Lees Psalm 17: 1 – 9
“Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels… (8).
Charles Wesley, een van die leiers in die 19de eeu se herlewing, was eenkeer baie depressief. Hy sit bedruk en neerslagtig by sy lessenaar voor ’n oop venster. ’n Klein voëltjie vlieg opgewonde by die venster in, kom sit op Charles Wesley en kruip onder sy baadjiekraag in. Wesley sit sy hand oor die bewende voëltjie. Hy sien hoe die voëltjie se hart pols. Hy kyk by die venster uit om te sien wat die voëltjie so bang maak. Laag oor die bome sirkel ’n groot valk. Met sy hand steeds beskermend oor die voëltjie word die toneel vir hom ’n weerspiëling van sy eie vrees en soeke na beskerming by God. Die woorde van ’n lied, wat vir meer as honderd jaar vir ander ook tot bemoediging en troos was en as lied 578 ook in Die Liedboek is, wel warm op in sy hart:
Jesus, Lover of my soul, let me to thy bosom fly,
While the nearer waters roll, while the tempest still is high
Hide me, O my, Saviour, hide – till the storm of life is past;
Safe into the haven guide; O receive my soul at last!
“Here, vandag vlug ek ook na U toe vir hulp.”