,20).
Die outydse seilskip waarmee die sendeling, Hudson Taylor, na Sjina gereis het, het in ’n windstilte beland. Die seestroom het die skip onverbiddelik na die rotsagtige strand meegevoer. Die gevaar was nie net die rotse nie, maar die inboorlinge was kannibale. Die passasiers kon die barbare op die strand om hul vure sien dans. Die kaptein het benoud vir Taylor gevra om te bid dat die Here wind stuur. “Ek sal bid,” het Taylor geantwoord, “maar dan moet die seile eers gehys word.” Hiervoor het die kaptein nie kans gesien nie. “Dan bid ek nie,” het Taylor beslis gesê. Die seile is gehys en Taylor het in sy kajuit tot God geroep om hulle te help. Skaars het hy begin bid, of die kaptein klop aan die deur. “Hou op bid, mnr. Taylor, “ skreeu hy opgewonde. “Ons het al meer wind as wat ons kan hanteer!”
Die jongman se vriende se geloof het Jesus groot vreugde verskaf en hulle geloof is beloon. Die dissipels se paniek tydens die storm op see weer (Luk.8:22-25), was vir Jesus ’n teleurstelling, tog het Hy die storm stilgemaak. Geloof wat so bewus kan word van God se almag, dat dit in ons verwagtende gedrag gesien kan word, is geloof wat God behaag, vir onsself ’n groot seën is en ’n goeie getuienis na ander toe uitdra. Waag om die Almagtige en Getroue God se beloftes te glo!
“Here, vandag kom ek om van U te vra wat ek nodig het.”

Di 15 Des: Die Beste Vriend
Lees Johannes 15: 9 – 17
“Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê… So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra” (13,16).
Joseph Scriven was ‘n ryk en geleerde jongman in Ierland. Die nag voor sy troue het sy verloofde in ‘n rivierongeluk verdrink. “In his deep sorrow, Joseph realized that he could find the solace and support he needed only in his dearest friend, Jesus”, skryf Osbeck. Kort na die tragedie het Scriven in 1845 geëmigreer Kanada toe, waar hy in Port Hope gaan woon het. Sy voorneme was om sy lewe aan Christus toe te wy deur ander te help, soos Jesus sy dissipels geleer het: “Gee en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol…met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word” (Luk.6:42). Hy het geld en klere aan mense wat dit nodig gehad het gegee, vir ander het hy sonder vergoeding take verrig, en bekend geword as die Goeie Samaritaan van Port Hope. Sy moeder in Ierland het siek geword. Hy het vir haar ‘n vertroostende brief geskryf en die woorde van die nuwe gedig wat hy geskryf vir haar ingesluit. Hy het haar aangemoedig om nie te twyfel in haar beste vriend, die Here Jesus, nie. Hy het eenkeer self siek geword. ‘n Vriend het hom besoek en die gedig se woorde op ‘n los vel papier, langs die bed, geskryf gesien. “Wie het dit geskryf?” wou die verbaasde vriend weet. “Ek en die Here het dit saam geskryf,” het Scriven geantwoord. Hy is op 66-jarige ouderdom dood. Sy graf, met die lied se woorde op die grafsteen, is te sien naby Peterborough, Ontario. Die gedig is later deur Charles C. Converse getoonset. So sing ons die lied: “Wat ‘n vriend het ons Jesus.”
Die rykste aardse vrug van Joseph Scriven se beproewing en toewyding daarna, is die waarde wat hierdie lied die afgelope byna ‘n eeu en ‘n half vir gelowiges gehad het. Dit inspireer geloof en bring vrede vir die hart. Die lied vertel van die grootste beskutting wat ons in hierdie lewe het: om Jesus as vriend te ken.
Wat ‘n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan;
Wat ‘n voorreg om gedurig tot Gods troon deur Hom te gaan!
Hoe verbeur ons tog die vrede, ag, hoe dikwels ly ons smart,
Net omdat ons nie ons node uitstort in Gods Vaderhart!
“Here, vandag ken ek U as my beste Vriend.”

Ma 14 Des: 'n Rusplek vir 'n Seer Hart
Lees Romeine 8: 31 – 39
”Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?…in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons lief het” (35,37)
George Matheson was ’n blinde Skotse predikant. Die Vrydagnag van 6 Junie 1882 was hy, op 40-jarige ouderdom, alleen in sy pastorie by Innelan. Die volgende dag sou dit sy suster se troudag wees. Die hele familie was weg Glasgow toe waar die huwelik sou plaasvind en waar hulle sou oornag. Weens sy blindheid kon hy nie saamgaan nie. Hy was nog ’n jong teologiese student toe hy deur sy geneesheer ge waarsku is, dat hy besig is om blind te word en dat dit nie verhoed of genees kan word nie. Hy was verloof aan ’n ander kollegestudent. Hy het gevoel dit is sy plig om haar van sy naderende blindheid te vertel. Na sy oor die skok van sy bekentenis aan haar gekom het, het sy vir hom gesê: “Ek wil nie die vrou van ’n blinde prediker wees nie.” Die nag so alleen in sy woning, terwyl die opwinding van sy suster se troue oor hom en by hom verby gegaan het, het ’n diep neerslagtigheid Matheson oorval. Dit kon die herinnering van sy eie liefdes teleurstelling gewees het wat met geweld na hom toe teruggekom het. Oor sy belewenis die nag skryf hy: “Something happened to me, which was known only to myself, and which caused me the most severe mental suffering. The hymn was the fruit of that suffering. It was the quickest bit of work I ever did in my life. I had the impression of having it dictated to me by some inward voice rather than of working it out myself. I am quite sure that the whole work was completed in five minutes.” Hy het geskryf:
“O Love that wilt not let me go, I rest my weary soul in Thee; I give Thee back the life I owe, that in Thine ocean depths its flow may richer, fuller be. Die lied wat ons ken en sing en wat getoonset is deur Albert L. Peace klink so:
O Liefde, diep oor my begaan, neem my met al wat my vermoei!
Sien my tog in genade aan – en laat, o Bron van my bestaan,
U krag in my ook vloei.
O Vreugde, selfs in leed en pyn, vir U ontsluit ek nou my hart;
Die reën laat die boog verskyn, gewis daag, na die nag verdwyn.
Die môre sonder smart!
“Here, vandag leun ek met my hartseer teen u bors.”

Vry 11: Die Totale Straf
Lees TITUS 2: 11-15
“Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen” (14)
Zeleucus, koning van die outydse Locri, het ’n nuwe wet uitgevaardig. Die straf vir oortreding sou wees, altwee oë van die oortreder moes uitgesteek word. Een van sy eie seuns het die wet oortree. Die ernstige misdaad moes nou volgens die eis van die wet gestraf word. Die koning was diep geskok en ontroer, oor wat nou met sy kind gaan gebeur. Die jongman sou vir die res van sy lewe blind wees. Hoe graag sou hy hom wou vryspreek. Die eis van die gereg het hom egter gebind en verplig om die straf toe te pas. Hy het beveel die straf moet, soos die wet eis, volvoer word, maar hy het ook beveel, dat één van die seun se oë en één van sy eie oë, uitgesteek moet word. Die reg van die wet is, volgens sy beskouing, uitgevoer, maar sy liefde vir sy seun het ook geseëvier, want die seun sou nie blind wees nie. Dit het die koning ’n persoonlike prys gekos om sy seun te beskerm. Dit is gedeeltelik ’n beeld van die verlossingsweg wat God uit liefde vir die sondaar bewerk het. Het Zeleucus albei sy eie oë laat uitsteek, en sy seun geheel ongedeerd laat gaan, het hy gedoen wat God gedoen het.
Sonde moet met die dood gestraf word, maar omdat God ons lief het, het Hy die straf ook vir Homself ’n eie saak gemaak. In Christus het God self ons sondestraf gedra. “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh.3:16). Christus het nie die helfte van die straf gedra, en die sondaar dra self die ander helfte nie. God se liefde is, Hy het in sy Seun die hele straf van die sondaar gedra, sodat die sondaar geheel vrygespreek word.
Christus wat in goddelike heerlikheid in die hemel gewoon het, het soos ons ’n mens geword. Hy het in armoedige omstandighede kom woon. Hy het haat, vervloeking en verwerping kom beleef. “Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis” (Fil.2:6-8). Hy is tussen twee misdadigers gekruisig en sy bloed het tot in die stof van Golgota gedrup. Hy het die lyding van die verdoemenis beleef toe Hy deur God verlaat is en moes uitroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat.” Hy is dood in ’n graf gelê en sy gees het die omgewing van die doderyk self gesmaak “Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is. En so het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en daar sy oorwinning aangekondig” (1 Pet.3:18,19).
Na Hy die volle prys vir sonde betaal het, het Hy uit die dood opgestaan, want Hy was sterflike mens, maar ook lewende God. Deur sy opstanding het Hy aan ons ook die nuwe lewe gebring, sodat ons nie op die ou end tog maar ’n deel van ons straf moet dra om te sterf en die ewige dood in te gaan nie. In Christus se kruisdood is ons sondeskuld ten volle betaal, en uit sy opstanding ontvang ons deur God se liefde die ewige lewe. “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Chrstus Jesus ons Here” (Rom.6:23).
“Here, vandag is ek vry, want U het my straf geheel gedra.”

Do 10 Des: Verdiende Reaksie
Lees 1 Petrus 3: 8 – 12
“Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, daartoe is julle geroep…” (9).
In die Benoni gemeente se maandblad van Februarie 1973, het ek destyds ‘n kinderlike storietjie geskryf, wat ek nou die dag weer gelees het en wat my besonder getref het. In Spreuke skryf Salomo presies wat in die storietjie gebeur.
Martie se ouers het op ‘n plaas, wat met berge omring is, gaan woon, begin die storie met `n goeie boodskap. Sy het die werf en verder gaan verken en in ‘n kloof afgekyk. Bruisend van lewenslus, gooi sy haar arms in die lug en roep: “Haai!” Tot haar groot verrassing hoor sy ‘n dogtertjie roep terug: “Haai!” “Wat is jou naam?” skreeu Martie. “Wat is jou naam,” kom die stem terug. “Ek het eeeerste gevra,” skreeu Martie weer. “Ek het eeeerste gevra,” antwoord die stem. “Jy’s ‘n nare kind!” roep Martie boos. “Jy’s ‘n nare kind,” kom die stem boos terug. Martie huil van woede. Sy hardloop huis toe om by haar ma te gaan kla. Haar ma besef dadelik dit is die ego (weerklank) in die kloof. Martie hoor haar eie stem. “Gaan nou weer,” sê haar ma. “Praat vriendelik en jy sal hoor hoe vriendelik antwoord sy jou terug.”
Salomo skryf in Spreuke: “Haat verwek twis; liefde kan enige aanstoot oorsien” (10:12). “’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” (15:1). “Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense” (15:4). “’n Humeurige mens soek skoor; ‘n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld” (15:18). Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens” (16:24).
“Here, vandag wil ek aangenaam met ander praat.”

Wo 9 Des: Hou Die Vuur Brandende
Lees 2 Timoteus 1: 3 – 11
“…(onthou) dat jy die genadegawe wat God jou gegee het…soos ‘n vuur weer moet aanblaas” (6)
Genl. William Booth, stigter en leier van die heilsleër (beter bekend as die Salvation Army), het vir sy offisiere en manskappe gesê: “Jongmanne, pas die vuur in julle harte op, want dit is geneig om dood te gaan.” Toe maak hy ‘n paar vergelykings, hoe hulle met die geestelike vuur in hulle harte moet werk, soos ‘n mens ‘n vuur op die vuurherd brandend sal hou. Eerstens moet vuur genoeg lug kry. Die vensters moet oop wees, sodat daar ‘n trek kan wees. “Windstilte laat vuur smoor en doodgaan. ’n Hemelse lug, die werking van die Heilige Gees, moet gedurig deur die venster van gebed invloei.” Jesus het die werk van die Heilige Gees vergelyk met die wind wat waai: “Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaankom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met…die Gees…” (Joh.3:8). In Handelinge word die werk van die Heilige Gees met wind en vuur vergelyk: “Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind… “Hulle het iets soos vuur gesien wat…op elkeen van hulle gekom het.” (Hand.2:2,3). Ons weet wind wakker vuur aan, maar die wind kan net deur oop vensters in die huis inkom. Gebed is die vensters vir die inkom van die Gees in ons harte.
Tweedens moet die ou as gereeld verwyder word, anders smoor die vuur. “Deur selfondersoek en belydenis van sondeskuld, moet die vuurherd van die hart skoon gehou word, anders sal die vuur doodsmoor.” “… as ons ons sondes bely – Hy is getrou…Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh.1:9).
Derdens moet daar gereeld nuwe brandhout op ‘n vuur gesit word. “Deur die Woord van God te lees en te oordink word die geestelike vuur in ons harte gevoed en brandend gehou.”
“Here, vandag wil ek sorg vir U vuur in my hart.”

Di 8 Des: As ek net geweet het
Lees Lukas 10: 30 – 35
“…en toe hy hom sien het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind” (33,34).
Stephen Covey, skrywer van die gewilde Seven Habits of Highly Effective People, skryf dat hy een Sondagoggend in New York die bus haal. Die passasiers sit tydens die rit rustig en stil. Party lees, ander sluimer bietjie in, ander sit net by die vensters en uitkyk. Alles verander toe ’n man, met kinders by hom, opklim. Die kinders is luidrugtig en is die hele bus vol rumoerig,. Die man lyk onbewus van wat om hom aangaan. Hy het langs Covey kom sit. Die kinders skree op mekaar, gooi goed rond, gryp selfs sommige mense se koerante. Nog doen die man niks. Eers probeer Covey sy toenemende ergerlikheid beheer, maar toe die man steeds die kinders se oproerigheid ignoreer, raak dinge vir Covey te erg. Hy draai na die man toe: “Meneer, jou kinders is regtig steurend vir die mense. Kan jy hulle nie asseblief beheer nie.” Dit lyk of die man uit ’n beswyming bykom. “Ag, ekskuus tog, jy is reg, ek moet regtig iets doen. Ons kom nou net van die hospitaal af. Hulle ma, my vrou, is ’n uur gelede dood. Ek weet nog nie mooi wat om te maak nie. Ek dink hulle weet ook nie hoe om dit te hanteer nie.” Covey het later geskryf: Can you imagine what I felt at that moment? Suddenly I saw things differently, and because I saw differently, I thought differently, I felt differently, I behaved differently. My irritation vanished…my heart was filled with the man’s pain. Feelings of sympathy and compassion flowed freely…everything changed in an instant. I said: “Oh, I’m so sorry! What can I do to help?”
As ek net kon weet wat in iemand se lewe aangaan, wat hom laat optree soos hy optree, hoe anders sou ék dalk gevoel en teenoor hom gehandel het?
Ons betree die Kerstyd. Kom ons maak ons kersgeskenke gelyk aan die meegevoel van Hom wat aarde toe gekom het vir ons. “Jesus het innig jammer gevoel vir hom … “ (Mark.1:41). “En…Jesus…sien `n groot menigte, en Hy het innig jammer geoel, omdat hulle soos skape sonder herder was…(Mark.6:34)
“Here, vandag wil ek stadig wees om te veroordeel.”

Ma 7 Des: Red die ander een ook
Lees Johannes 1: 35 – 51
“Andreas…was een…wat Jesus gevolg het. Daarna het hy eers sy broer Simon gaan soek…hy het hom na Jesus toe gelei” (40).
Die bekende prediker, D. L. Moody, vertel van ’n baie mooi prent wat hy gesien het en ook gekoop het. Iemand word uit die donker water getrek, terwyl hy aan die kruis vasklem. Dit was vir hom ’n duidelike uitdrukking van die evangelieboodskap: redding deur die kruis van Jesus. ’n Rukkie later, loop hy ’n soortgelyke prent raak, wat vir hom ’n beter uitdrukking van die evangelie was. Dit toon ook iemand wat uit die donker water getrek word. Met een arm klem hy aan die kruis vas en met die ander arm klem hy ’n ander drenkeling vas, wat hy saambring. Dit is hoe ons die evangelie moet beleef en uitleef: self gered, maar gedurig besig om ook ander na Christus toe te bring. “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak” (Mat.4:19). “…weet dan dat hy wat ’n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red…” (Jak.5:20).
“Here, vandag wil ek soek om iemand na U toe te lei.”

Vry 4 Des: Soos Die Oorspronklike
Lees Johannes 14: 15 – 25
“…die Vader…sal vir julle…stuur…die Gees van die waarheid…Hy sal by julle bly en in julle wees…” (16,17).
In die St.Peter’s Church in Cologne hang twee eenderse skilderye van Petrus se kruisiging. Ons weet uit oorlewering Petrus is onderstebo gekruisig, omdat hy homself nie waardig geag het om soos Christus, in ’n regop posisie, aan die kruis te hang nie. Die bestaan van die tweede skildery, wat ’n kopie van die eerste een is, word deur Herbert Lockyer in The Heritage of Saints soos volg verklaar. In die begin van die 19de eeu het Napoleon die stad Cologne in sy seevierende optog geplunder. Hy het die kerk ook geplunder en die oorspronklike skildery van Petrus se kruisiging saamgeneem. Nadat die kerk herstel is, het dieselfde kunstenaar, wat die eerste Peterusskildery geskilder het, weer ’n skildery, so na as moontlik aan die eerste een, geskilder. Die oorspronklike skildery is later gevind en aan die kerk terug besorg en langs die kopie van die skildery opgehang. Kunskenners sê daar is so min verskil tussen die twee skilderye dat die oorspronklike nie van die kopie onderskei kan word nie. Herbert Lockyer maak van hierdie insident gebruik om aan ons ’n geestelike waarheid tuis te bring. “Jesus is in heaven. But the Holy Spirit is here, and He is die master Artist and in die absence of the Original, He is painting the likeness of Jesus, upon the unworthy canvas of your life and mine.”
God se bedoeling met sy kinders op aarde, die gelowiges, is om die Here Jesus Christus se beelddraers te wees: “…dié wat Hom lief het, dié wat volgens sy besluit geroep is…het Hy ook bestem om gelykvorming te wees aan die beeld van sy Seun…(Rom.8:28,29). Uit onsself het ons nie krag om Jesus se voorbeeld te volg en deur ons lewe Hom aan die wêreld bekend te maak nie. “Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie. Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle” (Rom.8:8,9). Dit is hoe Jesus sy dissipels kort voor sy kruisdood bemoedig het: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur…om by julle te wees…die Gees van die waarheid…julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees….daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle”(Joh.14:16-20). Deur die Heilige Gees woon Christus in ons en deur ons verhouding en gemeenskap met Hom, kleur die Heilige Gees, soos ’n kunsskilder, ons lewe in, met Christus se lewe en dit verskyn in ons gedrag, ons houding, ons woorde, ons gesindhede.
“Here, vandag leef ek my Christen lewe uit U krag in my.”

Do 3 Des: Die Versoeking
Lees Jakobus 1:12-18
“Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly…” (12,14)
In Sunday School Times vertel dr. Francis E. Clark van ’n vriend wat as seun graag sirkus toe wou gaan. Die toegang was 50c. Hy het 35c gehad. Elke dag het sy ouers vir hom 15c vir sy busgeld skool toe gegee. Die dag voor die sirkus het die buskondukteur nagelaat om sy kaartjie te vra. Nou was dit die versoeking om dieselfde kaartjie die volgende dag te gebruik en die 15c wat hy dáárdie oggend vir ’n buskaartjie sou kry, by sy 35c te voeg en dan sirkus toe te gaan. Heeldag het hy teen die versoeking gestry. Dr. Clark beskryf sy versoeking so: “All day the elephant stared at him out of the pages of his Latin grammar, and the giraffes craned their long necks over the tough problems in algebra. All day and all night he fought his battle.” Die volgende dag skeur hy egter sy buskaartjie op, en koop met sy pa se 15c ’n ander kaartjie en verbeur sy geleentheid om sirkus toe te gaan. Dr. Clark eindig die storie met die opmerking. “Now as he looks back over a long and honoured life, he tells his friends, that that was the day of his greatest battle and his greatest victory”,.
Ons ken ook ons plekke en momente van ver-soeking. Dit was vir ons ’n moment van neerlaag wat ons geestelike lewe skade berokken het en waaraan ons met skaamte terugdink, of dit was vir ons ’n moment van oorwinning wat ons geestelike lewe sterker gemaak het en wat ons vrymoedigheid gee in ons omgang met die Here. ’n Neerlaag in versoeking kan egter in oorwinning omskep word, as dit openhartig aan die Here bely word, soos met Dawid gebeur het toe hy met Batseba owerspel gepleeg het. Psalm 51 is Dawid se belydenis van vernedering en neerlaag en sonde. In die moment van versoeking het ons met Satan te doen wat ons wil vernietig, maar ons het die Here ook naby wat ons help: “Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan” (1 Kor.10:13).
“Here, vandag wil ek waak en bid om nie in versoeking te kom nie.”

Wo 2 Des: Ons word Gedra
Lees: Deuteronomium 32: 10 – 12
“Soos ’n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here … sy volk gelei.” (11)
Henry Moorhouse was in sy gemeente gewikkel in ’n taak, wat vir hom te groot was om uit te voer. Hy was so neerslagtig oor sy swakheid en die grootte van die probleem dat hy nie vrugbaar en gelowig met sy werk kon voortgaan nie. Hy het een aand tuisgekom met ’n swaar pak vir sy vrou. Sy invalide dogtertjie het hom by die deur verwelkom. “Laat ek dit vir mamma gee!” het sy gretig uitgeroep en haar hande uitgesteek om die pak by hom te neem. “Ag, my Kindjie,” het Moorhouse hartseer geantwoord, “jy kan dan nie eers loop nie, hoe sal jy die swaar pak tog kan dra?” “As Pappa my dra, kan ek mos die pak dra en dit vir mamma gee,” het sy onversteurd geantwoord. In ’n oomblik het sy swaarmoedigheid plek gemaak vir hoop en nuwe moed. Hy het heel tyd so vasgekyk teen die grootte van sy probleem aan die een kant en sy swakheid en onvermoë aan die anderkant, dat hy God nie meer kon raaksien nie. Hy het sy hemelse Vader se sorg en krag buite rekening gelaat.
Het u ’n probleem wat vir u té groot is? Bid Dawid se gebed (Ps.71:9,12): “ … moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie …kom my tog gou te hulp, my God!”
“Here, ek wil vandag my groot probleem in u hande plaas.”

Subscribe to:
Comments (Atom)